Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Orkane
Orkane [boodskap #25287] Sa, 14 Augustus 1999 00:00
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het n idee die orkaanseisoen begin eers in Augustus, en hulle voorspel
n kwaai seisoen wat orkane betref. Ek hou nogal daarvan om te sien hoe die
orkaan begin opbou, en dan groter word, en dan soms vir dae oor die see
sit, en dan skielik begin rigting kry. Ek was jare gelede in orkaan Hugo
en dit sal
ek altyd onthou, gelukkig het ons niks oorgekom nie, net n paar bome i n
ons erf is ontwortel. Maar dit is opwindend.
Pat

> Ek woon sedert 1995 hier en nog nie 'n "hurricane" ervaar nie. Hierdie jaar
> se "hurricane" seisoen is so stil dit herinner my aan die stilte voor die
> storm. Ons het wel die 1997 tornado's ervaar wat baie lewens geëis het en
> miljoene Dollars se skade aangerig het. Verder is Orlando die "lightning
> capitol of the world". Net soos die koue, sneeu, droogte, aardbewings, ens.
> is dit dinge waarmee 'n mens leer om mee saam te leef. Daar is geen
> "perfect world". As dit nie een ding is nie is dit 'n ander. Ek dink
> elkeen maak maar sy/haar keuse wat vir hom/haar die beste is.
>
> Groetnis
> Julie
>
Re: Orkane [boodskap #25288 is 'n antwoord op boodskap #25287] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan skryf in boodskap news:37b4ead5.83176322@news.citilink.com...
> On 14 Aug 1999 02:20:17 GMT, "PAT" wrote:

> O golla nee, ek bly eerder hier in die bo-punt van die tornado wêreld
> - ons het gisteraand weer inderhaas die kinders moes afdra basement
> toe net na hulle aan die slaap geraak het. Ons huis is baie klankdig,
> maar daai sirene dring deur alles.

Ons het geen sirene's nie. Dit is die dat die 1997 tornado's so dodelik
was. Daarna is daar oor 'n sirene gedebateer - Die uitkoms: geen sirene.

> En ek moet sê, dit klink seker snaaks vir mense wat nie hier bly nie,
> maar ek sê ook dit is opwindend! En dit hou jou aan die bid....

Ek self vind dit opwindend, en ja dit hou jou aan die bid. Ek wag maar
rustig vir my eerste orkaan.

Julie
Re: Orkane [boodskap #25289 is 'n antwoord op boodskap #25287] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Aug 1999 02:20:17 GMT, "PAT" wrote:

|
|Ek het n idee die orkaanseisoen begin eers in Augustus, en hulle voorspel
|n kwaai seisoen wat orkane betref. Ek hou nogal daarvan om te sien hoe die
|orkaan begin opbou, en dan groter word, en dan soms vir dae oor die see
|sit, en dan skielik begin rigting kry. Ek was jare gelede in orkaan Hugo
|en dit sal
|ek altyd onthou, gelukkig het ons niks oorgekom nie, net n paar bome i n
|ons erf is ontwortel. Maar dit is opwindend.
|Pat
|
O golla nee, ek bly eerder hier in die bo-punt van die tornado wêreld
- ons het gisteraand weer inderhaas die kinders moes afdra basement
toe net na hulle aan die slaap geraak het. Ons huis is baie klankdig,
maar daai sirene dring deur alles.

Met die orkaan weet jy hy gaan alles vir honderde myle tref - met die
tornado weet jy hy gaan dalk nie eers kom nie en as hy kom dan trek hy
net so dun ou strepie op die grond.

En ek moet sê, dit klink seker snaaks vir mense wat nie hier bly nie,
maar ek sê ook dit is opwindend! En dit hou jou aan die bid....
Vorige onderwerp: Biltong
Volgende onderwerp: Re: Komete -
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 20:26:44 MGT 2024