Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Help uit asb!
Help uit asb! [boodskap #25259] Do, 12 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
SPECTROLAB[1]  is tans af-lyn  SPECTROLAB[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek gaan volgende jaar Au-pair in Amerika en ek wil
graag n bietjie meer inligting versamel omtrent Amerika.

Ek wil byvoorbeeld na n plek gaan waar die klimaat
amper dieselfde is as Suid Afrika sin. Ek sal dit ook
baie waardeer as jy n aanbeveeling kan maak omtrent
van die lekker plekke om in te bly in Amerika.
--
spectro
Re: Help uit asb! [boodskap #25265 is 'n antwoord op boodskap #25259] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G...[1]  is tans af-lyn  G...[1]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Julie sê:

> Ek self wil nie verder noord gaan as
> Suid-Carolina/Georgia omdat ek weet dat
> ek nie die koue winter en sneeu sal
> kan hanteer nie.

Ek woon al byna twee dekades lank hier in Alberta
(Noordwes Kanada), en ek dink dat Suid-Afrikaners
se beheptheid met [goeie] weer en hulle vrees vir
koue op oordrewe onkunde gebaseer is.

Die mense in hierdie geweste is op die winters en
die koue voorberei . . . maar ek dink dis jammer
dat so min mense melding maak van die wonderlike
gematigde somers wat ons hier geniet.

Ek was aanvanklik ook bang vir die GROOT KOUE,
maar dit het my slegs 'n paar ure gevat om my te
oortuig dat daar veel belangriker dinge is as die
weer. Verder vind ek dat as dit koud is, kan 'n
mens warm aantrek en steeds die buitelug geniet.
As dit warm [en klam] is - soos in Florida - dan
kan jy nie verder as jou vel uittrek nie.

Die winters keer ons hier binnenshuis vas. Die
somers keer die mense in die warm plekke agter
hulle lugverkoelers vas.

Daar is min plekke in die wêreld wat Johannesburg
se lekker klimaat het.
Re: Help uit asb! [boodskap #25266 is 'n antwoord op boodskap #25259] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Getchir Goat wrote:

> Ek woon al byna twee dekades lank hier in Alberta
> (Noordwes Kanada)

Ja, as daar enige plek is wat met die
Australiese weskus daar by Perth kan vergelyk as 'n
eindpunt
vir Afrikaners buite SA, dan is dit seker die prairie
provinsies in Kanada. Baie dokters in klein dorpies
op die prairies het Afrikaner-name. En hulle bly in
sommige gevalle taamlik ver noord. En ek dink nie
hulle kla teveel nie. Miskien kla hulle oor die somers,
soos ek hier in Ontario.

Gloudina

>
Re: Help uit asb! [boodskap #25267 is 'n antwoord op boodskap #25259] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
----- Original Message -----
From: Getchir Goat
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Sent: Friday, August 13, 1999 11:23 AM
Subject: Re: Help uit asb!

> Ek woon al byna twee dekades lank hier in Alberta
> (Noordwes Kanada), en ek dink dat Suid-Afrikaners
> se beheptheid met [goeie] weer en hulle vrees vir
> koue op oordrewe onkunde gebaseer is.

Ek is nie behept met goeie weer nie. Ek is net 'n persoon wat nie die koue
kan hanteer nie. Selfs toe ek in SA was het koue my van tyd tot tyd gepla
(en ek het in Pretoria gewoon). Ek onthou hoeveel keer ons gebraai het in
die aand en ek die enigste een was met 'n trui aan omdat ek koud gekry het
terwyl al die ander van mening was dat dit 'n "lekker koel aand" is. Dit is
nie soseer die sneeu self nie, dit is die uiterse koue wat daarmee gepaard
gaan.

Gedurende Februarie 1994 het ek in New York geland terwyl dit gesneeu het.
Die oorspronklike plan was om 'n paar dae in New York te spandeer. Sewe ure
later was ek op 'n bus oppad na 'n warmer staat. Die koue was te veel vir
my. Dit was dieselfde toe ek gedurende Februarie 1991 drie dae in London was
in die middel van die winter.

Daar is heelwat Amerikaners wat vanaf die noorde na die suide verhuis omdat
hulle moeg raak vir die koue en sneeu. Ek dink dit verskil van persoon tot
persoon en nie noodwendig Suid-Afrikaners in die algemeen nie. Meeste van
die Suid-Afrikaners wat ek ontmoet het oor die afgelope paar jaar woon
iewers in die noorde en Kanada, en klink vir my heel gelukkig om te woon
waar hulle woon..

> Ek dink nie ek wil in die dele van Noord-Amerika bly waar hulle moet vrees
> vir tornadoes en hurricanes nie.

Ek woon sedert 1995 hier en nog nie 'n "hurricane" ervaar nie. Hierdie jaar
se "hurricane" seisoen is so stil dit herinner my aan die stilte voor die
storm. Ons het wel die 1997 tornado's ervaar wat baie lewens geëis het en
miljoene Dollars se skade aangerig het. Verder is Orlando die "lightning
capitol of the world". Net soos die koue, sneeu, droogte, aardbewings, ens.
is dit dinge waarmee 'n mens leer om mee saam te leef. Daar is geen
"perfect world". As dit nie een ding is nie is dit 'n ander. Ek dink
elkeen maak maar sy/haar keuse wat vir hom/haar die beste is.

Groetnis
Julie
Re: Help uit asb! [boodskap #25290 is 'n antwoord op boodskap #25259] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Getchir Goat wrote:

> Daar is min plekke in die wêreld wat Johannesburg
> se lekker klimaat het.

Laaste keer wat ek in Johannesburg was, was
dit so koud begin Oktober dat ek sokkies wou aantrek,
en by my man gekla het dat as ons nou in Kanada
was, ons die hitte sou aangesit het. En ek sal nie die
koue in Pretoria vergeet nie. Nee, onverhitte huise is
nie meer vir my nie. So ook winterklere. Ek besit
eenvoudig geen truie nie.


Die koudste wat ek nou ooit in my lewe gehad het:
Op Adams Mission, dertig myl van Durban, met die
wind wat van die sneeu op die Drakensberge waai.
Ek sien my nou nog klim in 'n warm bad met 'n koppie
sop. En my eerste week in London in die woonstel van
vriende. Daar is geen sneeu op die grond maar dis so
koud dat die oorverbruik van die gasvoorrade in die
stad dit onmoontlik maak om 'n bad vol warm water
te tap. En die agonie om van die sitkamervuur na die
slaapkamer te gaan. Dieselfde het gebeur met my eerste
besoek aan New York. Ons was in 'n woonstel wat
vriende vir ons geleen het oor die Kersfees. Weereens
was die gasverbruik so hoog dat die woonstel nie goed
warm kon word nie. Ek kan nou nog die wit kolle op my
voete onthou, wat nooit heeltemal warm geword het nie.

Gloudina
Re: Help uit asb! [boodskap #25291 is 'n antwoord op boodskap #25259] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Getchir Goat wrote:
>
>> Daar is min plekke in die wêreld wat Johannesburg
>> se lekker klimaat het.
>
> Laaste keer wat ek in Johannesburg was, was
> dit so koud begin Oktober dat ek sokkies wou aantrek,
> en by my man gekla het dat as ons nou in Kanada
> was, ons die hitte sou aangesit het. En ek sal nie die
> koue in Pretoria vergeet nie. Nee, onverhitte huise is
> nie meer vir my nie. So ook winterklere. Ek besit
> eenvoudig geen truie nie.

Yep! Verteer die verbruikbare bronne van ons aarde (gas, olie) in plaas
daarvan om 'n goeie lagie gesonde wol oor te sit!

>
> Die koudste wat ek nou ooit in my lewe gehad het:
> Op Adams Mission, dertig myl van Durban, met die
> wind wat van die sneeu op die Drakensberge waai.

Die koudste wat ek ooit gekry het was oor Paasfees in my kajuit op 'n
Safmarine-skip net buite South Hampton. Om warm te kry, het ek my broek
aan my lyf gesit en stryk. Ek het nou nog die litteken waar die
strykyster (gestel vir "linne" !) die kaal vel tussen die broeskpyp en
die sokkie opgerol het.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Help uit asb! [boodskap #25329 is 'n antwoord op boodskap #25259] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> In article ,
> @sympatico.ca wrote:
>> Getchir Goat wrote:
>>
>>> Daar is min plekke in die wêreld wat Johannesburg
>>> se lekker klimaat het.
>>
>> Laaste keer wat ek in Johannesburg was, was
>> dit so koud begin Oktober dat ek sokkies wou aantrek,
>> en by my man gekla het dat as ons nou in Kanada
>> was, ons die hitte sou aangesit het. En ek sal nie die
>> koue in Pretoria vergeet nie. Nee, onverhitte huise is
>> nie meer vir my nie. So ook winterklere. Ek besit
>> eenvoudig geen truie nie.
>
> Yep! Verteer die verbruikbare bronne van ons aarde (gas, olie) in plaas
> daarvan om 'n goeie lagie gesonde wol oor te sit!
>
>>
>> Die koudste wat ek nou ooit in my lewe gehad het:
>> Op Adams Mission, dertig myl van Durban, met die
>> wind wat van die sneeu op die Drakensberge waai.
>
> Die koudste wat ek ooit gekry het was oor Paasfees in my kajuit op 'n
> Safmarine-skip net buite South Hampton. Om warm te kry, het ek my broek
> aan my lyf gesit en stryk. Ek het nou nog die litteken waar die
> strykyster (gestel vir "linne" !) die kaal vel tussen die broeskpyp en
> die sokkie opgerol het.
>

Ja ek onthou die koue dae.
Sal nooit vergeet in my weermag dae buite Bloemfontein op De Brug in die
winter nie. Jy slaap met jou waterbottel onder jou kussing vir more se
skeer, maar as jy wakker word is die soos 'n "slush-puppy" gevries.

Krokkie

>
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Re: Benjo says, spell it Mbeki
Volgende onderwerp: Jy was (so half) reg, Ferdi!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 15:27:29 MGT 2024