Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Help uit asb!
Re: Help uit asb! [boodskap #25256] Do, 12 Augustus 1999 00:00
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leonie skryf in boodskap news:01bee4e2$f047ed20$d99c358b@spectro_vaal...
> Ek gaan volgende jaar Au-pair in Amerika en ek wil graag n bietjie meer
inligting versamel omtrent Amerika.

Hhmmm... lees baie - gaan na die Amerikaanse ambassade of die konsulaat toe,
en kyk deur die boeke in hulle bibilioteek. Reisboeke gee nogal goeie
inligting, maar vertel alles uit die toeris se oogpunt.

> Ek wil byvoorbeeld na n plek gaan waar die klimaat amper dieselfde is as
Suid Afrika sin.

Weer 'n keer: Hhhmmm... waar in Suid-Afrika woon jy? Die klimaat in ons land
wissel mos maar baie: van die subtropiese Natal tot die winterreënstreek van
die Kaap; van die halfwoestyn van die Karoo tot die woude van Tsitsikamma;
die bosveld en die Laeveld tot die Kaapse Weskus; die bergwêreld van die
Drakensberge tot die vlaktes van die Vrystaat.....

Netso wissel Amerika se klimaat, en nog meer. Suid-Kalifornië is byna soos
Pretoria se klimaat; Florida is amper soos Durban; Arizona is amper soos die
Karoo. Montana is asemrowende bergwêreld; die Midweste het eindelose
vlaktes... daar is die Groot Mere, daar is woude en woestyne, en
seekusgebiede om van te droom.

Daar is geweldige klimaatsverskille tussen die verskillende streke. Ons bly
hier aan die Ooskus, omtrent 'n uur en 'n half per trein van die middestad
van New York af - dus omtrent 120 kilometer suid van new York. Ons het de
afgelope somer temperature beleef van 40 + Celsius, met humiditeit wat dit
laat voel soos 46. Winters by ons is ook nie te erg koud nie: die koudste
wat ons nog beleef het, was omtrent -20 Celsius. Vergelyk dit met die koue
wat hulle soms in Chicago beleef, waar dit tot -50 Celsius kan word, met
aanvoelbare temperature van selfs minder as dit. Wanner dit regtig erg word,
soos verlede jaar, kry jy ysstorms wat hele state kan laml�. Verlede jaar
was die hele staat Maine "gesluit" - geen verkeer is op die paaie toegelaat
nie, krag was dae en weke lank af, en so aan... In Kanada was dit so erg dat
hulle die Weermag moes inroep. DInk daaraan: as jou krag af is in sulke erge
koue, bevries toilette, jy kan nie kook nie, daar is nie vars water nie want
alles is bevrore, jy kan nie gaan kos koop nie... dis erg.

> Ek sal dit ook baie waardeer as jy n aanbeveeling kan maak omtrent van die
lekker plekke om in te bly in Amerika.

Gaan jy dus 'n keuse hê van plekke? My dogter was au pair in noord-New
Jersey. Sy het net een aanbod gekry - en dit was die een in New Jersey.
Gelukkig het sy dit baie goed getref met 'n oulike gesin. Om 'n lys saam te
stel van al die lekker plekke hier in die VSA is byna onmoontlik - daar is
so baie. In die algemeen is mense wat au pairs kan bekostig welgesteld en
hulle woon in "lekker plekke". Aan die ander kant: 'n vriendin van my dogter
was au pair by 'n gesin wat in 'n woonstel in Manhattan (New Yorkstad) gebly
het. Die man het nie gewerk nie; sy vrou het gewerk, en dit was vir haar
(die au pair) feitlik onhoubaar om so te moet werk. Sy het ook net omtrent
ses maande gehou en is toe terug Pretoria toe.

Au pairwees is harde werk, maar kan lekker wees. Moet net asseblief nie dink
dis kinderspeletjies nie. Jou verantwoordelikheid is eintlik skrikwekkend:
jy is die hele dag vir klein kindertjies verantwoordelik, en jy moet hulle
versorg en oppas. As iets met hulle gebeur, kan jy verantwoordelik gehou
word. En Amerikaanse kinders is dikwels ongepoetste, selfsugtige,
disrespekvolle bedorwe klein brokkies wie se ouers dink die son skyn uit
hulle agterwêreldjies uit.

Met die regte instelling, en as jou verwagtinge nie onrealisties is nie,
gaan jy 'n heerlike jaar hê. Stap met oop oë daarin, berei jou goed voor, en
geniet dit. Baie sterkte!
Re: Help uit asb! [boodskap #25257 is 'n antwoord op boodskap #25256] Do, 12 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan skryf in boodskap news:37b3109e.260216363@Choice010...
> On 12 Aug 1999 16:56:36 GMT, "Leonie" wrote:
> Die suide is baie warm, baie!!!!!!!! Dalk wil jy noord probeer hou. Ek stel
> voor jy kontak die agentskappe wat jy gaan oorweeg om jou te stuur en vra hulle
> moet jou in verbinding sit met van die meisies wat tans hier is. As die
> agentskap nie wil nie, gaan na 'n ander een toe.
>
> Praat met die meisies wat nou hier is of net teruggekom het van hier af en hoor
> wat hulle sê. Onthou dat party mense baie negatief kan wees in hulle hele
> lewens uitkyk - soek eerder die positiewe mense wat jou kan sê hoe om van die
> hele poging 'n heerlike avontuur te maak!
>
> Geniet dit!
>

Ek stem saam met Johan - ek dink nie daar is so plek nie. Ek woon in
sentraal-Florida en dit is ontsettend warm hier in the somer, maar die
winters is heerlik. Dit het 'n rukkie geneem om aan al die lugverkoelers
gewoond te raak. My droom is om een dag na Tucson Arizona te verhuis vir
redes wat ek eerder nie wil plaas nie aangesien my bewerings oor Tucson
slegs op hoorsê gebaseer is. Ek self wil nie verder noord gaan as
Suid-Carolina/Georgia omdat ek weet dat ek nie die koue winter en sneeu sal
kan hanteer nie. Wat Johan sê is baie waar en baie goeie advies.

Julie
Re: Help uit asb! [boodskap #25258 is 'n antwoord op boodskap #25256] Do, 12 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Aug 1999 16:56:36 GMT, "Leonie" wrote:

|Ek gaan volgende jaar Au-pair in Amerika en ek wil
|graag n bietjie meer inligting versamel omtrent Amerika.
|
|Ek wil byvoorbeeld na n plek gaan waar die klimaat
|amper dieselfde is as Suid Afrika sin.

Vergeet dit! Ek dink nie daar is so plek nie - sien eerder die uiterste weer
wat jy gaan raakloop as een groot avontuur!

|Ek sal dit ook
|baie waardeer as jy n aanbeveeling kan maak omtrent
|van die lekker plekke om in te bly in Amerika.
|--
Die suide is baie warm, baie!!!!!!!! Dalk wil jy noord probeer hou. Ek stel
voor jy kontak die agentskappe wat jy gaan oorweeg om jou te stuur en vra hulle
moet jou in verbinding sit met van die meisies wat tans hier is. As die
agentskap nie wil nie, gaan na 'n ander een toe.

Praat met die meisies wat nou hier is of net teruggekom het van hier af en hoor
wat hulle sê. Onthou dat party mense baie negatief kan wees in hulle hele
lewens uitkyk - soek eerder die positiewe mense wat jou kan sê hoe om van die
hele poging 'n heerlike avontuur te maak!

Geniet dit!
Vorige onderwerp: Internasionale sjokolade
Volgende onderwerp: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!")
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:05:51 MGT 2024