Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swaai vernedering na voordeel - veral met die media
Swaai vernedering na voordeel - veral met die media [boodskap #24976] Wo, 28 Julie 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
As iemand jou beledig, verander dit na 'n kompliment, bv.:

Jy is 'n bobbejaan...

'n Wetenskaplike eksperiment in die kwantum fisika om die
Einstein (E/P/R) se "Unified Field Theory" te bewys, het op
twee Japanese eilande plaasgevind. Dit word die "100
monkey" eksperiment genoem: Die eilande het beide 'n groep
bobbejane gehad. Wetenskaplikes het hulle bestudeer.
Kokosneute val van die bome af op die seesand. Die
bobbejane tel dit op, vat dit na die rotse en breek dit.
Eet dan die binneste, gemeng met seesand. Op 'n dag gaan
een bobbejaan, breek sy kokosneut, vat dit na die see toe,
was die sand uit, en eet dit. Die einde van die dag doen al
die bobbejane dit. Dieselfde aand doen ander bobbejane dit
op 'n eiland verder. Bewussyn is dus so dat as die 100e
bobbejaan 'n ding anders doen, en dit werk, dan doen al die
bobbejane dit. En dit bewys telepatie tussen bobbejane.
Daar bestaan dus 'n universele veld van bewussyn. M.a.w.
een veld van bewussyn. Dit kos net een bobbejaan. Die 100e
bobbejaan.

Jy is 'n rot...

Al gehoor die storie van die leeu en die rot. Wel die leeu
was eendag honger, en kom by 'n rot uit. Hy wil die rot
eet, maar die rot se vir hom - Meneer Leeu, ek het nie kos
nie. Ek het my werk verloor. Ek het 'n vrou en twee
kinders. Daar is nie kos of werk nie. Ek gaan om kos te
soek. Al eet jy my, sal jy nog honger bly. Toon my genade
en spaar my asb. Wel die leeu dink eintlik is die rot reg.
Op 'n dag stap die rot verby 'n boom. Onder die boom krul
die leeu, blou in sy gesig. Kan nie asem kry nie. Daar is
toe 'n stuk gras in die leeu se neus. Die rot krap toe die
gras uit die leeu se neus, en red die leeu se lewe. Van
daardie dag is die leeu en die rot goeie vriende, alhoewel
hulle nooit vir mekaar gekuier het nie. En die leeu het ook
minder rotte geëet. 'n Mens weet nooit nie...

Jy is 'n muis...

Al gehoor van die eksperiment met die muise in die
draadhok. Hulle word kos gegee, word vet en vermeerder. En
stelselmatig word hulle kos verminder. Later raak die kos
op en hulle raak monsters, en begin mekaar te eet. Wel, een
muis, wat skaam is, nie 'n vegter is nie, en nie hou van
baklei nie, en nooit by die kos uitkom nie, begin aan die
draad te knaag. Wel hy raak maer. En sy speeksel later sorg
dat die draad roes. En al die muise kry 'n uitkomkans op
die einde.

En so kan 'n mens aangaan. Dit vat tyd om dit uit te dink,
maar as 'n mens eers een het, dan kom die res...

Vorige onderwerp: Re: Natasha soek .....
Volgende onderwerp: Marius Botha
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 00:50:25 MGT 2024