Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » So in die verbygaan - prostate
So in die verbygaan - prostate [boodskap #24146] Wo, 23 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Brieke, manne, brieke. Netnoumaartjies kry EK die skuld vir julle
stuitighede. Maar ek het beloof om van die drie oukêrels te vertel :

Sê die 60 jarige : "Nee, my doktertjie het my reggekry SONDER operasies.
Elke oggend 6 uur moet ek spring. G'n stuk meer druk vir 'n half uur lank
voordat daar 'n druppel uitval nie. "

"Selle met my - elke oggend tussen 6 en 7 maak ek 'n dam soos 'n perd" ,s�
die 70 jarige oubaas.

"Ek praat saam, kêrels", sê die 80 jarige. " My dokter het my ook ge-time
vir omtrent 6 uur soggens. Soos 'n perd - elke keer. Maar ek word eers 9
uur wakker............"

Versugting : As Henri tog maar hier was. Ouens soos hy het 'n ryk skat om
te deel...........Is daar nie verpleegpersoneel wat hier rondkuier nie ??

Die twee niksnutte kuier by oupa-hulle op die plaas en van pure verveeldheid
peuter hulle toe met die binnegoed van die staanhorlosie. Middernag begin
die horlosie te slaan. 1,,,,,2,,,,,,3,,,,,,4 en hy stop nie by 12 nie. Hy
slaan voort en oupa lê en tel. Op 24 gee die horlosie die gees.
Benoud skud oupa vir ouma wakker - "Opstaan ou vrou - dis baie later as
wat ons gedink het.........."

Seënwense
(En moenie die briek mistrap nie.....julle s t o u t e r d
s)

Omie
Re: So in die verbygaan - prostate [boodskap #24147 is 'n antwoord op boodskap #24146] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hans" writes:

> Versugting : As Henri tog maar hier was. Ouens soos hy het 'n ryk skat om
> te deel...........Is daar nie verpleegpersoneel wat hier
rondkuier nie ??

Hier is Kanada se geliefkoosde
verpleegster-grap in die verband.
'n Ouerige en besadigde dagver-
pleegster en die baie jong en
baie flink nagverpleegster bespreek
die tatoo op 'n jong man se jy-weet-
wat. Dit spel "Swan" sê die ouer
moederlike verpleegster. Nee, verklaar
die mooi jong verpleegstertjie: dit
spel "Saskatchewan."

Tant Hessie se witperd.

>
>
>
> Die twee niksnutte kuier by oupa-hulle op die plaas en van pure verveeldheid
> peuter hulle toe met die binnegoed van die staanhorlosie. Middernag begin
> die horlosie te slaan. 1,,,,,2,,,,,,3,,,,,,4 en hy stop nie by 12 nie. Hy
> slaan voort en oupa lê en tel. Op 24 gee die horlosie die gees.
> Benoud skud oupa vir ouma wakker - "Opstaan ou vrou - dis baie later as
> wat ons gedink het.........."
>
>
>
> Seënwense
> (En moenie die briek mistrap nie.....julle s t o u t e r d
> s)
>
> Omie
>
Re: So in die verbygaan - prostate [boodskap #24148 is 'n antwoord op boodskap #24146] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jun 1999 14:28:58 +0200, "Hans" wrote:
|.Is daar nie verpleegpersoneel wat hier rondkuier nie ??
|
Een van die heel klassiekes vir my is net snaaks as jy weet presies hoe 'n ou
boere omie is.

Hy was nooit siek nie - nooit naby 'n dokter of hospitaal gekom nie. Maar dit
duur ook nie vir altyd nie, en toe hy in die hospitaal land, moet die mense
uitvind wat makeer.

Vrolike jong verpleegstertjie kom by hom : "Oom, hier is 'n klein botteltjie -
piepie vir my 'n monstertjie daarin dan kom ek dit netnou haal."

Na 'n paar minute is sy terug, maar die ou kerel protesteer: "Ek kan dit nie
doen nie, jufroutjie!"

"Neewat oom, net 'n ou klein monstertjie dan kan die dokter sien of daar fout
is!"

Met nog 'n protestasie van sy kant af begin sy so ongeduldige strepie in haar
stem kry: "Oom, jy moet net gou 'n ou klein monstertjie piepie anders kan ons
nie verder gaan nie."

Die oom was ook al net desperaat en antwoord met: "Nou goed, juffroutjie, ek sal
jou sê wat: jy k@k vir my 'n krokodil dan piepie ek vir jou 'n klein
monstertjie..!"
Re: So in die verbygaan - prostate [boodskap #24187 is 'n antwoord op boodskap #24146] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:
>> Hier is Kanada se geliefkoosde
> verpleegster-grap in die verband.
> 'n Ouerige en besadigde dagver-
> pleegster en die baie jong en
> baie flink nagverpleegster bespreek
> die tatoo op 'n jong man se jy-weet-
> wat. Dit spel "Swan" sê die ouer
> moederlike verpleegster. Nee, verklaar
> die mooi jong verpleegstertjie: dit
> spel "Saskatchewan."
>
> Tant Hessie se witperd.
>

Ons het ook een soortgelyk.
Die oom moes geskeer word en die verpleegstertjie sien die tatoo
"oom se oom" op-jy-weet-wat.
"Wat beteken die tatoo Oom?" vra sy verwonderd.
"Slytasie my kind, slytasie. In my jong dae het daar gestaan:
'Wakkerstroom sy Disselboom'

Jakes
Vorige onderwerp: Re: POTGIETER
Volgende onderwerp: Re: So in die verbygaan - kommunisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:59:52 MGT 2024