Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING
"Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING [boodskap #18249] Di, 13 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ferdi Greyling

Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.

Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
die hele wêreld elegant aan 'n enkele uur anker.

Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.

Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn.
Ek is koning van idees.

Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.

Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.

Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.

(Concept)
Re: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING [boodskap #24119 is 'n antwoord op boodskap #18249] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jannie & Febe  is tans af-lyn  Jannie & Febe
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hou assenlief op om strond soos hierdie op die ding te sit dankie
Re: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING [boodskap #24120 is 'n antwoord op boodskap #18249] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het nou weer hierdie prosa/gedig baie geniet. Tot vir 'n paar van my
vriende aangestuur! Dankie Gloudina!

--
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471

Jannie & Febe skryf in boodskap news:7ko1eh$jno$1@news08.btx.dtag.de...
> Hou assenlief op om strond soos hierdie op die ding te sit dankie
>
Vorige onderwerp: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Die Swart Stad" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:32:02 MGT 2024