Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat doen 'n mens in Wenen?
Wat doen 'n mens in Wenen? [boodskap #23921] So, 13 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vrydag 18 Junie (D.V.) vlieg ek Wenen toe (Oostenryk se "Wien") om deel te
neem aan 'n kongres. Daar gaan tyd beskikbaar wees om bietjie rond te kyk.
Ek was nog nooit in Wenen nie, en ek weet daar is meer te sien en te doen as
wat ek in 'n week kan inpas - met of sonder kongres. Nou wonder ek net: wat
sou julle 'n mens aanraai om bo-aan die lysie te plaas van wat ek nie
behoort mis te loop nie?

Antwoord hierm of stuur aan my by my e-pos: eks...@snailexcite.com; haal net
die slak uit die adres uit as jy direk aan my 'n antwoord wil stuur.

Baie dankie solank.

Groete

Henry / Kwarantyn
Re: Wat doen 'n mens in Wenen? [boodskap #23959 is 'n antwoord op boodskap #23921] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
John Meeding  is tans af-lyn  John Meeding
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jy het al 'n klompie mooi idees - hier is my paar pennies:

Sover as jy kan, stap deur die stad. Spandeer 'n uur of twee eerte ding om
op een van die bustoerete gaan (kan nie mooi onthou waar ek dit gekry het
nie - vra die concierge) - dit help jou net om jouself vinnig te orienteer.
En dan kan jy stap / trem ry om die mooiste plekkies weer te bekyk in
diepte. Onthou om altyd tyd te laat vir 'n bier tussen-in !!!

Twee mooi paleise/tuine was Schonbrun (sit effens buite die stad) asook
Vergelegen (??? - prins Willem van Oranje se paleis - ek is nie mooi seker
van die name nie).

Geniet dit - Wien is pragtig, en onthou om te groet deur te se : Gruss Gott.

Jack
Kwarantyn wrote in message
...
> Vrydag 18 Junie (D.V.) vlieg ek Wenen toe (Oostenryk se "Wien") om deel te
> neem aan 'n kongres. Daar gaan tyd beskikbaar wees om bietjie rond te kyk.
> Ek was nog nooit in Wenen nie, en ek weet daar is meer te sien en te doen as
> wat ek in 'n week kan inpas - met of sonder kongres. Nou wonder ek net: wat
> sou julle 'n mens aanraai om bo-aan die lysie te plaas van wat ek nie
> behoort mis te loop nie?
>
> Antwoord hierm of stuur aan my by my e-pos: eks...@snailexcite.com; haal net
> die slak uit die adres uit as jy direk aan my 'n antwoord wil stuur.
>
> Baie dankie solank.
>
> Groete
>
> Henry / Kwarantyn
>
Re: Wat doen 'n mens in Wenen? [boodskap #23960 is 'n antwoord op boodskap #23921] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn wrote in article
...
> Vrydag 18 Junie (D.V.) vlieg ek Wenen toe (Oostenryk se "Wien") om

Henry, Wenen is n baie mooi stad. Afhangende van hoeveel tyd jy het sal ek
jou twee moontlike uitstappies aanbeveel.

Uitstappie nommer een:

Jy koop vir jou n wegneem ete van die heel lekkerste koekerigheid (pastry,
en veral iets met appelkoos of amandel in), en koop n bottel lekker
Oostenrykse bier en vat die trein/trem na n dorpie aan die wand van die
Swartwoud, ek dink die dorp se naam is Monchengladbach (met n umlaut op die
o, ek weet nie nou waar my umlautknoppie is nie), vir n piekniek wat jou
asem sal wegruk. Daar is klomp plekke waar jy kan verwyl en jou siel sal
verkwik voel.

Uitstappie nommer twee

Of jy kan op die kaart kyk, en dan die tram vat en hom van hoek tot einde
ry. M.a.w. jy klim bv. in trem nommer 23, en ry hom al die pad terug na
die hotel. As jy wil kan jy kort kort afklim by iets wat jou aandag trek,
en as jy klaar gekyk het, klim jy net weer in trem nommer 23 want jy weet
hy kom weer by jou hotel uit. Jy kan natuurlik dieselfde doen in n taxi,
maar dis duurder en nie so avontuurlik soos die trem nie.

Daar is altyd klassieke musiekkonserte aan die gang, veral in die somer, en
die klem is natuurlik op Mozart wat in Wenen gebore is (of is dit
Salzburg), maar daar is ook poppespele wat regtig die moeite werd is.

Laat vir ons weet hoe dit was.

PAT

deel te
> neem aan 'n kongres. Daar gaan tyd beskikbaar wees om bietjie rond te kyk.
> Ek was nog nooit in Wenen nie, en ek weet daar is meer te sien en te doen as
> wat ek in 'n week kan inpas - met of sonder kongres. Nou wonder ek net: wat
> sou julle 'n mens aanraai om bo-aan die lysie te plaas van wat ek nie
> behoort mis te loop nie?
>
> Antwoord hierm of stuur aan my by my e-pos: eks...@snailexcite.com; haal net
> die slak uit die adres uit as jy direk aan my 'n antwoord wil stuur.
>
> Baie dankie solank.
>
> Groete
>
> Henry / Kwarantyn
>
Re: Wat doen 'n mens in Wenen? [boodskap #23961 is 'n antwoord op boodskap #23921] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn skryf in boodskap news:7k18av$59f8$1@newssvr04-int.news.prodigy.com...
> Vrydag 18 Junie (D.V.) vlieg ek Wenen toe (Oostenryk se "Wien") om deel te
> neem aan 'n kongres. Daar gaan tyd beskikbaar wees om bietjie rond te kyk.
> Ek was nog nooit in Wenen nie, en ek weet daar is meer te sien en te doen as
> wat ek in 'n week kan inpas - met of sonder kongres. Nou wonder ek net: wat
> sou julle 'n mens aanraai om bo-aan die lysie te plaas van wat ek nie
> behoort mis te loop nie?
>
1. Koop 'n 'netzkarte' by een van die tabakwinkels- 3 of 4 dag
kaartjie waarmee jy op die trêms, die U-bahn, die S-bahn en die busse
kan ry, asook 'n kaart met al díe stelsels op en besoek dan:

2. die kerk bo-op die 'Vienna Woods' vir 'n uitsig oor die rivier;

3. die Schonbrunnpaleis;

4. die Prater vir 'n bietjie fun (dis mos somer);

5. 'n 'heurigen' (winebar) op die buitewyke van die stad;

6. kafees (ie koffiewinkels) vir 'n onbeperkte verskeindenheid koffies
en waar jy die hele dag kan rondhang;

7. die galery waar jy oa. 'n klomp Klimts kan besigtig - het nou net
die naam daarvan vergeet;

8. die ou gedeelte binne die 'Ring' - galerye, operahuise, daai wit
perde, eet Sachertorte by die hotel van dieselfde naam, en hou gedurig
jou oë oop vir voorbeelde van Art Nouveau en nog baie meer
argitektoniese wonderwerke terwyl jy rondrits..........

Ek's jaloers........
Re: Wat doen 'n mens in Wenen? [boodskap #23962 is 'n antwoord op boodskap #23921] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Re: Wat doen 'n mens in Wenen?

Drink baie koffie oral oor. Eet Sachertorte. St. Stephens katedraal in die
Innere Stadt. Die area rondom die Ringstrasse. Die ou stad. Verken die ou
Joodse kwartier. Sigmund Freud se huis. Die operahuis (indien jy kaartjies
kan kry, woon een by). Die talle parke rondom die Hofburg. Gustav Klimt is
oral. Sover moontlik, LOOP deur die stad - jy sal die beste ontdekkings en die
geur van die stad so kry. Koop 'n gids hier in die VSA - dis so goedkoop. En
indien jy tyd het, verken ook Salzburg (wat ek regtig geniet het).
Vorige onderwerp: Bandwydte
Volgende onderwerp: Motorkarre en diens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 06:46:45 MGT 2024