Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Gediggie vir 2 Junie
'n Gediggie vir 2 Junie [boodskap #23416] Sa, 29 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
''Lente in die ou transvaal
môredou en oggendlig
eerste son op sink en staal
en kolle nat groen gras
klavier se note hou my vas
gisteraand weer donderweer

in niemandsland het ek verdwaal
sal ons ooit weer daglig haal
die toergids gee die reisplan aan
sê totsiens azani�
ek groet my vriende een vir een
versigtig elke tree
ek ek stap deur die spieël se raam
die derde wêreld in''

(derde wêreld deur JK) - voeg net die musiek by.

Die trane die rol oor jou, Bokkie...........
Re: 'n Gediggie vir 2 Junie [boodskap #23417 is 'n antwoord op boodskap #23416] Sa, 29 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dis baie sweet Nomad, kom dit uit ou eie pen? Wie is JK, of behoort ek dit
te weet?

Dit laat my dink aan die gedig van (ek dink) DJO

"o treurig die wysie op die ooswind se maat,
soos die lied van n meisie in haar liefde verlaat"

Ons ou digters was so dikwels melankolies, dit moet die Franse bloed in
hulle gewees het. Omtrent al Ingrid Jonker se werk was ook half sad.

Pat , wat ook nou vandag verlang na die "old country"

nomad wrote in article
...
>
> ''Lente in die ou transvaal
> môredou en oggendlig
> eerste son op sink en staal
> en kolle nat groen gras
> klavier se note hou my vas
> gisteraand weer donderweer
>
>
> in niemandsland het ek verdwaal
> sal ons ooit weer daglig haal
> die toergids gee die reisplan aan
> sê totsiens azani�
> ek groet my vriende een vir een
> versigtig elke tree
> ek ek stap deur die spieël se raam
> die derde wêreld in''
>
> (derde wêreld deur JK) - voeg net die musiek by.
>
>
> Die trane die rol oor jou, Bokkie...........
>
Re: 'n Gediggie vir 2 Junie [boodskap #23418 is 'n antwoord op boodskap #23416] Sa, 29 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"PAT" writes:


> Dit laat my dink aan die gedig van (ek dink) DJO
>
> "o treurig die wysie op die ooswind se maat,
> soos die lied van n meisie in haar liefde verlaat"

Dis nie DJO nie (Opperman?) nie,
maar ENM (Eugene N. Marais.)

>
> Ons ou digters was so dikwels melankolies, dit moet die Franse bloed in
> hulle gewees het. Omtrent al Ingrid Jonker se werk was ook half sad.

As ek so 'n pa gehad het, was ek ook die hele
tyd sad. Hy het haar mos in die Parlement ont-
eien. Maar sy was one up op hom. Niemand
onthou hom eers meer nie, maar Mandela lees
haar gedig voor die hele nasie.

Gloudina
Re: 'n Gediggie vir 2 Junie [boodskap #23449 is 'n antwoord op boodskap #23416] So, 30 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
PAT skryf in boodskap news:01bea9e7$c5dd3260$11f210d1@ms660966.mindspring.com...
> Dis baie sweet Nomad, kom dit uit ou eie pen? Wie is JK, of behoort ek dit
> te weet?
>
Vir 'n oomblik het ek gedink jy bedoel sweet (soos in harde
werk)............LOL

JK= Johannes Kerkorrel
Vorige onderwerp: Nomad, jy word nie verskoon nie
Volgende onderwerp: Vryheid van spraak ? ? ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:37:52 MGT 2024