Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad
Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #22972 is 'n antwoord op boodskap #22973] Ma, 17 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Het enigiemand in Suid-Afrika, of erens elders, al 'n realistiese
antwoord vir werkloosheid uitgevind? Dit is tog vanselfsprekend dat
die hoe werkloosheidsyfer in 'n baie groot mate tot die hoe
misdaadsyfer bydra, veral in Suid-Afrika. Dieselfde neiging is ook
hier sigbaar - hier doen mense niks nie en word daarvoor betaal
("dole"), maar nou word hulle verplig (met sekere voorvereistes) om
allerhande werk te doen (skoonmaak van strande, onkruid uithaal, ens.).

Die bevolkingsontploffing dra ook by tot hierdie toestand - as daar
minder mense op die ou aarde rondgeloop het met hulle hande in hul
sakke (of uitgestrek in 'n bedel gebaar), sou werkloosheid seker ook
verminder gewees het. Miskien moet ons meer klem plaas op
voorbehoedmiddels en moet dit meer geadverteer word. Hier by ons is
dit nie juis 'n probleem nie - party leiers glo ons moet meer kinders
hier in die wereld inbring.

In Suid-Afrika lyk dit steeds na 'n groot probleem. Iemand al 'n
antwoord gevind?

Groete
Royleen
Re: Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #22973 is 'n antwoord op boodskap #22972] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Dit is tog vanselfsprekend dat
> die hoe werkloosheidsyfer in 'n baie groot mate tot die hoe
> misdaadsyfer bydra,

Jy's heeltemal reg ! Ek sou sê : misdaad in enige land is die regstreekse
gevolg van 'n ekonomiese wantoestand. En dit geld veral vir lande waar 'n
deel van die bevolking 'n redelike welvaart ken, terwyl 'n ander deel net
armoede ervaar. Mense raak maar opstandig as dit so is.
Dit is natuurlik nie 'n eksuus om toe te laat dat moorde en diefstalle
gepleeg word nie, maar dit help om te verstaan hoekom dit gebeur.
Groete.
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #23006 is 'n antwoord op boodskap #22973] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-dejanews.com wrote:
>
> Het enigiemand in Suid-Afrika, of erens elders, al 'n realistiese
> antwoord vir werkloosheid uitgevind? Dit is tog vanselfsprekend dat
> die hoe werkloosheidsyfer in 'n baie groot mate tot die hoe
> misdaadsyfer bydra, veral in Suid-Afrika. Dieselfde neiging is ook
> hier sigbaar - hier doen mense niks nie en word daarvoor betaal
> ("dole"), maar nou word hulle verplig (met sekere voorvereistes) om
> allerhande werk te doen (skoonmaak van strande, onkruid uithaal, ens.).
>
> Die bevolkingsontploffing dra ook by tot hierdie toestand - as daar
> minder mense op die ou aarde rondgeloop het met hulle hande in hul
> sakke (of uitgestrek in 'n bedel gebaar), sou werkloosheid seker ook
> verminder gewees het. Miskien moet ons meer klem plaas op
> voorbehoedmiddels en moet dit meer geadverteer word. Hier by ons is
> dit nie juis 'n probleem nie - party leiers glo ons moet meer kinders
> hier in die wereld inbring.
>
> In Suid-Afrika lyk dit steeds na 'n groot probleem. Iemand al 'n
> antwoord gevind?
>
> Groete
> Royleen
>

Wel daar is altyd aborsie ... soos die ANC dit voorstaan.
Re: Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #23007 is 'n antwoord op boodskap #22973] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rd...  is tans af-lyn  rd...
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
roy...@my-dejanews.com wrote:
> Die werkloosheid sal nog plaasvind totdat die regering wakker word.
Want " Crime pays in South Africa "
Cheers Henk

Het enigiemand in Suid-Afrika, of erens elders, al 'n realistiese
> antwoord vir werkloosheid uitgevind? Dit is tog vanselfsprekend dat
> die hoe werkloosheidsyfer in 'n baie groot mate tot die hoe
> misdaadsyfer bydra, veral in Suid-Afrika. Dieselfde neiging is ook
> hier sigbaar - hier doen mense niks nie en word daarvoor betaal
> ("dole"), maar nou word hulle verplig (met sekere voorvereistes) om
> allerhande werk te doen (skoonmaak van strande, onkruid uithaal, ens.).
>
>
> Groete
> Royleen
>
Re: Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #23008 is 'n antwoord op boodskap #22973] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hier in die VSA het die FBI gister die nuutste misdaadsyfers bekendgemaak.
Syfers wat nou vir die sewende jaar 'n afname toon (dis egter nog steeds
beduidend hoër as syfers pre-1985). 'n Kriminoloog van Harvard bied die
volgende redes: 1) 'n Sterk ekonomie en werksgeleenthede 2) Spoedige verhoor en
vonnis vir oortreders 3) 'n Afname in dwelmgebruik wat dan minder verwante
misdade tot gevolg het 4) Voorkomingsprogramme soos community policing en Dare
to keep children off drugs wat jong mense as teikengroep identifiseer het 5)
Visible policing en opleiding en korter responstye.
Re: Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #23035 is 'n antwoord op boodskap #22973] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
prop...@aol.com (ProPacem) writes:

> Hier in die VSA het die FBI gister die nuutste misdaadsyfers bekendgemaak.
> Syfers wat nou vir die sewende jaar 'n afname toon (dis egter nog steeds
> beduidend hoër as syfers pre-1985). 'n Kriminoloog van Harvard bied die
> volgende redes: 1) 'n Sterk ekonomie en werksgeleenthede 2) Spoedige verhoor en
> vonnis vir oortreders 3) 'n Afname in dwelmgebruik wat dan minder verwante
> misdade tot gevolg het 4) Voorkomingsprogramme soos community policing en Dare
> to keep children off drugs wat jong mense as teikengroep identifiseer het 5)
> Visible policing en opleiding en korter responstye.

Dit word ook algemeen aangeneem dat
die dalende misdaadsyfers die gevolg
is van die ouerwording van die baby-
boomers. Dit het dus tot 'n groot mate
niks te doen met Clinton se goeie beleid
ten opsigte van die bekamping van misdaad
nie. Dieselfde verskynsel is ook hier in
Kanada te bespeur.
Ek neem aan in SA was die verskynsel
van die babyboomers nie so 'n drastiese
sosiale element as hier in Noord-Amerika
nie. Maar die groot groep babyboomers
het die sosio-ekonomiese landskap van die
laaste deel van die 20ste eeu hier in
Noord-Amerika drasties beinvloed. Toe
hulle skool toe gegaan het, was daar 'n
groot aanvraag vir onderwysers. Toe hulle
universiteite toe gaan, toe is daar teveel
skoolonderwysers en moes hulle skole toe-
maak. In die Universiteite was daar 'n
groot aanvraag vir professore. Toe hulle
nou deur die universiteits-sisteem is,
toe sit die Noord-Amerikaanse universiteite
met te veel tenured professors, en was
daar vir omtrent twintig jaar min beweging
in die akademiese wereld, totdat die
professore begin aftree het. Nou sit die
babyboomers al die belangrike poste
vol, en is Generation X nog besig om te
wag om die leer op te klim. In die komende
dekades sal die boomers 'n baie swaar las
wees op die gesondheidsdienste. Die moral
of the story: vermy oorlog maak.

Gloudina
Re: Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #23465 is 'n antwoord op boodskap #22973] Ma, 31 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernest  is tans af-lyn  Ernest
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dit is vir my opmerklik dat daar weinig in die openbaar gepraat word van die
nodigheid vir gesinsbeplanning (dit is nou deur die ANC regering). Ek kry
die indruk dat die wettiging van aborsies die regering se enigste poging was
om gesinsbeplanning te bevorder. Daar word wel aan VIGS aandag gegee en
kondome word hoofsaaklik aanbeveel om hierdie epidemie te beveg.

Wat ek egter nou die dag oor RSG gehoor het was vir my baie interessant.
Daar is oor VIGS gepraat en een van die doktors het toe beweer dat die
bevolkingsgroei in Kwazulu-Natal reeds negatief is a.g.v. die groot aantal
persone wat aan VIGS sterf in daardie provinsie. (Ek was geskok toe 'n
kollega opmerk: "Dit is wonderlik!")

Het een van u dit ook gehoor en kan dit bevestig word?

Dalk is dit die manier waarop ons bevolkingsaanwas in toom gehou gaan word.

Groete

Ernest
Re: Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad [boodskap #23512 is 'n antwoord op boodskap #22973] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Ernest" wrote:
> Dit is vir my opmerklik dat daar weinig in die openbaar gepraat word van die
> nodigheid vir gesinsbeplanning (dit is nou deur die ANC regering). Ek kry
> die indruk dat die wettiging van aborsies die regering se enigste poging was
> om gesinsbeplanning te bevorder. Daar word wel aan VIGS aandag gegee en
> kondome word hoofsaaklik aanbeveel om hierdie epidemie te beveg.
>
> Wat ek egter nou die dag oor RSG gehoor het was vir my baie interessant.
> Daar is oor VIGS gepraat en een van die doktors het toe beweer dat die
> bevolkingsgroei in Kwazulu-Natal reeds negatief is a.g.v. die groot aantal
> persone wat aan VIGS sterf in daardie provinsie. (Ek was geskok toe 'n
> kollega opmerk: "Dit is wonderlik!")
>
> Het een van u dit ook gehoor en kan dit bevestig word?
>
> Dalk is dit die manier waarop ons bevolkingsaanwas in toom gehou gaan
word.

Ik begin me opeens af te vragen of er een verband is tussen AIDS/VIGS en
misdaad. Wat heeft iemand te verliezen als'ie net zijn medische doodvonnis
te horen heeft gekregen?
Is dit een bizarre gedachtenkronkel, of is dit ooit al statistisch
aangetoond?

En dan heb ik het nog niet eens over de claim dat de medische verzorging in
gevangenissen beter is dan daar buiten (weet niet of het zo is, maar klinkt
op zich niet onlogisch).

Dat Moeder Natuur zich op een of andere manier van overbevolking ontdoet is
geen vraag, daar is op zich geen ontkomen aan....hetzij door plagen,
ziektes of oorlog. Cynische constatering, maar een eenvoudige biologische
wetmatigheid....van 1-celligen tot homo sapiens.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Vorige onderwerp: Re: 'n Amerikaner en vryheid
Volgende onderwerp: Sal julle my verskoon..........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:47:58 MGT 2024