Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vigs en die "feite"
Vigs en die "feite" [boodskap #22691] Wo, 28 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wat sal die rede van die regering wees om die ware omvang van vigs vir die
mense weg te steek. 'n Vriend van my wat daagliks met die inligting werk sê
vir my dat die ware getalle baie meer is as wat deurgegee word.

Ek het onlangs 'n teorie op die net gelees dat die virus mens gemaak, of sal
ek sê doelbewus aanmekaar gesit is. Nogal baie interesant.

As iemand meer inligting het, skryf gerus.

Riaan
Re: Vigs en die "feite" [boodskap #22715 is 'n antwoord op boodskap #22691] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Riaan, ek kan nounie pa staan vir die regering se motiewe nie. Wat ek
wel gehoor het, is dat dokters doodeenvoudig netnie meer deur die
geweldige schlep wil gaan om 'n "vigs sterfte" amptelik aan te meld
nie. Dis glo 'n tydrowende proses, en veel makliker om net
"longontsteking" as die oorsaak van die dood op die sertifikaat te
skryf.

Ek hoor ook dat dokters blykbaar op die platteland (wat bekend gestaan
het as die tuislande) kla dat hulle klieente besig is om al hoe minder
te raak agv vigs sterftes.

Alwyn

Riaan skryf in boodskap news:7g7obg$8uh$1@news1.saix.net...
> Wat sal die rede van die regering wees om die ware omvang van vigs vir die
> mense weg te steek. 'n Vriend van my wat daagliks met die inligting werk sê
> vir my dat die ware getalle baie meer is as wat deurgegee word.
Re: Vigs en die "feite" [boodskap #22716 is 'n antwoord op boodskap #22691] Do, 29 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het Ri...@netech.co.za die
volgende te sê gehad ...

> Ek het onlangs 'n teorie op die net gelees dat die virus mens gemaak, of sal
> ek sê doelbewus aanmekaar gesit is. Nogal baie interesant.

Wensdenkery, sou ek sê.

As mens virusse kon maak, sou dit maklik gewees het om bestaande virusse
te verander. Dan kon ons vigs genees het. En sommer griep, verkoue en 'n
paar ander peste ook. Ongelukkig kan ons nie. 'n Virus is 'n snaakse ding
op die rand tussen lewendige en dooie materiaal (daar is al beweer dat
hulle nie van die aarde is nie, maar 'aliens' wat per komeet hier beland
het). Virusse het nie DNA soos alle ander lewendige organismes nie, maar
hulle is altyd met lewendige organismes assosieer, en vermeerder asof
hulle lewendig is. Soos wat hulle vermeerder is hulle ook gedurig besig
om te verander: dit maak hulle moeilik om te beheer/genees, want jy moet
vir 'n bewegende teiken mik. Dit is ook hoekom daar elke winter 'n 'nuwe'
griepvariasie is, en hoekom laasjaar se griepspuit nie vanjaar werk nie,
en vanjaar s'n nie altyd nie. En hoekom daar nie 'n eenvoudige raat vir
vigs is nie.

Die waarheid is dat HIV oorspronklik 'n endemiese toestand van
chimpansees in Wes-Afrika is. Die mens word sekondêr aangetas daardeur.
Oordrag van chimpansee na mens vind klaarblyklik plaas deurdat die apies
algemeen deurgaan vir kos in daardie geweste (soos jy weet vind
vigsoordag deur liggaamsvloeistowwe plaas, wat kan gebeur as jy 'n aap
slag met stukkende hande). Van Wes-Afrika is dit deur die slawehandel na
veral Amerika verspei, waar dit lank ignoreer is; siektes wat veral
swartes en moffies aantas is mos nie belangrik nie, en tot 'n ding nie 'n
naam het nie word dit nie raakgesien nie. Nadat die siektetoestand
oorspronklik in die gay-gemeenskap van San Francisco identifiseer en
beskryf is, het dit spoedig duidelik geword dat dit wêreldwyd teenwoordig
is, en weet ons vandag waarom die voorkoms in Afrika veral so hoog is
(want dit kom hiervandaan en was nog altyd hier). Daar was binne die
afgelope maand of drie 'n hoofartikel oor die chimpansee-konneksie in die
joernaal Nature. Begin soek by www.nature.com en dalk vind jy dit in
hulle argiewe.

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Vigs en die "feite" [boodskap #22732 is 'n antwoord op boodskap #22691] Vr, 30 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel wrote:
>
> Riaan, ek kan nounie pa staan vir die regering se motiewe nie. Wat ek
> wel gehoor het, is dat dokters doodeenvoudig netnie meer deur die
> geweldige schlep wil gaan om 'n "vigs sterfte" amptelik aan te meld
> nie. Dis glo 'n tydrowende proses, en veel makliker om net
> "longontsteking" as die oorsaak van die dood op die sertifikaat te
> skryf.
>
> Ek hoor ook dat dokters blykbaar op die platteland (wat bekend gestaan
> het as die tuislande) kla dat hulle klieente besig is om al hoe minder
> te raak agv vigs sterftes.
>
> Alwyn
>
> Riaan wrote in message
> news:7g7obg$8uh$1@news1.saix.net...
>> Wat sal die rede van die regering wees om die ware omvang van vigs
> vir die
>> mense weg te steek. 'n Vriend van my wat daagliks met die inligting
> werk sê
>> vir my dat die ware getalle baie meer is as wat deurgegee word.

Interesant is dat die Univesiteit van Durban Westville 'n steekproef
(??) gedoen het en gevind het dat uit die groep getoets 22 persent HIV
positief is (88 uit 400). Laat jou skrik ne - dit is uit die boonste
deel van die bevolking, die mense wat more se leiers moet wees het 'n
ho"er vlak as die algemene vlakke. Antie Zuma kyk nou daarna om dit 'n
aanmeldbare siekte te maak.
Re: Vigs en die "feite" [boodskap #22764 is 'n antwoord op boodskap #22691] Di, 04 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Eric prinsloo  is tans af-lyn  Eric prinsloo
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
JLR wrote:

> In skrywe het Ri...@netech.co.za die
> volgende te sê gehad ...
>

>>>> >sny

> Die waarheid is dat HIV oorspronklik 'n endemiese toestand van
> chimpansees in Wes-Afrika is. Die mens word sekondêr aangetas daardeur.
> Oordrag van chimpansee na mens vind klaarblyklik plaas deurdat die apies
> algemeen deurgaan vir kos in daardie geweste (soos jy weet vind
> vigsoordag deur liggaamsvloeistowwe plaas, wat kan gebeur as jy 'n aap
> slag met stukkende hande). Van Wes-Afrika is dit deur die slawehandel na
> veral Amerika verspei, waar dit lank ignoreer is; siektes wat veral
> swartes en moffies aantas is mos nie belangrik nie, en tot 'n ding nie 'n
> naam het nie word dit nie raakgesien nie. Nadat die siektetoestand
> oorspronklik in die gay-gemeenskap van San Francisco identifiseer en
> beskryf is, het dit spoedig duidelik geword dat dit wêreldwyd teenwoordig
> is, en weet ons vandag waarom die voorkoms in Afrika veral so hoog is
> (want dit kom hiervandaan en was nog altyd hier). Daar was binne die
> afgelope maand of drie 'n hoofartikel oor die chimpansee-konneksie in die
> joernaal Nature. Begin soek by www.nature.com en dalk vind jy dit in
> hulle argiewe.
>
> ___
> Johan le Riche (JLR)

Ja-nee, (en met apologie aan Henri), Afrika is nie vir sissies nie

Eric
Vorige onderwerp: Uit die lewe van SUSANNA SMIT
Volgende onderwerp: Gee geen gas: Vrydag 30 April petrolboikot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 19:57:44 MGT 2024