Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moet SA een wees?
Moet SA een wees? [boodskap #22204 is 'n antwoord op boodskap #22206] Wo, 31 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou al 70-80 jaar vandat die Verdrag van Versailles onderteken is en die
grense van Yugoslawie op die kaart getrek is, blykbaar sonder veel oorweging van
die bevolkingsgroepe wat hulle binne of buite sulke grense bevind. En nou blyk
dit dit was nie so goeie idee nie. "n Serbiër en 'n Albanier hou nie te baie
van mekaar nie.

Hoe geloofwaardig is dit om te dink al die mense van SA moet gelukkig saam woon?
Almal op gelyke voet.

Ons mag dalk nie met kleinlike apartheid saamgestem het nie, maar dit het
destyds die effek gehad om mense op ongelyke voet te hou en daarom was dit vir
redelik lank moontlik dat swart en wit en al die swart volke redelik vreedsaam
gebly het.

Die verskillende tuislande het destyd vir my logies geklink, maar die realiteit
was nie so gesond nie - nie inferioriteit van die swartman was maar weer daar
ingebou, dink ek.

"n Stelsel wat voorgestel is en waarvan ek baie gehou het was die Vryemark
Stigting se idee van 'n aanpassing van die Switzerse kantonne stelsel. Niemand
sou hoef te skuif op etniese basis nie, maar daar sou vryheid wees vir groepe om
tog nader aan mekaar te "gravitate" soos die tyd verbygaan. Die dele sou baie
kleiner wees as die huidige provinsies en sou so groter diversiteit kon
akkommodeer.

OK, so hier kan baie oor gedebatteer word - die vraag wat ek in die bos wil
gooi, is of dit regtig kan werk om verskillende etniese groepe in een land saam
te gooi en oor die langtermyn vrede en voorspoed te kan verwag.
Re: Moet SA een wees? [boodskap #22205 is 'n antwoord op boodskap #22204] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...

> OK, so hier kan baie oor gedebatteer word - die vraag wat ek in die bos wil
> gooi, is of dit regtig kan werk om verskillende etniese groepe in een land saam
> te gooi en oor die langtermyn vrede en voorspoed te kan verwag.

En hoe maak hulle dan daar in die VSA, jong? Of is daar net een "etniese
groep" volgens jou? Of word hulle nie in een land saamgegooi nie? Of is
daar nie die verwagting op lang-termyn vrede en voorspoed nie?

Simon
Re: Moet SA een wees? [boodskap #22206 is 'n antwoord op boodskap #22204] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 1999 23:09:08 +0200, "Simon van der Schans" wrote:
|>OK, so hier kan baie oor gedebatteer word - die vraag wat ek in die bos wil
|>gooi, is of dit regtig kan werk om verskillende etniese groepe in een land saam
|>te gooi en oor die langtermyn vrede en voorspoed te kan verwag.
|
|En hoe maak hulle dan daar in die VSA, jong?

Jong, ek kyk hulle nog maar so uit. Maar dit lyk of hier ook so saamgooi van
verskillende etniese groepe in een bondel is en dan "word almal gelyk", maar
party is nog meer gelyk as ander.....

|Of is daar net een "etniese groep" volgens jou?

Hier is baie, volgens my. Baie meer as in Suid Afrika. Hoekom vra jy spesifiek
oor Amerika??? My oorspronklike vraag is nie oor een land bedoel nie, maar
heeltemaal generies. Daar is baie lande waar etniese roepe 'n land moet deel en
daar is lande waar dit nie die geval is nie - ek wil in die algemeen weet wat
enige van julle se opinie is.

| Of word hulle nie in een land saamgegooi nie? Of is
|daar nie die verwagting op lang-termyn vrede en voorspoed nie?
|
Ek kry die idee jy is dalk net sarkasties of soek moeilikheid. So of jy dink ek
is besig met 'n SA-is-sleg-en-VSA-is-goed-speletjie. As dit die geval is, is jy
heeltemaal verkeerd - kom ons praat nou sinvol hier oor 'n onderwerp sonder die
vreeslike agterdog oor 'n ander se motiewe. En daar wys ek presies dieselfde
agterdog, so ek sal maar sê my persepsie is dalk verkeerd. Skuus.

Hier is etniese groepe in een land saamgegooi. Ek weet nie wat die mense se
langtermyn verwagtinge hier is nie - ek dink hier is optimisme in oorvloed, maar
ook 'n vrees vir mede landsburgers van ander etniese oorsprong - en dis van alle
kante af.
Re: Moet SA een wees? [boodskap #22262 is 'n antwoord op boodskap #22206] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johan met die bak ore.....

Heb je het soms verkeerd begrepen en ben je bij anderen oren eraf gaan
happen? "IN" oortje gehapt, niet "eraf"!

Arthur
Re: Moet SA een wees? [boodskap #22263 is 'n antwoord op boodskap #22206] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan met die bak ore..... wrote in message

>
> Hier is etniese groepe in een land saamgegooi. Ek weet nie wat die mense se
> langtermyn verwagtinge hier is nie - ek dink hier is optimisme in oorvloed, maar
> ook 'n vrees vir mede landsburgers van ander etniese oorsprong - en dis van alle
> kante af.

Ek het iewers gelees dat, ten spyte van 30 jaar se "bussing", ens. iets soos
70% van alle swart leerlinge in die VSA verlede jaar nog in "black only"
skole skoolgegaan het.

Weet iemand iets hiervan?
Re: Moet SA een wees? [boodskap #22278 is 'n antwoord op boodskap #22206] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Simon van der Schans" writes:

> Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
> ...
>
>> OK, so hier kan baie oor gedebatteer word - die vraag wat ek in die bos wil
>> gooi, is of dit regtig kan werk om verskillende etniese groepe in een land saam
>> te gooi en oor die langtermyn vrede en voorspoed te kan verwag.
>
> En hoe maak hulle dan daar in die VSA, jong? Of is daar net een "etniese
> groep" volgens jou? Of word hulle nie in een land saamgegooi nie? Of is
> daar nie die verwagting op lang-termyn vrede en voorspoed nie?
>
> Simon

Jy moet tussen die reels lees, om te
weet wat Johan werklik wil "weet": Hy
"vra" of dit regtig kan werk om
verskillende etniese groepe in een
land saam te gooi en dan vrede en
voorspoed te verwag. Sy eintlike
vraag is: kan SA "suksesvol" wees
met so baie etniese groepe. Nou die
grap is: Johan het seker nooit
hierdie situasie bevraagteken toe
hy en sy ouers in SA gesit het met
al die voordele wat die wit okkupasie
van SA vir hom en sy voorsate aan-
gebied het nie. Toe was die 80 %
van die bevolking wat nie mag gehad
het nie, nie eens in die ekwasie nie.
Nou vra hy die vraag, omdat daardie
80 % mag gekry het. Nou skielik is
SA nie meer "viable" vir Johan nie.
En "Amerika" wou hy as "viable"
voorstel, maar toe trap jy hom vas.

Gloudina
Re: Moet SA een wees? [boodskap #22279 is 'n antwoord op boodskap #22206] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Apr 1999 02:18:43 GMT, wrote:
| Jy moet tussen die reels lees, om te
| weet wat Johan werklik wil "weet": Hy
| "vra" of dit regtig kan werk om
| verskillende etniese groepe in een
| land saam te gooi en dan vrede en
| voorspoed te verwag. Sy eintlike
| vraag is: kan SA "suksesvol" wees
| met so baie etniese groepe. Nou die
| grap is: Johan het seker nooit
| hierdie situasie bevraagteken toe
| hy en sy ouers in SA gesit het met
| al die voordele wat die wit okkupasie
| van SA vir hom en sy voorsate aan-
| gebied het nie. Toe was die 80 %
| van die bevolking wat nie mag gehad
| het nie, nie eens in die ekwasie nie.
| Nou vra hy die vraag, omdat daardie
| 80 % mag gekry het. Nou skielik is
| SA nie meer "viable" vir Johan nie.
| En "Amerika" wou hy as "viable"
| voorstel, maar toe trap jy hom vas.
|
Lees my antwoord aan Simon dan sal jy sien jy is hier besig met 'n
klomp sinnelose gedribbel.

Gloudina, vee jou ken af en hou op tjank vir die maan. Ek probeer
hier reguit en eerlik 'n gesprek voer en sê PRESIES wat ek bedoel
sonder enige bybedoelings - ek is seker genoeg van my selfbeeld om my
opinie te kan uitspreek netsoos ek van mening is en om te kan om
verskoning vra as dit moet en om te kan oortuig word. Maar ek weier
om allerhandse agterbakse bymotiewe by my plasings te hê. Kry end met
die voortdurende verdagmakery - jy is nie meer in die 1960 SA nie!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Moet SA een wees? [boodskap #22331 is 'n antwoord op boodskap #22206] Di, 06 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message
...
> "Simon van der Schans" writes:
>
>> Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
>> ...
>>
>>> OK, so hier kan baie oor gedebatteer word - die vraag wat ek in die bos wil
>>> gooi, is of dit regtig kan werk om verskillende etniese groepe in een land saam
>>> te gooi en oor die langtermyn vrede en voorspoed te kan verwag.
>>
>> En hoe maak hulle dan daar in die VSA, jong? Of is daar net een "etniese
>> groep" volgens jou? Of word hulle nie in een land saamgegooi nie? Of is
>> daar nie die verwagting op lang-termyn vrede en voorspoed nie?
>>
>> Simon
>
>
> Jy moet tussen die reels lees, om te
> weet wat Johan werklik wil "weet": Hy
> "vra" of dit regtig kan werk om
> verskillende etniese groepe in een
> land saam te gooi en dan vrede en
> voorspoed te verwag. Sy eintlike
> vraag is: kan SA "suksesvol" wees
> met so baie etniese groepe. Nou die
> grap is: Johan het seker nooit
> hierdie situasie bevraagteken toe
> hy en sy ouers in SA gesit het met
> al die voordele wat die wit okkupasie
> van SA vir hom en sy voorsate aan-
> gebied het nie. Toe was die 80 %
> van die bevolking wat nie mag gehad
> het nie, nie eens in die ekwasie nie.
> Nou vra hy die vraag, omdat daardie
> 80 % mag gekry het. Nou skielik is
> SA nie meer "viable" vir Johan nie.
> En "Amerika" wou hy as "viable"
> voorstel, maar toe trap jy hom vas.
>
>
> Gloudina

Jy moet nou gladnie sleg voel hieroor nie, Johan.

Wat jy gedoen het kom daarop neer dat jy 'n paar spesifieke
stellings gemaak het - oor Joegoslawië, Suid-Afrika, Switserland,
kantonne, tuislande, ens. - en toe gevra het of 'n mens nie
miskien daaruit 'n sekere meer algemene beginsel kan aflei nie.

Ons het nou die dag by die geleerde Leendert geleer dat dit 'n
induktiewe manier van redenasie is. Dis nou miskien nie 'n baie
wetenskaplike manier van redeneer nie, want 'n mens kan nooit
heeltemal seker wees dat die afleiding wat jy maak geldig is nie.
Maar ek glo dat dit die manier is waarop die pioniers en die
uitvinders van hierdie wêreld te werk gaan. (Jy sal miskien nog
kan onthou dat Bees so 'n rukkie gelede hier gepraat het van "Die
veralgemening van waarnemings is die eerste stap tot begrip".
Dit beaam heeltemal wat ek hier probeer sê. Miskien moet 'n mens
nog net daarby voeg dat daar nooit 'n laaste stap tot begrip is
nie.)

Maar jy kom gou-gou in die moeilikheid as jy te vinnig spring van
die spesifieke na die algemene. Die keffertjies van hierdie
wêreld (soos ek) kan met 'n spesifieke stelling vorendag kom wat
waar is maar wat nie strook met die algemene beginsel wat jy
probeer aflei nie. Dan is die geldigheid van jou afleiding
natuurlik daarmee heen (tensy jy kan aantoon dat die keffertjie
se stelling vals is).

Miskien moet jy weer teruggaan na die tekenbord, 'n bietjie
dieper oor die saak nadink, en dan 'n hersiene beginsel vir ons,
die keffertjies, op die tafel gooi om te debateer - dat ons sy
tyres so 'n bietjie kan skop om te kyk of ons dit wil koop.

Terloops, mag die hemele ons behoed teen die ander manier van
redeneer - die deduktiewe een. Dit werk net vir wiskundiges.
Op ander gebiede is dit die manier waarop die burokrate van
hierdie wêreld te werk gaan. Dit lei te dikwels tot enorme
ideologiese strukture wat 'n lewe van hul eie kry en dan eendag
skielik, soos 'n kaarte-huis, ineenstort (selfs lank nadat besef
word dat die "waarheid" waarop hulle gegrond is, vals is).

Simon
Vorige onderwerp: "Kreeftebaai" deur PAULA MAUD
Volgende onderwerp: Afrikaans op die nuusgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:57:11 MGT 2024