Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Demmit Leendert
Demmit Leendert [boodskap #22226] Wo, 31 Maart 1999 00:00
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan (In oortje gehapt!) griffel

(Tyd dat jy nou weer iets anders agter jou naam sit, Johan !)

> On Tue, 30 Mar 1999 10:02:20 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

en dan volg 'n klompie van Leendert se waarnemings, onder andere :

> ||If dear Oom Hans (from Namibia, mind you) were to perform one of his traffic
> |analyses, .................

Leendert, ou broertjie - synde dat jy 'n oud Walvisbaaier is, het ek jou tot
nou toe nog nie ingeval by die koor van veroordeling op jou redenasievermoë,
retoriek en argumente nie en,,,, en,,,,, en,,,,,,, - nee, ek sal nie
beloftes maak hieroor nie - So effe paternalisties teenoor jou - sou ek 'n
haas wees. In die 16 (net sestien) woorde wat jy hier gebesig het, is
daar 3 foute :

(1) "one of his traffic analyses"
Die gedeelte impliseer dat ek dit dikwels gedoen het. Verkeerd. Net EEN
KEER. 'n Foutjie aan JOU kant.

(2) "dear" Oom Hans - hier het jy VERONDERSTEL en AANGENEEM ek is "dear".
En dis 'n MOERSE FOUT.

(3) En dan stink die stukkie soos 'n dooie rob met sy ondertone van
misplaaste meerderwaardigheid. ('n Neef van my in Pretoria is ook so maar
die hele familie weet dis die boekgeleerdheid wat hom so gemaak het...)

As jy dan in 'n halwe sin soveel bog kwytraak en terselfdertyd nog
karaktergeheime ook verklap, hoeveel te meer nie in jou "besprekings" nie ?

(Waar werk jy in elk geval dat jy so baie tyd het om met ander te
redekawel - ek weet jy's te jonk om op jou rente te leef.)

Vervlenterde blerrie groete hierdie keer
Omie
Re: Demmit Leendert [boodskap #22234 is 'n antwoord op boodskap #22226] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Oom Hans" wrote:
> Johan (In oortje gehapt!) griffel
>
> (Tyd dat jy nou weer iets anders agter jou naam sit, Johan !)
>
>> On Tue, 30 Mar 1999 10:02:20 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>
> en dan volg 'n klompie van Leendert se waarnemings, onder andere :
>
>> ||If dear Oom Hans (from Namibia, mind you) were to perform one of his
> traffic
>> |analyses, .................
>
> Leendert, ou broertjie - synde dat jy 'n oud Walvisbaaier is, het ek jou tot
> nou toe nog nie ingeval by die koor van veroordeling op jou redenasievermoë,
> retoriek en argumente nie en,,,, en,,,,, en,,,,,,, - nee, ek sal nie
> beloftes maak hieroor nie - So effe paternalisties teenoor jou - sou ek 'n
> haas wees.

Haai Hans,

Ek merk op jy reageer op 'n boodskap waarin Johan my (onvolledig) aanhaal.

Dit kan partykeer 'n fout wees. Want dan het mens dalk nie die hele storie
nie.

> In die 16 (net sestien) woorde wat jy hier gebesig het, is
> daar 3 foute :
>
> (1) "one of his traffic analyses"
> Die gedeelte impliseer dat ek dit dikwels gedoen het. Verkeerd. Net EEN
> KEER. 'n Foutjie aan JOU kant.

Oeps! Maar die een keer was baie indrukwekkend!

(Waneer kom die tweede keer?)

>
> (2) "dear" Oom Hans - hier het jy VERONDERSTEL en AANGENEEM ek is "dear".
> En dis 'n MOERSE FOUT.

Hmmmm..... Om uit enigiets at 'n Ingelsman sê, te dink dat jy weet wat hy
veronderstel of aanneem - of bedoel, is 'n moerse fout. En ek was besig met my
impersonasie van 'n Ingelsman.

Dis 'n kultuurding by die Ingelse, sien :-)

>
> (3) En dan stink die stukkie soos 'n dooie rob met sy ondertone van
> misplaaste meerderwaardigheid. ('n Neef van my in Pretoria is ook so maar
> die hele familie weet dis die boekgeleerdheid wat hom so gemaak het...)

Dit was veronderstel om te stink soos 'n dooie walvis.

En ondertone wat stink is _juis_ die Ingelse manier van stink.

En, ja. Ingelse meerderwaardigheid is merendeel misplaas.

Dit was juis Royleen se meerderwaardige Ingelse beledigings waarop ek
gereageer het.

>
> As jy dan in 'n halwe sin soveel bog kwytraak en terselfdertyd nog
> karaktergeheime ook verklap, hoeveel te meer nie in jou "besprekings" nie ?

Ek is bly my impersonasie is so suksesvol :-)

> (Waar werk jy in elk geval dat jy so baie tyd het om met ander te
> redekawel - ek weet jy's te jonk om op jou rente te leef.)

Sien my antwoord aan Bees

>
> Vervlenterde blerrie groete hierdie keer

Allervriendelikste groete hiervandaan :-)

Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Re: Again squirrel
Volgende onderwerp: Re: To Royleen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 05:47:46 MGT 2024