Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Johan
Johan [boodskap #22106] Vr, 26 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Camilion  is tans af-lyn  Camilion
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan

Hou op om so negatief te wees !!!

Daar is hoop vir ons "boere" , opregte Afrikaners

Elke wolkie het sy silwer rand .

By the way : Hoe is dit tussen die klomp Yankies en anner rooinekke ???
Sarkasme pas my ook !!!

VRIENDELIKE groete
Juan
cham...@bigfoot.com
Re: Johan [boodskap #22107 is 'n antwoord op boodskap #22106] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Camilion" writes:

> By the way : Hoe is dit tussen die klomp Yankies en anner rooinekke ???
> Sarkasme pas my ook !!!

> Juan

Weet jy dat die woord "Yankees" van die
Nederlandse woord "Jantjie" afkom? Die
mense in die noord-oostelike deel van
die huidige VSA was Nederlanders omtrent
drie eeue gelede (daar is nog baie van
hulle nasate hier) en hulle is "Jantjies"
genoem deur die mense verder suid, seker
omdat so baie van hulle Jan genoem was!
Behalwe vir Rip van Winkel en Pieter
Stuyvesant en dies meer.

Jy moet ook oppas om die woord "redneck"
in die VSA as ekwivalent te gebruik vir
Rooinekke. In die VSA is rednecks agter-
af en onbeskaafde mense.

Gloudina
Re: Johan [boodskap #22108 is 'n antwoord op boodskap #22106] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Mar 1999 21:12:51 +0200, "Camilion" wrote:

| Johan
|
|Hou op om so negatief te wees !!!

Waarvan praat jy???? As jy die onderwerp verander moet jy asb deel van die teks
insluit waaroor jy kommentaar lewer, dan weet 'n mens waarvan jy praat. Hier is
ook 'n ander Johan wat soms iets plaas - van wie praat jy?
|
|Daar is hoop vir ons "boere" , opregte Afrikaners

Nee - jy het klaar verloor as jy sê:"daar is hoop..."

Sê eerder jy is besig om te oorleef en vooruit te boer, Sê eerder vir my wat jy
gaan doen om gelukkig te wees. Om net die heel dag te sit en hoop gaan niemand
iets help nie.
|
|Elke wolkie het sy silwer rand .

Ja, ten minste is jy 'n optimis - jy sal kan oorleef.....maklik.
|
|By the way : Hoe is dit tussen die klomp Yankies

nog steeds baie lekker. Soos 'n mens die mense beter leer ken, besef ek die
stereotipe wat ek van Amerikaners gehad het, was ook maar verwronge. Hierdie
mense in my omgewing voel soos "my mense" - germaanse mense en dan 'n groot
skoot Skandinawiers (tweede derde en vierde geslag....). Uiters bedagsame en
netjiese mense.Alles altyd in tip-top kondisie. My skoondogters kan maar met
graagte uit hierdie gemeenskappe kom...!

| en anner rooinekke ???

Hier is nie juis van hulle nie (brits) - ek weet nie waarvan jy hier probeer
praat nie.

|Sarkasme pas my ook !!!

Ek probeer maar om dit nie te gebruik nie - maar ek is nie altyd suksesvol nie.
Wees m,aar versigtig om dit te gebruik - meermale is jy dan die een wat jou eie
naam tottie maak.
Ek vra verskoning as ek lelik sarkasties was....

Johan - die ewige realis/optimis
Re: Johan [boodskap #22138 is 'n antwoord op boodskap #22106] Sa, 27 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> On 26 Mar 1999 22:19:11 GMT, wrote:
> | Jy moet ook oppas om die woord "redneck"
> | in die VSA as ekwivalent te gebruik vir
> | Rooinekke. In die VSA is rednecks agter-
> | af en onbeskaafde mense.
> |
> Gloudina, is dit nou die lot uit die fliek "Deliverance"? wat jy van praat?
> Daar in die berge van Tennessee?
> Of waar?

Orals, Johan, Orals. Hulle is om jou.
Pasop dat jy nie ook een van hulle
word nie. In Deliverance dink ek jy
noem ons daardie mense Mountainmen,
of soiets.Sommige mense in jou "Amerika"
het nogal snaakse gewoontes, he?

Gloudina
Re: Johan [boodskap #22139 is 'n antwoord op boodskap #22106] Sa, 27 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Mar 1999 00:07:32 GMT, wrote:
| Orals, Johan, Orals. Hulle is om jou.
| Pasop dat jy nie ook een van hulle
| word nie. In Deliverance dink ek jy
| noem ons daardie mense Mountainmen,
| of soiets.Sommige mense in jou "Amerika"
| het nogal snaakse gewoontes, he?

Jy hoef nie Amerika in aanhalingstekens te sit nie. Sommige mense reg
oor die wereld het snaakse gewoontes en ek vind dit baie interesant om
daarvan te leer en daartussen te bly. Ek sien nou hier in my
onmiddelike omgewing nie te veel rednecks nie - en ek wet nie of ek
een sal uitken as ek hom sien nie - maar dis nie iets wat my te veel
pla nie.

Is daar iemand anders wat ons meer oor die rednecks kan vertel - ek en
Gloudina weet van hulle niks...

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Johan [boodskap #22140 is 'n antwoord op boodskap #22106] Sa, 27 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> In die VSA is rednecks agter-
> af en onbeskaafde mense.

Nou hoe verskil dit dan van "Rooinek"?

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Johan [boodskap #23376 is 'n antwoord op boodskap #22106] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan skryf in boodskap news:374d97b0.39809804@news.citilink.com...
> As ek kwadebedoelings gehad het, sou ek dit direk aan jou adres
> gestuur het, Gloudina.
>

'n Pittige respons! ROTFLOL...........8>)))))

Op hierdie trant, en baie relevant op dié ng, is die bekende riposte
(sover my kennis strek) van Churchill toe 'n vroulike lid v/d
parlement hom toegesnou het:

'If you were my husband, I'd put poison in your coffee', waarop WC,
altyd skerpsinnig,
antwoord:
'Madam, if I were married to you, I'd drink it!'
Vorige onderwerp: Ruk jou reg, G
Volgende onderwerp: Enigiemand 'n oud-Helpie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 06:48:35 MGT 2024