Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans word verban Aan almal van germaanse oorsprong
Afrikaans word verban Aan almal van germaanse oorsprong [boodskap #22013] Di, 23 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Aan almal wat Germaans van oorsprong is en vra of hulle kan meedoen en saampraat,
natuurlik kan julle almal saampraat. Ons taal het tog basies dieselfde
stam. Ons is almal van Germaanse afkoms en dit gee julle vrye toegang tot
die gesprek.

Dit is 'n feit dat die huidige sogenaamde demokratiese regering van Suid
Afrika besig is om Afrikaans as amptelike taal uit alle regerings funksies
te verban. Geen geskrif, notule of advertensie word in Afrikaans
gepubliseer nie behalwe in 2 provinsies word 'n half hartige poging
aangewend om Afrikaans te ondersteun, nl in die Oranje Vrystaat wat nou
amptelike net die Vrystaat heet (die Oranje was vir die nuwe regering nie
aanvaarbaar nie) en ook die Kaap provinsie.

Dit is baie demokraties ne! Kyk jy TV is Afrikaans net op die swakste tye
en vir die kortste periodes hoorbaar ook net in die vorm van die nuus of
programme wat 20 jaar gelede gemaak is.

Moet dus nie vra of julle as Germane welkom is nie. Julle is nie net
welkom nie maar julle is vir ons ook noodsaaklik om te sorg dat ons
Afrikaans kan beoefen.

Ernst van Biljon
Re: Afrikaans word verban Aan almal van germaanse oorsprong [boodskap #22043 is 'n antwoord op boodskap #22013] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Ernst v Biljon"

> Aan almal wat Germaans van oorsprong is en vra of hulle kan meedoen en saampraat,
> natuurlik kan julle almal saampraat. Ons taal het tog basies dieselfde
> stam. Ons is almal van Germaanse afkoms en dit gee julle vrye toegang tot
> die gesprek.

Ek is van Khoi en Maleisiese slawe-oorsprong. Is ek ook welkom en kan ek ook
saampraat? Voorts is ek van mening dat "ons" taal slegs kon ontspring uit
daardie diverse smeltkroes van groepe en plek, sodat "linguistiese stam" eerder
korrelasie as kousaliteit aandui. Weer - is ek oek welcome innie way ek wietie
mettie understanding lat afrikaans oek result het van non-germanic mense innie
genadendal en innie Mamre? [Inderdaad, een van die bekende
sendelingkorrespondensies tussen Mamre en Genadendal so vyf jaar voor die GRA
broeders van 1875, lui: "Ik sien de hoog, hoog geleerde manne van de Paarl
praat en skrijf ook nou in ons zijn taal". Die implikasie is duidelik]

leswin
Re: Afrikaans word verban Aan almal van germaanse oorsprong [boodskap #22076 is 'n antwoord op boodskap #22013] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kan jy dit glo?

Soms plaas Leswin iets waarme ek saamstem!

Leendert :-)

prop...@aol.com (ProPacem) skryf:
>> "Ernst v Biljon"
>
>> Aan almal wat Germaans van oorsprong is en vra of hulle kan meedoen en
>> saampraat,
>> natuurlik kan julle almal saampraat. Ons taal het tog basies dieselfde
>> stam. Ons is almal van Germaanse afkoms en dit gee julle vrye toegang tot
>> die gesprek.
>
> Ek is van Khoi en Maleisiese slawe-oorsprong. Is ek ook welkom en kan ek ook
> saampraat? Voorts is ek van mening dat "ons" taal slegs kon ontspring uit
> daardie diverse smeltkroes van groepe en plek, sodat "linguistiese stam" eerder
> korrelasie as kousaliteit aandui. Weer - is ek oek welcome innie way ek wietie
> mettie understanding lat afrikaans oek result het van non-germanic mense innie
> genadendal en innie Mamre? [Inderdaad, een van die bekende
> sendelingkorrespondensies tussen Mamre en Genadendal so vyf jaar voor die GRA
> broeders van 1875, lui: "Ik sien de hoog, hoog geleerde manne van de Paarl
> praat en skrijf ook nou in ons zijn taal". Die implikasie is duidelik]
>
> leswin
>
Vorige onderwerp: Re: Beslis Louis Luyt!
Volgende onderwerp: Johan - met die oortjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 04:21:16 MGT 2024