Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?)
Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?) [boodskap #21933] Vr, 19 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert

Jy se hier erens dat ek jou nog 'n antwoord skuld oor Nunavut. Ek sukkel
regtig om geinteresseerd te bly na sommige van jou antwoorde: 'n Voorbeeld:

Bees: "Die enigste bree ooreenkoms, dink ek, is die idee van 'n vorm van
outonomiteit wat nagestreef word. Verder sal 'n volkstaat in SA waarskynlik
nie ekonomies onafhanklik wees nie, net soos Nunavut."

(Let wel , ek wys uit dat ek dink dat daar een bree ooreenkoms is. Dan voeg
ek 'n (minder belangrike) stelling by wat begin met "Verder...")

Leendert: "OK, dis twee ooreenkomste."

Ek is net nie lus om op hierdie manier te gesels nie. Ek dink dit is
sinneloos om hierdie tipe van onnodige en niksseggende (en irriterende)
stellings te maak.

Dit beteken nie dat ek nie belangstel in jou opinies nie, Leendert. As jy
wil gesels, se wat jy dink oor die goed wat saakmaak. Ek vind party van jou
perspektiewe interresant, al vind ek dat ek baie keer daarvan verskil.

So, my voorstel: Begin 'n nuwe draad, en vertel vir my hoekom jy glo dat
Nunavut en die SA volkstaat idee dieselfde is. Ek het jou reeds vertel
hoekom ek, gebaseer op my persoonlike waarnemings, glo dat hulle in wese
meer verskillend as dieselde is.

Tot later
Bees

Ps. 'n Goeie, meer akkurate titel sou wees: "Nunavut en SA
volkstaat -dieselfde idee?"
Re: Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?) [boodskap #21947 is 'n antwoord op boodskap #21933] Sa, 20 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Leendert
>
> Jy se hier erens dat ek jou nog 'n antwoord skuld oor Nunavut. Ek sukkel
> regtig om geinteresseerd te bly na sommige van jou antwoorde: 'n Voorbeeld:
>
> Bees: "Die enigste bree ooreenkoms, dink ek, is die idee van 'n vorm van
> outonomiteit wat nagestreef word. Verder sal 'n volkstaat in SA waarskynlik
> nie ekonomies onafhanklik wees nie, net soos Nunavut."
>
> (Let wel , ek wys uit dat ek dink dat daar een bree ooreenkoms is. Dan voeg
> ek 'n (minder belangrike) stelling by wat begin met "Verder...")
>
> Leendert: "OK, dis twee ooreenkomste."
>
> Ek is net nie lus om op hierdie manier te gesels nie. Ek dink dit is
> sinneloos om hierdie tipe van onnodige en niksseggende (en irriterende)
> stellings te maak.
>
> Dit beteken nie dat ek nie belangstel in jou opinies nie, Leendert. As jy
> wil gesels, se wat jy dink oor die goed wat saakmaak. Ek vind party van jou
> perspektiewe interresant, al vind ek dat ek baie keer daarvan verskil.
>
> So, my voorstel: Begin 'n nuwe draad, en vertel vir my hoekom jy glo dat
> Nunavut en die SA volkstaat idee dieselfde is. Ek het jou reeds vertel
> hoekom ek, gebaseer op my persoonlike waarnemings, glo dat hulle in wese
> meer verskillend as dieselde is.
>
> Tot later
> Bees
>
> Ps. 'n Goeie, meer akkurate titel sou wees: "Nunavut en SA
> volkstaat -dieselfde idee?"
>
Graag wil ek voorstel dat julle bly by algemene gebruikstaal, om te voorkom
dat sommige 'n woordeboek moet gryp, net om te verstaan wanneer iemand net
wou sê: 'nee, ek stem nie saam nie' Ons wil op die nuusgroep gesels, nie
mekaar sit en imponeer, 'skies beindruk nie! Veral die Nederlanders sal
voordeel hieruit trek.

Nog 'n voorstel omskryf wat jy sê en wat jy presies bedoel, om te voorkom
dat iemand jou aan die keel wil gryp, terwyl julle eintlik saamstem. Daar
is baie ouens wat lees wat op die ng staan, sonder om deel te neem, juis
a.g.v. bg. Die onderwerp 'Moet ons regtig akkommoderend wees' het vir my,
nes Johan aan die raai gehad.

'n Verdere voorstel: as jy 'n stelling maak, weet vooraf dat jy dit sal kan
motiveer en presies hoe jy dit gaan doen, sodat jy nie later in sirkels
praat en uiteindelik geen antwoord gee nie. Dit is die vinnigste manier wat
mense van ons ng verjaag word.

Nog net enetjie: voor jy iemand aan die keel gryp of sarkasties raak, dink
mooi hoe jy aan hom gaan sê dat dit wat hy nou sê is @#$%. Terwyl ons hierby
is: ons is almal opgevoed, bokant die syfers is daar die nodige simbole vir
die oorspronklike woord!

Lou, Bees, Oom Hans, en die ander wat so gereeld deelgeneem het, laat hoor
julle stemme, hierdie eentonige [ ;-) ] tweegesprek van Leendert en
Gloudina moet nou onderbreek word, so ook my monoloog!

Groete

Shannon

Ns. ek dink hier is te min humor op die ng, as enige ou 'n humoristiese
inwerpsel het om te maak, ons wag!
Re: Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?) [boodskap #21969 is 'n antwoord op boodskap #21933] So, 21 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Neewat ou Leendert,

Ek het my gedagtes en waarnemings uiteengesit. Jy stem nie saam nie - fine.
So vertel my hoekom nie.

Dit is nie sinvolle repliek om iemand anders se pos sin vir sin te probeer
kritiseer op grond van nonsens soos hoeveel stellings hulle gemaak het al
dan nie. Dit was die punt wat ek hierbo gemaak het.

Ek stel dit aan jou dat jy te vinnig gereageer het en daarom nou nie jou
posisie kan verdedig nie. Jy weet waarskynlik bitter min van Nunavut.

So kom, vertel my hoekom Nunavut dieselfde idee is as die volkstaat idee in
SA. Ek kry die idee, met al die ou draatjies wat jy gooi, dat jy nie regtig
kan nie...

Bees
Re: Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?) [boodskap #21992 is 'n antwoord op boodskap #21933] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Neewat ou Leendert,
>
> Ek het my gedagtes en waarnemings uiteengesit. Jy stem nie saam nie - fine.
> So vertel my hoekom nie.

Ek het nie gesê dat ek nie saamstem nie.

Ek probeer nog bepaal of jou "gedagtes en waarnemings" enigiets om die lyf het
behalwe vooroordeel. Dit lyk nie so nie.

>
> Dit is nie sinvolle repliek om iemand anders se pos sin vir sin te probeer
> kritiseer op grond van nonsens soos hoeveel stellings hulle gemaak het al
> dan nie. Dit was die punt wat ek hierbo gemaak het.

Ek het nog geen repliek gelewer nie. Ek probeer nog inligting kry oor die
betroubaarheid van die inligting wat jy verskaf het.

>
> Ek stel dit aan jou dat jy te vinnig gereageer het en daarom nou nie jou
> posisie kan verdedig nie. Jy weet waarskynlik bitter min van Nunavut.

Ek weet inderdaad bitter min van Nunavut. Ek beweer ook nie anders nie.

>
> So kom, vertel my hoekom Nunavut dieselfde idee is as die volkstaat idee in
> SA. Ek kry die idee, met al die ou draatjies wat jy gooi, dat jy nie regtig
> kan nie...

Ek het, sover ek kan onthou, nêrens beweer dat Nunavut en die "volkstaat"
-idee dieselfde is nie. Dis 'n idee wat iewers in jou kop ontstaan het
(Gloudina kry ook gereeld sulke verwarde gedagtes, maar sy het darem die
verskoning van die ouderdom.)

Ek hoef nie stellings te verantwoord wat ek nie gemaak het nie.

Vriendelike groete, Leendert

>
> Bees
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?) [boodskap #21993 is 'n antwoord op boodskap #21933] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Leendert
>
> Jy se hier erens dat ek jou nog 'n antwoord skuld oor Nunavut. Ek sukkel
> regtig om geinteresseerd te bly na sommige van jou antwoorde: 'n
Voorbeeld:

Liewe Bees,

Ek is regtig nie hier om jou te interesseer nie.

Jy het bepaalde uitsprake gemaak wat daarop dui dat jy die "idee van 'n
volksaat" verafsku.

Jou uitsprake was dermate heftig dat ek gewonder het wat jou motiveer. Ek
het dus daaroor navraag gedoen.

Dit blyk egter dat, soos Gloudina, jy vreeslik skroomvallig word as mens
begin navraag doen oor die besonderhede van jou voor- en afkeure. Van
"sinvolle gesprek" (jou term) was daar nie sprake nie.

As jy gereed is vir "sinvolle gesprek", laat my gerus weet.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Die Burger
Volgende onderwerp: Nunavut en die "Volkstaat" - dieselfde idee?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:05:11 MGT 2024