Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tweegesig!
Tweegesig! [boodskap #21978] Ma, 22 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek verag ook
> whities wat van "swartvelle" praat.

Ek het hiervoor gewag, want:

***************

Op 1998/06/05 skryf Gloudina:

Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >
Gloudina kraai...
>
>> Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
>> kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.
>
> Heeltemal reg. Die "First Nations" van Kanada is 'n
> uitstekende voorbeeld. Wenk: Hulle is beslis nie
> 'n wynverbouingskultuur nie. ;-)

Wel, Hjalmar, ek voel so aan my
bas dat hierdie die gepraat van
'n witvel is wat so, met 'n oog-
knip hier en 'n oogknip daar,
wil sê; die Eerste Nasies is 'n
klomp dronkaards. Dis benede my
om hierdie gesprek eers te begin.
Gloudina

Op 1999/03/14 skryf Gloudina:

Die "waarheid" is dat 'n klomp skurke
nes geskop het in my vaderland. Dit
het nie om "apartheid" gegaan nie.
(Hoeveel apartheid was daar wel?)
Dit het gegaan oor mag, brute oorheer-
sing van 'n klomp witvelle oor die
80 persent van die bevolking wat nie "wit" was nie.

*****************

Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.

Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.

Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense toepas waarvan hulle
hulself kwytskeld.

Leendert
Re: Tweegesig! [boodskap #21979 is 'n antwoord op boodskap #21978] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

>
> Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.
>
> Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.
>
> Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense toepas waarvan hulle
> hulself kwytskeld.
>
> Leendert

Wanneer ek die woord "witvel" gebruik,
gebruik ek dit bewustelik in 'n baie
pejoratiewe sin; kies ek dit bewustelik
om my minagting uit te spreek oor die
whiteys met hulle arrogansie wat oor
almal behalwe hulself, iets te sê het.
As jy nou die woord "swartvel" gebruik,
dan sien ek dit in dieselfde lig: jy
spreek minagting teenoor swartmense uit.
Waar jy dit in die konteks van 'n
vraag oor die getal van swart onderwysers
in swart skole in 1948 vra, dui dit vir
vir my op so 'n uiterse arrogansie en
minagting van basiese professionele goeie
maniere, dat dit my opinie van jou met
75 % verlaag het. Sies, Leendert, en jy
gee voor jy is 'n akademikus.

Gloudina
Re: Tweegesig! [boodskap #22016 is 'n antwoord op boodskap #21978] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Leendert van Oostrum"
>
>>
>> Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.
>>
>> Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.
>>
>> Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense
> toepas waarvan hulle
>> hulself kwytskeld.
>>
>> Leendert
>
> Wanneer ek die woord "witvel" gebruik,
> gebruik ek dit bewustelik in 'n baie
> pejoratiewe sin; kies ek dit bewustelik
> om my minagting uit te spreek oor die
> whiteys met hulle arrogansie wat oor
> almal behalwe hulself, iets te sê het.
> As jy nou die woord "swartvel" gebruik,
> dan sien ek dit in dieselfde lig: jy
> spreek minagting teenoor swartmense uit.
> Waar jy dit in die konteks van 'n
> vraag oor die getal van swart onderwysers
> in swart skole in 1948 vra, dui dit vir
> vir my op so 'n uiterse arrogansie en
> minagting van basiese professionele goeie
> maniere, dat dit my opinie van jou met
> 75 % verlaag het. Sies, Leendert, en jy
> gee voor jy is 'n akademikus.
>
> Gloudina

Nog 'n voorbeeld van Gloudina se superieure logika? SY mag dinge sê
maar ander mag nie?
Re: Tweegesig! [boodskap #22018 is 'n antwoord op boodskap #21978] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Mar 1999 17:20:25 GMT, wrote:
| Snaaks dat my familie in SA (almal
| Afrikaners in murg en bloed) nooit
| enige van hierdie "rassisme" ervaar
| nie.

Jy weet van minuut tot minuut wat hulle elkeen ervaar!?!?!
G'n woinder jy's soms deurmekaar nie.....
Maar selfs al sou jy dit weet - dalk leef hulle met oogklappe aan, of leef in
rykbuurte enklawes, of het lankal aanraking met die werklikheid verloor.
Om te sê wat jy nou hier sê is om vir ons te sê dat jy baie weird familie het.

Ek dink egter dis maar bloot 'n geval van 'n te vinnige wilde stelling: jy het
nie 'n cooking clue wat jou familie ervaar nie en ek dink ook nie meeste van
hulle gaan breedvoerig met jou daaroor praat nie, veral nie die wat nie met jou
saamstem nie.
Re: Tweegesig! [boodskap #22019 is 'n antwoord op boodskap #21978] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
cas...@act.co.za (Casper) writes: >

> Maar vir diegene wat in Suid Afrika bly, ons voel hierdie omgekeerde
> rassisme daagliks eerstehands aan ons bas en ons weet dit alles lankal
> reeds.
>
> Tjeers
>
> Casper

Snaaks dat my familie in SA (almal
Afrikaners in murg en bloed) nooit
enige van hierdie "rassisme" ervaar
nie. Meeste van hulle stem natuurlik
saam dat wanneer baie dinge aan die
deur van die apartheidsvarke geplaas
word, dit die waarheid is. Wanneer
jy nou so "beskuldig" word, so die
omgekeerde rassisme ervaar, dink maar
net daaraan: dis die bedjie wat jy
en jou ouers vir jou gemaak het. L^e
nou daarin.

Gloudina
Re: Tweegesig! [boodskap #22020 is 'n antwoord op boodskap #21978] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> On 23 Mar 1999 17:20:25 GMT, wrote:

> | Snaaks dat my familie in SA (almal
> | Afrikaners in murg en bloed) nooit
> | enige van hierdie "rassisme" ervaar
> | nie.
>
> Jy weet van minuut tot minuut wat hulle elkeen ervaar!?!?!
> G'n woinder jy's soms deurmekaar nie.....
> Maar selfs al sou jy dit weet - dalk leef hulle met oogklappe aan, of leef in
> rykbuurte enklawes, of het lankal aanraking met die werklikheid verloor.
> Om te sê wat jy nou hier sê is om vir ons te sê dat jy baie weird familie het.
>
> Ek dink egter dis maar bloot 'n geval van 'n te vinnige wilde stelling: jy het
> nie 'n cooking clue wat jou familie ervaar nie en ek dink ook nie meeste van
> hulle gaan breedvoerig met jou daaroor praat nie, veral nie die wat nie met jou
> saamstem nie.

Ja-nee, Johan, miskien het ek maar net 'n
weird familie. Soos my suster wat op pad
UNISA toe haar kar stop om swart werksters van
die universiteit op te laai. Of die neef
wat in die hoofkantore van die Departement
van Justisie help met die revamping van die
organisasie, en wat vir my skoondogter verlede
week verduidelik het hoe moeilik dit is om
'n regverdige balans in die aanstellings in
die nuwe SA te skep. Sy baas is jonger as
hy en swart, maar hy kan nie ophou van om met
lof van hom te praat nie. Dan die swaer van
my (wat seker nou nog NP is) maar wat vir
my skoondogter sê hy sal nooit uit SA
emigreer nie. Dit het haar verbaas, want
waar hulle in Natal was, was daar 'n hele
klomp wat net kla hoe swaar dit gaan, en
hoe hulle almal die land wil verlaat (nie
lede van my familie nie.) So, ou Johan, ek
kom nou ook tot die gevolgtrekking, my
familie is maar net weird. Soos die neef
wat my kinders rondgery het, en toe hulle
'n klomp mense in die pad sien betoog
op pad Sun City toe, toe is ons kinders
so banggemaak dat hulle hom vra om om te
draai. Toe lag hy vir hulle, en sê dit sal
hulle besoek aan SA interessant maak, en hy
ry stadig en beleef deur. Dit was glo mense
wat betoog dat die karre stadiger moet ry
op pad Sun City toe.

Gloudina
Re: Tweegesig! [boodskap #22021 is 'n antwoord op boodskap #21978] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Castet  is tans af-lyn  Castet
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
cas...@act.co.za (Casper) writes: >
> Maar vir diegene wat in Suid Afrika bly, ons voel hierdie omgekeerde
> rassisme daagliks eerstehands aan ons bas en ons weet dit alles lankal
> reeds.

Ek dink ek mors my energie om vir Gloudina te
antwoord, maar laat ek nogtans probeer.

As daar van die slagoffers van apartheid gepraat
word, moet ons tog ook van die arme Gloudina
praat. Sy is werklik 'n slagoffer van apartheid,
vervreemd en verlore in die yskoue noorde en elke
enkele sel in haar liggaam goed gepekel en
deurweek met goeie outydse boerehaat! En Gloudina
is klaarblyklik totaal en al onbewus daarvan dat
apartheid sedert 1990 al gesneuwel het en die
liggaam daarvan herhaaldelik al begrawe en verkool
en veras is. Toevalig is daar op die oomblik in
Suid-Afrika 'n regering met 'n staatspresident wat
toevalig nie wit is nie. Maar nou ja, soos ek sê,
gepekel in 'n sterk mengsel van boerehaat!

> Gloudina skryf:
> Snaaks dat my familie in SA (almal
> Afrikaners in murg en bloed) nooit
> enige van hierdie "rassisme" ervaar
> nie.

Een van die kliënte waarvoor ek werk doen is in
Dunkeld Wes in Jhb. Sou enige blanke persoon na
werk by die bushalte voor daardie maatskappy in
Jan Smutslaan staan, sal die munisipale busse van
Johannesburg nege uit tien maal verbyry sonder om
te stop.

Hoekom?

Want dit is 'n wit persoon wat in 'n rykmansbuurt
vir 'n bus met 90% swart passasiers op die bus,
staan en wag. Die verbyryery gaan gewoontlik
gepaard met skaterlag van die bestuurder en
sommige van die swart mense op die bus. Bygesê is
daar 'n meerderheid van swartmense op die bus wat
merkbaar ongemaklik met daardie situasie is.

Die oplossing vir die werkers by daardie
maatskappy is om vyf straatblokke te stap na die
bushalte in Rosebank waar swartmense vir die bus
staan en wag en by daardie halte stop die busse
vir almal.

Is dit omgekeerde rassisme of is dit nie?

Ek kan nog verskeie voorbeelde uit eerstehandse
ondervinding aanhaal van waar omgekeerde rassisme
deur swartmense in magsposisies gepleeg word
teenoor witmense, meestal ter wille van die swart
gehoor wat staan en kyk, net soos ek voorbeelde
kan aanhaal van onregte gepleeg deur witmense.

> Gloudina skryf:
> Meeste van hulle stem natuurlik
> saam dat wanneer baie dinge aan die
> deur van die apartheidsvarke geplaas
> word, dit die waarheid is.

Toegegee, daar was die mees brutale dade in die
verlede gepleeg en van daardie dade word sekerlik
tot in die hede voortgesit. Maar dit is absoluut
simplisties om 'n allesomwortelende term soos
apartheidsvarke te gebruik. Ek wil 'n punt maak
dat in die meerderheid gevalle waar wandade op die
lappe gekom het, en die oortreders vervolg is, is
dit vanwee die toedoen van regverdige en opregte
mense wat eenvoudig gesê het dat hulle nie sulke
dade sal duld nie. Gloudina, ek is bevrees dat jy
'n groot fout maak as jy eenvoudig almal met die
kwas besmeer wat uit die hare van die
apartheidsvark gemaak is.

Die kompleksiteit en interaksie van die
Suid-Afrikaanse samelewing is eenvoudig te
ineengestrengel om vandag steeds daardie
eenvoudige aannames van swart teenoor wit of selfs
van goed teenoor kwaad te maak.

Laas jaar was daar agtien duisend geweldadige
sterftes (moorde) in Suid Afrika. Ek twyfel of die
rassisties geinspireerde moorde van blankes
teenoor swartes laas jaar meer as tien was. Tog
wil ek sê dat etlike honderde van daardie moorde
so brutaal was, en die slagoffers was nie swart
nie, dat 'n haatmotief die hoofrol in daardie
moorde gespeel het.

Ek wil die punt maak dat ons vandag in 'n
samelewing bly waar enige swart persoon wat
enigsins benadeel voel deur enige wit persoon,
slegs na sy naaste polisiekantoor hoef te stap en
'n verklaring hoef af te lê. En ek is daarvan
oortuig dat 'n klagstaat onmiddelik oopgemaak sal
word as daardie saak van rassisme afstam en die
saak sal deurdagtig deur swart polisiemanne
ondersoek word. Daar is seker mense wat vanwee
ekonomiese redes nie diegene wat hulle te nakom
sal verkla nie, maar ek glo met die huidige
klimaat van politiese bevoegtheid (emansipasie) is
sulke persone 'n seldsaamheid. Daar is ook 'n
menseregtekomissie wat op die oomblik spoke van
rassisme uitgrawe.

Die vooropgestelde en gevestigde konsepsies van
wie en wat goed en wie en wat sleg is in
Suid-Afrika het menigmale al gesneuwel vir sleg
een rede, en die rede is dat ten spyte van
apartheid, ten spyte van die verlede en ten spyte
van die huidige anargie is die verre meerderheid
Suid-Afrikaners goeie, opregte mense wat geen
begeerte het om hulle medemens skade aan te doen
nie. Vir Suid-Afrika om 'n sukses te word, is niks
anders nodig as dat hierdie middelgroep van goeie
mense seëvier nie.

Maar Gloudina, ek wonder of dit jou agenda sal
pas, sou dit gebeur?

> Gloudina skryf:
> Wanneer jy nou so "beskuldig" word, so die
> omgekeerde rassisme ervaar, dink maar
> net daaraan: dis die bedjie wat jy
> en jou ouers vir jou gemaak het. L^e
> nou daarin.

Vir die rekord, toe apartheid hoogty gevier het,
het ek dit geopponeer en ek het die prys daarvoor
betaal. Ek het nie die maklike opsie gekies om
uit die land te vlug nie, ek het hier gebly en
soos hulle in goeie idiomatiese Afrikaans sê, ek
het my punishment gevat. Aan die ander kant het
ek ook nie die geprewel van die linkse
revolusionêres goedsmoeds opgevreet nie, en
daarvoor was ek snaaks genoeg meer deur die
linkses gehaat as wat die ondersteuners van die
vorige regime my ooit te na gekom het. Dit is
egter alles agter my begrawe en vergete want om
oor die verlede te tob is 'n soort kanker wat aan
jou siel sal vreet, en dit is eenvoudig nie die
moeite werd nie.

Maar vandag weet ek in my hart dat ek nie vandag
voorregte geniet wat enige ander persoon wat
bereid is om te werk daarvoor nie ook kan geniet
nie. En ek dink dit was alles die moeite werd en
ek glo dat ek beter daaraan toe is daarvoor.

Vandag staan ek in bisarre omstandighede dat die
ondersteuners van apartheid amnesia het oor waarom
aparte ontwikkeling bestaan het. En ek vind
myself in surrealistiese argumente waar ek 'n
sisteem verdedig wat ek self geopponeer het in die
sin wat ek sê dat ja, dit of dat het gebeur, ek
het dit nie gesteun nie, ek het nie daarvan gehou
nie, dit was nie goed of regverdig nie, maar besef
een ding, toe hierdie of daardie wet ingestel was,
was daar sekerlik weldeurdagte redes daarvoor.

Ek het ook jare terug al gesê dat ons 'n oes saai
waarvan ons vorentoe vir geslagte lank die wrang
vrugte sal pluk. Maar Gloudina weet een ding, ek
is hier om te bly, ses voet bokant die grond en
eendag ses voet onder die grond. Drie-kwart van
my voorouers was al voor 1700 hier in Suid-Afrika,
en niks of niemand (of selfs 'n horde van nikse en
niemands) gaan my hier uitkry nie.

Net soos ek die vorige regering geopponeer het,
sal ek die gekke dade en skemas van die huidige
regering beveg met hand en tand. En in die
besonder het ek 'n broertjie dood aan mense en
sotte wat verknog is aan geykte idees wat hulle
huldig wat van dekades in die verlede afstam. En
dit geld vir beide mense van links en van regs af.

Word wakker, soos hulle in Engels sê: "Smell the
roses!" Suid-Afrika het vir ewig verander, wat jy
ook al wil glo, Gloudina.
Re: Tweegesig! [boodskap #22022 is 'n antwoord op boodskap #21978] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"

>> Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.

>> Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.

>> Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense
> toepas waarvan hulle
>> hulself kwytskeld.

>> Leendert

> Wanneer ek die woord "witvel" gebruik,
> gebruik ek dit bewustelik in 'n baie
> pejoratiewe sin; kies ek dit bewustelik
> om my minagting uit te spreek oor die
> whiteys met hulle arrogansie wat oor
> almal behalwe hulself, iets te sê het.
> As jy nou die woord "swartvel" gebruik,
> dan sien ek dit in dieselfde lig: jy
> spreek minagting teenoor swartmense uit.

Dus: Jy dwing jou subjektiewe persepsies weereens af op my uitinge.
Maar so ken ons jou, nie waar nie.
Die enigste werklikheid wat vir jou bestaan is jou eie subjektiewe een.

En daarvolgens etikette, beswadder, en belieg jy al wat voorkom.

En ja. Ek het doelbewus die woord "swartvel" hier gebruik. Gedagtig aan jou
gebruik van die woord "witvel". Met die doel om daardie subjektiewe toutjies
van jou te trek.

En toe die klokkie lui toe kwyl en huil jy soos Pavlof se hond.

Tweegesig!

> Waar jy dit in die konteks van 'n
> vraag oor die getal van swart onderwysers
> in swart skole in 1948 vra, dui dit vir
> vir my op so 'n uiterse arrogansie en
> minagting van basiese professionele goeie
> maniere, dat dit my opinie van jou met
> 75 % verlaag het.

En watter persentasie swart onderwysers was daar in swart skole, in 1948,
Gloudina? En wat was die persentasie in 1994?

> Sies, Leendert, en jy
> gee voor jy is 'n akademikus.

Weereens jou subjektiewe werklikheid wat hier funksioneer. Ek het nog nooit
voorgegee dat ek 'n akademikus is nie. Om die waarheid te sê, ek het dit
uitdruklik ontken.

Kom by, Tweegesig!

Daar bestaan ook ander waarhede as die warboel in jou kop.
Re: Tweegesig! [boodskap #22045 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bra...  is tans af-lyn  bra...
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
>
> Kan jy vir my EEN VOORBEELD gee van waar
> "witmense" AS 'N GROEP gekritiseer word.
> Asseblief. Witmense, nie apartheidsvarke
> nie.
>
Die lees ek netnou in Die Burger (nadat ek lank moes wag), maar dan moet mens
seker ook nie Die Burger glo nie.

"Net gister (eergister) het sy (Me. Winnie Madikizela-Mandela )die vlamme van
rassehaat en gemeenskapsontevredenheid aangeblaas met haar vergesogte en
ongegronde opmerkings by 'n ANC saamtrek dat 'boere mekaar doodmaak om die
indruk te wek dat swartes daarvoor verantwoordelik is".

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Tweegesig! [boodskap #22046 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:
>
> @igs.net .
>> cas...@act.co.za (Casper) writes:
>
>
>>
>>> Tjeers
>>
>> Wat se soort taal is dit?
>>
>
>
> Op 11/8/98 skryf Thomas Jacobs:
>
> "'n Pity dat hy sy toesprake in engels gaan hou en nie in kakfrikaans
> nie. Sal jou weer later meer info gee, poepsak.
> Cheers."
>
> Dus: Casper se taal is presies dieselfde as wat Thomas Jacobs gebruik.
>
> Maar Gloudina het geen aanmerkings te maak op Thomas se taal nie.
>
> Seker maar omdat Thomas nie 'n witvel is nie, maar genoeg melanien dra om
> hom in Gloudina se oë rein te maak, en in elke opsig sonder sonde.


Jou geheue is soos 'n sif. 'n Sif wat
net agterhou wat hy verkies om agter
te hou. As jy in die argiewe teruggaan,
sal jy sien dat ek een van die eerstes
was om vir Thomas Jacobs oor die kole
te haal oor die aanstootlike taal wat
hy gebruik het. Ek het hom vertel dat
as hy 'n bruinmens is, hy hom moet skaam
oor die taal wat hy gebruik en dat dit
oneer bring aan die mense tussen wie ek
grootgeword het en wie ek nooit sulke
taal hoor praat het nie. Op daardie
stadium het ek gewonder of hy 'n wit
outjie is wat net speletjies speel.

Wonder wat van hom geword het. Onthou hoe
ou Frikkie vir hom gedreig het dat hy
Grahamstad toe sou ry en vir hom dwing om
'n apologie op die nuusgroep te pos!

Gloudina
Re: Tweegesig! [boodskap #22047 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> Ja-nee, Johan, miskien het ek maar net 'n
> weird familie. Soos my suster wat op pad
> UNISA toe haar kar stop om swart werksters van
> die universiteit op te laai.

Is dit vir jou "wierd"?

> Of die neef
> wat in die hoofkantore van die Departement
> van Justisie help met die revamping van die
> organisasie, en wat vir my skoondogter verlede
> week verduidelik het hoe moeilik dit is om
> 'n regverdige balans in die aanstellings in
> die nuwe SA te skep. Sy baas is jonger as
> hy en swart, maar hy kan nie ophou van om met
> lof van hom te praat nie.

As dit vir jou "wierd" is, moet mens aanneem dat sy baas nie die lof waardig
is nie. As hy dit wel waardig is, waarom noem jy dit "wierd"?

> Dan die swaer van
> my

ens...ens...ens...

Jou opmerkings demostreer eerder 'n besonder "wierd" perspektief op
Suid-Afrikaners, Gloudina.
Re: Tweegesig! [boodskap #22048 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
cas...@act.co.za (Casper) writes:

Maar as die
> 'witmense' as groep gekritiseer word deur ander groepe, dan is dit
> aanvaarbaar.

Kan jy vir my EEN VOORBEELD gee van waar
"witmense" AS 'N GROEP gekritiseer word.
Asseblief. Witmense, nie apartheidsvarke
nie.

> Tjeers

Wat se soort taal is dit?

> Ns Moenie te ontsteld wees as Gloudina nie hierop reageer nie, sy is
> te besig om nuwe teikens te soek sodat sy weereens Afrikaans,
> Afrikaners, Boere, Apartheid en wie ook al 'n witvel het met haar
> dosisse politieke korrektheid kan verinneweer.

Kan jy vir my EEN voorbeeld gee van hoe
ek Afrikaans verrinneweer, Mr. Tjeers.
Re: Tweegesig! [boodskap #22049 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message [/color]
>
> Kan jy vir my EEN voorbeeld gee van hoe
> ek Afrikaans verrinneweer, Mr. Tjeers.
>
Op 24/3/99 skryf Gloudina:

"Ja-nee, Johan, miskien het ek maar net 'n weird familie. "
Re: Tweegesig! [boodskap #22050 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> cas...@act.co.za (Casper) writes:
>
> Maar as die
>> 'witmense' as groep gekritiseer word deur ander groepe, dan is dit
>> aanvaarbaar.
>
> Kan jy vir my EEN VOORBEELD gee van waar
> "witmense" AS 'N GROEP gekritiseer word.
> Asseblief. Witmense, nie apartheidsvarke
> nie.
>

Op 12/5/98 skryf arno Vdh:

hallo nuusgroep
ik denk dat deze nuusgrope vooral uit blanke afrikanen bestaat, maar wat ik
vanavond hier in nederland op die tv zag was werkelijk verschrikkelijk
een blanke boer schiet een baby van 6 maanden dood, een zwarte baby
en men, de blanken, noemen het just a shooting accident

(Die "blanke boer", Nicolaas Steyn, is verlede week skuldig bevind aan
strafbare manslag en aanranding. Hy is gister 'n opgeskorte vonnis opgelê.
Klink my die hof het ook gedink dis "just a shooting accident".)
Re: Tweegesig! [boodskap #22051 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Wanneer
> jy nou so "beskuldig" word, so die
> omgekeerde rassisme ervaar, dink maar
> net daaraan: dis die bedjie wat jy
> en jou ouers vir jou gemaak het. L^e
> nou daarin.
>
> Gloudina

Maar Gloudina lê nie in haar bedjie nie.

Sy verkies 'n plek wat mooi skoongemaak is van die oorspronklike mense van
ander rasse, sodat sy lekker langs die trog kan lê.

(Skuus. Nie heeltemal skoongemaak nie. Daars nog 22 000 Inuit oor in hul
bantoestan, Nunavut, en 2500 Nisga'a in hul bantoestan in B.C. En nog 'n
paar duisend hier en 'n paar duisend daar.)
Re: Tweegesig! [boodskap #22052 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> cas...@act.co.za (Casper) writes:

>
>> Tjeers
>
> Wat se soort taal is dit?
>
>

Op 11/8/98 skryf Thomas Jacobs:

"'n Pity dat hy sy toesprake in engels gaan hou en nie in kakfrikaans
nie. Sal jou weer later meer info gee, poepsak.
Cheers."

Dus: Casper se taal is presies dieselfde as wat Thomas Jacobs gebruik.

Maar Gloudina het geen aanmerkings te maak op Thomas se taal nie.

Seker maar omdat Thomas nie 'n witvel is nie, maar genoeg melanien dra om
hom in Gloudina se oë rein te maak, en in elke opsig sonder sonde.
Re: Tweegesig! [boodskap #22053 is 'n antwoord op boodskap #21978] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Is dit vir jou "wierd"?

> As dit vir jou "wierd" is, moet mens aanneem dat sy baas nie die lof waardig
> is nie. As hy dit wel waardig is, waarom noem jy dit "wierd"?
>

>
> Jou opmerkings demostreer eerder 'n besonder "wierd" perspektief op
> Suid-Afrikaners, Gloudina.

Vireers, Leendert, die spelling is
"weird." Johan, wie se stelling dat
ek weird familie het, ek sarkasties
probeer antwoord het, het dit ook reg
gespel. Ek dink nie ek het weird familie
nie. Hulle is vir my verteenwoordigend
van die mense met wie ek in aanraking
is in SA. Mense wat die apartheids-
sisteem gehaat het, sommige wat selfs
dit ondersteun het, maar mense wat
nie heeldag sit en kekkel oor hoe swaar
dit nou gaan en hoe onregverdig en haatlik
die teenwoordige dispensasie is nie, maar
hulle skouer teen die wiel sit en hulle
deeltjie doen in die nuwe SA. So hou op
met kekkel, Leendert, en werk, want die
nag kom nader.

Gloudina
Re: Tweegesig! [boodskap #22082 is 'n antwoord op boodskap #21978] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Vireers, Leendert, die spelling is
> "weird." Johan, wie se stelling dat
> ek weird familie het, ek sarkasties
> probeer antwoord het, het dit ook reg
> gespel.

Dankie. Wierd woord.

> Ek dink nie ek het weird familie
> nie. Hulle is vir my verteenwoordigend
> van die mense met wie ek in aanraking
> is in SA. Mense wat die apartheids-
> sisteem gehaat het, sommige wat selfs
> dit ondersteun het, maar mense wat
> nie heeldag sit en kekkel oor hoe swaar
> dit nou gaan en hoe onregverdig en haatlik
> die teenwoordige dispensasie is nie, maar
> hulle skouer teen die wiel sit en hulle
> deeltjie doen in die nuwe SA. So hou op
> met kekkel, Leendert, en werk, want die
> nag kom nader.

Tsk....tsk....tsk...

Jy weet nie eens watter werk hier gedoen word of gedoen behoort te word nie.

Watter % van die onderwysers in swart onderwys was swartmense in 1948? En
watter % in 1994? (Hoe het jou swart kollegas in jou swart skool se
salarisse met joune vergelyk?)
Re: Tweegesig! [boodskap #22110 is 'n antwoord op boodskap #21978] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> As jy in die argiewe teruggaan,
> sal jy sien dat ek een van die eerstes
> was om vir Thomas Jacobs oor die kole
> te haal oor die aanstootlike taal wat
> hy gebruik het. Ek het hom vertel dat
> as hy 'n bruinmens is, hy hom moet skaam
> oor die taal wat hy gebruik en dat dit
> oneer bring aan die mense tussen wie ek
> grootgeword het en wie ek nooit sulke
> taal hoor praat het nie. Op daardie
> stadium het ek gewonder of hy 'n wit
> outjie is wat net speletjies speel.

En sedert jy agtergekom het hy is _nie_ wit nie, het jy hom nie weer
gekritiseer nie, nie waar nie?
Vorige onderwerp: Moet ons regtig akkommoderend wees?
Volgende onderwerp: Oor Negers, Swartes, en Afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 06:51:04 MGT 2024