Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nunavut en die "Volkstaat" - dieselfde idee?
Nunavut en die "Volkstaat" - dieselfde idee? [boodskap #21948] So, 21 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kom Leendert

Ek wag vir jou redes hoekom dit dieselfde is....

Bees
Re: Nunavut en die "Volkstaat" - dieselfde idee? [boodskap #21970 is 'n antwoord op boodskap #21948] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Kom Leendert
>
> Ek wag vir jou redes hoekom dit dieselfde is....
>
> Bees

Ek is jammer Bees,

Jy verstaan nie. Die gebeure was soos volg:

a) Bees spreek veragting uit vir "die idee van die Volkstaat."

b) Ek vra: Hoe onderkei jy tussen die idee van 'n volkstaat en die idee van,
byvoorbeeld, Nunatvut?

c) Bees reageer op my _vraag_ deur te eis dat ek my sogenaamde _stelling_ moet
verantwoord. Maar wend geen poging aan om sy eie stelling te verantwoord nie.

d) Ek wys dit uit. Dat ek geen stelling gemaak het nie, maar Bees wel.

e) Bees kom met 'n poging om sy veragting te verantwoord, wat daarop neerkom
dat hy die motiewe agter Nunavut bewonder, en die motive agter 'n Volkstaat
verag.

f) Ek vra: Wat is die bronne vir jou kennis oor die motiewe agter Nunavut en
agter die idee van die Volkstaat onderskeidelik?

g) Bees reageer nie. Behalwe om my uit te trap omdat hy nie van my styl hou
nie. En wil nou skielik weet hoekom ek dink dat Nunavut en die Volkstaat
dieselfde idee is.

h) En dring aan op 'n antwoord.

Liewe Bees:

As ek iewers beweer het dat Nunavut en die "volkstaat" dieselfde idee is, moet
jy myself asseblief vir my aanhaal. Want ek het nog nie so 'n stelling gemaak
nie.

Ek het geen plig om enigiets te verantwoord wat jy aan my toedig nie.

Ek was bloot ge-interesserd in wat jou beweeg om "die idee van 'n volkstaat"
veragtelik te vind. Tot dusver blyk dit dat jy nie juis enige inligting het
nie, en jou veragting bloot op vooroordeel grond.

Dit interesseer my dus nie meer nie.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Nunavut en die "Volkstaat" - dieselfde idee? [boodskap #21971 is 'n antwoord op boodskap #21948] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leedert

Ek sien dit so:

a) Ek verduidelik my waarnemings en redes hoekom ek glo N en V is
verskillend.

b) Leendert kots bo-oor alles, maar gee nie regtig redes hoekom hy van my
verskil nie.

c) Ek daag hom uit om dit te doen

d) Leendert sit met sy bek vol tande

QED.

e) Tot

f) siens

g) Leendert

h) ek is

i) moeg

j) vir jou

k) hoogdrawende

l) verdediging

m) van die

n) onverdedigbare.

Bye-bye

Bees
Vorige onderwerp: Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?)
Volgende onderwerp: Re: U.S. Green Card Lottery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 04:53:04 MGT 2024