Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Leendert, n enkele versie oor enkels.
Vir Leendert, n enkele versie oor enkels. [boodskap #20894] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir Leendert, n enkele versie oor enkels.

Die enkels trek die enkels aan deur Billy.

Die dye trek die dye aan
het op ons nuusgroep
slegte faam.

Leendert is suur
want in plaas van n bier
sê die een ou
hier
drink jou
piepiekuur.

Gaan verby due dy
na die onskuldige enkel.
Hier is nog n opskuddende omwenteling.
Veral as jy in die volmaan
nie op jou voete staan
is die enkels trek die enkels aan
heeltemal onvoldaan.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Vir Leendert [boodskap #21632 is 'n antwoord op boodskap #20894] Wo, 10 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Outjo het die Robbertses gehad.
> Grootfontein het met die Potgieters gesukkel.
> In Gobabis het die Noltes weer hare laar rys.
>
Dagsê Oom Hans, Leendert,

Net so 'n kort enetjie. Krismis moes jy op Torra wees, dan sien jy die
Robbertse met meubelwa, (dis die huis) hoenders, skaap (vir kersdag,
lewendig)
en wat nog alles op die strand. Daar was gewoontlik net een probleem vir
die manne wat van Kamanjab, Outjo en Khorixas se kant af kom as hulle
Grootberg
oor ry, en dit was Dopsteek hoogte. Van daar was dit gewoontlik die vrouens
wat bestuur
en die manne pas die bagasie op agter op die bakkie. :o)

Maar krismis op Torra sonder die Robbertse? Aikôna dan was dit nie Desember
nie.
Ai !!!! waar daardie sug geval het, sal geen gras ooit weer groei nie.

Nog 'n Noorde man.
Re: Vir Leendert [boodskap #21634 is 'n antwoord op boodskap #20894] Wo, 10 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans skryf:

> Daar is die "bekende" families en hulle indeling is soos volg :

Wat van die familie Stoop, Hans?

Ou André is mos naweke uitgelaat om vir Suidwes heelagter te speel. En het
sy pa nie op 'n kol sy ma liggies agter die oor getik nie. Of tel hulle nie?

En wat van die dokter van Usakos wie se vliegtuig vol gate geskiet is?

Ken jy die Breytenbachs van Namibfontein?

Groete

Henri
Re: Vir Leendert [boodskap #21639 is 'n antwoord op boodskap #20894] Wo, 10 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Mar 1999 16:20:51 +0100, Robbert Zijlstra wrote:
|> Gedurende die "bosoorlog" dae het ene Potgieter van Grootfontein weer 'n
|> "kanon" gemaak van 6 duim waterpyp - omtrent so twee meter lank - waarmee hy
|> sy plaasopstal wou verdedig. Die ding het amper soos die ou skeepskanonne
|> gelyk : Agter toegeswys met net 'n gaatjie waar die dinamietkers se lont
|> moes uitsteek en die gedagte was om soos met 'n voorlaaier die ding van voor
|> af te pak met eerste 'n kers of twee dinamiet en dan klippe, moere, spykers
|> en alles wat teen 'n spoed dalk kan seermaak.

Ek het al gewonder wanneer die SA boere hulle plaaswerwe gaan begin toerus soos
die boere in Rhodesie gemaak het tydens die oorlog daar. Ek was ses maande na
die oorlog op 'n plaas naby Chipinga aan die oosgrens en het my verstom aan al
die maatreels om die huis te beveilig. Daar was byvoorbeeld baksteen mure aan
die binnekant voor elke slaapkamer venster gebou so 'n voet van die muur af weg
waaragter die beddens gestaan het. Elke kant van die muur het 'n geweerkas os
langs die bed gehad.

By elke venster was daar 'n stel knoppies onder 'n hout dekseltjie. Dit was om
myne en plofstof te laat afgaan wat al teen die heining anderkant betaonblokke
geplaas is. Die betonblokke het die ontploffings na buite laat plaasvind.

Daar was ook draadhokke oor al die vensters sodat niks ingegooi kan word nie.

Dit was baie bizarre om so 'n plek te besoek. Ons moes selfs een trip doen met
die anti-myn voertuig (na Mt Selinda) toe aangesien daardie paaie nog nie gevee
was nie. Daar het ons op 'n teeplaas gestaan en luister hoe landmyne in die
verte afgaan. Die regering was besig om troppe beeste oor die mynvelde te jaag
- wanneer die beeste dan 'n myn aftrap, is die vleis aan die plaaslike inwoners
verkoop.
Vorige onderwerp: MJVNet
Volgende onderwerp: Weer by Angelina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 21:33:06 MGT 2024