Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) )
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20494] So, 31 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> En aha, hier kom die werklike seksisme
> uit, by beide Robbert en jy. Maak maklik
> opmerkings oor vroue en hulle voorkoms?
> Dink julle ou wit mans het die reg ...............
ens ens ens

Gloudie
Nee, die oukêrels het nie die reg nie - maar om te wonder kan nogal sports
wees...........
Blyk ook 'n gevoelige puntjie vir jou te wees - die voorkoms storie.

Is maar seker menslik om te wonder oor die voorkoms van hierdie gesiglose /
lyflose geselskap en 'n persoon te probeer visualiseer waarvan die beeld by
sy boodskappe mag pas - gevaarlike gebied. Hier's nou 'n uitdaging :
Gee vir ons jou mate. Ek sal dit vir jou maklik maak. Jy hoef nie egte
duime of centimeters te gee nie en vir die doel van hierdie oefening mag jy
jou stywegoedjies aanhou - stel borsmaat gelyk aan 100% en druk dan die
ander mate daarvolgens uit.

Hier's myne : bors - 100%, middel - 91%, heupe (op my ouderdom is
dit sommer boude) 96%.

Wonder ook hoeveel ouens gaan bereid wees om so 'n "thumbnail" fototjie ook
te plaas van homself ???

Gegroet. :-))))
Omie
ICQ 26839292
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20495 is 'n antwoord op boodskap #20494] So, 31 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Hans" writes: >

> Gloudie
> Nee, die oukêrels het nie die reg nie - maar om te wonder kan nogal sports
> wees...........
> Blyk ook 'n gevoelige puntjie vir jou te wees
- die voorkoms storie.

Ja, Oom Hans. Om oor Monica se voorkoms
te praat, en sê dis "'n gevoelige
puntjie" vir my, is alles neerbuigende
male chauvinist pig-isme, wat voorkoms
as 'n wapen gebruik om vir vroue
te verneder deur voorkoms 'n maatstaf
van alles te maak. Niemand vra ooit
wat jou vrou in jou gesien het wat
betref jou voorkoms nie, hoop ek. Min
mense maak smalende opmerkings oor
die voorkomste van mans wat sekere
vroue uitgekies het. Maar mans matig
dit vir hulle gedurig aan om die teenoor-
gestelde te doen. Dis 'n patriargale
wapen om die vroulike geslag te verneder.
Maar die dae van patriargie gaan nou
verby, Oom Hans. En vroumense raak siek
vir julle ou trieks. En sover dit my
aangaan, dink ek Monica is taamlik
oulik.Jammer net sy was 'n bietjie
van 'n "stalker".

Terloops, volgens jou informasie, lyk
dit vir my jy is 'n blok van 'n man.
Sover dit my aangaan: my man sê alles
waarvan ek twee het, is van die beste
wat hy nog ooit gesien het, en hy
beskou homself as fynproewer.

Doudie
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20545 is 'n antwoord op boodskap #20494] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy hoef nie egte
> duime of centimeters te gee nie en vir die doel van hierdie oefening mag jy
> jou stywegoedjies aanhou - stel borsmaat gelyk aan 100% en druk dan die
> ander mate daarvolgens uit.
>
>
> Gegroet. :-))))
> Omie
> ICQ 26839292
>
Hygend herd omie, wat n eenaardige uitdaging, jy met jou stywe goedjies
wat jy so aanhou - of is dit vashou?

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20547 is 'n antwoord op boodskap #20545] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Gee vir ons jou mate. Ek sal dit vir jou maklik maak. Jy hoef nie egte

> duime of centimeters te gee nie en vir die doel van hierdie oefening mag jy
> jou stywegoedjies aanhou - stel borsmaat gelyk aan 100% en druk dan die
> ander mate daarvolgens uit.
>
>
> Gegroet. :-))))
> Omie
> ICQ 26839292
>
Hygend herd omie, wat n eenaardige uitdaging, jy met jou stywe
goedjies wat jy so anhou - of is dit vashou?

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20549 is 'n antwoord op boodskap #20494] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Hans" writes:

> In julle kontrei (VSA & Kanada) is dit blykbaar al verby die punt van
> absurditeit. Was eendag op 'n vroegoggend voorstedelike trein op pad na
> New York in die geselskap van 'n Afrikaanse vriend. Nie honderd jaar nie
> of alle sitplekke was geneem en die staanplekke net so vol. Reg langs my
> was 'n staande groepie dames - almal baie netjies - kan hulle selfs as petit
> beskryf........ En dis waar my Afrikaneropvoeding voorskryf dat ek my
> sitplek moet aanbied. Had ek maar liewers my bek gehou. Die "dressing
> down" wat ek daar gekry het, het die VSA vrou permanent buite enige
> opvoedingspotensiaal geplaas in my ervaring. Na die stof gaan lê het, tik
> die ou agter my my op die skouer : "Do'nt know where the hell you're from
> pal, but please remember, over here they're equal so we allow them to stand
> if they so wish....." My Afrikaanse vriend het ewe lankoniek verskoning
> gemaak : "Moes jou eintlik gewaarsku het - 'skuus".

Oom Hans, ek merk dat jy die insident op die
trein aan die begin van hierdie paragraaf
begin met die opmerking: "In julle kontrei
(VSA en Kanada) is dit blykbaar al verby die
punt van absurditeit..." Is jy nie skaam
vir jou veralgemenings nie, veral as jy in
'n later pos vertel hoe wonderlik die mense
vir jou in 'n ander plek behandel het. En
ek stel dit vir jou dat julle 'n ou male
chauvinist kliek probleempie gehad het daar
op die trein. Die Amerikaanse man se opmerking
was net so onbeskof.

Ek dink ook baie hang af hoe jy vir 'n dame
'n plek op 'n bus of trein aanbied. As jy
skuldig voel dat jy sit en sy staan, staan
dan net sonder ophef op, en laat die dame
die plek neem. In 'n groot stad moet vrou-
mense baie versigtig wees om hulle "space"
om hulle neutraal te hou, sodat die man nie
op die een oomblik die sitplek aanbied, en
die volgende oomblik te vriendelik begin te
word nie.

En om nou 'n lansie vir New Yorkers te breek:
eintlik is New Yorkers oor die algemeen nie
meer onbeskof as ander mense nie. Maar hulle
is baie meer reguit en nie op die mond geval
nie. Ek probeer dit altyd histories herlei
tot die feit dat die oorspronklike mense uit
Europa wat daar 'n kolonie geskep het, mense
uit Nederland was. En as ek in Nederland kom,
vind ek dieselfde soort gepraat: vinnig, op
die punt af, en gladnie oorbeleef nie. (Kyk
maar hoe vat Robbert my hier aan op die
nuusgroep. Dadelik die klein woordelike afran-
seling, die vinnig op die plek sit. Ek sien
dit ook wanneer hulle op hulle nuusgroep met
mekaar praat. Hulle spesialiseer in kwinkslae.)

Nee wat, New Yorkers is nie meer onbeskof as
ander plekke in die wereld nie. Ek hou daarvan
om New York toe te gaan, en enigiemand wat nog
vir ons kom kuier het en na NY toe gegaan het,
hou daarvan en wil teruggaan.

Piggy Stuyvesant
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20551 is 'n antwoord op boodskap #20494] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Beste Oom Hans,

Tsssss, de Amerikanen zijn nu schijnbaar al zover dat zij alle normale respect
van vrouwen voor mannen en van mannen
voor vrouwen verloren hebben. Zijn zulke reacties normaal in de VS? Er zullen
toch ook nog veel gebieden zijn waar normale, beschaafde Europese omgangsvormen
gelden tussen de seksen? En tegenover ouderen niet te vergeten!

Robbert
(nog nooit in de Amerka's geweest, nu weet ik weer waarom!)

> Oom Hans schreef:

> In julle kontrei (VSA & Kanada) is dit blykbaar al verby die punt van

> absurditeit. Was eendag op 'n vroegoggend voorstedelike trein op pad na
> New York in die geselskap van 'n Afrikaanse vriend. Nie honderd jaar nie
> of alle sitplekke was geneem en die staanplekke net so vol. Reg langs my
> was 'n staande groepie dames - almal baie netjies - kan hulle selfs as petit
> beskryf........ En dis waar my Afrikaneropvoeding voorskryf dat ek my
> sitplek moet aanbied. Had ek maar liewers my bek gehou. Die "dressing
> down" wat ek daar gekry het, het die VSA vrou permanent buite enige
> opvoedingspotensiaal geplaas in my ervaring. Na die stof gaan lê het, tik
> die ou agter my my op die skouer : "Do'nt know where the hell you're from
> pal, but please remember, over here they're equal so we allow them to stand
> if they so wish....." My Afrikaanse vriend het ewe lankoniek verskoning
> gemaak : "Moes jou eintlik gewaarsku het - 'skuus".
>
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20553 is 'n antwoord op boodskap #20494] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gloudie,
>
> Ja, Oom Hans. Om oor Monica se voorkoms
> te praat, en sê dis "'n gevoelige
> puntjie" vir my, is alles neerbuigende
> male chauvinist pig-isme,

Om oor Monica en Clinton te praat en NIE neerhalend te klink
nie, wil gedoen wees.

> wat voorkoms
> as 'n wapen gebruik om vir vroue
> te verneder deur voorkoms 'n maatstaf
> van alles te maak.

Gevaarlike veralgemening...........

> Niemand vra ooit
> wat jou vrou in jou gesien het wat
> betref jou voorkoms nie, hoop ek. Min
> mense maak smalende opmerkings oor
> die voorkomste van mans wat sekere
> vroue uitgekies het.

Hoe sal jy die geval Marilyn Monroe en Joe de Maggio verklaar ??
Beauty and the beast ??

> Maar mans matig
> dit vir hulle gedurig aan om die teenoor-
> gestelde te doen. Dis 'n patriargale
> wapen om die vroulike geslag te verneder.

Moet lees : "Sommige mans......."

> Maar die dae van patriargie gaan nou
> verby, Oom Hans. En vroumense raak siek
> vir julle ou trieks. En sover dit my
> aangaan, dink ek Monica is taamlik
> oulik.Jammer net sy was 'n bietjie
> van 'n "stalker".

In julle kontrei (VSA & Kanada) is dit blykbaar al verby die punt van
absurditeit. Was eendag op 'n vroegoggend voorstedelike trein op pad na
New York in die geselskap van 'n Afrikaanse vriend. Nie honderd jaar nie
of alle sitplekke was geneem en die staanplekke net so vol. Reg langs my
was 'n staande groepie dames - almal baie netjies - kan hulle selfs as petit
beskryf........ En dis waar my Afrikaneropvoeding voorskryf dat ek my
sitplek moet aanbied. Had ek maar liewers my bek gehou. Die "dressing
down" wat ek daar gekry het, het die VSA vrou permanent buite enige
opvoedingspotensiaal geplaas in my ervaring. Na die stof gaan lê het, tik
die ou agter my my op die skouer : "Do'nt know where the hell you're from
pal, but please remember, over here they're equal so we allow them to stand
if they so wish....." My Afrikaanse vriend het ewe lankoniek verskoning
gemaak : "Moes jou eintlik gewaarsku het - 'skuus".

> Terloops, volgens jou informasie, lyk
> dit vir my jy is 'n blok van 'n man.

Maar ek wag nog vir die persentasies. Om die proporsies mooi reg te kry,
druk ook borsmaat uit as persentasie van lengte. (Myne is 59 %) Onthou,
al waarop ons kan gaan om jou te visualiseer, is jou boodskappe alhier maar
as ek my boereworsresep daarvolgens moet aanmaak, sal sommige dele te veel
asyn in hê, ander gaan weer te sout wees terwyl daar dele kan wees wat net
vet het en geen vleis nie............

> Sover dit my aangaan: my man sê alles
> waarvan ek twee het, is van die beste
> wat hy nog ooit gesien het, en hy
> beskou homself as fynproewer.
>
> Doudie
>
:-))))
Gegroet
Omie
ICQ 26839292
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20627 is 'n antwoord op boodskap #20494] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Gloudina,

deze keer zijn we het eens. Het is mij opgevallen dat Afrikaners qua gewoonten en
voorkomendheid erg
veel van de Engelsen hebben overgenomen. Dat is verstandig, de Engelsen zijn een
aangenaam volk. Je
moet er alleen eten, koffie en bier maar mee brengen, want in die categorieën kunnen de
Engelsen niet aan
ons tippen. En de dames zien er ook niet uit, niet qua uiterlijk en niet qua kleding.
Al ben ik natuurlijk alleen
in hun innerlijk geïnteresseerd.

Met vriendelijke groet,

Robbert

@igs.net wrote:

> Robbert Zijlstra writes: >
>
>> Ah, dus u heeft al bedevaart gemaakt naar "het magies sentrum van het heelal".
>> Goed zo! Waar ben je geweest, allemaal. Amsterdam? Leiden en Utrecht ook. Zijn
>> allemaal prachtige steden. Ik hoop dat de Hollandse mentaliteit u niet té hard op
>> het dak gevallen is.
>
> Baie keer as ons na Suid-Afrika gaan,
> gaan ons oor Amsterdam. Het ook al
> ander dele van Nederland gesien. Maar
> ek kan vir jou verseker: meeste
> Afrikaners voel asof hulle in 'n vreemde
> land is as hulle in Nederland is. Die
> deursnee Afrikaner voel baie meer tuis
> in Engeland. Die maniere, eetgewoontes,
> denkwyses, alles is meer dit waaraan ons
> gewoond is.
>
>> P.S. waarom noemt u zich Piggy, als ik vragen mag?
>
> Omdat Leendert van Oostrum vir my altyd as
> 'n vark uitskel. En omdat een van my
> geliefkoosde eetplekke hier in Kanada
> Chez Piggy heet. En omdat Hennerietjie
> daarvan hou. Terloops, waar is Leendert
> en Hennerietjie?
>
> Piggy van die Walletjies
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20629 is 'n antwoord op boodskap #20494] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> En om nou 'n lansie vir New Yorkers te breek:
> eintlik is New Yorkers oor die algemeen nie
> meer onbeskof as ander mense nie. Maar hulle
> is baie meer reguit en nie op die mond geval
> nie. Ek probeer dit altyd histories herlei
> tot die feit dat die oorspronklike mense uit
> Europa wat daar 'n kolonie geskep het, mense
> uit Nederland was. En as ek in Nederland kom,
> vind ek dieselfde soort gepraat: vinnig, op
> die punt af, en gladnie oorbeleef nie.

Ah, dus u heeft al bedevaart gemaakt naar "het magies sentrum van het heelal".
Goed zo! Waar ben je geweest, allemaal. Amsterdam? Leiden en Utrecht ook. Zijn
allemaal prachtige steden. Ik hoop dat de Hollandse mentaliteit u niet té hard op
het dak gevallen is.

> (Kyk
> maar hoe vat Robbert my hier aan op die
> nuusgroep. Dadelik die klein woordelike afran-
> seling, die vinnig op die plek sit.

Dank je voor het compliment. Ik zal proberen mijn niveau te handhaven.

> Ek sien
> dit ook wanneer hulle op hulle nuusgroep met
> mekaar praat. Hulle spesialiseer in kwinkslae.)
>
> Nee wat, New Yorkers is nie meer onbeskof as
> ander plekke in die wereld nie. Ek hou daarvan
> om New York toe te gaan, en enigiemand wat nog
> vir ons kom kuier het en na NY toe gegaan het,
> hou daarvan en wil teruggaan.
>
> Piggy Stuyvesant
>

Met vriendelijke groet

Robbert

P.S. waarom noemt u zich Piggy, als ik vragen mag?
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20631 is 'n antwoord op boodskap #20494] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra writes: >

> Ah, dus u heeft al bedevaart gemaakt naar "het magies sentrum van het heelal".
> Goed zo! Waar ben je geweest, allemaal. Amsterdam? Leiden en Utrecht ook. Zijn
> allemaal prachtige steden. Ik hoop dat de Hollandse mentaliteit u niet té hard op
> het dak gevallen is.

Baie keer as ons na Suid-Afrika gaan,
gaan ons oor Amsterdam. Het ook al
ander dele van Nederland gesien. Maar
ek kan vir jou verseker: meeste
Afrikaners voel asof hulle in 'n vreemde
land is as hulle in Nederland is. Die
deursnee Afrikaner voel baie meer tuis
in Engeland. Die maniere, eetgewoontes,
denkwyses, alles is meer dit waaraan ons
gewoond is.

> P.S. waarom noemt u zich Piggy, als ik vragen mag?

Omdat Leendert van Oostrum vir my altyd as
'n vark uitskel. En omdat een van my
geliefkoosde eetplekke hier in Kanada
Chez Piggy heet. En omdat Hennerietjie
daarvan hou. Terloops, waar is Leendert
en Hennerietjie?

Piggy van die Walletjies
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20632 is 'n antwoord op boodskap #20545] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Ja, Oom Hans. Om oor Monica se voorkoms
> te praat, en sê dis "'n gevoelige
> puntjie" vir my, is alles neerbuigende
> male chauvinist pig-isme, wat voorkoms
> as 'n wapen gebruik om vir vroue
> te verneder deur voorkoms 'n maatstaf
> van alles te maak. Niemand vra ooit
> wat jou vrou in jou gesien het wat
> betref jou voorkoms nie, hoop ek. Min
> mense maak smalende opmerkings oor
> die voorkomste van mans wat sekere
> vroue uitgekies het. Maar mans matig
> dit vir hulle gedurig aan om die teenoor-
> gestelde te doen. Dis 'n patriargale
> wapen om die vroulike geslag te verneder.
> Maar die dae van patriargie gaan nou
> verby, Oom Hans. En vroumense raak siek
> vir julle ou trieks. En sover dit my
> aangaan, dink ek Monica is taamlik
> oulik.Jammer net sy was 'n bietjie
> van 'n "stalker".
>
> Terloops, volgens jou informasie, lyk
> dit vir my jy is 'n blok van 'n man.
> Sover dit my aangaan: my man sê alles
> waarvan ek twee het, is van die beste
> wat hy nog ooit gesien het, en hy
> beskou homself as fynproewer.
>
> Doudie
>
Gloudina,

liewe mens kyk wat maak jy nou hier. Eers maak jy n baie waardige stelling
oor die misbruik van vroulike bates deur die mansgeslag (en sameleweing). Dan
speel jy ook die spel deur jouself te "verdedig" in terme van jou eie
aantreklikheid - die einste ding waaroor jy so goed uitgevaar het. Agge nee
mens, jy skiet jouself en alle denkende vrouenmense kadoef in die voet.
Verder voel ek sommer vir jou jammer. Waarvan jy twee het is glo
wonderskoon. Maar wat van waarvan jy net EEN het?

Billy baie bates.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20656 is 'n antwoord op boodskap #20545] Wo, 03 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes: >

>> Sover dit my aangaan: my man sê alles
>> waarvan ek twee het, is van die beste
>> wat hy nog ooit gesien het, en hy
>> beskou homself as fynproewer.
>>
>> Doudie
>>

> Gloudina,
>
> liewe mens kyk wat maak jy nou hier. Eers maak jy n baie waardige stelling
> oor die misbruik van vroulike bates deur die mansgeslag
(en sameleweing).


Ja, dankie dat jy man genoeg is om saam
te stem dat die mansgeslag in besonder
en die samelewing in die algemeen die
opmerkings oor "vroulike bates" as 'n
seksistiese wapen gebruik.

Dan
> speel jy ook die spel deur jouself te "verdedig" in terme van jou eie
> aantreklikheid - die einste ding waaroor jy so goed uitgevaar het. Agge nee
> mens, jy skiet jouself en alle denkende vrouenmense kadoef in die voet.
> Verder voel ek sommer vir jou jammer. Waarvan jy twee het is glo
> wonderskoon. Maar wat van waarvan jy net EEN het?
>
> Billy baie bates.

Wel, vroumense kan dieselfde speletjie as
mansmense speel. Nou, terwyl jy nou navraag
doen oor dit waarvan ek net een het: laaste
keer wat ek aandag daaraan gegee het,
was alles nog in puik werkende orde: die
brein, die tong, die hart, noem dit maar,
dis in puik orde. Ek is bly om te hoor jy
het ook bates. Ek hoop een daarvan is jou
derriere. Weet jy dat vroumense saamstem
dat die eerste ding wat hulle in 'n man
optjek, sy derriere is?

Gloudina (alles waarvan daar vyf is, is
ook in orde.)
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20707 is 'n antwoord op boodskap #20545] Vr, 05 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:

> O nou lag ek lekker!!! Ek kan verstaan dat jy dink ek is n man.
> Ingeval jy dink ek lieg lekker hier op die net -nee, ek het nog NOOIT
> ooit gese ek is n man nie. Ek het net gepraat soos ek gewoonlik praat.
> Dit bring nogal die saak op van hoe anders mense op mans en vrouens
> reageer as hulle dieselfde stelling maak ne? My familie noem my Billy.
> Dit is regtig my noemnaam. Toe my sussie klein was kon sy nie my
> naam se nie en het my toe Billy begin noem. Daarna het die hele
> so begin aanspreek - en so is dit vandag nog.
>
> Ek is nie meer n kuiken nie maar is vol woema. Ek lyk soos tipiese wit,
> middelklas Afrikaanse vrou. Ek is "petite" en het donker-blonde hare
> en groen oe. Wat meer kan ek se?
>
> Blink- kant- bo- Billy.

Wel, nig Billy, mirakels hou ook nooit
op nie. Ek kan jou verseker dat jou
kuber-persona sterk manlike trekke vertoon
het. Bv. met die laaste ding wat ek kan
onthou dat jy vertel het: hoe jy in die
rivier in Peterborough hier naby Toronto
geroei het. En jy het gepraat van die
studente wat stukke ys in die rivier
afsaag en dan daarop klim en daarop
wegdryf. Ek was geinteresseerd in die
feit dat jy al in Peterborough was. Ek
was nog net eenkeer in my lewe daar.
Ry maar gewoonlik verby op 401 Toronto
se kant toe. Ek is ook verbaas om te
hoor dat jy sê jy is nie meer 'n kuiken
nie. Jy kom oor as naief en jonk. Nouja,
nou is dit jou beurt om my kuber-persona
te analiseer. Ek het ook donkerblonde
hare en groen o"e. Maar ek is nie "petite"
nie. (Kan nie wees nie. Aan beide vaders-
en moederskant was daar van die langste
mansmense in die Noordkaap toe ek jonk
was.)

Die meisie van die Gariep
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20708 is 'n antwoord op boodskap #20545] Vr, 05 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> bi...@mgenerations.net writes: >
>
>>> Sover dit my aangaan: my man sê alles
>>> waarvan ek twee het, is van die beste
>>> wat hy nog ooit gesien het, en hy
>>> beskou homself as fynproewer.
>>>
>>> Doudie
>>>
>
>> Gloudina,
>>
>> liewe mens kyk wat maak jy nou hier. Eers maak jy n baie
> waardige stelling
>> oor die misbruik van vroulike bates deur die mansgeslag
> (en sameleweing).
>
> Ja, dankie dat jy man genoeg is om saam
> te stem dat die mansgeslag in besonder
> en die samelewing in die algemeen die
> opmerkings oor "vroulike bates" as 'n
> seksistiese wapen gebruik.
>
> Dan
>> speel jy ook die spel deur jouself te "verdedig" in terme van jou eie
>> aantreklikheid - die einste ding waaroor jy so goed uitgevaar het.
> Agge nee
>> mens, jy skiet jouself en alle denkende vrouenmense kadoef in die voet.
>> Verder voel ek sommer vir jou jammer. Waarvan jy twee het is glo
>> wonderskoon. Maar wat van waarvan jy net EEN het?
>>
>> Billy baie bates.
>
> Wel, vroumense kan dieselfde speletjie as
> mansmense speel. Nou, terwyl jy nou navraag
> doen oor dit waarvan ek net een het: laaste
> keer wat ek aandag daaraan gegee het,
> was alles nog in puik werkende orde: die
> brein, die tong, die hart, noem dit maar,
> dis in puik orde. Ek is bly om te hoor jy
> het ook bates. Ek hoop een daarvan is jou
> derriere. Weet jy dat vroumense saamstem
> dat die eerste ding wat hulle in 'n man
> optjek, sy derriere is?
>
> Gloudina (alles waarvan daar vyf is, is
> ook in orde.)

O nou lag ek lekker!!! Ek kan verstaan dat jy dink ek is n man.
Ingeval jy dink ek lieg lekker hier op die net -nee, ek het nog NOOIT
ooit gese ek is n man nie. Ek het net gepraat soos ek gewoonlik praat.
Dit bring nogal die saak op van hoe anders mense op mans en vrouens
reageer as hulle dieselfde stelling maak ne? My familie noem my Billy.
Dit is regtig my noemnaam. Toe my sussie klein was kon sy nie my
naam se nie en het my toe Billy begin noem. Daarna het die hele
so begin aanspreek - en so is dit vandag nog.

Ek is nie meer n kuiken nie maar is vol woema. Ek lyk soos tipiese wit,
middelklas Afrikaanse vrou. Ek is "petite" en het donker-blonde hare
en groen oe. Wat meer kan ek se?

Blink- kant- bo- Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20709 is 'n antwoord op boodskap #20545] Vr, 05 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> bi...@mgenerations.net writes:
>
>> O nou lag ek lekker!!! Ek kan verstaan dat jy dink ek is n man.
>> Ingeval jy dink ek lieg lekker hier op die net -nee, ek het nog NOOIT
>> ooit gese ek is n man nie. Ek het net gepraat soos ek gewoonlik praat.
>> Dit bring nogal die saak op van hoe anders mense op mans en vrouens
>> reageer as hulle dieselfde stelling maak ne? My familie noem my Billy.
>> Dit is regtig my noemnaam. Toe my sussie klein was kon sy nie my
>> naam se nie en het my toe Billy begin noem. Daarna het die hele
>> so begin aanspreek - en so is dit vandag nog.
>>
>> Ek is nie meer n kuiken nie maar is vol woema. Ek lyk soos tipiese wit,
>> middelklas Afrikaanse vrou. Ek is "petite" en het donker-blonde hare
>> en groen oe. Wat meer kan ek se?
>>
>> Blink- kant- bo- Billy.
>
> Wel, nig Billy, mirakels hou ook nooit
> op nie. Ek kan jou verseker dat jou
> kuber-persona sterk manlike trekke vertoon
> het. Bv. met die laaste ding wat ek kan
> onthou dat jy vertel het: hoe jy in die
> rivier in Peterborough hier naby Toronto
> geroei het. En jy het gepraat van die
> studente wat stukke ys in die rivier
> afsaag en dan daarop klim en daarop
> wegdryf. Ek was geinteresseerd in die
> feit dat jy al in Peterborough was. Ek
> was nog net eenkeer in my lewe daar.
> Ry maar gewoonlik verby op 401 Toronto
> se kant toe. Ek is ook verbaas om te
> hoor dat jy sê jy is nie meer 'n kuiken
> nie. Jy kom oor as naief en jonk. Nouja,
> nou is dit jou beurt om my kuber-persona
> te analiseer. Ek het ook donkerblonde
> hare en groen o"e. Maar ek is nie "petite"
> nie. (Kan nie wees nie. Aan beide vaders-
> en moederskant was daar van die langste
> mansmense in die Noordkaap toe ek jonk
> was.)
>
> Die meisie van die Gariep

Die temptasie was sterk om met jou die gek te skeer toe jy my uitvra
na my derrier. Maar laat ek liewers my tong byt, ander stuur een of
ander slakbrein moeggoe vir my hygende e-pos...

Ek hou van die buitelewe, ons stap en swem waar ons kan. Die roeierey maak
daardie armspiere lekker sterk dat niemand met my sukkel nie. My man is
Kanadees, dus ken ek Kanada nogal goed. Ja, ek het al heelwat tyd in
Peterborough spandeer, met of sonder ys. Ek is nie oud genoeg om n ouma te
wees nie, ek het net bedoel ek is nie in my twintigs of jonger nie. Dalk is
jy reg, ek is naief. Die alternatief is om te verval in n vreeslike donkerte
want die realitiet van die lewe kan bitter moeilk wees om te verwerk.

Wat my nog altyd verbaas het is jou vermoe om so baie aan die NG deel te
neem. Ek sou verkies het om die antwoord privaat aan jou te stuur maar ek kan
nie vir jou e-pos stuur nie. So moet nou nie n toeval kry oor my antwoord
nie. ( Ek dra kennis dat jy van die groot wille- wragtags in die Noord Kaap
heet en al klim ek lekker berg sal jy my sekerlik kan inhaal.) Jy is of baie
alleen of het super baie tyd om voor die rekenaar te sit en strategiee
uitwerk. Dalk smag jy erg na interaksie? Of dalk het jy n vervelige job? Die
NG vul vir jou n diep leemte.

Ek het vir die NG begin loer uit n soeke om die Afrikaner se denke te
verstaan aangaande die aardskuddende omwentelinge in ons tuisland. Ek dink
nie die term "Afrikaner" is beperk tot wit wolletjies woonagtig in
wonderskone Suid Afrika nie. Hieroor gaan ek ook seker n antwoord of twee
kry. Ek lees omdat ek hoop op n praktiese antwoord wat met respek en
integriteit die groot vrae gaan oplos sonder n bleddie kanon en ons almal van
n groot eina red. Jy is reg, ek is naief.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20725 is 'n antwoord op boodskap #20545] Sa, 06 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:

> Ek hou van die buitelewe, ons stap en swem waar ons kan. Die roeierey maak
> daardie armspiere lekker sterk dat niemand met my sukkel nie. My man is
> Kanadees, dus ken ek Kanada nogal goed.

Interessant. Waar in Kanada kom jou
man vandaan?


> Wat my nog altyd verbaas het is jou vermoe om so baie aan die
NG deel te> neem.
Jy is of baie
> alleen of het super baie tyd om voor die rekenaar te sit en strategiee
> uitwerk. Dalk smag jy erg na interaksie? Of dalk het jy n vervelige job? Die
> NG vul vir jou n diep leemte.

Wel, ek is sedert ons vier jaar gelede na
Ottawa gekom het, 'n "lady of leisure" soos
die Engelsman sê. Ek het nou nie te super
baie tyd om voor die rekenaar te sit nie,
want my man gebruik dit onder meer om
sy Japannees te leer. Maar as ek wel 'n
kansie kry, lees ek graag die nuusgroep
en neem deel daaraan. Dis deels omdat dit
vir my lekker is om weer met Afrikaans-
sprekendes om te gaan, deels omdat ek die
nuusgroep nie wil sien doodgaan nie (daar
was 'n tyd toe dit amper die gees gegee het.


> Ek het vir die NG begin loer uit n soeke om die Afrikaner se denke te
> verstaan aangaande die aardskuddende omwentelinge in ons tuisland. Ek dink
> nie die term "Afrikaner" is beperk tot wit wolletjies woonagtig in
> wonderskone Suid Afrika nie. Hieroor gaan ek ook seker n antwoord of twee
> kry. Ek lees omdat ek hoop op n praktiese antwoord wat met respek en
> integriteit die groot vrae gaan oplos sonder n bleddie kanon en ons almal van
> n groot eina red.

Wat bedoel jy deur "wit wolletjies"?
En wat bedoel jy met 'n praktiese
antwoord wat die groot vrae gaan oplos.

Gloudina
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20755 is 'n antwoord op boodskap #20545] So, 07 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Interessant. Waar in Kanada kom jou
> man vandaan?
>

Kitchener, Ontario. Mennonite country. Nogal n mooi plek met baie
sneeu in die winter want hulle le in die "snow belt."

>
> Wat bedoel jy deur "wit wolletjies"?
> En wat bedoel jy met 'n praktiese
> antwoord wat die groot vrae gaan oplos.
>

Ek praat van die wit Afrikaners wat dink hulle is uniek, verhewe, anders. Die
tipe wat glo die universele reels is nie op hulle van toepasssing is nie.
Natuurlik is die soort van denkwyse nie uniek aan die klas Afrikaners nie.
Die geskiedenis het al talle male gewys hoe daardie soort van denke na vore
kom en hoe die chaotiese gevolge almal kneus wat daaraan vewant is.

Praktiese oplossings om Suid Afrika te laat floreer as n regverdige,
produktiewe land. Daar is soveel potensiaal en skeppingskrag in SA!

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20799 is 'n antwoord op boodskap #20545] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> Robbert Zijlstra writes: >
>
>
>> P.S. waarom noemt u zich Piggy, als ik vragen mag?
>
> Omdat Leendert van Oostrum vir my altyd as
> 'n vark uitskel.

Vreemde gedrag, die - om mense vir varke uit te skel - soos Gloudina wat
Leendert van Oostrum vir 'n apartheidsvark uitskel.

> En omdat een van my
> geliefkoosde eetplekke hier in Kanada
> Chez Piggy heet.

Touche!

Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20838 is 'n antwoord op boodskap #20545] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon" writes:


> Wat die NG ook vir Gloudina doen is om haar so hier en daar weer kontak te
> gee met (hopelik!)goeie meer moderne Afrikaanse woordeskat.;)) Mens kan
> sien dat sy al besonder lank nie meer in SA is nie. In alle erns, na 'n
> aantal jare oorsee, ten spyte van besoeke hier by familie verloor mens tog
> iets van die taal.
>
> En verder wie gaan anders vir die manne op die NG so bietjie opdraande gee,
> hulle uitlok en tart? Dit gee van tyd tot tyd aanleiding tot goeie
> diskussies en skud almal so 'n bietjie wakker!

Dankie, Shannon. Jy skiet taamlik naby die
kol.

Ek neem aan dat wanneer jy van die "meer moderne
Afrikaanse woordeskat" praat, dat jy dan praat
van die losser gebruik van Engelse woorde met
'n verafrikaanste spelling onder meer, en die meer
liberale gebruik van Engelse woorde so tussen
die Afrikaans in. Ek sien hulle doen dit in
byvoorbeeld De Kat (wat ek nie meer ontvang nie,
Leendert.) Ek hou nie daarvan nie. En ek merk
hierdie soort geskryf ook nie op by mense wat
vir my uit SA skryf of familie-lede wat bel
nie. Ek het 'n suster wat taalkundig baie goed
opgelei is; Sy skryf nie so nie. Ek het kuber-
vriende in SA en hulle skryf nie so nie. So gee
vir my 'n voorbeeld van die sogenaamde moderne
Afrikaans. Ek merk op dat jy ook maar "my" tipe
Afrikaans skryf.

Gloudina
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20839 is 'n antwoord op boodskap #20545] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net wrote in message ...
> In article ,
> wrote:
>> bi...@mgenerations.net writes:
>>
>>>

knip-knip

>
> Wat my nog altyd verbaas het is jou vermoe om so baie aan die NG deel te
> neem. Ek sou verkies het om die antwoord privaat aan jou te stuur maar ek kan
> nie vir jou e-pos stuur nie. So moet nou nie n toeval kry oor my antwoord
> nie. ( Ek dra kennis dat jy van die groot wille- wragtags in die Noord Kaap
> heet en al klim ek lekker berg sal jy my sekerlik kan inhaal.) Jy is of baie
> alleen of het super baie tyd om voor die rekenaar te sit en strategiee
> uitwerk. Dalk smag jy erg na interaksie? Of dalk het jy n vervelige job? Die
> NG vul vir jou n diep leemte.

In die hedendaagse SA, die Net en NG'e wat grootlik net Engels is, is dit
lekker om êrens 'n ietsie Afrikaans te lees. Vir my vervang die NG die tyd
wat mens sou mors om SA tydskrifte te lees wat deesdae al hoe meer aan snert
grens(selfs TV!). Die probleem is net soms is dat die snert ook besig om
die nuusgroep hier en daar in te val, gelukkig van korte duur! Aag, maar
gelukkig kan ek sommer aan die persoon se naam en onderwerp sien of ek dit
moet vermy.

Wat die NG ook vir Gloudina doen is om haar so hier en daar weer kontak te
gee met (hopelik!)goeie meer moderne Afrikaanse woordeskat.;)) Mens kan
sien dat sy al besonder lank nie meer in SA is nie. In alle erns, na 'n
aantal jare oorsee, ten spyte van besoeke hier by familie verloor mens tog
iets van die taal.

En verder wie gaan anders vir die manne op die NG so bietjie opdraande gee,
hulle uitlok en tart? Dit gee van tyd tot tyd aanleiding tot goeie
diskussies en skud almal so 'n bietjie wakker!

Groete

Shannon
>
> Ek het vir die NG begin loer uit n soeke om die Afrikaner se denke te
> verstaan aangaande die aardskuddende omwentelinge in ons tuisland. Ek dink
> nie die term "Afrikaner" is beperk tot wit wolletjies woonagtig in
> wonderskone Suid Afrika nie. Hieroor gaan ek ook seker n antwoord of twee
> kry. Ek lees omdat ek hoop op n praktiese antwoord wat met respek en
> integriteit die groot vrae gaan oplos sonder n bleddie kanon en ons almal van
> n groot eina red. Jy is reg, ek is naief.
>
> Billy.
>
> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20922 is 'n antwoord op boodskap #20545] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Shannon" writes:
>
>
>> Wat die NG ook vir Gloudina doen is om haar so hier en daar weer kontak te
>> gee met (hopelik!)goeie meer moderne Afrikaanse woordeskat.;)) Mens kan
>> sien dat sy al besonder lank nie meer in SA is nie. In alle erns, na 'n
>> aantal jare oorsee, ten spyte van besoeke hier by familie verloor mens tog
>> iets van die taal.

Miskien is 'verloor' nie die korrekte woord nie, dis meer 'n geval van
byvoeg van nuwe uitdrukkings en idiome. Die ek moet sê verlies aan idiome
en ander uitdrukkings wat ons taal inkleur van vroeër sien ek daagliks om
my.

>>
>> En verder wie gaan anders vir die manne op die NG so bietjie opdraande gee,
>> hulle uitlok en tart? Dit gee van tyd tot tyd aanleiding tot goeie
>> diskussies en skud almal so 'n bietjie wakker!
>
>
> Dankie, Shannon. Jy skiet taamlik naby die
> kol.
>
> Ek neem aan dat wanneer jy van die "meer moderne
> Afrikaanse woordeskat" praat, dat jy dan praat
> van die losser gebruik van Engelse woorde met
> 'n verafrikaanste spelling onder meer, en die meer
> liberale gebruik van Engelse woorde so tussen
> die Afrikaans in.

Ja, mens kan bg. wel as 'n meer moderne Afrikaans beskou, veral as mens
daaraan koppel die tegnologiese vooruitgang in die wêreld en SA en Afrikaans
se vermoë om tot 'n mate by te hou.

Ek sien hulle doen dit in
> byvoorbeeld De Kat (wat ek nie meer ontvang nie,
> Leendert.) Ek hou nie daarvan nie. En ek merk
> hierdie soort geskryf ook nie op by mense wat
> vir my uit SA skryf of familie-lede wat bel
> nie. Ek het 'n suster wat taalkundig baie goed
> opgelei is; Sy skryf nie so nie. Ek het kuber-
> vriende in SA en hulle skryf nie so nie. So gee
> vir my 'n voorbeeld van die sogenaamde moderne
> Afrikaans.

Kyk my opmerking heel bo.

Ons was 'n aantal jare gelede in S.. ek meen in Namibië. Dit het my
opgeval dat die mense 'n ander Afrikaans praat, Maar ek dink dit kan deels
toegeskryf word aan streeksgebondenheid(so ook die Kaap met hulle
Afrikaans). Na ons aantal jare daar het dit so min of meer 'n jaar geneem
om weer 'aan te pas' by die Transvalers. By my jongste het jare geneem.

Soms verstom ek my weer aan die tipe Afrikaans wat Tossie Lochner en die
andere wat nuus van Italië en ander lande per TV of radio stuur. Vir my val
jy in daardie groep!(waag ek nou my nek :))

Ek merk op dat jy ook maar "my" tipe
> Afrikaans skryf.
>

Afrikaans is soos gesê word 'n groeiende taal, soos wat die aantal jare
tussen 'n mens en die skool en universiteit rek, hoe meer uit voeling raak
ons met die veranderinge.

groete

Shannon

> Gloudina
Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) ) [boodskap #20923 is 'n antwoord op boodskap #20545] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message ...
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Shannon" writes:
>>
>>
>>> Wat die NG ook vir Gloudina doen is om haar so hier en daar weer kontak
> te
>>> gee met (hopelik!)goeie meer moderne Afrikaanse woordeskat.;)) Mens kan
>>> sien dat sy al besonder lank nie meer in SA is nie. In alle erns, na 'n
>>> aantal jare oorsee, ten spyte van besoeke hier by familie verloor mens
> tog
>>> iets van die taal.
>
> Miskien is 'verloor' nie die korrekte woord nie, dis meer 'n geval van
> byvoeg van nuwe uitdrukkings en idiome. Die ek moet sê verlies aan idiome
> en ander uitdrukkings wat ons taal inkleur van vroeër sien ek daagliks om
> my.

Hmmmm....... Dankie vir die onafhanklike bevestiging van my eie waarnemings
oor Gloudina se taalgebruik wat ek al verskeie kere op die nuusgroep geplaas
het. Jy sal vind dat die woord "argaies" ruimskoots daarin gebruik is.

As jy haar lank genoeg dophou, sal jy nog 'n verskynsel optel - die
verengelsde gedagtegang wat agter die Afrikaanse uitings sit.

(Ek het al genoem dat ek reken dat haar plasings op die nuusgroep 'n ryk
bron sal wees vir linguistiese navorsing - dis nou behalwe vir die
hygversies van ander skrywers wat sy so graag reproduseer :-)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Pronogfrafie - Pornografie
Volgende onderwerp: Eksperiment met anargie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 04:01:31 MGT 2024