Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie)
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20460] Sa, 30 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Dit lyk vir jou na rassisme en seksisme. Maar
> eintlik is dit 'n slagspreuk in die kultuur-oorlog
> wat woed in die VSA en tot 'n mindere mate
> in Kanada.

So, as 'n wit man die teiken van vooroordeel is, dan is dit 'n
"kultuur-oorlog", maar as swart vrou die teiken van vooroordeel is dan is
dit seksisme en rassisme? Vooroordeel is vooroordeel, ongeag van die teiken.

As jy 'n ware beeld wil hê van die
> bevolking van die VSA, kyk na die span wat vir
> Clinton verdedig het in die Senaat. Die leier van
> die wetspan was in 'n rystoel. Daar was onder meer
> twee vroue, die een wit, die ander swart. (En die
> swarte duidelik die beste, uit een van die top wet-
> skole in die VSA. ) En nou tou die Republikeinse
> aanklaers in: dertien wit mans, meeste van hulle
> met 'n �southern drawl.�

Gloudina, mens kan baie se hieroor. Maar jy demonstreer jou bitter
vooroordele so duidelik hier dat verdere kommentaar oorbodig is. Wat op
aarde is die relevansie van aksent?

Soos jy jyself se is hierdie mense verkies - daar is geen kultuur-oorlog
nodig nie. Net die volgende demokratiese verkiesing - as mense werklik so
sterk voel sal die nodige veranderinge aangebring word.

Bees.
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20464 is 'n antwoord op boodskap #20460] Sa, 30 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Doudie spuug uit:

"....Heksejag
> deur 'n klomp WIT MANS wat die 30 persent van
> die Amerikaanse kiesers verteenwoordig wat meestal
> rassisties dink...."

In dieselfde sin wat jy ander probeer "ontleed" en rassisties bevind (net jy
sal weet hoe op aarde jy so 'n stelling kan maak) praat jy van 'n "klomp WIT
MANS " Het jy 'n probleem met WIT MANS? Dit klink nogal erg bevooroordeeld,
om nie van seksisme of rassisme te praat nie.

Ek is seker net die raamwerk van jou ou glashuisie is oor.

Bees
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20488 is 'n antwoord op boodskap #20460] So, 31 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Bees"

> Vooroordeel is vooroordeel, ongeag van die teiken.

Talle definisies hou vol dat seksisme, byvoorbeeld, vooroordeel en
diskriminasie is op grond van geslag PLUS die mag om dit te realiseer. Op
groepsvlak is dit dan oorwegend mans wat magsposisies beklee - die kapteine van
industrie en politiek. Hulle kan, bv. aanstellings maak binne korporasies wat
hul geslagsvooroordele reflekteer en indien wel, is hul seksisties. Vroue,
daarenteen, besit nie daardie geinstitusionaliseerde en historiese mag nie.
Alhoewel hulle vooroordele mag huldig, kan hulle nie in 'n magsnetwerk daarop
reageer nie en is hulle nie seksisties nie (onthou, ons praat binne
groepsverband en nie van individuele insidente nie). Dieselfde geld vir
homofobie of rassisme.

Vooroordeel is dus nie net vooroordeel ongeag die teiken nie. So 'n uitspraak,
na my mening, verteenwoordig net nog 'n variasie van Johan B. se uitlating aan
'n swart persoon: "vergeet van kleur en gaan aan met jou lewe". Feit van die
saak is dat MANS sê "seksisme is dieselfde ongeag geslag"; dat WIT mans sê
"regstellende aksie is rassisties"; dat wit PROTESTANTE mans sê "Jesus hoort
in die klaskamer"; dat wit protestantse NIE_GESTREMDE mans wette veto wat
publieke vervoer aan gestremdes waarborg "omdat dit te duur is"; dat wit
nie-gestremde, protestantse HETEROSEKSUELE mans toesien dat homoseksuele
paartjies nie wetlik kan trou, kinders kan aanneem, erflatingsregte geniet, of
bloot 'n menswaardige lewe kan lei nie. Hoe op aarde is vooroordeel dieselfde
ongeag die teiken?

leswin
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20489 is 'n antwoord op boodskap #20460] So, 31 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...

Leswin

Jy maak 'n interresante punt, waaroor ek nog bietjie wil dink. Laat ek my
eerste reaksie gee:

> Talle definisies hou vol dat seksisme, byvoorbeeld, vooroordeel en
> diskriminasie is op grond van geslag PLUS die mag om dit te realiseer.

Ek sal graag wil weet wie se definisies die is. Talle = korrek?

Kom ek illustreer my twyfel oor hierdie definisie. Ek het nog altyd geglo
dat die gedeelte van die definisie voor "PLUS" genoegsaam is. 'n Voorbeeld -
se maar iemand sou hier (op die NG) kwytraak dat alle mense van Germaanse
oorsprong geneties onintellegent is, of dat mense van Joodse oorsprong
oneerlik is. In my oordeel is dit rassistiese opmerkings, sonder
kwalifikasie. Maar nou - die skrywer van so 'n opmerking is nie van plan om
aksie te neem nie, en het nie die mag om iets daaraan te doen nie. As
daardie stellings, wat nie aan jou defenisie voldoen nie, daarom nie
rassisties is nie, wat is dit?

Vooroordeel is vooroordeel en is die basis van alle diskriminasie - al is
dit net 'n stelling, en al kan dit nie gerealiseer word nie om welke rede
ookal, die gebrek aan mag ingesluit.

bees.
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20499 is 'n antwoord op boodskap #20460] So, 31 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Goedemiddag Gloudina,

mmm. Een cultuuroorlog tegen de blanke mannen, die slechts 30 procent van het
Amerikaanse electoraat vertegenwoordigen. Zeg wat is er mis met de blanke mannen?
Al duizende jaren halen wij de kastanje uit het vuur, en wat krijgen we te horen:
"Zeur, zeur, zeur, zet het vuilnis buiten", "repareer dit", "breng dat weg" en
"heb je nou nog niet......". Het probleem met jullie vrouwen is dat jullie niet
begrijpen hoe gevoelig wij mannen zijn. En dan nog vaak lelijk ook..... Het leven
is niet gemakkelijk. Maar een beetje waardering op zijn tijd zou de dingen een
stuk prettiger maken.

Maar goed je opmerking over een cultuuroorlog laten aan duidelijkheid niets te
wensen over. Als je zulke bewoordingen kiest over blanke mannen en dan nog meent
niet seksistisch en racistisch te zijn dan valt mijn mond wijd open van
verbijstering. Je hebt gewoon de bestaande vooroordelen genomen, ze OMGEDRAAID en
gesystematiseerd en noemt dat dan een nieuwe houding voor een nieuwe tijd. Maar
uiteindelijk komt de aap uit de mouw:

"Sulke ou wit mans is gevaarlik en moet uitgeroei
word"

Waar heb ik dat ook al weer eerder gehoord? Waar was het? Ik kan er even niet op
komen. Misschien kunnen anderen mij helpen?

Met vriendelijke groet,

Robbert

@igs.net wrote:

>
>
> Dit lyk vir jou na rassisme en seksisme. Maar
> eintlik is dit 'n slagspreuk in die kultuur-oorlog
> wat woed in die VSA en tot 'n mindere mate
> in Kanada. As jy 'n ware beeld wil hê van die
> bevolking van die VSA, kyk na die span wat vir
> Clinton verdedig het in die Senaat. Die leier van
> die wetspan was in 'n rystoel. Daar was onder meer
> twee vroue, die een wit, die ander swart. (En die
> swarte duidelik die beste, uit een van die top wet-
> skole in die VSA. ) En nou tou die Republikeinse
> aanklaers in: dertien wit mans, meeste van hulle
> met 'n “southern drawl.” Hulle is verkies om die
> besigheid van die nasie te doen. Maar wat doen
> hulle? Hulle argumenteer oor 'n boks vol geskenke
> onder die bed van Clinton se swart sekretaresse se
> bed. Dis hulle wat “wit mans” 'n slegte naam gee,
> net soos die ou wit mans met hulle suurpruim gesigte
> wat vir dekades in die regering van SA gesit het, in die
> slaapkamers van die nasie gekyk het, en almal wat nie
> hulle kleur gehad het nie probeer uitsluit het van ‘n
> aandeel in hulle eie land. Sulke ou wit mans is
> gevaarlik en moet uitgeroei word.
>
> Gloudina
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20500 is 'n antwoord op boodskap #20460] So, 31 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> "....Heksejag
>> deur 'n klomp WIT MANS wat die 30 persent van
>> die Amerikaanse kiesers verteenwoordig wat meestal
>> rassisties dink...."
>
> In dieselfde sin wat jy ander probeer "ontleed" en rassisties bevind (net jy
> sal weet hoe op aarde jy so 'n stelling kan maak) praat jy van 'n "klomp WIT
> MANS " Het jy 'n probleem met WIT MANS? Dit klink nogal erg bevooroordeeld,
> om nie van seksisme of rassisme te praat nie.
>
> Ek is seker net die raamwerk van jou ou glashuisie is oor.
>
> Bees

Dit lyk vir jou na rassisme en seksisme. Maar
eintlik is dit 'n slagspreuk in die kultuur-oorlog
wat woed in die VSA en tot 'n mindere mate
in Kanada. As jy 'n ware beeld wil hê van die
bevolking van die VSA, kyk na die span wat vir
Clinton verdedig het in die Senaat. Die leier van
die wetspan was in 'n rystoel. Daar was onder meer
twee vroue, die een wit, die ander swart. (En die
swarte duidelik die beste, uit een van die top wet-
skole in die VSA. ) En nou tou die Republikeinse
aanklaers in: dertien wit mans, meeste van hulle
met 'n �southern drawl.� Hulle is verkies om die
besigheid van die nasie te doen. Maar wat doen
hulle? Hulle argumenteer oor 'n boks vol geskenke
onder die bed van Clinton se swart sekretaresse se
bed. Dis hulle wat �wit mansê 'n slegte naam gee,
net soos die ou wit mans met hulle suurpruim gesigte
wat vir dekades in die regering van SA gesit het, in die
slaapkamers van die nasie gekyk het, en almal wat nie
hulle kleur gehad het nie probeer uitsluit het van 'n
aandeel in hulle eie land. Sulke ou wit mans is
gevaarlik en moet uitgeroei word.

Gloudina
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20538 is 'n antwoord op boodskap #20460] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Bees"

> Talle = korrek?

Talle = korrek.

> Vooroordeel is vooroordeel en is die basis van alle diskriminasie

< knip >

Jy maak twee konsepsuele foute in jou argument en voorbeeld. Een - vooroodeel
is die basis vir diskriminasie, maar in soverre vooroordeel na die affektiewe
of gevoelskomponent verwys en diskriminasie na die gedragskomponent (en
stereotipering na die kognitiewe komponent), neem komprehensiewe definisies van
rassisme of seksisme gewoonlik al hierdie komponente in ag. Tweedens, jou
voorbeeld verwys na individuele insidente terwyl ek duidelik verwys het na die
definisie op groepsvlak. As individu opereer ek binne 'n individuele magsfeer
sodat ek, as swart persoon, duidelik rassisties kan wees indien ek my buurman
(wit persoon), uitkryt as 'n dom en vuil wit griek. Wanneer 'n groep swart
seuns 'n wit seun wat op sy fiets ry aanval en op sy herrie gee bloot omdat hy
wit is, is hulle duidelik rassisties - en besit hulle wel individuele mag om
hul rassisme te realiseer. Op breer, groepsvlak, egter, manifesteer die
magsfeer duidelik op 'n wyse wat die swart man emaskuleer en die wit man
bevoordeel - in hierdie arena kan die swart man nie rassisties wees nie.
Onthou - al hierdie definisies kan op groeps- en individuele vlak verwoord
word.

leswin
Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie) [boodskap #20622 is 'n antwoord op boodskap #20460] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin

Jy se:

1. "Vooroodeel is die basis vir diskriminasie, maar in soverre
vooroordeel na die affektiewe of gevoelskomponent verwys"
2. "en diskriminasie na die gedragskomponent (en stereotipering na
die kognitiewe komponent)...

Ek sien jou punt dat beide komponente hierbo in ag geneem behoort te
word in definisies van rassisme, ens.

Maar ek dink jy sal saamstem dat hierdie punte die "offensiewe" party
(by gebrek aan 'n beter woord) beskryf, en nie die lydende party nie.
Met ander woorde, hierdie definisie is beskryf in terme van die party wat so
optree, eerder as die party wat die onderwerp van die
opmerking of optrede is (die party wat ek die "teiken" genoem het).

Ek wil jou nou terugroep na die beginpunt van ons debat. Jy het
gereageer op my stelling: "Vooroordeel is vooroordeel, ongeag van die
teiken."

Jou definisie en argumente draai om die motiewe, magsposisie, optrede, ens
van die
OFFENSIEWE party, en nie oor die teikengroep nie. Ek bly glo dat
vooroordeel, opsigself, verkeerd is ongeag van die teikengroep.

Ek dink egter wel dat jy 'n punt beet het om uit te wys, as ek jou reg
verstaan, dat vooroordeel 'n nodige maar nie noodwendig voldoende
komponent van die definisie van diskriminasie is.

As 'n verdere gedagte - ek glo dat die werklike "bron" of oorsaak van
alle diskriminasie die vooroordeel is - sonder vooroordeel sal niemand
'n motief he om diskriminerend op te tree nie, al sou hy of sy die mag
gehad om dit te kan doen. En dit is die werklike probleem - die
vooroordeel.

tot later,

Bees

Ps. Ek glo nie noodwendig altyd dat "talle" = "korrek" is nie.
Vorige onderwerp: Doedie en Kie
Volgende onderwerp: Re: Bill Clinton (was Doedie en kie)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 22:25:41 MGT 2024