Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou kernwapens te koop
Ou kernwapens te koop [boodskap #19983] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Jan Bom  is tans af-lyn  Jan Bom
Boodskappe: 7
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Goeie môre Witman!

Dis 'n nuwe jaar en ek gradeer al my ou kernwapens op na Y2K-versoenbare
biologiese wapens.

My huidige arsenaal is soos nuut (nie gebruik nie) en word verskaf kompleet
met lanseerder en 2 maande waarborg.

Indien enigeiemand belangstel:

(1) Model: GSEG-665
Naam: "God se Eie Geweer"
Beskrywing: Sal 'n voorstad van Johannesburg (soos Pretoria) vir ten
minste 800 jaar onleefbaar maak.
Prys: R100,000,000 kontant, of 'n klein Indiese-oseaan eilandjie.

(2) Model: JHEK-01
Naam: "Ja Here Ek Kom"
Beskrywing: Kan 'n groterige plakkershuisie (soos die Uniegebou) in 'n
wentelbaan plaas.
Prys: R36,000,000 kontant, of 16 onbetasde Blanke skoolmeisies.

(3) Model: WMDS-12
Naam: "Waar's My Donkerste Sonbril?"
Beskrywing: Sal op 20km beide retinas wegsmelt en jou oë soos
hoendereiers in jou oogkaste kook. Oppi-Koppi entoesiaste sal onthou dat ek
dit verlede jaar agter die hoofverhoog as die lig-ekstravaganza-hoogtepunt
van die Koos Kombuis-vertoning wou ontplooi, maar dat die plutonium-klep
gebars het. Alles herstel met oorspronklike Toyota-parte.
Prys: R6,000,000 kontant, of volledige stel Bitterkomix.

Pryse is nie onderhandelbaar nie.
Geen tjeks of posorders.
Eerste daar, eerste klaar.

Christelike groete,
Jan Bom
jan.bom@bomnet.kom
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #19984 is 'n antwoord op boodskap #19983] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jan Bom wrote in message ...
> My huidige arsenaal is soos nuut (nie gebruik nie) en word verskaf kompleet
> met lanseerder en 2 maande waarborg.

> (1) Model: GSEG-665
> Beskrywing: Sal 'n voorstad van Johannesburg (soos Pretoria) vir ten
> minste 800 jaar onleefbaar maak.
> Prys: R100,000,000 kontant, of 'n klein Indiese-oseaan eilandjie.
>
> (2) Model: JHEK-01
> Beskrywing: Kan 'n groterige plakkershuisie (soos die Uniegebou) in 'n
> wentelbaan plaas.
> Prys: R36,000,000 kontant, of 16 onbetasde Blanke skooltassies.
>
> (3) Model: WMDS-12
> Naam: "Waar's My Donkerste Sonbril?"
> Beskrywing: Sal op 20km beide retinas wegsmelt en jou oë soos
> hoendereiers in jou oogkaste kook.
> Prys: R6,000,000 kontant, of volledige stel Bitterkomix.
> Jan Bom

Net 'n ernstige waarskuwing aan die wat belang stel in die gemors wat Bom
probeer verkoop.
Daar gaan hierdie jaar wette gepaseer word wat dit onwettig maak om
kernwapens vir huishoudelike gebruik aan te hou.
Bom het onlangs ook probeer om verrykte Iran aan Amerika te verkoop, maar
die FBI het hom uitgevind.
Dit blyk toe al die tyd net gewone industriele sterkte rooikwik te wees wat
nie eers vier pyle kan lanseer nie.
Hy kruip nou nog weg, vermoedelik in 'n skelmstreek.
Dis mense soos hy wat alle komix bitter maak.

Ons monitor die situasie fyn dop.
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #19985 is 'n antwoord op boodskap #19983] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Mooi man. Saag hom as hy lastig is.

Kobus Pietersen wrote in message ...
> Jan Bom wrote in message ...
>> My huidige arsenaal is soos nuut (nie gebruik nie) en word verskaf kompleet
>> met lanseerder en 2 maande waarborg.
>
>> (1) Model: GSEG-665
>> Beskrywing: Sal 'n voorstad van Johannesburg (soos Pretoria) vir ten
>> minste 800 jaar onleefbaar maak.
>> Prys: R100,000,000 kontant, of 'n klein Indiese-oseaan eilandjie.
>>
>> (2) Model: JHEK-01
>> Beskrywing: Kan 'n groterige plakkershuisie (soos die Uniegebou) in 'n
>> wentelbaan plaas.
>> Prys: R36,000,000 kontant, of 16 onbetasde Blanke skooltassies.
>>
>> (3) Model: WMDS-12
>> Naam: "Waar's My Donkerste Sonbril?"
>> Beskrywing: Sal op 20km beide retinas wegsmelt en jou oë soos
>> hoendereiers in jou oogkaste kook.
>> Prys: R6,000,000 kontant, of volledige stel Bitterkomix.
>> Jan Bom
>
> Net 'n ernstige waarskuwing aan die wat belang stel in die gemors wat Bom
> probeer verkoop.
> Daar gaan hierdie jaar wette gepaseer word wat dit onwettig maak om
> kernwapens vir huishoudelike gebruik aan te hou.
> Bom het onlangs ook probeer om verrykte Iran aan Amerika te verkoop, maar
> die FBI het hom uitgevind.
> Dit blyk toe al die tyd net gewone industriele sterkte rooikwik te wees wat
> nie eers vier pyle kan lanseer nie.
> Hy kruip nou nog weg, vermoedelik in 'n skelmstreek.
> Dis mense soos hy wat alle komix bitter maak.
>
> Ons monitor die situasie fyn dop.
>
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20064 is 'n antwoord op boodskap #19983] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Bom  is tans af-lyn  Jan Bom
Boodskappe: 7
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
(Jan Bom het gesê...)

JB>>> Dis 'n nuwe jaar en ek gradeer al my ou kernwapens op na
JB>>> Y2K-versoenbare biologiese wapens.
JB>>> My huidige arsenaal is soos nuut (nie gebruik nie) en word
JB>>> verskaf kompleet met lanseerder en 2 maande waarborg.

(...waarop Kobus Pietersen gereageer het...)

>> Net 'n ernstige waarskuwing aan die wat belang stel in die gemors wat
>> Bom probeer verkoop.
>> Daar gaan hierdie jaar wette gepaseer word wat dit onwettig maak om
>> kernwapens vir huishoudelike gebruik aan te hou. [...]
>> Ons monitor die situasie fyn dop.

(...waarop Alwyn van Rooyen gereageer het...)

> Mooi man. Saag hom as hy lastig is.

Dit smaak my jy's al baie gesaag omdat jy lastig was.

Jy beter solank die Vaseline begin aansmeer, boet.

Nasionale Christen-groete,
Jan Bom
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20065 is 'n antwoord op boodskap #19983] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
God  is tans af-lyn  God
Boodskappe: 7
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jan Bom wrote:

> As iemand jou vannaand met 'n sleepwa aan die hol haak, verdowingsmiddels
> in jou oogballe spuit, vier flesse rooikwik in jou gorrel afwurg,
> geëlektrifiseerde, chirurgiese staalpenne deur beide oorkanale in jou brein
> inhamer, en jou neusvleuels met 'n ingeloopde vibrator verrek, sal jy met
> jou mielie in jou hand gr@@nsirkels in the landerye rol, boet.
> "Vier pyle" gaan jou nie eers 'n *genadedood* werd wees nie.

Jesus wrote:

> Salaam Malaikum, Allah Akbah en God se rykste seën aan julle almal!

> "....en Ek sal aan julle verskyn gekleë in 'n kleed van goud, en aan my
> sy sal die honde van oorlog staan, gereed om diegene wat met my
> Vader se kernwapens lol aan te val, en hul in die verderf in te verban, want
> hy wat dwaas genoeg is om met die wapens van die allerhoogste God te speel
> sal die wraak van die ewige hel op sy skouers laat neerdaal."

> Die Bybel Boek 2, Hoofstuk Millenium 2000 vers 13
> Totsiens. Ek moet nou gaan. Ek en die Vader het nog 'n hoofstuk in die Bybel 2
> om te voltooi.

> Mag die Here jul seën tot in die duisend en vyfde geslag van die wat My
> liefhet.

> Jesus Christus

JESUS, DIT IS GOD WAT PRAAT.
DIE OPPER-ALLERHEILIGSTE GOD.
JOU PAPPA.

JY MOES HULLE LIEFS NIE VAN MY KERNWAPENS VERTEL HET NIE, SEUN.

HULLE GAAN JOU *WEER* SPYKER.

STUUR GROETE AAN JOU MA.

EK SEEN ALMAL WEER SONDAG-OGGEND,
GOD
god@godnet.god
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20066 is 'n antwoord op boodskap #19983] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Jan 99 09:57:07 GMT, "Jan Bom" wrote:

Geen tjeks of posorders.[/color]
> Eerste daar, eerste klaar.>>

Kredietkaarte....?

(En hoe sal die ...uh...masjiene... opweeg teenoor Louis Luyt se ego?
Enige kans. En se nou hy kry Brenda Fassie ook aan sy kant?)
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20067 is 'n antwoord op boodskap #19983] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Bom  is tans af-lyn  Jan Bom
Boodskappe: 7
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Boetie,

>> (3) Model: WMDS-12
>> Naam: "Waar's My Donkerste Sonbril?"
>> Beskrywing: Sal op 20km beide retinas wegsmelt en jou oë soos
>> hoendereiers in jou oogkaste kook.
>> Prys: R6,000,000 kontant, of volledige stel Bitterkomix.

> Net 'n ernstige waarskuwing aan die wat belang stel in die gemors wat Bom
> probeer verkoop.

Die gemors is reeds verkoop.
Wat oorbly is net die goeie goed, so jammer boet. Ek weet die resessie
knaag jou Beweging so bietjie, soos 'n minderjarige onderbroekie.

> Daar gaan hierdie jaar wette gepaseer word wat dit onwettig maak om
> kernwapens vir huishoudelike gebruik aan te hou.

Sekere *tipe* kernwapens. Nie almal nie.
Slegs die WK-800 ("Wederkoms"), G-II ("God II"), HRMA-reeks ("Heremia"),
JHD-reeks ("JiHaD"), en BLXM-supermodelle moet tegnies gesproke met 'n P-2
sertifaat in Suid-Afrika verskaf word.

Daar's gelukkig baie plek in Namibië vir kliënte-demonstrasies.

> Bom het onlangs ook probeer om verrykte Iran aan Amerika te verkoop, maar
> die FBI het hom uitgevind.

Nee boet, jy't nou jou Slappert in die Slaai.
Ek het 'n ryk Amerikaner in Iran verkoop, nie verrykte Iran aan Amerika
nie.

En die FBI betaal al jare reeds my 'n maandelikse beskermingsfooi.

> Dit blyk toe al die tyd net gewone industriele sterkte rooikwik
> te wees wat nie eers vier pyle kan lanseer nie.

As iemand jou vannaand met 'n sleepwa aan die hol haak, verdowingsmiddels
in jou oogballe spuit, vier flesse rooikwik in jou gorrel afwurg,
geëlektrifiseerde, chirurgiese staalpenne deur beide oorkanale in jou brein
inhamer, en jou neusvleuels met 'n ingeloopde vibrator verrek, sal jy met
jou mielie in jou hand gr@@nsirkels in the landerye rol, boet.
"Vier pyle" gaan jou nie eers 'n *genadedood* werd wees nie.

> Dis mense soos hy wat alle komix bitter maak.

Jy moet brandewyn saam met jou komix. Dit maak dit nie so bitter nie.

> Ons monitor die situasie fyn dop.

Ja, hou jy maar Max-"waar's-my-Vrye-Weekblad-dan-nou?"-du Preez se
gesigsuitdrukking op "FokUs" fyn dop, terwyl die "situasie"
mikrogolftorings soos dominoes voor 'n elektromagnetiese godgletser een vir
een van sy monitors wegsneeu...

Dit gaan lêkker grappe maak.

Nou ja toe, loop speel.

Nasionale Christen-groete,
Jan Bom
jan.bom@bomskok.kom
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20068 is 'n antwoord op boodskap #19983] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kyk my ander antwoord. Op hierdie een kan ek nie eens kommentaar lewer nie. Dit
gee (as dit moontlik was) 'n ander betekenis aan die begrip "godslastering".
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20069 is 'n antwoord op boodskap #19983] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie plasing is sekerlik die laagtepunt van swak smaak en minagting van die
Christelike godsdiens wat ek to nog toe raakgeloop het. Behalwe jou minagting vir
die Christene, haak jy sommer ook nog die Moslems aan jou gifpen. Dis iets waaroor
ek nogal versigtig sou wees. Hulle kan baie militant wees. Aan die ander kant:
God, wat nie met Hom laat spot nie, se wraak is meer ewig van aard.....

En voor jy dink dis sommer bangmaakpraatjies, gaan lees bietjie die Bybel. Die
regte een. Nie jou speel-speel een nie.

Soos Secret Squirrel voel ek nou daarna om hierdie NG vaarwel toe te roep. Dit was
al erg genoeg om te lees hoe Piggie die "suurgesig predikante" aanvat, almal oor
een kam skeer en met growwe veralgemenings deur die bank verdoem en veroordeel;
erger was die godslasterlike aanroep van die Naam van die Here in sommige ander se
plasings. Maar hierdie plasing val so laag as wat laag kan wees met sy pretensies
om names Jesus self te spreek, en dan die Moslemgroet in Sy mond te plaas - dis
lastering van die ergste graad. Van die pornografie en polities onverdraagsame
ander plasings sal ek niks sê nie; ook nie van die kinderagtige kleinsieligheid
van party nie. Dis alles byna verstaanbaar. Seker ook oafwendbaar dat mense hulle
sal wend tot die vernietiging van die respek wat vir God moet geld. In hierdie
tyd, waar elke grens afgetas en oorgesteek word, is alles seker maar "fair game".
En as jy die Skepper van die heelal kan afbreek tot iets minder as 'n mens, nou
ja.... dan het jy jouself ook seker (in jou eie oë) opgehef tot iets meer as 'n
mens.

Dis net so hartseer dat mense die enigste weg tot verlossing so vertrap. Nes vee
wat die skoon waterbron betrap en bevuil, sodat die water ondrinkbaar word.

Dit sal my nie die minste verbaas as ek erg kwalik geneem word oor my antwoord
nie. Daar is sommiges wat gereeld hier hulle hart uitstort wat dit sal geniet om
my vir 'n "bigot" en 'n godsdiensfanatikus uit te kryt. Dit maak nie saak nie. Wat
my meer gaan interesseer is of iemand die moed gaan hê om standpunt vir God in te
neem.

Groete in Christus

Kwarantyn, alias Henry van Zyl, wat in Pennsylvania woon.
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20126 is 'n antwoord op boodskap #19983] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Jan 1999 15:41:19 -0500, Kwarantyn
said the following:

|Hierdie plasing is sekerlik die laagtepunt van swak smaak en minagting van die
|Christelike godsdiens wat ek to nog toe raakgeloop het. Behalwe jou minagting vir
|die Christene, haak jy sommer ook nog die Moslems aan jou gifpen. Dis iets waaroor
|ek nogal versigtig sou wees. Hulle kan baie militant wees. Aan die ander kant:
|God, wat nie met Hom laat spot nie, se wraak is meer ewig van aard.....
|
|En voor jy dink dis sommer bangmaakpraatjies, gaan lees bietjie die Bybel. Die
|regte een. Nie jou speel-speel een nie.
|
Ek ondersteun wat jy hier sê ten volle. En moenie daarvoor verskoning
vra nie - jy het all reg om dit te sê en ek sal my verstout om te sê
dat 99% van almal op die NG ook sal saamstem, al is hulle nie eers
Christene nie.

Dankie dat jy opgestaan en hewig kapsie maak - ek staan met my hoed
voor my gesig van skaamte dat dit nie ek was nie. 'n Mens moet as
Christen miskien meermale groter millitansie vertoon in die
verdediging van ons Christenskap.

Johan
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20127 is 'n antwoord op boodskap #19983] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jesus  is tans af-lyn  Jesus
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jan Bom wrote:

> As iemand jou vannaand met 'n sleepwa aan die hol haak, verdowingsmiddels
> in jou oogballe spuit, vier flesse rooikwik in jou gorrel afwurg,
> geëlektrifiseerde, chirurgiese staalpenne deur beide oorkanale in jou brein
> inhamer, en jou neusvleuels met 'n ingeloopde vibrator verrek, sal jy met
> jou mielie in jou hand gr@@nsirkels in the landerye rol, boet.
> "Vier pyle" gaan jou nie eers 'n *genadedood* werd wees nie.

Salaam Malaikum, Allah Akbah en God se rykste seën aan julle almal!

"....en Ek sal aan julle verskyn gekleë in 'n kleed van goud, en aan my
sy sal die honde van oorlog staan, gereed om diegene wat met my
Vader se kernwapens lol aan te val, en hul in die verderf in te verban, want
hy wat dwaas genoeg is om met die wapens van die allerhoogste God te speel
sal die wraak van die ewige hel op sy skouers laat neerdaal."

Die Bybel Boek 2, Hoofstuk Millenium 2000 vers 13

Totsiens. Ek moet nou gaan. Ek en die Vader het nog 'n hoofstuk in die Bybel 2
om te voltooi.

Mag die Here jul seën tot in die duisend en vyfde geslag van die wat My
liefhet.

Jesus Christus
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20177 is 'n antwoord op boodskap #19983] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jan 99 09:24:37 GMT, "Jan Bom" wrote:

> (3) Model: WMDS-12[/color]
>>> Naam: "Waar's My Donkerste Sonbril?"
>>> Beskrywing: Sal op 20km beide retinas wegsmelt en jou oë soos
>>> hoendereiers in jou oogkaste kook.
>>> Prys: R6,000,000 kontant, of volledige stel Bitterkomix.>>>

EK WIL NOG STEEDS WEET OFKREDIETKAARTE OK
IS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20178 is 'n antwoord op boodskap #19983] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn wrote in message
...
> Hierdie plasing is sekerlik die laagtepunt van swak smaak en minagting van die
> Christelike godsdiens wat ek to nog toe raakgeloop het. Behalwe jou minagting vir
> die Christene, haak jy sommer ook nog die Moslems aan jou gifpen. Dis iets waaroor
> ek nogal versigtig sou wees. Hulle kan baie militant wees. Aan die ander kant:
> God, wat nie met Hom laat spot nie, se wraak is meer ewig van aard.....

Ek dink, Henry, dat die verheffende register waarin die diskoers op hierdie
nuusgroep nou gevoer word, ingelui is deur die voortreflike poësie van
Antjie Samuels waarop ons vergas is.

En as die skuim nou alles boontoe gedryf het waai dit ook makliker weg. Die
wraak, maan Paulus ons in Rom 12, moet ons aan God oorlaat.

Groete, Leendert
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20180 is 'n antwoord op boodskap #19983] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jesus  is tans af-lyn  Jesus
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
> JESUS, DIT IS GOD WAT PRAAT.
> DIE OPPER-ALLERHEILIGSTE GOD.
> JOU PAPPA.
>
> JY MOES HULLE LIEFS NIE VAN MY KERNWAPENS VERTEL HET NIE, SEUN.
>
> HULLE GAAN JOU *WEER* SPYKER.
>
> STUUR GROETE AAN JOU MA.
>
> EK SEEN ALMAL WEER SONDAG-OGGEND,
> GOD

Liewe Pappa

Ek is nie bang nie. As dit moet dan kan ons mos die Heilige Gees vra om hulle so 'n bietjie
te kom skrik maak. Ons weet mos al hoe hierdie wereld tot sy einde gaan kom. My ma stuur
groete en vertel my nou die dag sy is nog steeds 'n virgin. Blykbaar wil niemand steeds haar
storie glo nie.

Dankie vir die seenwense en
Amen

Jesus Christus
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20181 is 'n antwoord op boodskap #19983] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Jan 1999 15:41:19 -0500, Kwarantyn wrote:



En albei van julle beroep julle skere op moraliteit!!

Daar's nou iets om oor te smile....
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20220 is 'n antwoord op boodskap #19983] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
jo...@icon.co.za (Johan Bornman) wrote:
>>
>> Liewe Jesus,
>>
>> Maak my hartjie rein, maak my maatjies ryk en maak asseblief my
>> maandstonde van korte duur
>>
>> Amen
>>
>> Doedie
>
> En wat van maer bo-bene? Jy het hom nou op die lyn, jy kan netsowel vir dit ook
> vra.
>
> JB
>

Stem saam. Maar regtig, wat jy regtig nodig het is n brein.
Vra vir n brein in jou kop.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20221 is 'n antwoord op boodskap #19983] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Jy's lekker mal swaer.

Freddy Pieterse wrote in message ...
> Johan wrote:
>
>> On Thu, 21 Jan 1999 15:41:19 -0500, Kwarantyn
>> said the following:
>>
>> |Hierdie plasing is sekerlik die laagtepunt van swak smaak en minagting van die
>> |Christelike godsdiens wat ek to nog toe raakgeloop het. Behalwe jou minagting vir
>> |die Christene, haak jy sommer ook nog die Moslems aan jou gifpen. Dis iets waaroor
>> |ek nogal versigtig sou wees. Hulle kan baie militant wees. Aan die ander kant:
>> |God, wat nie met Hom laat spot nie, se wraak is meer ewig van aard.....
>>
>
> Jy weet, jou mening is jou eie. Hou dit asseblief vir jouself. Hier is jy alweer 'n
> toonbeeld van wat die Nasionale party van ons volk gemaak het. Deur ons mense te vertel
>
> ons is die uitverkore volk, en deur die breinspoeling van die nasie deur die NG Kerk,
> die Broederbond, BOSS, ens, ens. het jy (soos 'n menige voor jou) oogklappe ontwikkel
> wat jou so bekramp in jou denke dat jy seker ook glo dat:
>
> 1. Seks met 'n anderskleurige is sonde
> 2. Die Bybel is een honderd persent die woord van God, god, of wie ookal jy hierdie
> week glo (daar was geen mensehand betrokke by die skrywe hiervan nie, ne?)
> 3. AIDS is die gevolg van homoseksualisme
> 4. Draadtrek gee 'n mens hare op jou handpalms.
>
> Die lafhartige manier waarop jy sinspeel dat Moslems die betrokke saak verder sal neem
> is 'n baie goeie getuigskrif van jou geloof. Waar is jou opperallerheiligste God dan
> nou as die Moslems eers beginne bomme plant? Of het Hy ook 'n heilige ontsag vir hul
> militante minagting van wet en orde?
>
> Kom ek jou so 'n ietsie vertel. Ons is maar 'n ou klein niksseggende deeltjie van die
> Heelal, en God sit en vermaak hom met mense soos jy. Jou idee van God is hopeloos
> verwronge. God het 'n sin vir humor. Dit is baie obvious, anders sou Hy nie iemand soos
>
> jy op hierdie planeet geplaas het nie. Ek dink Hy lag sy gat af vir van die nonsens wat
>
> jy in jou sedige erns kwytraak.
>
> Van wanneer af moet alle mense konform aan jou idee van Christenskap? Ek glo aan Jesus
> Christus. (Let mooi op, ek glo nie IN Jesus Christus nie) want die geskiedenis vertel
> uit alle oorde van die Naserener wat 2000 jaar gelede kom kak maak het op die aarde.
> Netsoos Mohammed na hom, Ghengis Kahn voor hom en Adolf Hitler nou die ander dag nog
> lekker moeilikheid veroorsaak het, was daar 2000 jaar gelede 'n man wat welsprekend die
>
> een teen die ander opgesweep het. Die gevolg? Mense het gatvol geword en hom aan 'n
> stuk hout vas gespyker. Stel jou voor ons het die Jesus van ons eeu (Nelson Mandela)
> voor 'n vuurpeleton staan gemaak. Dieselfde sou gebeur het. 2000 jaar van nou af sou
> mense steeds die swart Jesus (Nelson of watever) aanbid het.
>
>> |
>> |En voor jy dink dis sommer bangmaakpraatjies, gaan lees bietjie die Bybel. Die
>> |regte een. Nie jou speel-speel een nie.
>> |
>
> Ek het twee van hulle. Die een is in 1976 aan my geskenk deur my vriend Karel Niehaus,
> wat vandag ANC ambassadeur in Holland is, en die ander die nuwe vertaling wat my vrou
> in 'n oomblik van waansin gekoop het. Ek lees dit so nou en dan vir 'n bietjie
> afleiding en lag steeds myself skoon simpel by van die ongeloofwaardigheid van die
> stories hierin. (Nou *hier* is vir jou minagting vir Christene, hoor!) Die punt is,
> wake up and smell the roses my friend. Wys my een wonderwerk wat in jou saai lewetjie
> gebeur het wat nie bereken kan word deur fisika, die wetenskap of die natuur nie, en ek
>
> glo jou. Tot dan kan jy maar jou sedigheid in jou gat steek.
>
>> Ek ondersteun wat jy hier sê ten volle. En moenie daarvoor verskoning
>> vra nie - jy het all reg om dit te sê en ek sal my verstout om te sê
>> dat 99% van almal op die NG ook sal saamstem, al is hulle nie eers
>> Christene nie.
>>
>
> Sluit my hierby uit asseblief. Jy het geen reg om my of enigiemand anders in 'n
> groepering te plaas nie.
>
>> Dankie dat jy opgestaan en hewig kapsie maak - ek staan met my hoed
>> voor my gesig van skaamte dat dit nie ek was nie. 'n Mens moet as
>> Christen miskien meermale groter millitansie vertoon in die
>> verdediging van ons Christenskap.
>>
>> Johan
>
> Hehehe, militansie het vir Jesus Christus 'n paar spykers op strategiese plekke in die
> sak gebring......
>
> Freddy
>
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20222 is 'n antwoord op boodskap #19983] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> blah, blah, bha....>my vir 'n "bigot" en 'n godsdiensfanatikus uit te kryt. Dit maak nie saak nie. Wat
> my meer gaan interesseer is of iemand die moed gaan hê om standpunt vir God in te
> neem.
>
> Groete in Christus
>
> Kwarantyn, alias Henry van Zyl, wat in Pennsylvania woon.
>

Pennsylvania ne^? Dit lyk vir my daai Amish het jou al klaar in die bol gepik.
Gaan bid eerder vir hulle. Daar's nou ouens met probleme!

Johan Bornman
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20223 is 'n antwoord op boodskap #19983] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Freddy Pieterse  is tans af-lyn  Freddy Pieterse
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote:

> On Thu, 21 Jan 1999 15:41:19 -0500, Kwarantyn
> said the following:
>
> |Hierdie plasing is sekerlik die laagtepunt van swak smaak en minagting van die
> |Christelike godsdiens wat ek to nog toe raakgeloop het. Behalwe jou minagting vir
> |die Christene, haak jy sommer ook nog die Moslems aan jou gifpen. Dis iets waaroor
> |ek nogal versigtig sou wees. Hulle kan baie militant wees. Aan die ander kant:
> |God, wat nie met Hom laat spot nie, se wraak is meer ewig van aard.....
>

Jy weet, jou mening is jou eie. Hou dit asseblief vir jouself. Hier is jy alweer 'n
toonbeeld van wat die Nasionale party van ons volk gemaak het. Deur ons mense te vertel

ons is die uitverkore volk, en deur die breinspoeling van die nasie deur die NG Kerk,
die Broederbond, BOSS, ens, ens. het jy (soos 'n menige voor jou) oogklappe ontwikkel
wat jou so bekramp in jou denke dat jy seker ook glo dat:

1. Seks met 'n anderskleurige is sonde
2. Die Bybel is een honderd persent die woord van God, god, of wie ookal jy hierdie
week glo (daar was geen mensehand betrokke by die skrywe hiervan nie, ne?)
3. AIDS is die gevolg van homoseksualisme
4. Draadtrek gee 'n mens hare op jou handpalms.

Die lafhartige manier waarop jy sinspeel dat Moslems die betrokke saak verder sal neem
is 'n baie goeie getuigskrif van jou geloof. Waar is jou opperallerheiligste God dan
nou as die Moslems eers beginne bomme plant? Of het Hy ook 'n heilige ontsag vir hul
militante minagting van wet en orde?

Kom ek jou so 'n ietsie vertel. Ons is maar 'n ou klein niksseggende deeltjie van die
Heelal, en God sit en vermaak hom met mense soos jy. Jou idee van God is hopeloos
verwronge. God het 'n sin vir humor. Dit is baie obvious, anders sou Hy nie iemand soos

jy op hierdie planeet geplaas het nie. Ek dink Hy lag sy gat af vir van die nonsens wat

jy in jou sedige erns kwytraak.

Van wanneer af moet alle mense konform aan jou idee van Christenskap? Ek glo aan Jesus
Christus. (Let mooi op, ek glo nie IN Jesus Christus nie) want die geskiedenis vertel
uit alle oorde van die Naserener wat 2000 jaar gelede kom kak maak het op die aarde.
Netsoos Mohammed na hom, Ghengis Kahn voor hom en Adolf Hitler nou die ander dag nog
lekker moeilikheid veroorsaak het, was daar 2000 jaar gelede 'n man wat welsprekend die

een teen die ander opgesweep het. Die gevolg? Mense het gatvol geword en hom aan 'n
stuk hout vas gespyker. Stel jou voor ons het die Jesus van ons eeu (Nelson Mandela)
voor 'n vuurpeleton staan gemaak. Dieselfde sou gebeur het. 2000 jaar van nou af sou
mense steeds die swart Jesus (Nelson of watever) aanbid het.

> |
> |En voor jy dink dis sommer bangmaakpraatjies, gaan lees bietjie die Bybel. Die
> |regte een. Nie jou speel-speel een nie.
> |

Ek het twee van hulle. Die een is in 1976 aan my geskenk deur my vriend Karel Niehaus,
wat vandag ANC ambassadeur in Holland is, en die ander die nuwe vertaling wat my vrou
in 'n oomblik van waansin gekoop het. Ek lees dit so nou en dan vir 'n bietjie
afleiding en lag steeds myself skoon simpel by van die ongeloofwaardigheid van die
stories hierin. (Nou *hier* is vir jou minagting vir Christene, hoor!) Die punt is,
wake up and smell the roses my friend. Wys my een wonderwerk wat in jou saai lewetjie
gebeur het wat nie bereken kan word deur fisika, die wetenskap of die natuur nie, en ek

glo jou. Tot dan kan jy maar jou sedigheid in jou gat steek.

> Ek ondersteun wat jy hier sê ten volle. En moenie daarvoor verskoning
> vra nie - jy het all reg om dit te sê en ek sal my verstout om te sê
> dat 99% van almal op die NG ook sal saamstem, al is hulle nie eers
> Christene nie.
>

Sluit my hierby uit asseblief. Jy het geen reg om my of enigiemand anders in 'n
groepering te plaas nie.

> Dankie dat jy opgestaan en hewig kapsie maak - ek staan met my hoed
> voor my gesig van skaamte dat dit nie ek was nie. 'n Mens moet as
> Christen miskien meermale groter millitansie vertoon in die
> verdediging van ons Christenskap.
>
> Johan

Hehehe, militansie het vir Jesus Christus 'n paar spykers op strategiese plekke in die
sak gebring......

Freddy
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20224 is 'n antwoord op boodskap #19983] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doedie Nel  is tans af-lyn  Doedie Nel
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jesus wrote:

Liewe Pappa

> Ek is nie bang nie. As dit moet dan kan ons mos die Heilige Gees vra om hulle so 'n bietjie
> te kom skrik maak. Ons weet mos al hoe hierdie wereld tot sy einde gaan kom. My ma stuur
> groete en vertel my nou die dag sy is nog steeds 'n virgin. Blykbaar wil niemand steeds haar
> storie glo nie.
>
> Dankie vir die seenwense en
> Amen
>
> Jesus Christus

Liewe Jesus,

Maak my hartjie rein, maak my maatjies ryk en maak asseblief my
maandstonde van korte duur

Amen

Doedie
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20225 is 'n antwoord op boodskap #19983] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
>
> Liewe Jesus,
>
> Maak my hartjie rein, maak my maatjies ryk en maak asseblief my
> maandstonde van korte duur
>
> Amen
>
> Doedie

En wat van maer bo-bene? Jy het hom nou op die lyn, jy kan netsowel vir dit ook
vra.

JB
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20286 is 'n antwoord op boodskap #19983] Ma, 25 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Jan 1999 14:58:54 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

|[/color]
> |Daar's nou iets om oor te smile....
> |
> Wat is fout met moraliteit, Ferdi??>>

Niks. Dis presies die punt.

Mense wat bitter amoreel is wanneer dit kom by respek vir ander mense
- ek praat van naakte rassisme hier - word skielik ingespan as modelle
van moraliteit!

Die groot punt van moraliteit is waarskynlik dat dit as beginsel moet
geld. Vir alles.

Mense wat ander mense as groepe minag, al is daardie groepe God se
skeppings en draer van sy beeld, wat hulle met n moerse gefladder van
vlerke soos n kwaai hadida opruk wanneer n ander vorm van
godslastering ter sprake kom? Ha!

DIT is wat daar is om oor te smile.
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20287 is 'n antwoord op boodskap #19983] Ma, 25 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Jan 1999 18:54:13 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) said the following:

|On Thu, 21 Jan 1999 15:41:19 -0500, Kwarantyn
|wrote:
|
|
|
|En albei van julle beroep julle skere op moraliteit!!
|
|Daar's nou iets om oor te smile....
|
Wat is fout met moraliteit, Ferdi??

Johan
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20288 is 'n antwoord op boodskap #19983] Ma, 25 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 24 Jan 1999 09:27:22 +0200, Freddy Pieterse
said the following:

|Jy weet, jou mening is jou eie. Hou dit asseblief vir jouself. Hier is jy alweer 'n
|toonbeeld van wat die Nasionale party van ons volk gemaak het. Deur ons mense te vertel
|
|ons is die uitverkore volk, en deur die breinspoeling van die nasie deur die NG Kerk,
|die Broederbond, BOSS, ens, ens. het jy (soos 'n menige voor jou) oogklappe ontwikkel
|wat jou so bekramp in jou denke dat jy seker ook glo dat:

Knipknip

|Kom ek jou so 'n ietsie vertel. Ons is maar 'n ou klein niksseggende deeltjie van die
|Heelal, en God sit en vermaak hom met mense soos jy. Jou idee van God is hopeloos
|verwronge. God het 'n sin vir humor. Dit is baie obvious, anders sou Hy nie iemand soos
|
Knipknip

Jy weet, jou mening is jou eie. Hou dit asseblief vir jouself.

Johan
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20338 is 'n antwoord op boodskap #19983] Di, 26 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
> Mense wat ander mense as groepe minag, al is daardie groepe God se
> skeppings en draer van sy beeld, wat hulle met n moerse gefladder van
> vlerke soos n kwaai hadida opruk wanneer n ander vorm van
> godslastering ter sprake kom? Ha!

Kwaai Hadida? DAAR's nou iets om oor te smile. En al die tyd loop ek
sommer net so verby as ek een in die tuin sien!

>
> DIT is wat daar is om oor te smile.
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20382 is 'n antwoord op boodskap #19983] Wo, 27 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Jan 1999 10:25:27 +0200, lou
wrote:
Re: Ou kernwapens te koop [boodskap #20412 is 'n antwoord op boodskap #19983] Do, 28 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 26 Jan 1999 10:25:27 +0200, lou
> wrote:
>
[color=blue]>
Vorige onderwerp: Afrikaans versus Afrikaners
Volgende onderwerp: CHRISTIAN LITERATURE IN AFRIKAANS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 00:18:55 MGT 2024