Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Platteland
Platteland [boodskap #19818] Ma, 11 Januarie 1999 00:00
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Aan al die mense wat met vakansie was, en deur die platteland (veral Karoo)
gery het, wat het julle gesien? Hier is my waarnemings:

1. Lokasies bestaan nog bykans onveranderd op elke dorp.

2. ... maar meeste van hulle is nou ge-elektrifiseer.

3. Daar is 'n goeie kans dat die petroljoggie jou nog as 'baas' sal aanspreek,
VERAL as jy Afrikaans praat.

4. Almal groet jou. En kyk jou snaaks aan as jy nie teruggroet nie.

5. Magtig! Daar's nou 'n ultracity of 'n soortgelyke gedoente omtrent elke
10km. Verby is die dae toe jy moes petrol saamry ingeval jy jou met distansie
misreken.

6. Bed en brekvis plekkies floreer, terwyl die ou dorpshotelle feitlik almal
uitgesterf het of nou net uit 'n kroeg en 'n paar onwelriekende kamers
bestaan. Iemand sê daar is meer as 200 van hulle by Oudsthoorn en omgewing.
Lyk my omtrent elke boer het sy spaar slaapkamers omskep en span sy vrou in
om english breakfasts voor te sit.

7. Wildplase neem oor. Oral in die karoo kan jy sien hoe't die boere die
heinings hoer gemaak het vir wild. Natuurlik moet 'n veedief ietwat langer
agter 'n rooibok aanhol as 'n skaap.

8. Ek het baie lanklaas die kaapstad-johannesburg roete gedoen (vlieg liewer)
maar was impressed met die pad se kwaliteit. Twaalf ure van heel gemaklik ry
kry jou nou tuis.

9. Die sekondere paaie is 'n ander storie. Veral in die ooskaap naby
kingwilliamstown was daar teerpaaie wat haas onbegaanbaar was, ook anderkant
port alfred.

10. ...en Absa het oral vergeet om die Volkskas bordjies af te haal. Of
miskien is dit 'n besigheidsbesluit!

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Re: Toets - ignoreer!
Volgende onderwerp: Re: Net 'n laaste woortjie (woordjie?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 18:46:12 MGT 2024