Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TOFU
TOFU [boodskap #19743] Do, 07 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Kan enigiemand my dalk help deur te sê waar in Pretoria ek TOFU kan koop.

Dankei

Paul
kru...@saps.org.za
Re: TOFU [boodskap #19764 is 'n antwoord op boodskap #19743] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Jan 1999 12:36:24 +0200, "Paul" said
the following:
|Tofu is 'n vegetariese produk wat as 'n plaasvervanger vir bykans enigiets
|(o/a vleis) gebruik kan word. Dit word vervaardig van sojabone, water en
|'n natuurlike binmiddel en word op 'n soortgelyke wyse as kaas vervaardig.
|Tofu is egter superieur teenoor kaasin die opsig dat dit ontsaglik baie
|voedingswaarde besit en absoluut geen cholestrol en laktose nie!
|Net om jou 'n idee te gee: een kopie TOFU bevat ongeveer die volgende elk
|van die daaglikse aanbevole porsie van:
|- 50% proteine
|- 34% kalsium
|- 50% magnesium
|- 30% yster
|- 24% sink
|- 42% koper
|- 24% fosfor
|- 16% "folic acid"
|
|Ek probeer dit in die hande kry om voor te berei vir 'n funksie waar
|vegetariers teenwoordig sal wees!
|
Dit klink baie indrukwekkend en ek hoop jy kom reg! Ek is net baie
bly jy hoef dit nie self te eet nie!!! Dit klink nou nog erger met
die beskrywing by as net die naam op sy eie!

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: TOFU [boodskap #19765 is 'n antwoord op boodskap #19743] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:
> On Thu, 7 Jan 1999 14:22:01 +0200, "Paul" wrote:
>
> |Kan enigiemand my dalk help deur te sê waar in Pretoria ek TOFU kan koop.
> |
> |Dankei
> |
> |Paul
> |kru...@saps.org.za
> |
> Dit klink darem nie baie lekker nie - wat is dit?
> Vrede!
>
> Johan

Ai Johan/Simon/NuweSAer,
Wat sal ons tog met jou maak.
Elke keer wanneer jy in sekere
plekke hamburgers eet, is die
kanse goed dat deel daarvan tofu
is.

Miskien het julle daar in Minnesota
'n ander soort tofu. Ek dink byvoor-
beeld julle goewerneur is 'n tofu.

Piggy de la lune
Re: TOFU [boodskap #19766 is 'n antwoord op boodskap #19743] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Tofu is 'n vegetariese produk wat as 'n plaasvervanger vir bykans enigiets
(o/a vleis) gebruik kan word. Dit word vervaardig van sojabone, water en
'n natuurlike binmiddel en word op 'n soortgelyke wyse as kaas vervaardig.

Tofu is egter superieur teenoor kaasin die opsig dat dit ontsaglik baie
voedingswaarde besit en absoluut geen cholestrol en laktose nie!

Net om jou 'n idee te gee: een kopie TOFU bevat ongeveer die volgende elk
van die daaglikse aanbevole porsie van:
- 50% proteine
- 34% kalsium
- 50% magnesium
- 30% yster
- 24% sink
- 42% koper
- 24% fosfor
- 16% "folic acid"

Ek probeer dit in die hande kry om voor te berei vir 'n funksie waar
vegetariers teenwoordig sal wees!

Groete

Paul

Johan wrote in message ...
> On Thu, 7 Jan 1999 14:22:01 +0200, "Paul" wrote:
>
> |Kan enigiemand my dalk help deur te sê waar in Pretoria ek TOFU kan koop.
> |
> |Dankei
> |
> |Paul
> |kru...@saps.org.za
> |
> Dit klink darem nie baie lekker nie - wat is dit?
> Vrede!
>
> Johan
>
Re: TOFU [boodskap #19767 is 'n antwoord op boodskap #19743] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Paul" writes:

> Tofu is 'n vegetariese produk wat as 'n plaasvervanger vir bykans enigiets
> (o/a vleis) gebruik kan word. Dit word vervaardig van sojabone, water en
> 'n natuurlike binmiddel en word op 'n soortgelyke wyse as kaas vervaardig.

>
> Ek probeer dit in die hande kry om voor te berei vir 'n funksie waar
> vegetariers teenwoordig sal wees!
>
>
> Groete
>
> Paul


Ek wens jou geluk met die tofu voorberei.
Ek het 'n vegetariese man, maar hy hou nie
eintlik van meeste tofu-disse nie, tensy
dit baie goed verskuil is. Ek koop dus
meeste van die tyd kommersiele produkte wat
meestal tofu is. maar gemeng met 'n paar
ander soorte groente. 'n Vegetarier hoef
egter nie dinge soos tofu te eet om 'n
gebalanseerde dieet van proteine te kry nie.
Enige "cereal" (dus rys, koring, hawer ens.)
gemeng met 'n "pulse" (dus lensies, boontjies
ens.) word 'n volledige protein wanneer dit
saam ge-eet word (d.w.s. dit besit saam al
ag essensiele amino-acids wat 'n volledige
protein uitmaak.) As jou vegetariers dan ook
nog eiers en kaasprodukte eet, dan het jy
geen probleem om vegetariers te voed nie.

Gloudina
Re: TOFU [boodskap #19768 is 'n antwoord op boodskap #19743] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jan 1999 14:28:44 GMT, said the following:
| Wat sal ons tog met jou maak.
| Elke keer wanneer jy in sekere
| plekke hamburgers eet, is die
| kanse goed dat deel daarvan tofu
| is.

Nee, ek is heeltemaal te allergies vir al hierdie snaakse soja
produkte - ek het net een maal lank terug 'n baba se doek skoongemaak
(nie eers my eie seuns nie) wat op soja melk was ......

Ek is nie 'n hamburger fan nie, maar eet dit net by Fuddruckers waar
jy self die rou vleis vir jou hamburger uitsoek (gewaarbord suiwer
vleis is) en hulle hom vir jou gaarmaak en jy hom dan self opdres.

Ek sal nie verbaas wees as iemand my tog miskien dan en wan 'n bietjie
soja slip nie, maar defnitief nie op groot skaal nie. Veral ook nie
sedert ek my eie wors maak nie.
|
| Miskien het julle daar in Minnesota
| 'n ander soort tofu. Ek dink byvoor-
| beeld julle goewerneur is 'n tofu.

Jy's lekker jaloers, né! Hoe meer ek van die ou hoor, hoe meer hou ek
van hom, maar hy moet homself nou maar eers bewys - sover was als nog
net praat en niks aksie nie.

Nou moet Miesies Dole nog net ons President word!!! Dan's ek in die
land van kaas en heuning!

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: TOFU [boodskap #19769 is 'n antwoord op boodskap #19743] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jan 1999 14:38:37 GMT, said the following:
| protein uitmaak.) As jou vegetariers dan ook
| nog eiers en kaasprodukte eet, dan het jy

EIERS en KAAS!!!!!!!!!!!!!!! Horror!

Meer ernstig - hoekom is daar vegetariers wat eiers en kaas eet maar
nie vleis nie?
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: TOFU [boodskap #19770 is 'n antwoord op boodskap #19743] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 7 Jan 1999 14:22:01 +0200, "Paul" wrote:

|Kan enigiemand my dalk help deur te sê waar in Pretoria ek TOFU kan koop.
|
|Dankei
|
|Paul
|kru...@saps.org.za
|
Dit klink darem nie baie lekker nie - wat is dit?
Vrede!

Johan
Re: TOFU [boodskap #19793 is 'n antwoord op boodskap #19743] Sa, 09 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...
> On 8 Jan 1999 14:38:37 GMT, said the following:
> | protein uitmaak.) As jou vegetariers dan ook
> | nog eiers en kaasprodukte eet, dan het jy
>
> EIERS en KAAS!!!!!!!!!!!!!!! Horror!
>
> Meer ernstig - hoekom is daar vegetariers wat eiers en kaas eet maar
> nie vleis nie?

Die hoofrede soos ek dit sien is dat dit 'n etiese/morele oorweging is. Dit
is tipies nie nodig om 'n stuk kaas te vermoor voordat jy dit kan eet nie.
Ditto vir 'n onbevrugte eier. Nie dat dit my persoonlik keer om die lyke
van onskuldige lammers of kalfies op te vreet nie, maar ek kan die punt
insien.

Groetnis
Johan
Vorige onderwerp: Fietsen in mei.a.s. in Zuid Afrika
Volgende onderwerp: Re: Could someone help me translate this?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 10:37:24 MGT 2024