Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: brief vir oorle oom kaspaas
Re: brief vir oorle oom kaspaas [boodskap #19607] Wo, 09 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> askies lat ek nou eers skryf ma' saterdag was weer rakbie en ek kon
> dit vandag eers yt my kamer waag. syd afrika het verloor en dit nogal
> teen ingeland. my pa is briesend. hy sê ons kan eerder teen simbawie
> verloor as teen daai lot.

Liewe Hennerietjie,
Ek is so verlig om van jou te hoor.
Toe ek niks hoor na Saterdag nie, toe
begin ek dink dat jy ook aan die suip
gegaan het. Nou hoor ek dat jy net nie
uit jou kamer wou waag nie. Ook maar
goed dat daar die wit en swart TV-tjie
in jou kamer is. Van watter programme
hou jy die meeste?
Ek is so verbaas dat al die Engelse
spelers so wit is. Hier by ons is omtrent
al die sports-spanne swart. As jy na die
ouens kyk wat die vinnigste in Kanada
hardloop, of die hoogste spring, of op
meeste van die spanne speel, dan sal jy
dink dat jy in die hart van Afrika sit.
Ek dink dis Oom Steve Swete (?) wat ook
hier sy lyf rondgooi. Luister na hom.
Daar is darem een of twee soorte sport
waar hulle nog meestal wit is. Die een
is yshokkie. Maar as jy na die vanne van
die spelers kyk, dan weet jy dat jy in
die hart van Rusland is.

Piggy op die Rideau.
Vorige onderwerp: 'n Wenkie om die gemorspos-verspreiders te fnuik (was Re: Bees ! Luister jy ?)
Volgende onderwerp: Re: Gravy Train SPECTACULAR...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 07:10:49 MGT 2024