Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hmmm, Gaap, Snork.
Hmmm, Gaap, Snork. [boodskap #19373] Do, 26 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat

Die nuusgroep is soos die nag. Hoe meer ek hier lees hoe, hoe minder kan ek
my oë oophou.

Almal het 'n eiertjie te lê, en soos julle weet is 'n opinie soos 'n
asshole, almal het een.

Party van julle beskou julle self as intelektuele reuse wat met gesag oor
enige onderwerp kan praat, en gebruik gemiddeld een uiters simpel "beter"
Afrikaanse woord per sin.

Julle hou julle self so snobisties, veral teen sekere persone, asof julle
die elite van die groep is ------ die ouens met die BMW's en Mercs.

Maar ek is seker in die werklikheid sit jy jou gat af en soek deur die
verklarende woordeboek en die HAT na jou "suiwer Afrikaanse woorde" en jy ry
'n VW Kewer of 'n Mazda 323. Jy bethoort tien teen een aan die NG kerk, waar
jy 'n ouderling is. Jy maak dood seker al jou bure sien jy is by elke oggend
diens, en ry 'n ompad huistoe sodat die mense nie sien jy koop op 'n Sondag
drank vir die middag braai nie.

Op die Internet is 'n persoon gesigloos. Net die ding vir baie mense om dan
te probeer wees wat jy nie kan wees in die normale lewe nie.

Intelektuele reuse ???, Nee wat die meeste van julle klink meer soos 'n paar
staatsdiens klerke, en of middelvlak bestuur ouens wat belangrik op die
internet kan klink agv die gesigloosheid, maar as top bestuur vergaderings
hou, sit daar 'n ander ou op "jou" stoel.

** Trek die skoen aan as dit jou pas **
Re: Hmmm, Gaap, Snork. [boodskap #19449 is 'n antwoord op boodskap #19373] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Nov 1998 20:07:34 GMT, said the following:
| Hoekom vertel jy nie vir hom
| om pilletjies te drink, of watter fase die
| maan in is nie? Of word dit net vir vroumense
| gehou?

Ek het jou al lankal gesê ek is nie so 'n bright ou nie! Nou dink ek
al 'n paar dae lank wat mens met iemand soos Leenderd doen. En die
enigste antwoord wat ek by myself kan uitdink is om hom te ignoreer -
dis wat ek in die fisiese omgewing sou doen.

Pilletjies en die maan se fase is net vir jou gereserveer, Gloudina.
Die goed kan dalk help. Maar blote swak maniere soos die van
Leendert, neeeeee... ek dink dis maar dalk net die produk van die
gesigloosheid van die Internet....

Vroumense?!?! Mens mag die woord mos nie hardop sê nie - netnou tjank
daar weer een omdat ons nie polities korrek genoeg is nie! En ek
probeer nou so hard om REG te probeer wees hier op die NG.

Nou moet ek darem sê : jy het nog nie spyt uitgespreek met die feit
dat jy vrou is nie - is dit net die term vroumens wat jy nie van hou
nie? Is dit op die selfde vlak as mansmens?
|
| Nee, jy hoef nie te vermy om te vertel
| van watter dinge in die VSA jy hou nie.
| Solank jy net spesifiek is oor plekke
| wat jy al besoek het of oor 'n lang tyd
| waargeneem het.

Niks veralgemenings uit enkele opmerking nie, lei ek dus af....?
Ek sal maar elke keer probeer 'n disclaimer (mooi Afr woord????) bysit
sodat ek niemand om die bos lei nie.

| Solank jy net in ag neem
| dat jy nog baie kort in die VSA bly,

...dit was nog nooit 'n geheim nie, was dit - jy dink tog seker nie ek
moet elke keer kalender aanhaal nie - dink net hoe gatvol sal Ferdi
dan word vir die "invrywery" (soos hy dit noem)!

| en
| dus nie daaroor kan pontifikeer nie.
|
Dis nou soos die pous wat weet hy dink alles of dink hy weet alles?!?!
Soos jy oor Perth se mense geskryf het??

Dankie vir die gidslyne, ou tante, sal maar iets hier en daar inslip
as ou Leendert nie kyk nie.....
Re: Hmmm, Gaap, Snork. [boodskap #19450 is 'n antwoord op boodskap #19373] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 26 Nov 1998 08:51:46 +0200, "Riaan" said
the following:
|Die nuusgroep is soos die nag. Hoe meer ek hier lees hoe, hoe minder kan ek
|my oë oophou.
|
|Almal het 'n eiertjie te lê, en soos julle weet is 'n opinie soos 'n
|asshole, almal het een.
|
Riaan, begin vir ons 'n onderwerp, dan lê ons almal 'n eiertjie
daaroor en dan krit jy vir ons elke ou se response.

Is die eiertjie lê deel nie waaroor 'n NG gaan nie? Maar ek moet sê,
dit piepie my battery heeltemaal nat as ek onskuldig probeer deelneem
en ouens wat geen humorsin het nie, dan vir my 'n antwoord soos die
volgende toesnou:

"En nee. Dit het nie veel te doen met die stand van jou tong nie. Dit
het meer te doen met jou deurlopende negatiewe kommentaar op alles wat
nie voldoen nie aan jou kleinburgerlike vooroordele oor wat "mooi" en
"goed" en "reg" is. En wanneer jou piep afgetrap word wanneer jy te
ver gaan met jou aanmerkings op mense en wat nog, gaan lê jy op jou
rug, piepie fyn straaltjies, en kla: "maar ek het dit nie so bedoel
nie - ek het maar net gegrap"." Tot sover die aanhaling.

Nou probeer ek maar gebruik maak van geweldige intellektuele reuse
soos die ou wat hierdie geplaas het, en leer by hulle - ek probeer al
geruime tyd om meer positief te wees, ek vermei rassisme sover ek
moontlik kan, ek vertel net hoe ek Amerika ervaar en probeer maar
vermei om te sê dat ek daarvan hou. So, dit gaan maar moeilik om
sinvol hier aan gesprekke deel te neem. Jou hulp en deelname sal baie
waardeer word. Hoe lyk dit?!?!?!

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Hmmm, Gaap, Snork. [boodskap #19451 is 'n antwoord op boodskap #19373] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

Riaan skryf:
> |Die nuusgroep is soos die nag. Hoe meer ek hier lees hoe, hoe minder kan ek
> |my oë oophou.
> |
> |Almal het 'n eiertjie te lê, en soos julle weet is 'n opinie soos 'n
> |asshole, almal het een.

Riaan is nou die stereotipiese beterweter,
wat niks anders kan doen as om hooghartig
oor ander te praat, maar niks opbouends
op die nuusgroep kwyt te raak nie, geen
interessante inligting kwyt te raak nie.
Sy hele posting was een lang opinie, en soos
hyself sê, 'n opinie is soos 'n asshole,
almal het een. Persoonlik gee ek net om
vir een ou op hierdie nuusgroep, en dis
Hennerietjie.

> Is die eiertjie lê deel nie waaroor 'n NG gaan nie? Maar ek moet sê,
> dit piepie my battery heeltemaal nat as ek onskuldig probeer deelneem
> en ouens wat geen humorsin het nie, dan vir my 'n antwoord soos die
> volgende toesnou:
>
> "En nee. Dit het nie veel te doen met die stand van jou tong nie. Dit
> het meer te doen met jou deurlopende negatiewe kommentaar op alles wat
> nie voldoen nie aan jou kleinburgerlike vooroordele oor wat "mooi" en
> "goed" en "reg" is. En wanneer jou piep afgetrap word wanneer jy te
> ver gaan met jou aanmerkings op mense en wat nog, gaan lê jy op jou
> rug, piepie fyn straaltjies, en kla: "maar ek het dit nie so bedoel
> nie - ek het maar net gegrap"." Tot sover die aanhaling.
>
> Nou probeer ek maar gebruik maak van geweldige intellektuele reuse
> soos die ou wat hierdie geplaas het, en leer by hulle

Ja, Johan. Dit het seergemaak toe Leendert
vir jou vertel het waar Dawid die wortels
gegrawe het! Hoekom vertel jy nie vir hom
om pilletjies te drink, of watter fase die
maan in is nie? Of word dit net vir vroumense
gehou?

- ek probeer al
> geruime tyd om meer positief te wees, ek vermei rassisme sover ek
> moontlik kan, ek vertel net hoe ek Amerika ervaar en probeer maar
> vermei om te sê dat ek daarvan hou.


Nee, jy hoef nie te vermy om te vertel
van watter dinge in die VSA jy hou nie.
Solank jy net spesifiek is oor plekke
wat jy al besoek het of oor 'n lang tyd
waargeneem het. Solank jy net in ag neem
dat jy nog baie kort in die VSA bly, en
dus nie daaroor kan pontifikeer nie.

Piggy op die Rideau.
Re: Hmmm, Gaap, Snork. [boodskap #19472 is 'n antwoord op boodskap #19373] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Haai, Riaan, en kyk nounet wie het tot daardie vlak gedaal!

Alwyn.

Riaan wrote:

>
> Intelektuele reuse ???, Nee wat die meeste van julle klink meer soos 'n paar
> staatsdiens klerke, en of middelvlak bestuur ouens wat belangrik op die
> internet kan klink agv die gesigloosheid, maar as top bestuur vergaderings
> hou, sit daar 'n ander ou op "jou" stoel.
>
> ** Trek die skoen aan as dit jou pas **
Re: Hmmm, Gaap, Snork. [boodskap #19541 is 'n antwoord op boodskap #19373] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Miskien moet jy by Afrikaanse Nuusgroep Beperk se skakelafdeling vra dat
hulle jou lidmaatskapgeld teruggee omdat die vermaakswaarde van die produk
nie op standaard is nie...

Riaan wrote in message ...
> Nee wat
>
> Die nuusgroep is soos die nag. Hoe meer ek hier lees hoe, hoe minder kan ek
> my oë oophou.
>

[vervelige ... gaaap ... snork ... opinie geknip]
>
Vorige onderwerp: 'n Nuwe aankomeling
Volgende onderwerp: Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 07:51:03 MGT 2024