Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè'
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19295] So, 22 November 1998 00:00
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nouja, jy het duidelik iemand in gedagte gehad toe jy koorsig die pen
opgeneem het. En ja, ek stem saam dat daar enkelinge is wat doen soos
wat jy storremend-woedend weergee. Maar jou kam is groot en hy skeer
wyd. Maar neem 'n oomblik en kies vir jouself. Of 'n Statistiek op
Sydney Mofomadi se "merder" lys of maar net nog 'n slagoffer van een of
ander vorm van "waulence". Dan word ek eerder 'n burger onder vreemdes
(met my ambag kwalifikasie), maar gatkruip- nooit!

Oom Kaspaas wrote:

> From: Oom Kaspaas
> Subject: Re: Profiel van 'afrikaner' emigrè
> Date: Saturday, November 21, 1998 11:54 PM
>
> Oom Kaspaas wrote in message ...
> Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....
> Dit noem elkander wetenskaplikes, ontwikkeldes, geleerdes.....
> Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......
> Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......
> Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....
> Dit pontifikeer aan Afrikaners tuis vanuit die volksvreemde .....
> Dit is altyd beterweterig, aanmatigend en smalend......
> Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......
> So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....
> So dink dit word 'n mens 'n burger onder vreemdes.....
> Vermoor jou verlede, jou herkoms..... dan is jy weer nuut.....
> O dwaas, hoe verfoeilik jou sotheid, hoe veragtelik jou verraad....
>
>>
>
> ½
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19296 is 'n antwoord op boodskap #19295] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagse oom Kaspaas

Jy oordeel hier.

Ek het 'n vermoede jy is oningelig en vergiftig deur net na die een helfte
van die storie te luister. Jou neurone is sleg aan die misfire hier.

Voorbeelde:

> Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....

Se wie?

> Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......

Twak - daardie is een van die mees ongewone benaderings om tee te kom onder
die mense wat bereid is om so 'n groot stap soos landsverlating te neem.

> Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......

Snert, plein snert.

> Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....

Die blote feit dat ek jou hier antwoord in Afrikaanse behoort vir jou iets
te se.

> Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......

Bull. Hier is oorgenoeg ruimte om jouself te kan wees. Hier is so baie
immigrante dat dit geen issue is nie - inteendeel, die meeste mense admireer
dit.

> So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....

?????

Nee jirre oom, dink bietjie wat jy regtig hier se.

Tot later

Bees
Kanada - vleuel
Ruimteskip Aarde
Vorige onderwerp: hallo oom kaspaas!
Volgende onderwerp: Profiel van 'n 'afrikaner' emigrè
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 09:23:52 MGT 2024