Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » beloofde briefie vir oom kaspaas
beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19238 is 'n antwoord op boodskap #19239] Di, 17 November 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
hallo oom kaspaas,

ek het belowe om te vertel van die wildsplaas. my ma sê beloftes
maak skuld. my pa sê nie betaal nie maak skuld. hy raak woerend as
mense hom nie betaal nie. hy sê hy mweb hulle sommer.

'n wildsplaas is nes 'n wildtyn, oom. net baie klyner, en da is niks
wild nie. my pa sê dis te ryg. ons bly in 'n snaakse plek oom. hie
reent dit in die somer. na die winter lyk die veld of hy afgebrand is.
dan val hier in die nag drie druppels reent, en die volgende môre lyk
die veld so groen soos nieweland. my pa sê ons veld is dankbaar. my
ma sê dankbaar is as 'n mens klere aan jou lyf het en 'n stukkie dro
brood het om aan te kou. ma' nie met katjie botter nie, dit klou aan
jou verjemelte vas dankie.

da' is 'n paar rondawels met grasdakke op 'n wildsplaas. die mense hie
kan nie talijaanse teels bekostig nie. voor die vensters is daar gaas om
die miskiete binne te hou lat hulle heel nag in jou ore kan sing. dan spyt
jou ma jou met piesvoel sliep. laas toe my pa hulle botswana toe is toe
raak hulle gesyp in fransis town. toe die miskiete begin byt, toe spyt
hulle in die donkerte piesvoel sliep. die volgende dag sien hulle dit was
heppie fiet, toe vrek hulle amper ammal van die mal jaria.

da' is ook 'n vuil swembad met vrot water en parras wa die grootmense sê
ons moet loop swem as hulle sit en syp en str.. e, nonsens stories praat.
dan wonner hulle in die nag wat hulle moet maak oor ons so skree van die
steek in die ore, ma' nie die wat te gesyp is om wakker te word nie.

da' is darrem volstruise op 'n wildsplaas. hulle is groot vools wat nog
nie geleer het om te vlie nie, oom. die mannekie is swart, dan gaan sit
hy op die grond, en swaai sy nek en vlerke, lat jy net die vere sien wa
mee my ma afstof. dan kom die wyfiekie nader, want sy laaik dit. my pa
sê sy raak gemes meraais. dan gaan sit sy op die grond, dan staan die
mannekie op. dan sê my ma my pa moet liewerster ry lat sy vir ons kan
gaan druppels in die ore gooi.

ek vra my pa wat soek die mannekie. hy sê moeilikgeit. hy sê alle groot
vools maak moeilikgeit, ek en my sussie moet dit onthou.

koebaai oom kaspaas, sê die antie moenie moeilikgeit loop soek met groot
vools nie.

hennerietjie
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19239 is 'n antwoord op boodskap #19238] Di, 17 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

toe die miskiete begin byt, toe spyt
> hulle in die donkerte piesvoel sliep. die volgende dag sien hulle dit was
> heppie fiet, toe vrek hulle amper ammal van die mal jaria.

Wat is heppie fiet, Hennerietjie?

Piggy wat ook wonder waar 'n
mens piesvoel sliep kan koop.
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19253 is 'n antwoord op boodskap #19239] Wo, 18 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Happy feet, Gloudina. Keer dat jy nie vrot pootjie kry nie. Help nie
juis vir muskiete nie .... :-)

Alwyn

@igs.net wrote:

> hen...@my-dejanews.com writes:
>
> toe die miskiete begin byt, toe spyt
>> hulle in die donkerte piesvoel sliep. die volgende
> dag sien hulle dit was
>> heppie fiet, toe vrek hulle amper ammal van die mal jaria.
>
> Wat is heppie fiet, Hennerietjie?
>
> Piggy wat ook wonder waar 'n
> mens piesvoel sliep kan koop.
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19254 is 'n antwoord op boodskap #19239] Wo, 18 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

>> Wat is heppie fiet, Hennerietjie?
>
> hallo antie Piggy
>
> dis soos ander aam, ma' net vir voete, lat hulle nie soos
> doodskiste moet stink nie.
>
> koebaai antie


Dankie vir die verduideliking. Hier in
Kanada was ons sommer ons voete. Julle
mense daar in SA maak mos of julle in
'n eerste-wereld lewe, waar alles uit
blikkies en spreie moet uitkom.

Julle raak darem ook omge-ellie daar in
SA wat die weer aanbetref. Gister was die
TV aanhoudend besig om die tornado by
Harrismith uit te saai. Ek dink die
mense in die VSA is jaloers dat hulle nie
sulke mooi foto's van tornadoes kan neem
soos julle daar nie, al ry hulle ook die
goed agterna.

Nig Piggy

NS, As jou voete nog stink nadat jy hulle
gewas het, sit boraks in jou skoene.
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19255 is 'n antwoord op boodskap #19239] Wo, 18 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> hen...@my-dejanews.com writes:
>
> toe die miskiete begin byt, toe spyt
>> hulle in die donkerte piesvoel sliep. die volgende
> dag sien hulle dit was
>> heppie fiet, toe vrek hulle amper ammal van die mal jaria.
>
> Wat is heppie fiet, Hennerietjie?

hallo antie Piggy

dis soos ander aam, ma' net vir voete, lat hulle nie soos
doodskiste moet stink nie.

koebaai antie
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19263 is 'n antwoord op boodskap #19239] Do, 19 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Nov 1998 15:41:54 GMT, hen...@my-dejanews.com said the
following:
|al wat ons nog kort om die gevaarlikste plek op aarde te
|wees is ys bere. ma' nie op palaborwa nie, die krokkodille sal hulle
|opvreet as hulle wil af koel in die olifants.
|
Jy moerie miskiette hie by ons sien!!!!! Sjeeee, hulle ziks jou somme
so deur jou klere - nie ees jeens keer hulle nie! En hulle weetdit!

Vra ma die slim anti in Kanada wat als weet van diévasterland af! Sy
sal jou ok sê, hie is miskiete wat vi niks skrikkie!!!! Somme niks!
Nous dit gelikkig te koud....
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19264 is 'n antwoord op boodskap #19239] Do, 19 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
antie piggy skryf:

> NS, As jou voete nog stink nadat jy hulle
> gewas het, sit boraks in jou skoene.

antie,

toe my pa nog 'n stoedent was het hy saam met 'n klomp pelle in
'n hys gebly. dis wa hy so leer syp het. hy sê hulle het 'n plaag
van kokkerotte in daai hys gehad. as hulle saans die ligte afsit en
na 'n halfier dit weer aansit was die wit mure een swart krijoelte.

later het hulle 'n bord kos met mes en vurk vir die goed gelos, ma'
toe dra hulle die eetgery weg. toe sê iemand hulle moet boraks op
die lyste strooi, toes hulle binne 'n paar dae weg. ek glo nie da is
kokkerotte in my pa se skoene nie.

die moeilikheid is nie die water nie, antie, die hitte. in afrika
sweet 'n mens se voete lat dit vrek. 'n paar jaar terug kom hier 'n
ytryl stoedent van kanada aan. sy sê sy wil na 'n plek toe wa dit
lekker warm is, sy het genoeg gehad van sneeu en koue. toe stuur
hulle haar palaborwa toe. in jannewarie, antie. enige mens wat in
jannewarie palaborwa toe gaan is mal. binne twee dae toe lê sy in die
hospitaal. hitte ytpitting sê my pa. hy sê afrika is nie vir sissies nie.

ek is bly antie hulle kon sien hoe rof afrika is met die tornadoe saam.
my pa sê dis soos 'n dwarrelwind. hy sê daai ander oom se koerant sê
hies net so baie tornadoes soos in jamerika. hille maak net nie so baie
moeilikhied nie want die dele waar hulle gebeer is ma' yl bevolk. my pa
sê dit was 'n moerse lak sjot lat herrie smit in die pad was.

koebaai antie, al wat ons nog kort om die gevaarlikste plek op aarde te
wees is ys bere. ma' nie op palaborwa nie, die krokkodille sal hulle
opvreet as hulle wil af koel in die olifants.

hennerietjie
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19265 is 'n antwoord op boodskap #19239] Do, 19 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> later het hulle 'n bord kos met mes en vurk vir die goed gelos, ma'
> toe dra hulle die eetgery weg. toe sê iemand hulle moet boraks op
> die lyste strooi, toes hulle binne 'n paar dae weg. ek glo nie da is
> kokkerotte in my pa se skoene nie.

Hennerietjie,

Tannie weet van boraks en kakkerlakke. Tannie het
nie verniet in Natal gebly nie. Maar hier in Kanada
is daar miljoene meer kakkerlakke as in Suid-Afrika.
En weet jy hoekom dit so is? Dis omdat alle geboue
hier in Noord-Amerika nooit regtig koue weer kry nie.
Veral in die winter is die temperature binne in die
groot geboue subtropies en dis hoekom die kakkerlakke
hier so floreer.

Eenkeer het iemand wat ek ken (Izak Bouwer se dogter)
amper 'n senuwee-ineenstorting gekry oor kakkerlakke.
Sy moes vir haar 'n woonplek soek in Montreal naby McGill,
die baie goeie universiteit daar. Sy kry toe voor die tyd 'n plek
op die drie-en-twintigste vloer van 'n woonstelblok naby die
kampus. Haar pa vra vir haar of sy seker is dat daar nie
kakkerlakke is nie. Sy antwoord: "Pa, hoe sal hulle nou op
die drie-en-twintigste vloer kom? Met die hysbak opgaan?"

Toe sy en haar pa en ma nou die dag by die woonstel instap,
is die woonstel nog nie reg vir intrek nie (as gevolg van die
famous North American efficiency.) En op die vloer lê daar
letterlik honderde dooie kakkerlakke, wat dood is as gevolg
van fumigasie. Sy gaan kla oor die feit dat die plek nog nie
reg is nie, en hulle sit haar en haar ouers in 'n hotel en na 'n
dag of twee toe trek sy in. Haar ouers slaap die nag oor voor-
dat hulle terug huis toe vertrek. Daardie nag sien haar ma die
swart skaduweetjie elke keer as sy die badkamer se lig aansit,
maar sy sê maar niks nie.

By die huis kry die ma en die pa 'n oproep van 'n amper
histeriese dogter. Sy sê die hele plek krioel van die goed. As
sy die kante van die tapyt optel, is daar honderde lewendiges
daaronder. En dis nou nadat hulle al een keer gefumigeer het.
Hulle fumigeer toe weer, maar niks wil help nie. Uiteindelik
gaan soek sy vir haar 'n ander plek om te bly, en vra haar geld
terug. Toe hulle weier, dreig sy dat sy die Gesondheidsraad
op hulle sal sit, en uiteindelik kry sy toe haar geld terug. Maar
toe is dit al drie weke in die akademiese jaar in, en waar sy
aandag moes gee aan haar studies, veg sy teen kakkerlakke.
So mense moet vir die nuwe immigrante na Kanada waarsku,
oppas vir die kakkerlakke. Veral mense wat uit dele van SA
kom waar hulle nie kakkerlakke het nie.

Piggy la blatte
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19266 is 'n antwoord op boodskap #19239] Do, 19 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Nee wat, die muskiete in Noord-Amerika
> is baie lui en stadig. Hulle kan nie
> kers vashou by Afrika se muskiete nie.

Ek stem, hulle is lui en stadig.

Maar getalle? Ek het al baie muskiete gesien, in Wes-Afrika, in die Caprivi,
in Phalaborwa waar ek vir 'n paar jaar gebly het, maar nog nooit so baie
soos in Julie in die Yukon nie. Swerms wat letterlik te sien was oor
honderde meters. Steek jou hand by die ruit van die motor uit, en binne
sekondes is daar dosyne op jou hand...
Die goed dryf die caribou en ander soogdiere tot raserny.

Wat hulle tekort kom aan ratsheid, maak hulle op in getalle.

Bees
Nie eers 'n stert help vir die muskiete nie.
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19267 is 'n antwoord op boodskap #19239] Do, 19 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Jy moerie miskiette hie by ons sien!!!!! Sjeeee, hulle ziks jou somme
> so deur jou klere - nie ees jeens keer hulle nie! En hulle weetdit!
>
> Vra ma die slim anti in Kanada wat als weet van diévasterland af! Sy
> sal jou ok sê, hie is miskiete wat vi niks skrikkie!!!! Somme niks!

Nee wat, die muskiete in Noord-Amerika
is baie lui en stadig. Hulle kan nie
kers vashou by Afrika se muskiete nie.
Die ding wat my kry is die no-see-ems.
Hulle gaan dwarsdeur die gaas wat voor
elke venster en deur moet wees om die
goggas hier uit te hou. En dan is daar
die black flies. Gelukkig is hulle darem
nie teveel tussen die huise nie, maar
gaan loop net tussen die bome in die lente,
dan loop jy jou vas. Dis geen wonder dat
so baie mense in Noord-Amerika nie gaan
wandel nie, maar in hulle karre rondry.
Net nuwe immigrante gaan vir wandelings.
En ou immigrante wat nie wil leer nie.

Die tannie met die "Off" in haar
voorskoot se sak.
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19274 is 'n antwoord op boodskap #19239] Vr, 20 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

dis nie sirkus diere hy by ons nie, en as jy aan
> 'n leeu se kiemberlie kant krap met 'n klein grassie, gat hy jou byt.

Hennerietjie,
verduidelik dan tog vir tannie wat
'n leeu se kiemberlie kant is.
As die leeu noordwaarts loop, sou
tannie aanneem dis sy linkerkant,
en as hy suidwaarts loop, sou dit
sy regterkant wees. Ek weet daar
is 'n groot gat in Kimberley, maar
tannie kan tog nie dink dat dit dit
is wat jy bedoel nie. Hennerietjie,
ek vra weer, hoe oud is jy?

Tant Alie
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19275 is 'n antwoord op boodskap #19239] Vr, 20 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com wrote:
>
> antie piggy skryf:
>
>> NS, As jou voete nog stink nadat jy hulle
>> gewas het, sit boraks in jou skoene.
>
> antie,
>
> toe my pa nog 'n stoedent was het hy saam met 'n klomp pelle in
> 'n hys gebly. dis wa hy so leer syp het. hy sê hulle het 'n plaag
> van kokkerotte in daai hys gehad. as hulle saans die ligte afsit en
> na 'n halfier dit weer aansit was die wit mure een swart krijoelte.
>
> later het hulle 'n bord kos met mes en vurk vir die goed gelos, ma'
> toe dra hulle die eetgery weg. toe sê iemand hulle moet boraks op
> die lyste strooi, toes hulle binne 'n paar dae weg. ek glo nie da is
> kokkerotte in my pa se skoene nie.
>
> die moeilikheid is nie die water nie, antie, die hitte. in afrika
> sweet 'n mens se voete lat dit vrek. 'n paar jaar terug kom hier 'n
> ytryl stoedent van kanada aan. sy sê sy wil na 'n plek toe wa dit
> lekker warm is, sy het genoeg gehad van sneeu en koue. toe stuur
> hulle haar palaborwa toe. in jannewarie, antie. enige mens wat in
> jannewarie palaborwa toe gaan is mal. binne twee dae toe lê sy in die
> hospitaal. hitte ytpitting sê my pa. hy sê afrika is nie vir sissies nie.
>
> ek is bly antie hulle kon sien hoe rof afrika is met die tornadoe saam.
> my pa sê dis soos 'n dwarrelwind. hy sê daai ander oom se koerant sê
> hies net so baie tornadoes soos in jamerika. hille maak net nie so baie
> moeilikhied nie want die dele waar hulle gebeer is ma' yl bevolk. my pa
> sê dit was 'n moerse lak sjot lat herrie smit in die pad was.
>
> koebaai antie, al wat ons nog kort om die gevaarlikste plek op aarde te
> wees is ys bere. ma' nie op palaborwa nie, die krokkodille sal hulle
> opvreet as hulle wil af koel in die olifants.
>
>

Miskien moet jy vir antie piggy vertel van die duitse toeris wat gholf
gespeel het daar op Palaborwa en toe kryp daar mos 'n olifant eit die
bosse eit. Sy sien toe hoe die mense wat saam met haar speel hol vir die
vale en sy vra toe of haar afslaan rerig so bad is toe besluit die
olifant om bietjie te tep dance. Ongelukkig bo-op die toeris. Vreeslike
storie gewees - my nefie wat daar bly sê die toeris is opgerol en in 'n
pyp huistoe gestuur soos 'n poster. Haar man het haar blykbaar nou laat
frame.
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19276 is 'n antwoord op boodskap #19239] Vr, 20 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Volgens: ,

> So mense moet vir die nuwe immigrante na Kanada waarsku,
> oppas vir die kakkerlakke. Veral mense wat uit dele van SA
> kom waar hulle nie kakkerlakke het nie.
>
> Piggy la blatte

Interessant.
Maar mag ek hierdie Kanadese Kakkerlak realiteit aan vul:
Hier in Winnipeg het ek nog nêrens 'n kakkerlak of 'n vismot raakgeloop,
of selfs gesien nie.

Maar ek het al die muskiete buite my venster hoor krygraad hou: "Sal ons
hom huis toe vat, of sommer hier eet?"

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19277 is 'n antwoord op boodskap #19239] Vr, 20 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> O ja, baai the wei, het die aantie in Kanada
al baie sneeu ommie hys?

Nee, nog niks. Een nag was daar sulke
wit stoffies teen die grasperke, maar
die wind het alles weggewaai. En oor
'n maand is dit die kortste dag en
begin die dae weer langer word.

La cucaracha (wat lekker teen die
verwarmde pype op en af hardloop.)
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19278 is 'n antwoord op boodskap #19239] Vr, 20 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
oom lou skryf:

> Miskien moet jy vir antie piggy vertel van die duitse toeris wat gholf
> gespeel het daar op Palaborwa en toe kryp daar mos 'n olifant eit die
> bosse eit.

dis 'n waar ding wat oom nou praat. my pa sê die moeilikheid is lat die
mense nie lyster nie. vir al as hulle toeriste van oorsee is, ma' hy sê
ons ye mense is ok ma' lekker stoepid. ammal lag as hy sê afrika is nie
vir sissies nie, ma' pety mal is dit beter om 'n sissie te wees.

hy sê by palaborwa se golf baan is groot borde op wat sê mense moet oppas
vir wille diere. hulle moet eerder 'n jokkie saamvat. ma' toe loop hulle
op hulle ye, en die oom slaat sy bal in 'n bos in. toe stap da 'n olifant
yt daai bos yt en kyk vir die oom. toe dink die antie dis smaat, toe vat
sy 'n kiekie, nogal met 'n flesj. toe tjaarts die olifant die oom. toe
hardloop die antie en haar dogter verby die olifant. toe skiem hy hy word
om singel, toe trap hy ma' die antie lat sy hom nie kan omsingel nie. sêd.

daai jappanese destyds by krugers dorp ook. ok ytgeklim wa die leeus lê.
toe staan een met sy rig na die leeus toe lat die ander hom kan afneem.
toe neem hulle af hoe die leeu hom opvreet.

of daai bloem fonteinse studente. ma' 'n mens kan seker nie beter va hulle
verwag nie. gesyp, toe klim een ok van die bakkie af en stap na die leeus
toe. toe die leeu tjaarts, toe hol hy bakkie toe. toe skrik die lot in die
bakkie vir die aan stormende leeu, toe jaag hulle weg. koebaai student.

oom lou, mense moet weet, dis nie sirkus diere hy by ons nie, en as jy aan
'n leeu se kiemberlie kant krap met 'n klein grassie, gat hy jou byt. twee
weke terug toes my pa en oom jôn da langs die olifants. toe stap hulle yt
op 'n sandbank om te kyk wat is in die rivier. hulle sien niks, toe gaan sit
hulle ma' op die wal en syp. na 'n rukkie toe sien hulle iets beweeg in die
riete langs die sandbank. toes dit 'n buffel. hulle het hulle vrek geskrik,
al was dit 'n bietjie laat.

koebaai oom.
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19279 is 'n antwoord op boodskap #19239] Vr, 20 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Nov 1998 21:04:58 -0700, "Bees" said the
following:

|...@igs.net wrote in message ...
|
|> Nee wat, die muskiete in Noord-Amerika
|> is baie lui en stadig. Hulle kan nie
|> kers vashou by Afrika se muskiete nie.
|
|Ek stem, hulle is lui en stadig.

Neeewat aantie, dissie nodig om te weet hoe vinnig hy stekie, of
vliegie! Seker maar lui - as ek die heel dag soo gesin en waget vir
werk om na my toe te kom sou my pa my ok 'n ou ly gat genoem het.

Ismos nou stoepid om te wil meet hoe vinnig hulle kan vlieg - ek
verstaan nie daai een nie. Eêêniewy, ek dink die antie moet haar
miskiete hier na Minnesota toe stier vir leste oor hoe om 'n miskiet
dysend te wees. Ons voer vi hulle warm bloed hier - in onse are vloei
daarnie vlou Ingelse tee nie. Of diekêff koffie nie. Ons kan selfs
ons Coukikoula met kafiejien en als hanteer - ons is taff.
|
|Maar getalle? Ek het al baie muskiete gesien, in Wes-Afrika, in die Caprivi,
|in Phalaborwa waar ek vir 'n paar jaar gebly het, maar nog nooit so baie
|soos in Julie in die Yukon nie.

Yukon, Ikon, we all kon together...... O nee - dit was aaisrieeem.
Skies....
Ma ek ontou nog dies van SWAMO (Southwest Efrica Moskieto
Organaiizysjun, daa naby Okankolo on Owamboeland. Ma hulle is nie 'n
petsj op dies hier in Minnesota nie.

| Swerms wat letterlik te sien was oor
|honderde meters. Steek jou hand by die ruit van die motor uit, en binne
|sekondes is daar dosyne op jou hand...
|Die goed dryf die caribou en ander soogdiere tot raserny.

Is nessie bees nou sê, die ous hie sê ok vi my, hulle sê, sê hulle,
verder noord na Kêênida toe, is dit nog erger as hie en net 3M se
Hêwwie Dewtie Spry help.
|
|Wat hulle tekort kom aan ratsheid, maak hulle op in getalle.
|
|Nie eers 'n stert help vir die muskiete nie.
|
..... oooh, jaaaa, ek moes nou ees biekie dink: is natuurlik die
soogdiere se stert wat jy van praat, ou bees ?!?!!!! Hoop ek.... ek
kon ees nie dink watse stert van jou jy nou hie van praat nie.

Sjjeee, ma braivleis hou ons braivleis - so tussen die sitronella
kerse deur en vroeg voor skemer as die son die miskiete nog op die
grond vasdrik.

En nous ditte koud vi miskiete, ma vi braivleis ok..... ek dink as dit
so koud is issie miskiete so stadig hulle vlieg agteuit.

O ja, baai the wei, het die aantie in Kanada al baie sneeu ommie hys?

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19284 is 'n antwoord op boodskap #19239] Sa, 21 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
antie alie skryf:

> Hennerietjie,
> verduidelik dan tog vir tannie wat
> 'n leeu se kiemberlie kant is.
> As die leeu noordwaarts loop, sou
> tannie aanneem dis sy linkerkant,
> en as hy suidwaarts loop, sou dit
> sy regterkant wees. Ek weet daar
> is 'n groot gat in Kimberley, maar
> tannie kan tog nie dink dat dit dit
> is wat jy bedoel nie.

hallo antie,

is net wat ek bedoel, antie. as hy noort loop, dan is sy kiemberlie
kant syd. ma' jy moet sy stert oplig as jy mooi wil sien. as dit 'n
manniekie is sien jy die joels wat oom hans van gepraat het. hy laaik
dit niks as jy hom daar kielie met 'n grassie nie. dan byt hy sommer
soos 'n beneekte foks terreër. net seerderder.

Hennerietjie,
> ek vra weer, hoe oud is jy?

theth antie, maar aankomende dethember word ek thewe.

koebaai antie, jammer antie weet so min van leeus se besighede af.

hennerietjie
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19285 is 'n antwoord op boodskap #19239] Sa, 21 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Nov 1998 22:13:57 GMT, wrote:

| Nee, nog niks. Een nag was daar sulke
| wit stoffies teen die grasperke, maar
| die wind het alles weggewaai. En oor
| 'n maand is dit die kortste dag en
| begin die dae weer langer word.
|
Ek onthou laas jaar hierdie tyd het ons in sneeu na my seun se
verjaarsdagviering gegaan, maar nou lyk dit of dit droog gaan wees
hierdie jaar. En laasjaar het die Nicolette Mall liggies misgeloop
omdat ek vir die sneeu wou wag om dit nog mooier te maak en nou wonder
ek of ons hierdie jaar voor Kersfees gaan sneeu kry!

Miskien moet ek die zoo bel en vra wat die bewers doen.....?!?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: beloofde briefie vir oom kaspaas [boodskap #19286 is 'n antwoord op boodskap #19239] Sa, 21 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> is net wat ek bedoel, antie. as hy noort loop, dan is sy kiemberlie
> kant syd. ma' jy moet sy stert oplig as jy mooi wil sien. as dit 'n
> manniekie is sien jy die joels wat oom hans van gepraat het. hy laaik
> dit niks as jy hom daar kielie met 'n grassie nie. dan byt hy sommer
> soos 'n beneekte foks terreër. net seerderder.

> koebaai antie, jammer antie weet so min van leeus se besighede af.
>
> hennerietjie

Hennerietjie, Tannie Alie (en tant Mina, my
geliefde) is baie bekommer oor jou. Moet Tant
Alie nou aanneem dat jy al 'n leeu se stert
opgelig het om sy juwele te kyk, en het hy
jou al gebyt? Of is dit sommer hoorsê? En
weet jou pa oor watter onderwerpe jy op die
rekenaar sit en tik? Terloops, jy kan maar
hoofletters ook tik, hulle tik net so sag
as klein lettertjies.
Weet jy, Hennerietjie, julle spog so met
julle baie leeus daar in Noord-Transvaal.
Maar dis somtyds ook net 'n klomp groot-
praat. Tannie gaan eenkeer SA toe en gaan
in die Krugerwildtuin leeus soek. Tannie kry
toe beswaarlik drie te sien, en hulle sommer
van ver af. Toe kom Tannie terug na Ontario
toe en sy gaan na 'n plek wat hulle "Lion
Safari" noem net wes van Toronto, en daar
sien Tannie toe sommer omtrent 'n dosyn leeus
oral rondsit en rondloop. Toe koop Tannie 'n
kiekie van die klomp en tannie stuur dit na
haar suster in Potgietersrus (toe sy nog daar
gebly het) en vertel vir haar dat ek volgende
keer sal weet waar om te soek as ek leeus wil
sien.

Tant Alie (wat nou eers wil gaan proe van
Tant Mina se stroop van die
meboskonfyt.)
Vorige onderwerp: al weer 'n briefie vir oorle oom kaspaas
Volgende onderwerp: Werk 'n au pair in Holland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:43:05 MGT 2024