Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afskeiding van Caprivi?
Re: Afskeiding van Caprivi? [boodskap #19122] Wo, 11 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Sien Frikkie van Greunen se plasing hieroor

hen...@pixie.co.za wrote in message ...
> Miskien kan Hans van Walvisbaai my help met dié een:
>
Vir die van u wat Namibiese nuus wil volg -
http://www.republikein.com.na

Dinge raak regtig interessant nou.
Gegroet
Hans
Re: Afskeiding van Caprivi? [boodskap #19123 is 'n antwoord op boodskap #19122] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie van Greunen[1]  is tans af-lyn  Frikkie van Greunen[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Uit ons Namibiese koerant, repub...@iafrica.com.na die volgende baie
interessante artikel "ge-copy en ge-paste".
My aanvoeling: Oom Sam se kop is besig om aan te kap. Sy paranoïese jagtogte
gaan uitbrei en die lewens van baie mense omkrap. En, sy derde termyn as
President gaan dinge nie makliker maak nie. Ek ken twak as ek dit ruik!

Groete uit Windhoek,
Efgee

Caprivi byt Swapo
'n OOREENKOMS wat in 1964 tussen Swapo en die Caprivi National Union (Canu)
oor die afstigting van Caprivi aangegaan is, is besig om in die Regering se
gesig te ontplof.

Die president van die DTA, mnr. Katuutire Kaura, het die media gister
meegedeel dat die twee partye op 5 November 1964 'n ooreenkoms aangegaan toe
Canu by Swapo aangesluit het.

"Toe die Caprivi National Union onder die leierskap van Brendan Simbwayo
ingestem het om Swapo in die vryheidstryd te steun, het Swapo oor twee
beginsels saamgestem. Een was dat die leier van Canu die vise-president van
Swapo sal word en die tweede een was dat Caprivi ná onafhanklikwording
toegelaat sal word om van Namibië af te stig. Toe die twee partye
saamgesmelt het, was Canulede selfs toegelaat om hul lidmaatskapkaarte van
Canu te behou."

Volgens mnr. Kaura het Swapo die een belofte gehou deur mnr. Mishake Muyongo
die vise-president van die party te maak. Hy sê toe mnr. Muyongo dit egter
durf waag het om oor die afstigting van Caprivi te praat, hy in 1980 deur
Swapo uit die party gesit is. "Dit is hoe dit gekom het dat hy by die DTA
aangesluit het. Die verskil is egter dat daar geen ooreenkoms met die DTA
oor afstigting was nie."

Volgens mnr. Kaura vind hy dit ironies dat die sekretaris-generaal van
Swapo, mnr. Hifikepunye Pohamba, en President Sam Nujoma nou daarop aandring
dat die Verenigde Demokratiese Party (UDP) as lid-party van die DTA geskors
word. "Het Swapo vir Canu en sy lede soos mnr. Richard kapelwa Kabajani, me.
Doreen Sioka en me. Ellen Musialela uit die party gesit?" Mnr. Kabajani is
die Minister van Sport en Jeugsake, terwyl die ander twee lede van Swapo in
die Nasionale Vergadering (NV) is.

"As Swapo oor inligting beskik dat die UDP of enige individu in 'n komplot
vir die afstigting van Caprivi betrokke was, dan is dit die Regering se plig
om dié party onwettig te verklaar en op te tree teen diegene wat geïmpliseer
word," sê mnr. Kaura. Hy sê die sogenaamde bloudruk oor die afstigting van
Caprivi is reeds vanaf 1993 bekend maar dat dit ironies is dat nog niemand
die afgelope vyf jaar vir die misdaad aangekla is nie. "As daar werklik so
'n komplot is, wil dit voorkom dat diegene wat daarby betrokke was, reeds
die land verlaat het en dat dié wat nou agtergebly het onskuldig is."

Volgens mnr. Kaura word inligting deur die intelligensiediens aan koerante
besorg om die DTA in 'n swak lig te stel. "Swapo het die huidige toestand
van chaos in Caprivi geskep deur niemand te arresteer en aan te kla wat
hulle glo skuldig aan 'n misdryf is voordat die mense uit die land begin
vlug het nie." Hy sê meer as 3 000 inwoners in die Caprivi was ondervra en
'n kerkdiens was selfs deur die Polisie onderbreek wat navraag oor
identiteitsdokumente gedoen het. "As dit nie teistering genoem word nie, wat
is dit dan?" het mnr. Kaura gevra.

Met verwysing na die twee NV-lede van die DTA, sê mnr. Kaura dat hulle die
volle ondersteuning van die party het. "Ten opsigte van die eise van mnr.
Pohamba dat die UDP en ons twee NV-lede uit die party gesit word, sal die
DTA hom nie deur Swapo laat voorskryf hoe om sy interne aangeleenthede te
hanteer nie."

Mnr. Kaura het weer eens die DTA se standpunt oor 'n gewapende rebellie
gestel. "Hierdie party is sedert sy ontstaan 'n voorstander van vrede en
onderhandeling. Dit is dus onwaarskynlik dat ons in hierdie stadium in 'n
gewapende rebellie betrokke sal raak."

Die Republikein 11 Nov 1998

hen...@pixie.co.za wrote in message ...
> Miskien kan Hans van Walvisbaai my help met dié een:
>
> So twee weke gelede het 'n groep swaar gewapende Namibiese
> soldate die grens na Botswana vanuit Caprivi oorgesteek.
> Aanvanklik is gesê hulle is drosters wat nie Kongo toe wil
> gaan nie, maar toe doen hulle aansoek om politieke asiel, en
> nog ander het gevolg.
>
> Dit blyk nou dat hulle deel is van 'n groep wat hulle beywer
> vir afskeiding van die Caprivi. Ek hoor Mnr. Sam Nujoma het
> gevra dat die 'terroriste' uitgelewer moet word sodat hulle
> kan teregstaan op aanklagte van moord en hoogverraad.
>
> Wat weet jy van hierdie 'Caprivi Bevrydingsle�r', Hans? Het
> die 'terroriste' enigsins landmyne oorkant die Okavango gaan
> plant, of boerdery gebiede in Kavango aangeval? Hoekom beskou
> oom Sam hulle as 'terroriste' en nie 'vryheidsvegters' nie?
> Smaak my mos julle Namibiërs is 'n snaakse lot!
>
> Terloops, as Caprivi sou afskei, gaan hulle onafhanklik bly,
> of deel word van Botswana, of selfs Zambië?
>
> Groete
>
> Henri Burger
> (VRYHEID vir CAPRIVI!!)
>
> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afskeiding van Caprivi? [boodskap #19161 is 'n antwoord op boodskap #19123] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie van Greunen" skryf:

> Uit ons Namibiese koerant, repub...@iafrica.com.na die volgende baie
> interessante artikel "ge-copy en ge-paste".
> My aanvoeling: Oom Sam se kop is besig om aan te kap. Sy paranoïese jagtogte
> gaan uitbrei en die lewens van baie mense omkrap. En, sy derde termyn as
> President gaan dinge nie makliker maak nie. Ek ken twak as ek dit ruik!
>
> Groete uit Windhoek,
> Efgee

Frikkie,

Dankie vir die stuk inligting!

My groot vraag bly egter steeds onbeantwoord, nl. hoekom oom Sam die
Capriviane 'terroriste' noem? Weet julle wat sy definisie van 'n terroris is?

Wat sê die Capriviane self?

Groete

Henri Burger
VRYHEID vir CAPRIVI!!

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Identiteits krisis! - uitdaging
Volgende onderwerp: Afskeiding van Caprivi?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 21:59:58 MGT 2024