Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: SA steeds hoofstad van verkragtings
Re: SA steeds hoofstad van verkragtings [boodskap #18991] Vr, 06 November 1998 00:00 na volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
koerant uittreksel(Die Burger as ek reg onthou):

SA steeds die hoofstad van verkragtings

Suid-Afrika is steeds die verkragtingshoofstad van die wêreld, terwyl hy
tweede in die ry staan met voorvalle van roof met verswarende omstandighede
en derde met moord.

Voorts word byna ses keer meer Suid-Afrikaanse polisiebeamptes vermoor as
hul Amerikaanse eweknieë volgens dr. Chris de Kock, hoof van die
Misdaadinligtingbestuursentrum (MIBS).

Volgens hom het die getal aangemelde handelsmisdade in die eerste ses
maande van die jaar met 2,2% gestyg. Bedrog is bo-aan die lys van misdrywe
in dié kategorie en 24 834 voorvalle, waarby sowat R1,8 miljard betrokke is,
aangemeld.

Dié statistieke is bekend gemaak in die MIBS se verslag vir die eerste ses
maande van 1998 wat gister uitgereik is.

Op provinsiale vlak loop Wes- Kaap voor met die getal moorde (40,8 per 100
000 mense) en pogings tot moord (50), gevolg deur Gauteng (38,6),
KwaZulu-Natal (38) en Noord-Kaap (36,1).

Die meeste moorde in Wes-Kaap vind plaas in die oostelike metropolitaanse
gebied, wat die lughawe, Kaapse Vlakte, Khayelitsha en Mitchell's Plain
insluit. Die moorde val in die kategorieë sosiale moorde, bendeverwante
moorde en bende-Pagad-verwante moorde.

Gordonia in Noord-Kaap is tweede op dié lys, gevolg deur die
Vereeniging-Vanderbijlpark-Orange Farm-gebied.

Noord-Kaap loop voor met verkragtings met 88,9 gevalle per 100 000 mense,
gevolg deur Gauteng (80,3), Wes-Kaap (70,4), die Vrystaat (67,2) en
Noordwes (65,5).

Gauteng is steeds die "hoofstad" van motordiefstal en bedrog. Alte same
159,3 gevalle van bedrog per 100 000 mense het in Gauteng voorgekom, met
Wes-Kaap tweede (108,4).

Die meeste kapings van voertuie het in Gauteng plaasgevind, naamlik 4 219
gevalle, wat 'n toename van 11% vergeleke met dieselfde tydperk verlede
jaar verteenwoordig.

De Kock het sy kommer uitgespreek oor die verhoogde vlak van geweld by
misdrywe soos inbraak en diefstal.

Volgens hom is 'n ondersoek begin na die hoë voorkoms van moord op
polisiebeamptes, wat tussen 1994 en 1996 afgeneem het, maar weer sedert
1977 toegeneem het. Altesame 65,7% van dié beamptes is vermoor terwyl
hulle nie aan diens was nie.

Sedert Januarie vanjaar is 55 SAPD-lede vermoor terwyl hulle aan diens was
en 65 terwyl hulle van diens af was.

Die ontleding van die statistieke toon dat 16% van die vermoorde SAPD-lede
onder die invloed van drank was en dit lyk of 'n aantal moorde toegeskryf
kan word aan lede wat ná werkure in gevegte in sjebiens of kroeë betrokke
geraak het, het De Kock gesê.

Bryan

+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Persoonlike tuisblad: http://springbok.cjb.net/
Afr NGroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: SA steeds hoofstad van verkragtings [boodskap #19046 is 'n antwoord op boodskap #18991] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
SAE  is tans af-lyn  SAE
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
> (wat help dit tog nou ons kruip onder
> ons beddens weg ?)
>
>
> 1. diefwering
> 2. alarms
> 3. kwaai hond in tuin
> 3. klein blaf hondjie in huis
> 4. rewolwer onder kussing
> 5. slang in die kar
> 6. geen huis of tuinhulp
>
> wat het ek vergeet ?
>
Mijnen in de tuin
Loopgraaf
afweergeschut op het dak
slotgracht met alligators
prikkeldraad
infra-rood camera's
granaten

I think that covers it.

Bokkie
Re: SA steeds hoofstad van verkragtings [boodskap #19047 is 'n antwoord op boodskap #18991] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
goeie griet !

HEEEEEEEEEEELLLPPP

(wat help dit tog nou ons kruip onder
ons beddens weg ?)

1. diefwering
2. alarms
3. kwaai hond in tuin
3. klein blaf hondjie in huis
4. rewolwer onder kussing
5. slang in die kar
6. geen huis of tuinhulp

wat het ek vergeet ?

paranooiese groete
(oppad terug Kaap toe einde Desember)
heksie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: "Landskap" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: ik weet niet of ik goed zit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:05:28 MGT 2024