Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WVK-veslag
WVK-veslag [boodskap #18676] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Op die vooraand van die bekendmaking van die WVK se verslag, is daar 'n
hewige geskarrel aan die gang deur almal wat geïmpliseer word tot 'ernstige
skending van menseregte'. Almal wat geïmpliseer word moes natuurlik vooraf
deur die kommissie daarvan in kennis gestel word.

Mnr. FW de Klerk het die drastieste optrede gevolg deur 'n hofinterdik aan
te vra. Op grond hiervan sal sy implisering uit die verslag gelaat word.

Die interessantste is dat feitlik alle partye geïmpliseer word. Die felste
kritiek die afgelope paar dae teen die kommissie het gekom van die ANC, wat
ook nie implisering vryspring nie.

Intussen het Mnr. Matthews Phosa, hoof van die ANC se regsafdeling en
premier van Mpumalanga, 'n beroep gedoen dat die boek op die verlede
toegemaak moet word, sodat daar begin kan word om SA vorentoe te laat gaan
(klink dit bekend, Gloudina?).

In my persoonlike siening van manipulasie van die politieke terrein deur
ooreenkomste deur verskillende partye, wil hierdie vir my na so 'n situasie
lyk. Is die partye besig om saam te span om die effek van die WVK se
bevindings te minimaliseer?

Môre sal ons weet.

Groete

Henri Burger
(Ass.-Minister, Inligting en Kommunikasie, Mweb se Mzone.)
Re: WVK-veslag [boodskap #18677 is 'n antwoord op boodskap #18676] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hoe interessant sou dit nie gewees het as die Suid-Afrikaanse samelewing ewe
oop as die Amerikaanse was nie. Dan sou ons almal die WVK verslag op die
Internet kon lees, en self oordeel of Oom FW onregverdiglik geïmpliseer word
of nie....

En of die ANC reg was in hulle kritiek....

en, en, en.......

Henri Burger wrote in message ...
> Op die vooraand van die bekendmaking van die WVK se verslag......
Re: WVK-veslag [boodskap #18678 is 'n antwoord op boodskap #18676] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Maar nou praat jy mos pure onsin ou seun! Van wanneer is die mense in die
VSA 'n 'oop' gemeenskap? Dit kos Kenneth Starr en die media en miljoene
dollar om die punt te bereik waar feite(?) op die internet verskyn. Weet jy
dat soveel as 5 persone verbonde aan die Clinton administrasie, beide in
Arkansas en Washington onder verdagte omstandighede dood is. Oop
gemeenskap - jy dwaal ou seun of jy is blind.
----------------------------
Henri Burger wrote in message ...
> Op die vooraand van die bekendmaking van die WVK se verslag, is daar 'n
> hewige geskarrel aan die gang deur almal wat geïmpliseer word tot 'ernstige
> skending van menseregte'. Almal wat geïmpliseer word moes natuurlik vooraf
> deur die kommissie daarvan in kennis gestel word.
>
> Mnr. FW de Klerk het die drastieste optrede gevolg deur 'n hofinterdik aan
> te vra. Op grond hiervan sal sy implisering uit die verslag gelaat word.
>
> Die interessantste is dat feitlik alle partye geïmpliseer word. Die felste
> kritiek die afgelope paar dae teen die kommissie het gekom van die ANC, wat
> ook nie implisering vryspring nie.
>
> Intussen het Mnr. Matthews Phosa, hoof van die ANC se regsafdeling en
> premier van Mpumalanga, 'n beroep gedoen dat die boek op die verlede
> toegemaak moet word, sodat daar begin kan word om SA vorentoe te laat gaan
> (klink dit bekend, Gloudina?).
>
> In my persoonlike siening van manipulasie van die politieke terrein deur
> ooreenkomste deur verskillende partye, wil hierdie vir my na so 'n situasie
> lyk. Is die partye besig om saam te span om die effek van die WVK se
> bevindings te minimaliseer?
>
> Môre sal ons weet.
>
> Groete
>
> Henri Burger
> (Ass.-Minister, Inligting en Kommunikasie, Mweb se Mzone.)
>
Re: WVK-veslag [boodskap #18679 is 'n antwoord op boodskap #18676] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 Oct 1998 17:29:27 +0200, "Henri Burger" wrote:

kritiek die afgelope paar dae teen die kommissie het gekom van die ANC, wat[/color]
> ook nie implisering vryspring nie.>>

Ja die WVK is toe nie n manipulasie deur die ANC nie, ne?

Dit was mos al die "ander" partye se mantra oor die afgelope maande.
Re: WVK-veslag [boodskap #18680 is 'n antwoord op boodskap #18676] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 28 Oct 1998 22:58:50 +0200, "Oom Kaspaas"
had the following to say:

|Maar nou praat jy mos pure onsin ou seun! Van wanneer is die mense in die
|VSA 'n 'oop' gemeenskap?

Nie dat ons juis van oop kan praat nie, ná omie? Dalk onregverdig om
te vergelyk.

Maar nou lees ek die volgende van Reuters af:
"JOHANNESBURG, South Africa (Reuters) - The ruling African National
Congress (ANC) said
Wednesday it was launching an 11th-hour court action to block
publication of damning
allegations against it by South Africa`s Truth and Reconciliation
Commission (TRC).

The party of President Nelson Mandela said it had been denied a
proper opportunity to clear its
name of allegations made in preliminary TRC findings which, if
unchallenged, would have
``criminalized the whole liberation struggle.``

``We are preparing an injunction to stop the TRC from publishing its
report (on Thursday)
because we have not been given enough time,`` ANC deputy president
Thenjiwe Mthitso told a
news conference.

``I think our chances are very good because we are in the right...I
trust the law will take its
course -- for the sake of the country,`` she said. The report, two
years of work to uncover the
secrets of apartheid`s bloody past, is due to be handed to Mandela
Thursday. But ANC
lawyers hoped to secure a court injunction by midnight (2200 GMT),
she said. "

Is dit dan 'n universele waarheid wat alle mense beheer - as jy nie
hou van wat iemand sê nie - slaat sy mond toe...!

Hoekom wil ons so graag die kommentaar stop in stede van die euwel
waarop kommentaar gelewer word? Is dit omdat ons almal so slim word
na die daad gedoen of die woorde uitgespreek is?
Groete!
Re: WVK-veslag [boodskap #18681 is 'n antwoord op boodskap #18676] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...
> Op die vooraand van die bekendmaking van die WVK se verslag, is daar 'n
> hewige geskarrel aan die gang deur almal wat geïmpliseer word tot 'ernstige
> skending van menseregte'.

[..]

> Die felste
> kritiek die afgelope paar dae teen die kommissie het gekom van die ANC, wat
> ook nie implisering vryspring nie.

Al wat dit demonstreer, Henri, is dat Tutu se ou sirkussie finaal alle
legitimiteit verloor het - ook by die ANC.

> Intussen het Mnr. Matthews Phosa, hoof van die ANC se regsafdeling en
> premier van Mpumalanga, 'n beroep gedoen dat die boek op die verlede
> toegemaak moet word, sodat daar begin kan word om SA vorentoe te laat gaan
> (klink dit bekend, Gloudina?).

Yep. Kyk uit vir 'n algemene amnestie - De Kok inkluis.

Groete, Leendert
Re: WVK-veslag [boodskap #18714 is 'n antwoord op boodskap #18676] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 28 Oct 1998 17:29:27 +0200, "Henri Burger"
> wrote:
>
> felste
>> kritiek die afgelope paar dae teen die kommissie het gekom van die ANC, wat
>> ook nie implisering vryspring nie.>>
>
> Ja die WVK is toe nie n manipulasie deur die ANC nie, ne?
>
> Dit was mos al die "ander" partye se mantra oor die afgelope maande.

En toe dinge nie hulle way gaan nie toe skreeu hulle blou moord né
Ferdi?

Maar steeds probeer hulledie proses manipuleer?
Re: WVK-veslag [boodskap #18743 is 'n antwoord op boodskap #18676] Vr, 30 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Oct 1998 10:27:12 +0200, lou wrote:

Ferdi?[/color]
>
> Maar steeds probeer hulledie proses manipuleer? >>

Lou! Is dit dieselfde Lou wat altyd gese het die WVK is nie
onafhanklik nie en gaan die ANC net wit verf vir die verkiesing?!
Re: WVK-veslag [boodskap #18760 is 'n antwoord op boodskap #18676] Sa, 31 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Thu, 29 Oct 1998 10:27:12 +0200, lou wrote:
>
> > Ferdi?
>>
>> Maar steeds probeer hulledie proses manipuleer? >>
>
> Lou! Is dit dieselfde Lou wat altyd gese het die WVK is nie
> onafhanklik nie en gaan die ANC net wit verf vir die verkiesing?!

Wel, dit lyk asof die ANC ook van oordeel is dat die WVK nie onafhanklik is
nie - om die waarheid te sê, dit lyk asof hulle dink dat hy nie genoeg
afhanklikheid getoon het nie, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-veslag [boodskap #18789 is 'n antwoord op boodskap #18676] So, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 29 Oct 1998 10:27:12 +0200, lou wrote:
>
> > Ferdi?
>>
>> Maar steeds probeer hulledie proses manipuleer? >>
>
> Lou! Is dit dieselfde Lou wat altyd gese het die WVK is nie
> onafhanklik nie en gaan die ANC net wit verf vir die verkiesing?!

Ferdi! Dit is nogal snaaks dat jy altyd goed onthou wat ek nie kan
onthou nie? Goeie taktiek - ek moet dit onthou.

Maar het die ANC die proses probeer manipuleer of nie? Toe dit nie hulle
way gaan nie toe hol hulle hof toe? Toe die blanket amnestie aansoek wat
hulle ingedien het nie toegestaan is nie? Toe heelwat van die manne wat
genoem is in die amnestie nie weer aansoek gedoen het nie?

En laaste vraag Ferdi, en seker die heel belangrikste rakende die WVK:

Het die WVK toe versoening gebring of het dit net die
mense van SA verder gepolariseer?
Re: WVK-veslag [boodskap #18825 is 'n antwoord op boodskap #18676] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 01 Nov 1998 14:35:41 +0200, lou wrote:

Lou! Is dit dieselfde Lou wat altyd gese het die WVK is nie
>> onafhanklik nie en gaan die ANC net wit verf vir die verkiesing?!
>
> Ferdi! Dit is nogal snaaks dat jy altyd goed onthou wat ek nie kan
> onthou nie? Goeie taktiek - ek moet dit onthou.>>

Ooo...jy het die hele tyd die WVK verdedig as onafhanklik!! Ek het
seker vergeet.

Ek dink seker aan n ander ou wie se naam ook Lou is..

way gaan nie toe hol hulle hof toe? Toe die blanket amnestie aansoek wat[/color]
> hulle ingedien het nie toegestaan is nie? Toe heelwat van die manne wat
> genoem is in die amnestie nie weer aansoek gedoen het nie?
>
> En laaste vraag Ferdi, en seker die heel belangrikste rakende die WVK:
>
> Het die WVK toe versoening gebring of het dit net die
> mense van SA verder gepolariseer?>>

Lou versoening is nie n twee jaar projek nie.
Re: WVK-veslag [boodskap #18826 is 'n antwoord op boodskap #18676] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 01 Nov 1998 14:35:41 +0200, lou had
the following to say:

| Het die WVK toe versoening gebring of het dit net die
|mense van SA verder gepolariseer?

Ek dink dit het meer haat as goed gebring....
Groete!
Re: WVK-veslag [boodskap #18827 is 'n antwoord op boodskap #18676] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Nov 1998 15:48:41 +0200, lou wrote:

>Ferdi! Dit is nogal snaaks dat jy altyd goed onthou wat ek nie
kan
>>> onthou nie? Goeie taktiek - ek moet dit onthou.>>
>>
>> Ooo...jy het die hele tyd die WVK verdedig as onafhanklik!! Ek het
>> seker vergeet.
>>
>> Ek dink seker aan n ander ou wie se naam ook Lou is..
>
> Weereens Ferdi antwoord jy nie die vraag nie.>>

Watter vraag Lou?!!

He,he...
Jy het nie n vraag gevra hierbo nie!!

(Ha,ha...)

>

As hulle het, hoekom was hulle so pissed off oor die verslag?
Tutu was onafhanklik. Lou.

Halwe antwoord Ferdi - halwe antwoord. >>[/color]

Nee Lou. Hele antwoord.
Versoening is n proses.
Dis n opbou van vertroue oor tyd.
Dis n samelewing wat vertrouensreflekse begin opbou.
En dit vat tyd omdat hulle deur gedeelde ondervindings moet leef. Dis
soos kinders grootmaak.
Jy stap nie een dag in die kinders se kamers is en verklaar aan hulle
dat hulle jou nou moet vertrou nie.
En die WVK het die grondslag gele.
Almal WEET nou grootliks wat gebeur het.
Die alternatief is inligting wat met tyd uitgelek word. Hier n
aanklag, daar n hofsaak. Kort-kort openbaringe oor die politieke
opponente se verlede en ondersoeke daarna wat geen uitsluitsel kan gee
nie want die feite is verskuil en mense wat weet praat nie want hulle
hoef nie.
Die mense wat inligting strategies lek - aan albei kante - sou ten
volle in beheer van die proses gewees het vir jare.


jy die een wat vertel het hoe die WVK ons almal van mekaar gaan laat hou[/color]
> en versoening teweeg gaan bring. >>

So, Lou, die WVK se doel was NIE om onmiddelik versoening teweeg te
bring nie. Niemand kan dit op skaal doen behalwe die Liewe Jesus nie -
en hy sal aarde toe moet kom daarvoor.
Versoening word deur die mense self gemaak in daaglikse bestaan.
En dit kan net gebeur as hulle weet wat gebeur het. Aan albei kante.
En dis wat die WVK wou doen in die eerste plek - om aan die mense te
se wat gebeur het sodat die verlede nie histeriese skimme raak wat
heen en weer vlieg nie.
Re: WVK-veslag [boodskap #18828 is 'n antwoord op boodskap #18676] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 02 Nov 1998 15:48:41 +0200, lou wrote:
>
> >Ferdi! Dit is nogal snaaks dat jy altyd goed onthou wat ek nie
> kan
>>>> onthou nie? Goeie taktiek - ek moet dit onthou.>>
>>>

> Watter vraag Lou?!!
>
> He,he...
> Jy het nie n vraag gevra hierbo nie!!
>
> (Ha,ha...)

Sien die vraagteken? Ha Ha Ha

>
> >
>
> As hulle het, hoekom was hulle so pissed off oor die verslag?
> Tutu was onafhanklik. Lou.

Tutu is onafhanklik. Maar soos die vrae wat ek in die vorige pos gevra
het(Wat jy gesnip het) het uitwys - het die ANC sy bes probeer om die
proses te be"invloed. Terloops het jy Wynand Malan se minderheids
verslag gesien? O sorry ek vergeet - hy was op 'n stadium NP so hy kan
nie vertrou word nie. En hy het Siembaba vergelyk met 'Kill the farmer'.
Nzebenza en sy maters was ook ten volle onafhanklik? Nie so gelyk uit
die dele wat ek op die nuus gesien het nie! Maar dan is hulle ANC
gesind en dus bo alle verdenking! O ja die moeder van die volk met haar
vuurhoutjies - lekker deur die WVk swartgesmeer, maar net omdat sy in
onguns was by hulle meesters.g

>
>
>> Halwe antwoord Ferdi - halwe antwoord. >>
>
> Nee Lou. Hele antwoord.
> Versoening is n proses.
> SNIP>
> Die mense wat inligting strategies lek - aan albei kante - sou ten
> volle in beheer van die proses gewees het vir jare.
>

Ek dink jy het dit mis as jy dink alles het uitgekom. Maar hou vas aan
daai droom!

>
> gebring of eerder SA verder gepolariseer? Volgens ek kan onthou :) was
>> jy die een wat vertel het hoe die WVK ons almal van mekaar gaan laat hou
>> en versoening teweeg gaan bring. >>
>
> So, Lou, die WVK se doel was NIE om onmiddelik versoening teweeg te
> bring nie. Niemand kan dit op skaal doen behalwe die Liewe Jesus nie -
> en hy sal aarde toe moet kom daarvoor.

Die WVK se doel was om versoening teweeg te bring PUNT. Myns insiens het
dit nie in daardie doel geslaag nie - kyk maar na die menings opnames.

> Versoening word deur die mense self gemaak in daaglikse bestaan.
> En dit kan net gebeur as hulle weet wat gebeur het. Aan albei kante.
> En dis wat die WVK wou doen in die eerste plek - om aan die mense te
> se wat gebeur het sodat die verlede nie histeriese skimme raak wat
> heen en weer vlieg nie.

Jy dink dus alles het uitgekom? Weereens hou vas aan daai droom! Maar
hou ook sommer die Mail & Guardian en die ander skinder koerante dop!

>
>
> Mandela het met eer uitgekom deur het die ANC te verskil en die
> verslag geheel en al sonder bevraagtekening te aanvaar.

Hy het nie 'n keuse gehad as uitvoerende staatshoof nie.

>
> Wat dink JY vandag van die WVK, Lou?
> Dink jy die WVK is onafhanklik of dink jy hulle is n "puppet" van die
> ANC?

Yup. Die WVK het mynsinsiens net meer verwydering gebring as versoening.
Dit het die '94 verkiesing Eeuforia (wat daarvan oorgebly het) finaal
gekelder.
Re: WVK-veslag [boodskap #18829 is 'n antwoord op boodskap #18676] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Sun, 01 Nov 1998 14:35:41 +0200, lou wrote:
>
> Lou! Is dit dieselfde Lou wat altyd gese het die WVK is nie
>>> onafhanklik nie en gaan die ANC net wit verf vir die verkiesing?!
>>
>> Ferdi! Dit is nogal snaaks dat jy altyd goed onthou wat ek nie kan
>> onthou nie? Goeie taktiek - ek moet dit onthou.>>
>
> Ooo...jy het die hele tyd die WVK verdedig as onafhanklik!! Ek het
> seker vergeet.
>
> Ek dink seker aan n ander ou wie se naam ook Lou is..

Weereens Ferdi antwoord jy nie die vraag nie. Innuendos, klein skimpes
hier en daar. Maar jy is soos 'n spook - klomp geraas maar niks
substansie. Bewyse ou perd, bewyse. Maar dan miskien nie, jy is mos die
meester van selektiewe snippe en dan sal ek weer met 'n hele relaas moet
kom, wat jy in elk geval sal ignoreer, om te bewys wat ek eintlik gesê
het.

>
> hulle
>> way gaan nie toe hol hulle hof toe? Toe die blanket amnestie aansoek wat
>> hulle ingedien het nie toegestaan is nie? Toe heelwat van die manne wat
>> genoem is in die amnestie nie weer aansoek gedoen het nie?

Het die ANC die proses gemanipuleer of nie?

>>
>> En laaste vraag Ferdi, en seker die heel belangrikste rakende die WVK:
>>
>> Het die WVK toe versoening gebring of het dit net die
>> mense van SA verder gepolariseer?>>
>
> Lou versoening is nie n twee jaar projek nie.

Halwe antwoord Ferdi - halwe antwoord. Het die WVK versoening teweeg
gebring of eerder SA verder gepolariseer? Volgens ek kan onthou :) was
jy die een wat vertel het hoe die WVK ons almal van mekaar gaan laat hou
en versoening teweeg gaan bring.

Of was dit 'n kêrel genaamd Koos?

Net so terloops - ek sien jou nie eintlik iets sê oor die ANC se
dagvaardiging van die WVK nie? Hoe dan so?
Re: WVK-veslag [boodskap #18830 is 'n antwoord op boodskap #18676] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 31 Oct 1998 07:39:37 GMT, oos...@geocities.com wrote:

Lou! Is dit dieselfde Lou wat altyd gese het die WVK is nie
>> onafhanklik nie en gaan die ANC net wit verf vir die verkiesing?!
>
> Wel, dit lyk asof die ANC ook van oordeel is dat die WVK nie onafhanklik is
> nie - om die waarheid te sê, dit lyk asof hulle dink dat hy nie genoeg
> afhanklikheid getoon het nie, nie waar nie?>>

Leendert, jou naam is LEENDERT. Lou is iemand anders.
Re: WVK-veslag [boodskap #18879 is 'n antwoord op boodskap #18676] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Nov 1998 19:17:20 +0200, lou wrote:

Dit het die '94 verkiesing Eeuforia (wat daarvan oorgebly het) finaal[/color]
> gekelder.>>

Wel Lou let's be honest - daar was by jou waarskynlik nooit enige
euforie van enige aard oor daai verkiesing gewees nie.

Jy hou aan se die WVK se doel is om versoening te bring en dan se jy
omdat daar nie NOU DADELIK helder sigbare versoening is nie, het hy
gefaal.

Jy is of onder n groot wanindruk vir lank reeds of jy is maar net n
politikus want die WVK het NOOIT gese die doel van sy werk is om
onmiddelik versoeking te bring nie.

Want versoening is nie instant koffie nie.

Jy se ook Mandela "moes" die verslag aanvaar as staatshoof. Ha! Waar
het JY grootgeword? Sekerlik nie in Suid-Afrika nie.
Re: WVK-veslag [boodskap #18880 is 'n antwoord op boodskap #18676] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Nov 1998 15:34:30 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:

Groete!>>[/color]

Ek het antwoorde gekry op goed wat my vir altyd sou gepla het as die
WVK nie daar was nie.

Ek dink dit het reeds meer goed as haat gebring.

En die kommissie se werk sal eers in die volgende dekade effek op die
SA samelewing he.
Re: WVK-veslag [boodskap #18881 is 'n antwoord op boodskap #18676] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 13:26:52 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) had de
volgende te sê:

|Ek het antwoorde gekry op goed wat my vir altyd sou gepla het as die
|WVK nie daar was nie.
|
|Ek dink dit het reeds meer goed as haat gebring.
|
|En die kommissie se werk sal eers in die volgende dekade effek op die
|SA samelewing he.
|
|
Net soos almal van ons s'n, is dit maar bloot jou beskeie opinie....
Groete!
Re: WVK-veslag [boodskap #18919 is 'n antwoord op boodskap #18676] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 09:25:29 +0200, lou wrote:

Jy se ook Mandela "moes" die verslag aanvaar as staatshoof. Ha!
Waar
>> het JY grootgeword? Sekerlik nie in Suid-Afrika nie.
>
> Mandela is die staatshoof. En anders as wat jy en die ANC wil uitmaak is
> die ANC en die regering twee verskillende dinge. Die een is 'n politieke
> party en die ander moet die land regeer tot voordeel van AL sy mense.
> Net so moet Mandela partykeer twee hoede dra. Hy kan by ANC vergaderings
> sê wat hy wil maar wanneer hy as Staatshoof optree moet dit in belang
> van die land wees. Hy weet dit en tree ook meestal so op maar jy en
> sommige lede van sy party verstaan dit blykbaar nie. Kom ons hoop dat
> M'Beki dit verstaan.>>

Die president kan so n verslag aanvaar met opmerkings, met kritiek,
met n hofsaak, met n uitstel, met n terugverwysing ......of sonder
voorbehoude.

Mandela het laasgenoemde gedoen.
Mbeki het dit met n hof-aansoek gedoen.
Re: WVK-veslag [boodskap #18921 is 'n antwoord op boodskap #18676] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 02 Nov 1998 19:17:20 +0200, lou wrote:
>
> versoening.
>> Dit het die '94 verkiesing Eeuforia (wat daarvan oorgebly het) finaal
>> gekelder.>>
>
> Wel Lou let's be honest - daar was by jou waarskynlik nooit enige
> euforie van enige aard oor daai verkiesing gewees nie.

Hoe weet jy? Dink jy het verniet vir 8 ure in 'n tou gestaan?

>
> Jy hou aan se die WVK se doel is om versoening te bring en dan se jy
> omdat daar nie NOU DADELIK helder sigbare versoening is nie, het hy
> gefaal.
>

Waar het ek gesê hy het gefaal? Wat ek sê is dat die WVK ons nie
vorentoe geneem het in die versoenings proses nie - hulle het ons
agteruit geneem.

> Jy is of onder n groot wanindruk vir lank reeds of jy is maar net n
> politikus want die WVK het NOOIT gese die doel van sy werk is om
> onmiddelik versoeking te bring nie.
>
> Want versoening is nie instant koffie nie.

Versoening is ook nie retoriek nie. Waarvoro was die WVK dan daar?
Waarvoor staan WVK?

>
> Jy se ook Mandela "moes" die verslag aanvaar as staatshoof. Ha! Waar
> het JY grootgeword? Sekerlik nie in Suid-Afrika nie.

Mandela is die staatshoof. En anders as wat jy en die ANC wil uitmaak is
die ANC en die regering twee verskillende dinge. Die een is 'n politieke
party en die ander moet die land regeer tot voordeel van AL sy mense.
Net so moet Mandela partykeer twee hoede dra. Hy kan by ANC vergaderings
sê wat hy wil maar wanneer hy as Staatshoof optree moet dit in belang
van die land wees. Hy weet dit en tree ook meestal so op maar jy en
sommige lede van sy party verstaan dit blykbaar nie. Kom ons hoop dat
M'Beki dit verstaan.
Re: WVK-veslag [boodskap #18961 is 'n antwoord op boodskap #18676] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 04 Nov 1998 09:25:29 +0200, lou wrote:
>
> Jy se ook Mandela "moes" die verslag aanvaar as staatshoof. Ha!
> Waar
>>> het JY grootgeword? Sekerlik nie in Suid-Afrika nie.
>>
>> Mandela is die staatshoof. En anders as wat jy en die ANC wil uitmaak is
>> die ANC en die regering twee verskillende dinge. Die een is 'n politieke
>> party en die ander moet die land regeer tot voordeel van AL sy mense.
>> Net so moet Mandela partykeer twee hoede dra. Hy kan by ANC vergaderings
>> sê wat hy wil maar wanneer hy as Staatshoof optree moet dit in belang
>> van die land wees. Hy weet dit en tree ook meestal so op maar jy en
>> sommige lede van sy party verstaan dit blykbaar nie. Kom ons hoop dat
>> M'Beki dit verstaan.>>
>
> Die president kan so n verslag aanvaar met opmerkings, met kritiek,
> met n hofsaak, met n uitstel, met n terugverwysing ......of sonder
> voorbehoude.
>
> Mandela het laasgenoemde gedoen.
> Mbeki het dit met n hof-aansoek gedoen.

So dus verstaan Mandela wat sy pligte as staatshoof is. En jy sê dus
Mbeki is die vlieg in die ANC salf wat ook nie die WVK se stellings
aanvaar nie. Dit is nou interresant.
Re: WVK-veslag [boodskap #18964 is 'n antwoord op boodskap #18676] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> Mandela is die staatshoof. En anders as wat jy en die ANC wil uitmaak is
> die ANC en die regering twee verskillende dinge.

Radio Pretoria verwys altyd na Mandela as "die ANC se staatshoof".

Soms, soos in die gevalle Luyt en Boesak, reken ek hulle het 'n punt beet.

Groete, Leendert
Re: WVK-veslag [boodskap #19021 is 'n antwoord op boodskap #18676] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Nov 1998 10:14:41 +0200, lou wrote:

Mbeki is die vlieg in die ANC salf wat ook nie die WVK se stellings[/color]
> aanvaar nie. Dit is nou interresant.>>

Dis nie wat ek se nie.
Dis feite. Die aansoek is deur Mbeki se kantoor gesteun.
Mandela het die verslag onvoorwaardelik aanvaar.

Dis dus nie wat "ek se" nie. Dis wat wyd en syd gerapporteer was.
Vorige onderwerp: Re: Statistiek van die kantlyn af
Volgende onderwerp: Superkindermonsters !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 21:35:32 MGT 2024