Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Word 'n Kultivark !!!
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18602] Ma, 26 Oktober 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

[Res van verdienstelike M-verhandeling geknip]

> is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse
propaganda-orrel.

My bronne sê dis 'n samevoeging van die propaganda-orrel, en die minder
bekende 1-snaar kitaar? Dit maak meer sin, aangesien 'n kombinasie van wind-
en snaarinstrument, die wanklankigheid daarvan (die winde) kan verklaar.

[Jy openbaar 'n ander deel van jou persoonlikheid hiermee, Leendert. Wil jy
nie 'n paar Hardekoolvuurstories skryf nie?!]

Groete

Henri (za.sport.rugby, jou pa.sport tot SA!)
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18603 is 'n antwoord op boodskap #18602] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Klasse begin stiptelik om 08H00. Kortpouse is om 10H00, langpouse om 13H00.

Vandag se klasse word deur die skoolhoof aangebied !

MORE KLAS..... More juffrou Gloudina


> Moenie wanhoop nie - daar is nou 'n alternatief:
>
> Word 'n KULTIVARK!
>
> Soos almal weet, is kultivarke die resultaat van kultivering. Kundiges op
> die gebied van kurrikulumontwikkeling het 'n toepaslike kurrikulum
> ontwikkel, en dit is so pas goedgekeur deur die Raad op Sosiale Sirkusse en
> die Stigting Moeders van Manipulasie. Ons plaas die volledige
> kurrikulumdokument soos goedgekeur:
>
> Kurrikulumelement XFT6754008DER: Kultivering *Alternatiewe benaming:
> "Kultivasie"
>
> Kortbeskrywing: Die kwalifikasie in kultivering bemagtig die leerder om
> sosiale manipulasie te probeer pleeg, met spesiale klem op vaardighede in
> die
> ikonomie, bevarking, ignorasie, ignoransie en pretensie. Na voltooiing van
> die kwalifikasie is die suksesvol gekultiveerde kandidaat daarop geregtig om
> die titel "kultivark" te gebruik vir professionele en sosiale doeleindes, en
> vir plasing op die protokollys van die Departement Kulkuns, Kultuur en
> Swendelry.
>
> Taakontleding:
>
> Ingevolge standaardkurrikuleringspraktyk is ervare en suskesvolle kultivarke
> ge-identifiseer en hul gebruike en praktyk ontleed te einde die Kritiese en
> Spesifieke uitkomstes vir die kwalifikasie te bepaal. Hoewel die praktyk van
> kultivering reeds sedert die vroegste tye bekend is, is gevind dat dit
> minder gewild is in die huidige samelewings as in vroeër tye toe elitisme,
> klasse-onderskeid en rassisme meer aanvaarbaar was. Desnieteenstaande was
> dit moontlik om twee leidedende kultivarke te vind, soos uitgewys deur
> Bouwer (1998). Hulle is die outeur self, Gloudina Bouwer, en ene Leswin
> Laubscher.
>
> Gegrond op 'n ontleding van die gekultiveerde praktyk van die twee genoemde
> kultivarke op die nuusgroep soc.culture.south-africa.afrikaans, is die
> volgende kurrikulum saamgestel:
>
> Toelatingsvereistes:
>
> Een of meer Hoooogere Grade van een of meer universteite. Enige
> blootstelling aan 'n Tegniese omgewing kontamineer die kandidaat op 'n
> manier wat hom of haar terstond diskwalifiseer vir kwalifikasie as
> Kultivark.
>
> A. Basiese Vermo�ns
>
> Eenheid 1: Ignoransie
>
> Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om gesaghebbende uitsprake
> te maak oor onderwerpe waaroor hy of sy volkome onkundig is. (Sien Nota 1)
>
> Prestasiekriterium: Volgehoue ignoransie aangaande enige belangrike
> aangeleentheid vir 'n tydperk van ten minste ses maande
>
> Eenheid 2: Ignorasie
>
> Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om alle teregwysing, of
> enige pogings om hom of haar in te lig aangaande sake waaroor hy of sy
> onkundig is, met minagting te ignoreer (Sien Nota 1)
>
> Prestasiekriterium: Ignorasie moet suksesvol volgehou word, selfs al word
> die kandidaat onderwerp aan gedetermineerde pogings van persone wat
> persoonlik ervaring het van die onderwerp van ignoransie (Sien Eenheid 1).
>
> Eenheid 3: Pretensie
>
> Uitkoms: Die leerder moet demonsteer dat hy of sy oortuig is dat sy of haar
> eie perstasies, lewenskeuses, of perspektief op sake meerderwaardig is
> wanneer dit vergelyk word met die van enige ander persoon.
>
> Prestasiekriterium: Bewyse van uiterste minagting vir die status, vermoëns,
> menings, prestasies of insigte van ander.
>
> B. Praktiese Vermo�ns
>
> Eenheid 4: Bevarking en Bevarkingsbestuur
>
> Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om 'n ander
> persoon se belange op onregmatige wyse te benadeel.
>
> Prestasiekriterium: Intimidasie van 'n ander persoon, by wyse van
> onregmatige aanwending van magte waaroor die kandidaat nie beskik nie,
> bedreiging van die persoonlike veiligheid of belange van 'n persoon of sy
> gesin deur etniese magsuitoefening, en/of openlike diefstal van die
> eindomsreg van ander ten opsigte van enige saak, insluitende intellektuele
> eiendom. Superieure bevarking word gedemonstreer as die kandidaat daarin
> slaag om 'n ander persoon te intimideer op grond van beweerde misstappe
> waaraan die kandidaat self skuldig is.
>
> Eenheid 5: Ikonomie (sien Nota 2)
>
> Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om die
> ikonium te bespeel deur die ikone lustig en met volgehoue geesdrif te
> tokkel.
>
> Prestasiekriterium: Volgehoue tokkeling van die ikone, sonder om ag te slaag
> op kritiek van die gehoor waarop die uitvoering gemik is. Superieure
> ikonomie word gedemonstreer as die kandidaat die ikone tokkel sonder enige
> kennis aangaande die klank wat enige bepaalde ikoon voortbring, of wat die
> effek daarvan op die gehoor sal wees.
>
> Aanbevole Onderwysmetodiek:
>
> Kultivarke word natuurlik soos virusse, baterie�, draderig muf en slymerige
> swamme, in 'n KULTUUR gekweek.
>
> Vir die optimale ontwikkeling van kultivarke word 'n kultuur aanbeveel wat
> ryk is aan selfbedrog, eiewaan elitisme, etniese vooroordeel en minagting
> van ander. Die etniese vooroordeel moet egter toegedien word in 'n vorm wat
> voorgee om die teendeel van vooroordeel te wees.
>
>
> Nota 1: 'n Spesiale prys word toegeken aan leerders wat onderskeidings
> behaal in die Eenhede Ignoransie en Ignorasie. Die prys is 'n eposadres in
> die domein igs.net (Soos almal weet, is "igs" 'n akroniem vir
> "_IG_noransievlak _S_uperieur")
>
> Ikonomie verwys na die bemeestering van die Ikonium-instrument. Soos almal
> weet, is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse propaganda-orrel.
>
Vorige onderwerp: Re: Libertarians (was waarskuwing aan johan)
Volgende onderwerp: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 15:42:34 MGT 2024