Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Siener uit die Ooste
Die Siener uit die Ooste [boodskap #18585] So, 25 Oktober 1998 00:00
JC[0]  is tans af-lyn  JC[0]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 21 Oct 1998 09:58:06 +0800, "Coetzee, Jacob Carl"
wrote:

>
>> Blou Bulle 26
>> Natal 18
>>
> Reg!

Uiteindelike telling: Bulle 31 Natal 17

>
>
>> Griekwas 18
>> WP 15
>>
> Nee. WP gaan vir Gaffie onder druk plaas, en as hy wankel, gaan hulle
> maklik wen: 24-12

Uiteindelike telling: WP 27 Griekwas 11

Hau!

My kristal-rugbybal voorspel volgende Saterdagaand as volg:
1. Donker wolke oor die Plek met die Plat Berg.
2. Helder ligte in die nag in die Plek met die Pers Bome ('n duidelike
indikasie van feestelike braaivleisvure)
3. Verder noord maak iemand nog 'n bottel Cabernet oop, en tuur
droewig na die vlamme van 'n hardekoolvuur ...

JC
Re: Die Siener uit die Ooste [boodskap #18586 is 'n antwoord op boodskap #18585] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jaco 'Siener' Coetzee:

> 3. Verder noord maak iemand nog 'n bottel Cabernet oop, en tuur
> droewig na die vlamme van 'n hardekoolvuur ...

Jip, heel moontlik. Net 'n herinnering. Die laaste keer toe die twee spanne
in die eindstryd gespeel het, het vriend Willem spesiaal 'n bottel
Allesverloren Cabernet saamgebring. Ons het heerlik daaraan gedrink na die
wedstryd. Veral ek!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Terrorisvark
Volgende onderwerp: Re: W.P W.P W.P W.P W.P W.P
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:42:33 MGT 2024