Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18508] Do, 22 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Die foksie in die middel van die trop.

Wat my laat dink aan die fox terrier wat voor die hekkie lê en slaap toe 'n
hele trop groot honde met 'n kabaal in die straat af kom.

"Kom jy saam?'' skree die Great Dane wat heel agter hardloop.

"Waarheen?" vra die foksie.

"Die teef heel voor is op hitte, ons gaan met haar paar!" skree die Great
Dane. (OK, ek dink hy was minder opgevoed as dit, maar ter wille van die
kinders...)

"OK!" sê die foksie, en hardloop saam.

Toe hulle die derde keer om die blok by die hekkie verbykom, steeds heel
agter, sê die foksie vir die Great Dane, "Ek is nou moeg van hierdie
geparery, ek gaan eers 'n bietjie rus!"

En dan was daar die Engelse jakkalsjag, waar een van daai honde 'n teef op
hitte was. Op 'n stadium vra een van die jagters vir 'n ander met 'n
verkyker waar die jakkals is.

"Vierde!", sê hy.

Vasbyt in die middel, Gloudina!
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18510 is 'n antwoord op boodskap #18508] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Hans" writes:
>
>> Probeer kliphard om 'n neef daar te kontak.
>
> Hans, lekker met jou neef gepraat
> en hom jou epos-adres gegee. >
>
My geloof in die behulpsaamheid van "internetters" word toe weereens
bevestig - dankie Gloudina en dankie Stefan. Genoem van my soektog na
oud kollegas - in die proses gebruik gemaak van E pos, IRC, soekprogramme
(search engines) en nuusgroepe. Wat ek as bonus bygekry het, is 'n hele
groep mense wat saam help soek het en nou wêreldwyd 'n nuwe vriendekring vir
my is !

Stefan.
Lyk my jy weet iets van Walvisbaai se "lagoon". "Windsurfers" het nou
die plek ontdek. September is die maand wat die Suidwester hier waai soos
omtrent die Kaapse swart Suidoos en manne vanoor die RSA en Namibië trek
hier saam vir 'n week om spoedrekords te probeer opstel. Die SA
spoedrekord van net oor 40 knope is verlede jaar opgestel maar die beste wat
hulle vanjaar kon doen, was 39.52 knope. Die verwagting is dat dit net 'n
kwessie van tyd is voordat die wêreldrekord plaaslik in sy peetjie gestuur
sal word. Ons glo dat die "lagoon" dieselfde vir "windfurfers" is as wat
Bitterwasser in die Suide vir sweeftuie is.
(Nee - ek neem nie self deel nie. Bang vir versuip of dat ek dalk see-in
gewaai kan word. Volstaan met die ou Land Rover en die visstokke op en af
met die strand. )

Gloudina.
Moenie sleg slaap oor moontlike nonsens praat nie. Het jy my oorspronklike
plasing gesien oor die Foksie ?

Vriendelike Suidwester - oeps, Namibiese - groete

(Haal die water uit my adres vir direkte pos)
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18513 is 'n antwoord op boodskap #18508] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 22 Oct 1998 17:26:03 GMT skryf :
->"Hans" writes: >
->
- Het jy my oorspronklike
->> plasing gesien oor die Foksie ?
->>
-> Ja, ek het gelees wat jy van my
-> ontslae geraak het.

Gloudina
Die hemel behoede dat hy 'van' jou 'ontslae' geraak het. Daar's 'n wet
wat dit verbied. Jy bedoel seker wat hy *oor* jou *kwyt* geraak
het....:-)
Groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18515 is 'n antwoord op boodskap #18508] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hans" writes: >

>
> Gloudina.
> Moenie sleg slaap oor moontlike nonsens praat nie. Het jy my oorspronklike
> plasing gesien oor die Foksie ?
>
> Vriendelike Suidwester - oeps, Namibiese - groete

Ja, ek het gelees wat jy van my
ontslae geraak het. Is die naam
van die hond nou afkomstig van
die engelse woord vir jakkals,
of het dit 'n ruwer oorsprong?

Die foksie in die middel van die trop.
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18563 is 'n antwoord op boodskap #18508] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , "Hans"
wrote:

> Stefan.
> Lyk my jy weet iets van Walvisbaai se "lagoon". "Windsurfers" het nou
> die plek ontdek. September is die maand wat die Suidwester hier waai soos
> omtrent die Kaapse swart Suidoos en manne vanoor die RSA en Namibië trek
> hier saam vir 'n week om spoedrekords te probeer opstel. Die SA
> spoedrekord van net oor 40 knope is verlede jaar opgestel maar die beste wat
> hulle vanjaar kon doen, was 39.52 knope. Die verwagting is dat dit net 'n
> kwessie van tyd is voordat die wêreldrekord plaaslik in sy peetjie gestuur
> sal word. Ons glo dat die "lagoon" dieselfde vir "windfurfers" is as wat
> Bitterwasser in die Suide vir sweeftuie is.
> (Nee - ek neem nie self deel nie. Bang vir versuip of dat ek dalk see-in
> gewaai kan word. Volstaan met die ou Land Rover en die visstokke op en af
> met die strand. )
>

Nou ja toe Hans,

Smoor dan maar 'n ou kabeljou vir my in aluminium papier op die
kameeldoringkooltjies, en dink aan my en al die ander wat nie daar is nie,
as die vet so lekker van jou mondhoeke af drup!

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18566 is 'n antwoord op boodskap #18508] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hancil@mweb.co.z� (Hannes Cilliers) writes:

> -> Ja, ek het gelees wat jy van my
> -> ontslae geraak het.
>
> Gloudina
> Die hemel behoede dat hy 'van' jou 'ontslae' geraak het. Daar's 'n wet
> wat dit verbied. Jy bedoel seker wat hy *oor* jou *kwyt* geraak
> het....:-)
> Groete
> Hannes

Ek wonder tog darem of ek nie toe-
gelaat mag word om "ontslae raak"
in hierdie konteks te gebruik nie.
Dis meer pejoratief as "kwytraak,"
Waar ek wel die fout gemaak het,
is by die gebruik van "van my"
instede van "oor my." Dus moes
dit myns iniens liewer lees: "ek
het gelees wat jy oor my ontslae
geraak het."

Tant Hessie van Helsdingen (as plig
my roep, ignoreer ek hom.)
Vorige onderwerp: Van haatspraak gepraat:
Volgende onderwerp: Perspektiewe oor Vreemde Kulture
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:57:39 MGT 2024