Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verskyning
Verskyning [boodskap #18290 is 'n antwoord op boodskap #18292] Do, 15 Oktober 1998 00:00
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek sluip nou al meer as ses maande rond op die NG en vanaand het ek besluit
ek maak my veskyning --- so te sê 'n "coming out of the cupboard":-)

So een maal 'n week sluip ek tussen Gloudina, Frikkie, Leenert, Henri,
Ferdi, et al. rond en al is die nie altyd interessant nie geniet ek dit om
die Afrikaans te lees. (Ooo... Galjoen alias Onrusstooker waar is jy?)

Ek woon nou al nege jaar in Australie en is al ses jaar lank 'n Australiese
burger. My werkslewe hier is nou al net so lank as die wat ek Suid Afrika
gehad het. My kinders leef nou al langer in Australie as wat hulle in Suid
Afrika geleef het. Ons braai lank nie meer vleis nie --- hou nou net BBQ. So
ons is nou al lank goed 'n deel van hierdie land. As ek uitwerk hoe baie
belasting ek al oor die laaste nege jaar betaal het besit ek seker al ook n'
goeie deel.

Oor die jare het ek ook al in drie federale verkiesings gestem. Elke
verkiesing se uitslag was naelbytend naby. Die een verkiesing in 1996 het
tot 'n ander party in bewind gebring. Onder die omstandighede verbaas dit my
dat daar binne ses uur na die laaste stembus gesluit word kan bepaal word
watter party gewen het.

Wel hopelik spoor my "coming out" (wat sal die regte Afrikaanse woorde
hiervoor wees?) 'n paar ander sluipers aan om ook hulle veskyning te maak
met 'n bietjie meer aksie op die NG.

Tot siens,

Sluiper in die nag
Re: Verskyning [boodskap #18291 is 'n antwoord op boodskap #18290] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Sluiper wrote in message ...
> Ek sluip nou al meer as ses maande rond op die NG en vanaand het ek besluit
> ek maak my veskyning --- so te sê n' "coming out of the cupboard":-)

Hallo Sluiper

Welkom. Ek sluip ook maar gedurig hier rond, maak my verskyning van tyd tot
tyd en geniet dit vreeslik om Afrikaans te lees. Dit is lekker as ek so af
en toe saam gesels want dan moet ek weer in Afrikaans dink en woorde probeer
onthou wat ek al begin vergeet het (niemand behalwe ek in my huis praat
Afrikaans nie). As dit nie vir hierdie nuusgroep en 'n paar Afrikaanse
vriende was nie, was ek in groot moeilikheid.

Laat hoor gerus meer van jou.

Julie

Deadbeat dads who have money and time for everything else except fulfilling
their obligations to the support and wellbeing of their kids belong in jail.
(March 4th, 1995)

Visit my website: http://www.bigfoot.com/~gotravel
Page me: http://wwp.mirabilis.com/1624030
For my always up-to-date contact information:
http://www.planetall.com/main.asp?cid=1263596
Re: Verskyning [boodskap #18292 is 'n antwoord op boodskap #18290] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sluiper skryf:

> Wel hopelik spoor my "coming out" (wat sal die regte Afrikaanse woorde
> hiervoor wees?) n' paar ander sluipers aan om ook hulle veskyning te maak
> met n' bietjie meer aksie op die NG.

Ja, aksie is wat ons soek! Welkom, en vertel waar jy bly, en die omgewing,
en so aan. Julle Aussies huil seker lekker na die 3N toernooi, of hoe?!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Hardekoolvuur!
Volgende onderwerp: Re: President!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:41:40 MGT 2024