Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Luyt die politikus
Luyt die politikus [boodskap #18051] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Louis Luyt - die man wat baie onlangs gese het hy beskerm SA rugby
teen politieke inmenging - het n politieke party gestig.

Die Federale Alliansie of so iets.
Dis gestig as n opposisie vir die ANC.
Luyt was vanaand op TV en het laat blyk hy stel beslis belang om
Suid-Afrika se president te raak.

Hy het ook met die aankondiging van sy party gese hy sal binnekort
aankondig watter opposisie-partye by hom gaan aansluit.

Intussen het:
1. Die DP gese hulle stel nie belang nie.
2. Die UDM gese Luyt is bietjie "deluded" en nee hulle stel ook nie
belang nie.
3. Die NP gese hulle gaan nie saam met hom nie.
4. Die KP gese nee hulle is ook nie op die kar nie.
5. Die IFP gese hulle stel nie belang nie.
6. Die VF gese nee dankie hulle is klaar saam met die DP.

Wie is Luyt se bondgenote?
My telling laat die PAC, Azapo en die AWB.
Re: Luyt die politikus [boodskap #18081 is 'n antwoord op boodskap #18051] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
>
>
> Louis Luyt - die man wat baie onlangs gese het hy beskerm SA rugby
> teen politieke inmenging - het n politieke party gestig.
>

O hel, miskien dink hy dat sy opposisie teen die ANC en sy standpunt wat hy
ingeneem het "selfs teen die huidige politieke establishment" sal vir hom
stemme trek.

Maar dink so 'n bietjie daaraan... ek kan dink dat hy dink dat 'n politieke
party nie veel moeiliker sal wees om te run as 'n besigheid nie. Minstens sal
sy interne bewind nie deur 'n ander politieke party omver gewerp kan word nie
;)

Persoonlik - nee dit sal nie werk nie - hy het te veel brue gebrand in die
verlede.

Dankie vir die bietjie nuus van SA. Ons spul vlugtelinge kry maar min daarvan.

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Luyt die politikus [boodskap #18082 is 'n antwoord op boodskap #18051] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Wie is Luyt se bondgenote?
> My telling laat die PAC, Azapo en die AWB.

Hy het nie. En hy is bleddie mal, want hy is besig om twee totaal
verskillende issues met mekaar te verwar!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Luyt die politikus [boodskap #18083 is 'n antwoord op boodskap #18051] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> > verskillende issues met mekaar te verwar!>>
>
> Was hy nie altyd besig daarmee nie?

Jy bedoel die aanvoorwerk vir die stigting van 'n nuwe party gedoen deur die
regering hof toe te neem?

As dit die geval was, Ferdi, is hy slimmer as ek en jy saam! Maar sy party
is 'n dooie perd, en daaroor dink ek sal ons twee 'n slag saamstem.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Luyt die politikus [boodskap #18084 is 'n antwoord op boodskap #18051] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 3 Oct 1998 00:18:38 -0500, "Henri Burger" wrote:

verskillende issues met mekaar te verwar!>>[/color]

Was hy nie altyd besig daarmee nie?
Re: Luyt die politikus [boodskap #18108 is 'n antwoord op boodskap #18051] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 3 Oct 1998 22:59:56 -0500, "Henri Burger" wrote:

> >> verskillende issues met mekaar te verwar!>>[/color]
>>
>> Was hy nie altyd besig daarmee nie?
>
>
> Jy bedoel die aanvoorwerk vir die stigting van 'n nuwe party gedoen deur die
> regering hof toe te neem?>>

Nee.

Verwar hy nie maar nog altyd twee issues met mekaar nie?
Soos toe hy gese het hy baklei die Sarfu-issue "vir Afrikaners teen
die ANC".

Intussen het dit net oor rugby en deursigtigheid in die bestuur van
die sport gegaan - soos intussen bewys is.
Re: Luyt die politikus [boodskap #18141 is 'n antwoord op boodskap #18051] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Verwar hy nie maar nog altyd twee issues met mekaar nie?
> Soos toe hy gese het hy baklei die Sarfu-issue "vir Afrikaners teen
> die ANC".

Moenie die 'isues' verwar nie, Ferdi! Dis nie hy wat bg. gesê het nie, maar
die Rapport joernalis (Bokkie Gerber) wat in die hofsaak getuig het.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

>
> Intussen het dit net oor rugby en deursigtigheid in die bestuur van
> die sport gegaan - soos intussen bewys is.
>
Re: Luyt die politikus [boodskap #18142 is 'n antwoord op boodskap #18051] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Oct 1998 17:58:45 -0500, "Henri Burger" wrote:

Verwar hy nie maar nog altyd twee issues met mekaar nie?[/color]
>> Soos toe hy gese het hy baklei die Sarfu-issue "vir Afrikaners teen
>> die ANC".
>
> Moenie die 'isues' verwar nie, Ferdi! Dis nie hy wat bg. gesê het nie, maar
> die Rapport joernalis (Bokkie Gerber) wat in die hofsaak getuig het.>>

Praat ons tegniese goed hier of praat ons realiteite, Henri?
Re: Luyt die politikus [boodskap #18166 is 'n antwoord op boodskap #18051] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

>> Moenie die 'isues' verwar nie, Ferdi! Dis nie hy wat bg. gesê het nie, maar
>> die Rapport joernalis (Bokkie Gerber) wat in die hofsaak getuig het.>>
>
> Praat ons tegniese goed hier of praat ons realiteite, Henri?

Ek weet daar was onlangs 'n oproep uit vooraanstaande Afrikaanse kringe (!)
dat ons in sulke gevalle verby die feite en regstegniese aspekte moet kyk,
maar ek verkies om my die feite te hou!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Luyt die politikus [boodskap #18167 is 'n antwoord op boodskap #18051] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 5 Oct 1998 17:58:45 -0500, "Henri Burger"
> wrote:
>
> >> Verwar hy nie maar nog altyd twee issues met mekaar nie?
>>> Soos toe hy gese het hy baklei die Sarfu-issue "vir Afrikaners teen
>>> die ANC".
>>
>> Moenie die 'isues' verwar nie, Ferdi! Dis nie hy wat bg. gesê het nie, maar
>> die Rapport joernalis (Bokkie Gerber) wat in die hofsaak getuig het.>>
>
> Praat ons tegniese goed hier of praat ons realiteite, Henri?

Nee Ferdi 'ons' (dis nou jy) praat bullshit soos gewoonlik. Antwoord net
Henri se vraag - was dit Luyt wat so gesê het of was dit Gerber? Of is
jy weer besig om die issue te dodge?

En jy praat van realiteite? Gie Gie!
Re: Luyt die politikus [boodskap #18196 is 'n antwoord op boodskap #18051] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 Oct 1998 12:35:19 +0200, lou wrote:

Henri se vraag - was dit Luyt wat so gesê het of was dit Gerber? Of is[/color]
> jy weer besig om die issue te dodge?
>
> En jy praat van realiteite? Gie Gie!>>

En was dit nie in Luyt se oorspronklike dokumente toe hy die saak
begin het nie, Lou, hmmmm?

Realiteite Lou, realiteite.

(Het jy vergeet van toe jy Luyt laas so passievol verdedig het. Toe
was dit mos meer as een keer aan jou gese. )
Re: Luyt die politikus [boodskap #18197 is 'n antwoord op boodskap #18051] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Oct 1998 12:56:16 -0500, "Henri Burger" <hb...@mweb.co.za> wrote:

<<> Ek weet daar was onlangs 'n oproep uit vooraanstaande Afrikaanse kringe (!)
> dat ons in sulke gevalle verby die feite en regstegniese aspekte moet kyk,
> maar ek verkies om my die feite te hou!>>

OK.

Luyt het dit mos as n verdedigingspunt uitgespel toe hy sy
oorpronklike dokumente ingedien het by aanvang van die saak, het hy
nie Henri?
Re: Luyt die politikus [boodskap #18209 is 'n antwoord op boodskap #18051] Vr, 09 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Luyt het dit mos as n verdedigingspunt uitgespel toe hy sy
> oorpronklike dokumente ingedien het by aanvang van die saak, het hy
> nie Henri?

Nee, Ferdie, nie so ver my kennis strek nie. Bokkie Gerber is gedagvaar om
in die hof te kom getuig n.a.v. Tshwete-hulle se perskonferensie waarop die
'eerlike leuen' verkoop is. Daar is onder kruisondervraging aan hom gevra
wat sy koerant, Rapport, se posisie in die saak is. Hý het gesê hulle is van
mening Luyt veg vir die saak van die Afrikaner. Ek kan nie onthou dat Luyt
dit self ooit gesê het nie.

(Ek het gou deur ons Feb-Mrt korrespondensie op rsru gegaan, en ek sien ek
het hierdie punt toe al vir jou uitgewys, en ek het toe gesê wat Gerber te
sê gehad het, is onnosel!)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Luyt die politikus [boodskap #18221 is 'n antwoord op boodskap #18051] So, 11 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> En hoekom wil ek dan nou onthou dat dit toe ook al genoem is dat die
> bewering gestel is in Luyt se aanvanklike domumentasie by aanvang van
> die verhoor?

Ek sal jou terugneem:

Jy het ook gesê Luyt sê hy veg vir die saak van die Afrikaner, waarop ek
gesê het dis wat Bokkie Gerber gesê het. Hierop het jy uit Beeld se argiewe
aangehaal dat hy in die hofstukke aangevoer het dat "Tshwete nie daarvan hou
dat rugby deur wit Afrikaners beheer word nie".

Dit lyk nie vir my of die twee stellings dieselfde beteken nie, Ferdi, en om
dit genoeg kere aan Luyt toe te dig, gaan dit steeds nie die waarheid maak
nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Luyt die politikus [boodskap #18222 is 'n antwoord op boodskap #18051] So, 11 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 9 Oct 1998 15:16:46 -0500, "Henri Burger" wrote:

het hierdie punt toe al vir jou uitgewys, en ek het toe gesê wat Gerber te[/color]
> sê gehad het, is onnosel!)>>

En hoekom wil ek dan nou onthou dat dit toe ook al genoem is dat die
bewering gestel is in Luyt se aanvanklike domumentasie by aanvang van
die verhoor?
Re: Luyt die politikus [boodskap #18234 is 'n antwoord op boodskap #18051] Ma, 12 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 06 Oct 1998 12:35:19 +0200, lou wrote:
>
> Antwoord net
>> Henri se vraag - was dit Luyt wat so gesê het of was dit Gerber? Of is
>> jy weer besig om die issue te dodge?
>>
>> En jy praat van realiteite? Gie Gie!>>
>
> En was dit nie in Luyt se oorspronklike dokumente toe hy die saak
> begin het nie, Lou, hmmmm?
>
> Realiteite Lou, realiteite.
>
> (Het jy vergeet van toe jy Luyt laas so passievol verdedig het. Toe
> was dit mos meer as een keer aan jou gese. )

Nee Ferdi dit was nie. PUNT. Jy is 'besig om die issue te dodge' PUNT

Die feit is Ferdi jy WEET dat dit Bokkie Gerber was wat dit gesê het.
Maar jy verkondig dit steeds asof dit 'n feit is dat Luyt dit gesê. So
jy is nou mos besig om te lieg terwyl jy die feite ken so jy kan nie
eers onosle pleit nie. DIT is die realiteite. Ook is dit alvoorheen vir
jou uitgewys - sien Henri se pos - maar steeds bly JY dit as 'n feit
verkondig. En dit "was dit mos meer as een keer aan jou gese". :)

Verder lieg jy ook dat ek Luyt 'so passievol' verdedig het. Ek het die
REG van Luyt en SARFU verdedig om in terme van die konstitusie (sies
lelike woord) - die saak hof toe te neem. Dit is dan ook so deur die
regter aanvaar en SARFU het die saak gewen. Iets wat jy maar moeilik
sluk ne? So halwe waarhede al weer??

Nou vertel ons nou weer van realiteit? Is dit in jou woordeboek 'n ander
term vir 'ligtelik met die waarheid omgaan'? Of beteken dit 'Ferdi se
weergawe van die waarheid'?

Cheers
Lou
Re: Luyt die politikus [boodskap #18235 is 'n antwoord op boodskap #18051] Ma, 12 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Fri, 9 Oct 1998 15:16:46 -0500, "Henri Burger"
> wrote:
>
> sien ek
>> het hierdie punt toe al vir jou uitgewys, en ek het toe gesê wat Gerber te
>> sê gehad het, is onnosel!)>>
>
> En hoekom wil ek dan nou onthou dat dit toe ook al genoem is dat die
> bewering gestel is in Luyt se aanvanklike domumentasie by aanvang van
> die verhoor?

Want dan sal jy openlik staan en lieg nie.En dit pas jou weergawe van
die waarheid (realiteit).
Re: Luyt die politikus [boodskap #18245 is 'n antwoord op boodskap #18051] Di, 13 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 11 Oct 1998 17:00:12 -0500, "Henri Burger" wrote:

[/color]
> Jy het ook gesê Luyt sê hy veg vir die saak van die Afrikaner, waarop ek
> gesê het dis wat Bokkie Gerber gesê het. Hierop het jy uit Beeld se argiewe
> aangehaal dat hy in die hofstukke aangevoer het dat "Tshwete nie daarvan hou
> dat rugby deur wit Afrikaners beheer word nie".>>

(Tswete is natuurlik die ANC-minister van Sport.
En Tswete het deurentyd die aantyding ten volle ontken.)

Luyt het die hofsaak op onder meer daardie uitgespelde basis begin.
En in die hof is een van sy getuies wat hy roep Bokkie Gerber.
En sy regspan vra toe die vraag aan Bokkie Gerber en laat die
interpretasie toe goedkeurend inskryf in die hofrekords as deel van
die betoog wat Luyt aanvoer.

nie! >>[/color]

En om die premise wat Luyt stel in sy aanvanklike hofstukke te skei
van die uitoefening van daardie premise in die ontvouing van die saak
- Luyt se regspan wat vrae aan Luyt se geroepte getuie oor die
spesifieke issue vra - gaan dit nie twee onverwante kwessies maak
nie, Henri.

Dit is een kwessie.
n Fundamentele beginsel wat gestel is met die aanvang van die saak wat
dan "vleis" gegee word in die ontplooiing van die argument.

Die stelling is in die fondament van die saak aangevoer - soos jy self
se.
Luyt het Gerber as getuie geroep - soos jy self se.
Luyt het deur sy regspan die vrae aan Gerber gevra.
Luyt het deur sy regspan die stelling van Gerber met instemming in die
hofrekords laat inskryf sodat die regter onder meer dit in aanmerking
moet neem as hy besluit.

Dit behoort vir jou duidelik te wees.

En dan praat ons nie eers van die geweldige "hype" op die trant wat om
die hofsaak geheers het nie. Wat nooit deur Luyt ontken of "reggestel"
is nie.

Dit sal ook interresant wees om te gaan kyk na toesprake wat Luyt na
die uitspraak gemaak het.
Re: Luyt die politikus [boodskap #18246 is 'n antwoord op boodskap #18051] Di, 13 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Oct 1998 09:44:31 +0200, lou wrote:

> [/color]
>> On Fri, 9 Oct 1998 15:16:46 -0500, "Henri Burger"
>> wrote:
>>
>> > sien ek
>>> het hierdie punt toe al vir jou uitgewys, en ek het toe gesê wat Gerber te
>>> sê gehad het, is onnosel!)>>
>>
>> En hoekom wil ek dan nou onthou dat dit toe ook al genoem is dat die
>> bewering gestel is in Luyt se aanvanklike domumentasie by aanvang van
>> die verhoor?
>
> Want dan sal jy openlik staan en lieg nie.En dit pas jou weergawe van
> die waarheid (realiteit).>>

Jou sin maak nie sense nie.
Jou aantyging is onwaar.

En dan onthou ek mos ook hoe jy die "Luyt veg vir die Afrikaner teen
die ANC" argument vuriglik ondersteun het toe die hofsaak aan die gang
is.

Het jy ook toe nie voorspel dat as Luyt waai is dit die einde van SA
rugby nie, Lou?
Re: Luyt die politikus [boodskap #18247 is 'n antwoord op boodskap #18051] Di, 13 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Luyt het die hofsaak op onder meer daardie uitgespelde basis begin.
> En in die hof is een van sy getuies wat hy roep Bokkie Gerber.
> En sy regspan vra toe die vraag aan Bokkie Gerber en laat die
> interpretasie toe goedkeurend inskryf in die hofrekords as deel van
> die betoog wat Luyt aanvoer.

Ek sien ons is terug by al die sirkels wat ons toe geloop het! Dis nou net
'n bietjie moeiliker, omdat 'n ou in die argiewe sal moet gaan delf om te
bepaal wie se regspan vir wie wat gevra het.

Maar hierdie is wat ek onthou na maande se verloop:

Gerber is gedagvaar met die spesifieke doel om te kom getuig dat
Tshwete/Tyamzashe twee weke voor die kommissie aangestel is op 'n
nuuskonferensie waar hy (Gerber) teenwoordig was, gesê het Mnr. Mandela het
gesê "die kommissie is joune, as jy dit goed vind".

Die vraag oor sy koerant, Rapport, se posisie is so ver my kennis strek,
gevra deur die regering se regspan, en nie deur Luyt s'n nie.

Hierop het Gerber geantwoord "Hy veg vir die saak van die Afrikaner."

Daardie woorde, Ferdi, kan jy plooi en draai soos jy wil, maar daar is geen
manier wat jy dit aan Luyt kan toedig nie! Dit die feite.

Wat Luyt daarna gesê het, rakende 'slapgatte', en wat nog, raak my nie in
die minste nie. Daar is geen manier waarop hy vir die Afrikaner veg nie, al
sou hy dit ook self sê.

Daar was 'n tyd toe Luyt standpunt teen die regering ingeneem het, soos wat
Patricia de Lille gedoen het toe hulle haar wederregtelik uit die parlement
geskop het. Daardie reg van hulle sal ek altyd verdedig. Dit beteken egter
nie dat ek aanhangers van enige van hulle is nie. Maar dit dink ek het ons
lank gelede reeds uitgesorteer!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Luyt die politikus [boodskap #18267 is 'n antwoord op boodskap #18051] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 12 Oct 1998 09:44:31 +0200, lou wrote:
>
> >>
>>> On Fri, 9 Oct 1998 15:16:46 -0500, "Henri Burger"
>>> wrote:
>>>
>>> >> sien ek
>>>> het hierdie punt toe al vir jou uitgewys, en ek het toe gesê wat Gerber te
>>>> sê gehad het, is onnosel!)>>
>>>
>>> En hoekom wil ek dan nou onthou dat dit toe ook al genoem is dat die
>>> bewering gestel is in Luyt se aanvanklike domumentasie by aanvang van
>>> die verhoor?
>>
>> Want dan sal jy openlik staan en lieg nie.En dit pas jou weergawe van
>> die waarheid (realiteit).>>
>
> Jou sin maak nie sense nie.
> Jou aantyging is onwaar.

Ok ek verduidelik asof jy drie jaar oud is. As niemand jou herinner dat
jy al wel voorheen vertel is dat dit Gerber is en nie Luyt is wat die
gewraakte woorde, dit is nou die wat jy aan Luyt toedig totdat iemand
jou vertel jy lieg, dan sal jy aanhou om dit as die waarheid te
verkondig. Verstaan jy nou? Nog nie? Ek gee op.

Aangaande die onwaar aantygings. Wat jy dus sê is dat jy glo dat Luyt
dit gesê het tenspyte daarvan dat dit al telkemale aan jou uitgewys is
as onwaar. Dat jy ook geen bewyse het dat Luyt dit wel gesê het nie
maar steeds verkondig jy dit vir die waarheid? So watter deel van my
'aantygings' is nou onwaar? En watter deel van jou 'Luyt aantygings' is
waar?

>
> En dan onthou ek mos ook hoe jy die "Luyt veg vir die Afrikaner teen
> die ANC" argument vuriglik ondersteun het toe die hofsaak aan die gang
> is.
>
> Het jy ook toe nie voorspel dat as Luyt waai is dit die einde van SA
> rugby nie, Lou?

Nee Ferdi - jy verkondig al weer 'n onwaarheid!!! :) Maar dan is jy al
voorheen vertel dat jy onwaarhede verkondig :) en daardie pos(te) het jy
ook mos net gei"gnoreer want dit strook nie met jou weergawe van die
waarheid nie. Volstruispolitiek?
Vorige onderwerp: Boere Volk se Vryheid is op pad.
Volgende onderwerp: Kopieregroof Hmmmm........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 03:56:18 MGT 2024