Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hoe het tye verander
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17831] Do, 24 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:

> As die titel van die boek, die uitgewers se besonderhede, en die prys ook
> by elke gedig verskyn het, sou dit tot voordeel van die Afrikaanse-, EN die
> uitgewersbedrywe gestrek het. - ten minste in 'n kapapitalistiese vryemark
> stelsel.
>
> So, watter deel van die plasing verstaan jy nou nog nie?

Die deel van die "kapapitalistiese"
vryemark. Sien, ou Griet, die gedigte
op hierdie nuusgroep is en wil nie
deel wees van die kapitalistisme nie.
Sommige van hierdie gedigte word deur
kubervriende van my in SA na my gestuur
(byvoorbeeld die Gert Vlok Nels wat
baie moeilik is om in te tik). En ek
het al gemerk dat iemand vertel dat
hy digbundels van Nel soek in SA en dit
nie kan vind nie.
As mense oor jou prosa skryf, dan merk
hulle die algemene onhandigheid met die
Afrikaanse taal op, en merk hulle ook
op dat jy jou aanstel as arbiter van
die Afrikaanse taal en letterkunde. So
sit dit nou maar in jou pyp en rook dit.

Tant Alie

>
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17832 is 'n antwoord op boodskap #17831] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Miskien moet jy jou idiome gaan leer...

Ons leer nie die taal nie - ons skep dit, en ander skryf dit neer. In ons
kontrei is dit 'n algemene idioom.

> om digters aan te haal..........
As dit winsgewend was om die NG as publikasie medium te gebruik, sou die
uitgewers dit lankal self gedoen het tot voordeel van die outeurs en die
maatskappy.
As die titel van die boek, die uitgewers se besonderhede, en die prys ook
by elke gedig verskyn het, sou dit tot voordeel van die Afrikaanse-, EN die
uitgewersbedrywe gestrek het. - ten minste in 'n kapapitalistiese vryemark
stelsel.

So, watter deel van die plasing verstaan jy nou nog nie?
--

NS. Ek maak verskoning vir onvolledige deelname. Die bediener gradeer nie
die plasings op nie, en ek sukkel om enigsins tot die internet toegang te
kry.

sand...@global.co.za
.........................................
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17880 is 'n antwoord op boodskap #17831] Sa, 26 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
sand...@global.co.za writes:

> 'n kapapitalistiese

> Vertel dit vir die skrywers wat boeke publiseer. Ek neem aan hulle hoop dat
> dit sal verkoop ook in die proses.

>
> Brei verder uit.

Ek neem aan dat die digters van die gedigte
wat ek op hierdie nuusgroep plaas, bly sal
wees dat hulle gedigte ge-eer word en op vier
of vyf kontinente gelees word. AS hulle nog
leef. Sommige van hulle is al vir 'n halfeeu
of meer dood, weet jy. En is dus in die
publieke domein.

> Wat my aanbetref kan enige iemand, in enige vorm van die taal, deelneem,
> solank die taal geniet en gebruik word.

Moenie so oneerlik wees nie. Iemand anders, nie
ek nie, het beswaar gemaak teen die onbeholpenheid
van jou prosa, en jy het hom aggressief geantwoord.
Nou probeer jy die feit verdoesel deur my aan te
val.

> Die verskillende uitgewerye het internet webblaaie. Daar kan selfs
> bestellings geplaas word. Gert Vlok Nel was deur Leserskring geadverteer.
> Tafelberg uitgewers het 'n indrukwekkende webblad. Gebruik dit.

Ek laat hierdie bietjie positiewe skrywe van jou
op die nuusgroep. Ek hoop mense sal daarvan gebruik
maak.

> Uitreksels uit gedigte is heelemal aanvaarbaar. Maar die plasing van die een
> volledige gedig na die ander is 'n heeltemtemaal ander storie.

Nou hier verklaar jy jou nou 'n lid van die
taalpolisie. (Is dit jou ou apartheidsinklinasies
wat uitkom: jy wil mense vertel wat om te doen,
selfs op letterkundige gebied?) Nou sê ek vir jou,
ou Griet, ek sal wag totdat Interpol aan my deur
klop. Ek weet dat baie mense op hierdie nuusgroep
daarvan hou om 'n paar gedigte gemeng te kry met
al die ander dinge wat op hierdie nuusgroep aangaan.
(How do I know? The people told me so. Sing dit op
daardie deuntjie.)

Hyg Hyg Hyg-tannie
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17881 is 'n antwoord op boodskap #17831] Sa, 26 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
> "Griet" writes:
>
>> As die titel van die boek, die uitgewers se besonderhede, en die prys ook
>> by elke gedig verskyn het, sou dit tot voordeel van die Afrikaanse-, EN die
>> uitgewersbedrywe gestrek het. - ten minste in 'n kapapitalistiese vryemark
>> stelsel.
>>
>> So, watter deel van die plasing verstaan jy nou nog nie?
>
> Die deel van die "kapapitalistiese"
> vryemark. Sien, ou Griet, die gedigte
> op hierdie nuusgroep is en wil nie
> deel wees van die kapitalistisme nie.

Vertel dit vir die skrywers wat boeke publiseer. Ek neem aan hulle hoop dat
dit sal verkoop ook in die proses.

> Sommige van hierdie gedigte word deur
> kubervriende van my in SA na my gestuur
> (byvoorbeeld die Gert Vlok Nels wat
> baie moeilik is om in te tik). En ek
> het al gemerk dat iemand vertel dat
> hy digbundels van Nel soek in SA en dit
> nie kan vind nie.
> As mense oor jou prosa skryf, dan merk
> hulle die algemene onhandigheid met die
> Afrikaanse taal op,

Brei verder uit.

> en merk hulle ook
> op dat jy jou aanstel as arbiter van
> die Afrikaanse taal en letterkunde

Die hele probleem met jou is dat jy groter as die saak wil wees - die
probleem in enige bedryf. Ek verduidelik: Wanneer die individu groter as die
saak word, misluk die poging. Jy het jouself aangestel as die arbiter van
enige iemand se poging op die nuusgroep, en beskou jouself belangriker as die
bespreking. Dis wanneer'n akteur se beeld groter word as sy rol in die film,
en die film a.g.v. daarvan misluk.

Wat my aanbetref kan enige iemand, in enige vorm van die taal, deelneem,
solank die taal geniet en gebruik word. Sommige redenasies op hierdie NG word
gevoer deur individue wat groter as die redenasies wil wees, weens die
ego-verwante komplekse.

Weens jou monumentale ego, jaag jy genoeg deelnemers weg. Dis 'n jammerte.
Dis ook nie ou nuus nie.

> So sit dit nou maar in jou pyp en rook dit.
>
> Tant Alie
>
>>
>

Die verskillende uitgewerye het internet webblaaie. Daar kan selfs
bestellings geplaas word. Gert Vlok Nel was deur Leserskring geadverteer.
Tafelberg uitgewers het 'n indrukwekkende webblad. Gebruik dit.

Uitreksels uit gedigte is heelemal aanvaarbaar. Maar die plasing van die een
volledige gedig na die ander is 'n heeltemtemaal ander storie.
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17927 is 'n antwoord op boodskap #17831] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Coetzee, Jacob Carl" writes: > >

Moenie so oneerlik wees nie. Iemand anders, nie
>> ek nie, het beswaar gemaak teen die onbeholpenheid
>> van jou prosa, en jy het hom aggressief geantwoord.
>> Nou probeer jy die feit verdoesel deur my aan te
>> val.
>>
> Ek, en as ek reg onthou, die meeste van die ander persone wat kommentaar
> daarop gelewer het, is mal oor Griet se prosa. Vergeet dus daarvan dat
> die algemene siening op die ng. was dat haar werk "onbeholpe" was. Haar
> humor is uitstekend, en sy het die vermoe om in woorde 'n prentjie te
> skilder sodat ek dit amper kan sien gebeur. Humoristiese verwysings na
> karakters se eskapades is net deur enkeles uit verband geruk, en na
> aanleiding daarvan, is haar werk summier as "hyg"-prosa geklassifiseer.
> Dit is hartseer dat hierdie onregverdige kommentaar vir Griet afgeskrik
> het om nog meer sulke plasings te maak. Griet, wanneer kan ons weer iets
> van jou lees!


Jy maak nou ook weer stories op.
Griet self het haar prosa op die
nuusgroep aanvanklik "hygroman"-
materiaal genoem. Onthou jy dat
sy vertel het hoe sy en die ander
"hygromanskryfsters-vriendinne" oor
die telefoon onder mekaar gelag
het oor wat ek nou blykbaar gesê
het oor hygromans: ( dat die "Mills
and Boons,- in Kanada "Harlequins" -
self goed geskryf moet wees om
geslaag te wees.) Later het sy begin
om die stukke as "stoepstories" te
beskryf. Maar as die stories, vol
drinkery, fornikasie en kleinhuisie-
gepraat nou die stof is waarvan
deesdae se Afrikaner-stoepstories
bestaan, dan het ek maar min moed
vir Afrikaans en die Afrikaner.

In alle geval, soek self die brief
nou onlangs waar iemand anders, nie
ek nie, haar aangeval het oor haar
vermenging van idiomatiese uitdrukkings.

Gloudina
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17928 is 'n antwoord op boodskap #17831] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Sep 1998 06:29:05 GMT, sand...@global.co.za wrote:
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17929 is 'n antwoord op boodskap #17831] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Sep 1998 06:29:05 GMT, sand...@global.co.za wrote:
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17930 is 'n antwoord op boodskap #17831] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

> Ja, dit sal nogal help as Gloudina meer spesifiek wil aandui wie anders
> behalwe sy self ontevrede is met Griet se prosa.

Gaan kyk self in die argief.
En as jy dit kry, pos dit op
die nuusgroep, as jy enigsins
'n man is en nie 'n muis nie.


> Vir my lyk dit maar net soos nog een van die hennegevegte wat Gloudina
> ontketen elke keer as daar 'n ander vrou op die nuusgroep kom wat nie
> behoorlik salaams maak en deurentyd eerbied betoon aan haar opgeblase ego
> nie.
>
> Solank die meisies stil en op hul plek is, sal Gloudina hulle nog verdra.
>
> Maar moenie dat hulle enigsins aandag trek nie!


Tipiese male chauvinist pig-gepratery.
Voel lekker as jy vir vroumense kan vertel
hoe hulle onder mekaar baklei.

En as jy nou 'n man is en nie 'n muis nie,
vertel vir ons wie vir my verduidelik het
wat 'n hygroman nou eintlik is. Ek was aan-
vanklik deurmekaar oor die term "hygroman"
en dis jy wat verklaar het dat dit die
ekwivalent is van Mills and Boon of
Harlequins, soos ons hulle noem hier in
Kanada. (Vir die wat die oorspronklike
gesprek gemis het: ek het gespog dat
Kanada een van die grootste en beste produ-
sente van Hygromans is. Die woord "Mills"
kom van "Don Mills," 'n voorstad van Toronto.

Gloudina
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17931 is 'n antwoord op boodskap #17831] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit sal nogal help as Gloudina meer spesifiek wil aandui wie anders
behalwe sy self ontevrede is met Griet se prosa.

Vir my lyk dit maar net soos nog een van die hennegevegte wat Gloudina
ontketen elke keer as daar 'n ander vrou op die nuusgroep kom wat nie
behoorlik salaams maak en deurentyd eerbied betoon aan haar opgeblase ego
nie.

Solank die meisies stil en op hul plek is, sal Gloudina hulle nog verdra.

Maar moenie dat hulle enigsins aandag trek nie!

Dis hoe dit vir my lyk.

Leendert

In article ,
"Coetzee, Jacob Carl" wrote:
>> Moenie so oneerlik wees nie. Iemand anders, nie
>> ek nie, het beswaar gemaak teen die onbeholpenheid
>> van jou prosa, en jy het hom aggressief geantwoord.
>> Nou probeer jy die feit verdoesel deur my aan te
>> val.
>>
> Ek, en as ek reg onthou, die meeste van die ander persone wat kommentaar
> daarop gelewer het, is mal oor Griet se prosa. Vergeet dus daarvan dat
> die algemene siening op die ng. was dat haar werk "onbeholpe" was. Haar
> humor is uitstekend, en sy het die vermoe om in woorde 'n prentjie te
> skilder sodat ek dit amper kan sien gebeur. Humoristiese verwysings na
> karakters se eskapades is net deur enkeles uit verband geruk, en na
> aanleiding daarvan, is haar werk summier as "hyg"-prosa geklassifiseer.
> Dit is hartseer dat hierdie onregverdige kommentaar vir Griet afgeskrik
> het om nog meer sulke plasings te maak. Griet, wanneer kan ons weer iets
> van jou lees!
>
> JC
>
>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17932 is 'n antwoord op boodskap #17831] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Moenie so oneerlik wees nie. Iemand anders, nie
> ek nie, het beswaar gemaak teen die onbeholpenheid
> van jou prosa, en jy het hom aggressief geantwoord.
> Nou probeer jy die feit verdoesel deur my aan te
> val.
>
Ek, en as ek reg onthou, die meeste van die ander persone wat kommentaar
daarop gelewer het, is mal oor Griet se prosa. Vergeet dus daarvan dat
die algemene siening op die ng. was dat haar werk "onbeholpe" was. Haar
humor is uitstekend, en sy het die vermoe om in woorde 'n prentjie te
skilder sodat ek dit amper kan sien gebeur. Humoristiese verwysings na
karakters se eskapades is net deur enkeles uit verband geruk, en na
aanleiding daarvan, is haar werk summier as "hyg"-prosa geklassifiseer.
Dit is hartseer dat hierdie onregverdige kommentaar vir Griet afgeskrik
het om nog meer sulke plasings te maak. Griet, wanneer kan ons weer iets
van jou lees!

JC
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17960 is 'n antwoord op boodskap #17831] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >


> Ek wys daarop dat jy jou in hierdie nuusgroep gedra soos die knorrige ou
> senior tikster in die glaskas waar al die tiksters sit, en wat dink dat sy
> moet sorg dat al die meisies hulle mooi stemmig gedra. In hierdie opsig het
> ek nog nie opgemerk dat jy een man op die nuusgroep aangespreek het vir
> vuilbekkigheid nie.
>
> Ek vind jou gedrag teenoor ander vroue op die nuusgroep 'n verleentheid vir
> hulle en vir die res van ons.

Nou, ou Leendert, is dit weer lysie-maak
tyd. Nommer hulle nou maar van een tot
tien.

En ek het talle kere beswaar gemaak as daar
uiterste vuilbekkigheid van mans op hierdie
nuusgroep openbaar was: Johan (toe hy nog
Nico was), die Jacobs ou by Rhodes, nou
kortgelede iemand (Bryan?) Vir jou inligting
ek maak gewoonlik 'n punt daarvan om
nie vroulike persone op hierdie nuusgroep aan
te val nie. Maar as hulle my begin aanval,
soos Griet en die Nederlandse pop my aangeval
het, dan sal ek nie stil sit nie.

Tant Alie
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17961 is 'n antwoord op boodskap #17831] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Dit is natuurlik moontlik dat so 'n publikasie mense sal aanmoedig om die
> bundels van die digters te gaan koop - as dit die geval is, sou dit goed
> wees, maar ek twyfel half.
>
> Ek dink die gedigte is 'n goeie ding. Maar die storie bereik nou so 'n
> omvang dat ek ook dink dit sou wys wees om maar die toestemming van die
> digter en die oorspronklike uitgewer te vra. As die digters so gretig is vir
> die blootstelling soos Gloudina beweer sal hulle mos nie beswaar hê nie.
>
> Groete, Leendert

Terwyl al julle ou tannies nou so sit en
agoniseer oor die "gedigte" - ek het baie
lank gelede die implikasies al deurdink en
tot die besluit gekom dat ek die kans sal
vat. As Interpol aan my deur klop, sal ek
my polse aanbied en die boeie laat klik en
in die tronk gaan sit. Ek het 'n seun wat
'n prokureur is, en hy is reg om sy inter-
nasionale roem te verwerf deur so 'n saak
te verdedig. En dink aan al die roem wat ek
sal verwerf as die tannie wat bereid is om
tronk toe te gaan om gedigte te versprei.

Alle speletjies op 'n end, ek het tot hierdie
stap oorgegaan lank gelede, toe ek gesien het
hoe maklik mense in SA geterroriseer kon word
deur 'n navragie van iemand uit die Inrigting
vir Sosiale en Geesteswetenskappe (of soiets)
oor hoekom en waarom en hoeveel gedigte hulle
op die nuusgroep geplaas het. Toe het ek
besluit dat iemand wat nie SA burger is nie
en nie in SA sit nie, liewer die risiko kan
loop. Ek is oortuig daarvan dat dit 'n goeie
ding is om hierdie nuusgroep ook as 'n verspreider
van gedigte te gebruik. Ou gedigte, nuwer gedigte,
wat ook al. Deesdae ook Engelse gedigte. Ek weet
dat Engels-sprekende lesers na die Afrikaanse
nuusgroep kom om hulle skepseltjie geesteskos
te kry. Miskien word Engelse Suid-Afrikaners
binne en buite SA se Afrikaans daardeur in
stand gehou.

In alle geval, die dag as die gedigte ophou, weet
dan dat Interpol aan die deur geklop het. Stuur
dan kospakkies. En digbundels.

Die tannie met die passie vir gedigte.
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17962 is 'n antwoord op boodskap #17831] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sat, 26 Sep 1998 06:29:05 GMT, sand...@global.co.za wrote:
>
> > volledige gedig na die ander is 'n heeltemtemaal ander storie.>>
>
> Dit sal beslis vreemd wees as iemand in die hof moet staan omdat hy
> gedigte versprei het.

Miskien tog nie - was daar nie al sulke gevalle met mense wat onregmatige
dinge met bloemlesings aangevang het nie?

>
> Geen digter maak in elk geval geld uit die verkoop van digbundels nie.

Heeltemal reg. Maar die uitgewer is helheid afhanklik van die paar kopieë
wat hy van die hand gesit kry om se uitgawes te dek - anders sien hy nie
kans om weer poësie uit te gee nie.

Ek dink Griet se kommentaar is oorweging werd.

Dis een ding om 'n paar gedigte tussen vriende te deel. Dis 'n ander ding om
'n omvattende bloemlesing van Afrikaanse gedigte op die internet te plaas
(behalwe natuurlik die wat meer as vyftig jaar oud is)

Dit is natuurlik moontlik dat so 'n publikasie mense sal aanmoedig om die
bundels van die digters te gaan koop - as dit die geval is, sou dit goed
wees, maar ek twyfel half.

Ek dink die gedigte is 'n goeie ding. Maar die storie bereik nou so 'n
omvang dat ek ook dink dit sou wys wees om maar die toestemming van die
digter en die oorspronklike uitgewer te vra. As die digters so gretig is vir
die blootstelling soos Gloudina beweer sal hulle mos nie beswaar hê nie.

Groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17963 is 'n antwoord op boodskap #17831] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
>> Terwyl al julle ou tannies nou so sit en
>> agoniseer oor die "gedigte" -
>
> Let wel:- die vrae oor die morele implikasies van die "gedigte" het direk
> ontstaan uit jou gepikkery op Griet.

Jy lieg dat jy blou in die gesig is.
Die onderwerp van die gedigte-op-die-
nuusgroep-plaas was opgehaal deur
Griet wat my uit die bloute beskuldig
het dat ek met ander mense se kalwers
ploeg, en toe moes ou tante Leendert
ook sy stuiwer in die armbeurs gooi.

Tant Mina (een van die lessies)
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17964 is 'n antwoord op boodskap #17831] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Ja, ek was verantwoordelik vir die verwarring. Ek het Griet se aanvanklike
> plasing verkeerd gelees (baie uitsonderlik vir 'n keurige leser soos ek) en
> verstaan dat sy sê "stoepstories = hygromans".

Ha, ha, ha. Kyk hoe probeer hy nou vir
homself loswikkel, soos daardie bobbejaan
met sy hand in die pampoen. Nou los hy
die pitjies so een vir een en sien hoeveel
hy moet bieg voordat sy hand uit die gat
kan kom. Ou Leendert, jy was een van die
oorspronklike Griet-aanvallers. Het jy
haar nie ook oor die kole gehaal toe sy
probeer het om te verklaar dat die hyg-
romans/stoepstories as eksistensiele
literatuur beskou kan word nie? Kom, laat
los nog 'n pampoenpit. So, jy beskou jou
as 'n keurige leser? Aitsa!

> Mettertyd het ek besef daar's fout, en teruggegaan na die oorspronklike. Ek
> het my fout opgespoor, en die verduideliking vir die kennisname van almal
> geplaas. Daarin het ek getoon dat Griet se standpunt van die begin af was
> dat stoepstories nie gelyk is aan hygromans nie.

Hierdie is natuurlik ook jou na-die-tyd-
opdis van die storie. Griet het haar geskry-
wery eers self hygroman-materiaal genoem, en
dis eers nadat ek verklaar het dat selfs
hygromans met hulle resep-skrywery 'n sekere
mate van literere kundigheid en vaardigheid
met die taal vereis, dat sy begin terugkrabbel
het dat haar geskrifte stoepstories is.

Ek kan ook onthou dat toe Griet die eerste keer
op die toneel verskyn het, sy gepraat het van
hoe dit die jong Nasionaliste was wat verantwoor-
delik is vir die aanvoor van die Nuwe SA. Het jy
haar nie toe ook aangeval daaroor nie? Toe, fess
up, Leendert. Jy was lid van die anti-Griet
brigade, en nou wil jy skielik maak asof jou ou
hande, met hulle krom vingers, skoon is.

Oom Kallie
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17965 is 'n antwoord op boodskap #17831] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Sep 1998 01:27:41 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
gedigte versprei het.[/color]

>
> Miskien tog nie - was daar nie al sulke gevalle met mense wat onregmatige
> dinge met bloemlesings aangevang het nie?>>

Ek bedoel nie regstegnies nie. Ek bedoel poeties.

Maar dink jy as Gloudina NIE die gedigte hier pos nie, sal die mense
op die groep wat die gedigte as haar postings raaksien en moontlik
lees, uitgaan en die bundels gaan opspoor en koop?

Of selfs na die boekrak loop en n groot verseboek oopmaak?

Ek het hier die eerste keer n vers van Gert Vlok Nel gelees (Gloudina
se posting) en na n ses maande lange stryd uiteindelik n bundel van
hom in die hande gekry.
Nie in n winkel nie. Met ander ompaaie langs. Want in Jhb is daar nie
n winkel wat dit het of waarskynlik ooit sal he nie.

Die winkels is blink en vol multimedia PC's en nuwe boeke en toe vra
ek die vrou agter die toonbank - n nice en nogal sexy boek-tipe - om
vir my n Lorca-bundel te bestel. Toe kry sy n uiters dowwe uitdrukking
in haar oe en vra WHO?!

Toe spel ek die naam vir haar en sy neem notas en nou twee jaar later
het ek nog niks van haar gehoor nie.

n Mens koop in elk geval die meeste van die tyd nie n bundel gedigte
omdat jy dit nog nie gelees het nie, jy koop dit OMDAT jy die gedigte
al gelees het, daarvan hou en dit in mooi boekvorm wil he.
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17995 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> Ek vind jou gedrag teenoor ander vroue op die nuusgroep 'n verleentheid vir
>> hulle en vir die res van ons.
>
>
> Nou, ou Leendert, is dit weer lysie-maak
> tyd. Nommer hulle nou maar van een tot
> tien.

Nie voor jy reageer op die vorige lysie wat ek vir jou opgestel het nie -
die een oor die leuens wat jy vertel, onthou?

> En ek het talle kere beswaar gemaak as daar
> uiterste vuilbekkigheid van mans op hierdie
> nuusgroep openbaar was: Johan (toe hy nog
> Nico was), die Jacobs ou by Rhodes, nou
> kortgelede iemand (Bryan?)

Het jy enige bewyse vir hierdie aanspraak van jou?

> Vir jou inligting
> ek maak gewoonlik 'n punt daarvan om
> nie vroulike persone op hierdie nuusgroep aan
> te val nie.

Hoe edel en ondiskriminerend van jou. Hoeveel vroue was daar op die
nuusgroep wat gereelde bydraes gelewer het en wat jy nie verwilder het nie,
Gloudina?

> Maar as hulle my begin aanval,
> soos Griet en die Nederlandse pop my aangeval
> het, dan sal ek nie stil sit nie.

En die Duitse een, Vira? Die een wat jy so met mag en mening die mond
gesnoer het?
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17997 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"

>> Dit is natuurlik moontlik dat so 'n publikasie mense sal aanmoedig om die
>> bundels van die digters te gaan koop - as dit die geval is, sou dit goed
>> wees, maar ek twyfel half.

>> Ek dink die gedigte is 'n goeie ding. Maar die storie bereik nou so 'n
>> omvang dat ek ook dink dit sou wys wees om maar die toestemming van die
>> digter en die oorspronklike uitgewer te vra. As die digters so gretig is vir
>> die blootstelling soos Gloudina beweer sal hulle mos nie beswaar hê nie.

> Terwyl al julle ou tannies nou so sit en
> agoniseer oor die "gedigte" -

Let wel:- die vrae oor die morele implikasies van die "gedigte" het direk
ontstaan uit jou gepikkery op Griet.

> ek het baie
> lank gelede die implikasies al deurdink en
> tot die besluit gekom dat ek die kans sal
> vat. As Interpol aan my deur klop, sal ek
> my polse aanbied en die boeie laat klik en
> in die tronk gaan sit. Ek het 'n seun wat
> 'n prokureur is, en hy is reg om sy inter-
> nasionale roem te verwerf deur so 'n saak
> te verdedig. En dink aan al die roem wat ek
> sal verwerf as die tannie wat bereid is om
> tronk toe te gaan om gedigte te versprei.

Die vraag wat jy gevra sal word is dit: As jy soveel opoffer om gedigte te
versprei, waarom lê jy dan mense die swye op wat oorsponklike stories
produseer en op hierdie nuusgroep aanbied?

Daarvoor hoort jy inderdaad in die tronk.

>
> Alle speletjies op 'n end, ek het tot hierdie
> stap oorgegaan lank gelede, toe ek gesien het
> hoe maklik mense in SA geterroriseer kon word
> deur 'n navragie van iemand uit die Inrigting
> vir Sosiale en Geesteswetenskappe (of soiets)
> oor hoekom en waarom en hoeveel gedigte hulle
> op die nuusgroep geplaas het.

Ah! En toe besluit jy jy sal sommer daar en dan vir Griet begin terroriseer
oor die stories wat sy skryf?

> Toe het ek
> besluit dat iemand wat nie SA burger is nie
> en nie in SA sit nie, liewer die risiko kan
> loop. Ek is oortuig daarvan dat dit 'n goeie
> ding is om hierdie nuusgroep ook as 'n verspreider
> van gedigte te gebruik. Ou gedigte, nuwer gedigte,
> wat ook al. Deesdae ook Engelse gedigte. Ek weet
> dat Engels-sprekende lesers na die Afrikaanse
> nuusgroep kom om hulle skepseltjie geesteskos
> te kry. Miskien word Engelse Suid-Afrikaners
> binne en buite SA se Afrikaans daardeur in
> stand gehou.

Maar die geesteskos wat ander mense hier met mekaar wil deel, oorspronklike
waarnemings en medelelings wat direk uit die gemeenskap kom, die vermorsel
jy soos 'n Nazi met 'n jackboot.

>
> In alle geval, die dag as die gedigte ophou, weet
> dan dat Interpol aan die deur geklop het. Stuur
> dan kospakkies. En digbundels.
>
> Die tannie met die passie vir gedigte.

Nee. Die tannie wat die koddigste passies kan dans wanneer sy met haar eie
skynheiligheid gekonfronteer word.

Die vraag wat jou slim seun sal moet kan hanteer uit jou getuienis is dit:
"Het jy enige redelike pogings aangewend om die toestemming te kry van die
outeurs en die uitgewers van die groot getal gedigte wat jy hier gepubliseer
het?"

En soos jy al self opgemerk het, Kanada en Suid-Afrika is besig om 'n
uitruilooreenkoms te beding - en die intellektuele eiendom van Afrikaners
wat jy so stroop is deel daarvan.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17998 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek was aan-
> vanklik deurmekaar oor die term "hygroman"
> en dis jy wat verklaar het dat dit die
> ekwivalent is van Mills and Boon of
> Harlequins, soos ons hulle noem hier in
> Kanada. (Vir die wat die oorspronklike
> gesprek gemis het: ek het gespog dat
> Kanada een van die grootste en beste produ-
> sente van Hygromans is. Die woord "Mills"
> kom van "Don Mills," 'n voorstad van Toronto.

Ja, ek was verantwoordelik vir die verwarring. Ek het Griet se aanvanklike
plasing verkeerd gelees (baie uitsonderlik vir 'n keurige leser soos ek) en
verstaan dat sy sê "stoepstories = hygromans".

Mettertyd het ek besef daar's fout, en teruggegaan na die oorspronklike. Ek
het my fout opgespoor, en die verduideliking vir die kennisname van almal
geplaas. Daarin het ek getoon dat Griet se standpunt van die begin af was
dat stoepstories nie gelyk is aan hygromans nie.

Maar, synde die ou draketand wat jy is, het jy die chaos bly uitbuit vir al
wat jy werd is, ten koste van die enigste onskuldige in die hele verhaal,
naamlik Griet.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #17999 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Tipiese male chauvinist pig-gepratery.
> Voel lekker as jy vir vroumense kan vertel
> hoe hulle onder mekaar baklei.

Geensins nie.

Ek wys daarop dat jy jou in hierdie nuusgroep gedra soos die knorrige ou
senior tikster in die glaskas waar al die tiksters sit, en wat dink dat sy
moet sorg dat al die meisies hulle mooi stemmig gedra. In hierdie opsig het
ek nog nie opgemerk dat jy een man op die nuusgroep aangespreek het vir
vuilbekkigheid nie.

Ek vind jou gedrag teenoor ander vroue op die nuusgroep 'n verleentheid vir
hulle en vir die res van ons.

Ek dink jy vertoon die morele ontwikkelingsvlak van 'n sesjarige.

Dis maar al.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18000 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Maar dink jy as Gloudina NIE die gedigte hier pos nie, sal die mense
> op die groep wat die gedigte as haar postings raaksien en moontlik
> lees, uitgaan en die bundels gaan opspoor en koop?

Ek stel nie voor dat Gloudina nie die gedigte hier moet pos nie.

>
> Of selfs na die boekrak loop en n groot verseboek oopmaak?
>
> Ek het hier die eerste keer n vers van Gert Vlok Nel gelees (Gloudina
> se posting) en na n ses maande lange stryd uiteindelik n bundel van
> hom in die hande gekry.
> Nie in n winkel nie. Met ander ompaaie langs. Want in Jhb is daar nie
> n winkel wat dit het of waarskynlik ooit sal he nie.
>
> Die winkels is blink en vol multimedia PC's en nuwe boeke en toe vra
> ek die vrou agter die toonbank - n nice en nogal sexy boek-tipe - om
> vir my n Lorca-bundel te bestel. Toe kry sy n uiters dowwe uitdrukking
> in haar oe en vra WHO?!
>
> Toe spel ek die naam vir haar en sy neem notas en nou twee jaar later
> het ek nog niks van haar gehoor nie.
>
> n Mens koop in elk geval die meeste van die tyd nie n bundel gedigte
> omdat jy dit nog nie gelees het nie, jy koop dit OMDAT jy die gedigte
> al gelees het, daarvan hou en dit in mooi boekvorm wil he.

Ek stem saam. In die verlede het mense gedigte leer ken deur bloemlesings
(Opperman se reeks verseboeke, bv.) voorlesings oor die radio, resensies in
koerante, besprekings in leserskringe en literêre tydskrifte (ounthou oorle
Standpunte?)

Die punt is dit: in al hierdie gevalle is daar gewoonlik voorsiening gemaak
vir die beskaafde gebruik om bedagsamheid te betoon aan die eiendomsbelange
van die kunstenaar en die entrepreneur wat (dikwels teen verlies) die werke
publiseer. Gewoonlik is die toestemming van die belanghouers verkry en
feitlik altyd is die naam van die bundel, die uitgewer, die prys, en hoe dit
bekom kan word prominent genoem.

Ek moet miskien my standpunt herhaal, net om dit duidelik te stel:

a) Ek verwelkom Gloudina se plasing van gedigte op die nuusgroep, en ek
dink nie sy moet ophou daarmee nie.
b) Ek reken die meeste van die kunstenaars en die uitgewers sal met
vreugde toestemming verleen vir die plasing van die gedigte. Dit sou hulle
ook die geleentheid gee om die nodige inligting te verskaf oor waar die
bundels bekom kan word.
c) Ek bewonder nie Gloudina se weiering om ten minste redelike pogings
aan te wend om die toestemming van die kustenaars en uitgewers te kry, en om
die verskuldigde blootstelling te gee aan die uitgewers nie.
d) Ek dink haar houding dat sy 'n stryder vir vryheid en geregtigheid is
deur die belange van die kunstenaars en uitgewers te ignoreer is 'n bietjie
sot om die minste te sê. Dit is uiters kortsigtig vir iemand wat voorgee om
daardeur Afrikaans te bevorder.
e) Persoonlik vermoed ek dat sy bloot te lui is om die nodige moeite te
doen.

Groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18003 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>
>>> Terwyl al julle ou tannies nou so sit en
>>> agoniseer oor die "gedigte" -
>>
>> Let wel:- die vrae oor die morele implikasies van die "gedigte" het direk
>> ontstaan uit jou gepikkery op Griet.
>
>
> Jy lieg dat jy blou in die gesig is.
> Die onderwerp van die gedigte-op-die-
> nuusgroep-plaas was opgehaal deur
> Griet wat my uit die bloute beskuldig
> het dat ek met ander mense se kalwers
> ploeg, en toe moes ou tante Leendert
> ook sy stuiwer in die armbeurs gooi.

Ek dink nie dit was uit die bloute nie. Griet het myns insiens 'n baie
geldige argument ge-opper: Dat jy oorspronklike bydraes op die nuusgroep
probeer onderdruk terwyl jy self bloot ander mense se skeppings reproduseer.

Ek het sedertdien gedemonstreer dat al die besware wat jy teen Griet se
stories kon inbring ewe geldig is ten opsigte van sommige van die gedigte
wat jy plaas.

Ek dink die hele relletjie het afdoende bewys gelewer dat jy net so
beginselloos is as daardie ongerehabiliteerde ou geweldsmisdadiger, Mandela.
In Lesotho het hy maar bloot die dinge voortgesit waarmee hy in die
sestigerjare besig was en waarvoor hy in die tronk gegooi is.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18004 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Coetzee, Jacob Carl" writes: > >

> In alle geval, soek self die brief
> nou onlangs waar iemand anders, nie
> ek nie, haar aangeval het oor haar
> vermenging van idiomatiese uitdrukkings.
>
> Gloudina
>

Ah! So jy het een ander persoon gekry wat meegaan in jou skynheilige
veroordeling van Griet se temas.

Veels geluk!

En die twee van julle het nou daarin geslaag om bydraes te stop wat vir baie
van ons groot plesier verskaf het.

@igs.net wrote in message ...
> oos...@geocities.com writes:
>
>> Ja, dit sal nogal help as Gloudina meer spesifiek wil aandui wie anders
>> behalwe sy self ontevrede is met Griet se prosa.
>
> Gaan kyk self in die argief.
> En as jy dit kry, pos dit op
> die nuusgroep, as jy enigsins
> 'n man is en nie 'n muis nie.

Nee, nee, Gloudina. Dit gaan nie hier oor manne of muise nie. Dit gaan oor
daardie "christelike beginsels" waarmee jy jouself omhang soos 'n rower wat
met sy buit pronk.

Dit gaan daaroor dat jy nie valse getuienis moet spreek nie, en dat
ongegronde bewerings valse getuienis is.

Dit gaan oor die "menseregte" waaroor jy sulke hoogheilige uitsprake lewer,
maar waarvan jy geen snars verstaan nie, en die regsbeginsel van "hy wat
beweer moet bewys.

Dit gaan dus, Gloudina, daaroor dat die plig op jou rus om die getuienis
waarna jy verwys tevoorskyn te bring. Dit is 'n uitganspunt van beide
"christelike beginsels" en "menseregte" weet jy?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18005 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Ja, ek was verantwoordelik vir die verwarring. Ek het Griet se aanvanklike
>> plasing verkeerd gelees (baie uitsonderlik vir 'n keurige leser soos ek) en
>> verstaan dat sy sê "stoepstories = hygromans".
>
>
> Ha, ha, ha. Kyk hoe probeer hy nou vir
> homself loswikkel, soos daardie bobbejaan
> met sy hand in die pampoen. Nou los hy
> die pitjies so een vir een en sien hoeveel
> hy moet bieg voordat sy hand uit die gat
> kan kom. Ou Leendert, jy was een van die
> oorspronklike Griet-aanvallers.

Het jy enige bewyse vir hierdie bewering? (gedagtig veral aan jou toewyding
aan "christelike beginsels" en "menseregte")

> Het jy
> haar nie ook oor die kole gehaal toe sy
> probeer het om te verklaar dat die hyg-
> romans/stoepstories as eksistensiele
> literatuur beskou kan word nie?

Foutiewelik, weens die feit dat ek verkeerdelik onder die indruk was dat sy
hygromans en stoepstories as dieselfde ding beskou. Ek het hierdie fout
sedertdien reggestel.

> Kom, laat
> los nog 'n pampoenpit. So, jy beskou jou
> as 'n keurige leser? Aitsa!
>
>> Mettertyd het ek besef daar's fout, en teruggegaan na die oorspronklike. Ek
>> het my fout opgespoor, en die verduideliking vir die kennisname van almal
>> geplaas. Daarin het ek getoon dat Griet se standpunt van die begin af was
>> dat stoepstories nie gelyk is aan hygromans nie.
>
> Hierdie is natuurlik ook jou na-die-tyd-
> opdis van die storie.

Hier is die boodskap wat ek oor die onderwerp geplaas het:

Re: Hygromans.. vir Gloudina

Author: Leendert van Oostrum
Email: oos...@geocities.com
Date: 1998/06/09
Forums: soc.culture.south-africa.afrikaans

------------------------------------------------------------ ----------------
----
Griet wrote in message ...
> Hier was 'n gemors met dieplasing. Ek stuur dit maar weer vir jou.

Skuus Griet!
Toe ek dit weer lees sien ek waar ek verkeerd gelees het. Jou stelling is:
1) Hygromans = mills & boon.
2) Stoepstories is nie hygromans nie. Stoepstories is dus ook nie soos
mills & boon nie.
3) Die skrywers waarna jy verwys het is voorbeelde van stoepstories, nie
van hygromans nie.
Jammer vir die misverstand.
Doe voort met die stoepstories!
Groete, Leendert

> Griet het haar geskry-
> wery eers self hygroman-materiaal genoem,

Nee, sy het nie. Sy het van die begin af onderskei tussen hygromans en
stoepstories.

> en
> dis eers nadat ek verklaar het dat selfs
> hygromans met hulle resep-skrywery 'n sekere
> mate van literere kundigheid en vaardigheid
> met die taal vereis, dat sy begin terugkrabbel
> het dat haar geskrifte stoepstories is.
>
> Ek kan ook onthou dat toe Griet die eerste keer
> op die toneel verskyn het, sy gepraat het van
> hoe dit die jong Nasionaliste was wat verantwoor-
> delik is vir die aanvoor van die Nuwe SA. Het jy
> haar nie toe ook aangeval daaroor nie?

Nee, ek het nie. As ek enigiets daaroor geplaas het, sou dit haar standpunt
ondersteun het. Die onus rus dus op jou om bewyse te bring dat ek haar
daaroor aangeval het.

> Toe, fess
> up, Leendert. Jy was lid van die anti-Griet
> brigade, en nou wil jy skielik maak asof jou ou
> hande, met hulle krom vingers, skoon is.
>
> Oom Kallie

So ver ek kan agterkom bestaan die anti-Griet brigade uit 'n komplement van
een: Gloudina Bouwer.

Jou pogings om my by jou heksejag te betrek is pateties!

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18006 is 'n antwoord op boodskap #17831] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Maar as die stories, vol
> drinkery, fornikasie en kleinhuisie-
> gepraat nou die stof is waarvan
> deesdae se Afrikaner-stoepstories
> bestaan, dan het ek maar min moed
> vir Afrikaans en die Afrikaner.

Jy maak 'n fout, Gloudina.

Die Afrikaner se stoepstories was nog maar altyd so.

Daar was onlangs by 'n kongres by Unisa 'n tema oor seks tydens die Tweede
Vryheidsoorlog. Materiaal is voorgelê oor vroue in die kampe wat prostetusie
bedryf het met die Tommies as klante. Ander het weer Boere as klante gehad -
dit blyk dat dit redelik maklik was vir sommige van die Boere om die kampe
te besoek. Ek onthou verwtsings na ene Mev van Breda in die kamp op
Aliwal-Noord en 'n soutribbetjie waarmee sy gespog het na 'n besoek deur 'n
boerekryger (nie 'n Van Breda nie).

Daar was ook 'n beskrywing deur 'n jongman wat moes lê en maak of hy slaap
terywl sy vriend en die se meise mekaar "van kop tot toon aflek".

Daar is selfs verwys na amptelike Britse korrespondensie wat kommer
uitspreek oor die algemene vlak van imoraliteit in die kampe, en waar stappe
gedoen word om dit te bekamp.

Wat natuurlik veelseggend is, is dat hierdie materiaal, en soveel daarvan,
wel bestaan. Dit demonstreer afdoende dat Afrikaners nog altyd sulke
"stoepstories" vertel - en neergeskryf - het.

Die kongrestema het natuurlik veel verontwaardiging ontlok by die klas
Afrikanertantes wat, soos jy, deur Mandela gemesmeraais word.

Die punt is dit - die tye het miskien minder verander as wat jy met die
titel van hierdie berig en met jou opmerkings hierbo wil voorgee. Vir sover
dit verander het is dit miskien bloot dat ons meer geredelik toegee dat
Afrikaners wel ook die swakhede het van ander mense. Dit was Opperman, jou
hero, wat in een van sy latere gedigte verwys het na "die Treurniggies wat
nie wil glo dat Boere pie nie" (miskien wil jy dit opsoek en plaas).

Wat my bepaald interesseer is dat onderwerpe wat Shakespeare en Goethe
hanteer - en Chauser in gruwelike detail en met smaak - vir Griet verbode
moet wees.

Maar miskien moet dit my nie verbaas nie. Dit pas by die enorme
skynheiligheid wat omtrent alles kenmerk waaroor jy jou uitlaat.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18023 is 'n antwoord op boodskap #17831] Do, 01 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Ek stem saam. In die verlede het mense gedigte leer ken deur bloemlesings
> (Opperman se reeks verseboeke, bv.) voorlesings oor die radio, resensies in
> koerante, besprekings in leserskringe en literêre tydskrifte (ounthou oorle
> Standpunte?)
>
> Die punt is dit: in al hierdie gevalle is daar gewoonlik voorsiening gemaak
> vir die beskaafde gebruik om bedagsamheid te betoon aan die eiendomsbelange
> van die kunstenaar en die entrepreneur wat (dikwels teen verlies) die werke
> publiseer. Gewoonlik is die toestemming van die belanghouers verkry en
> feitlik altyd is die naam van die bundel, die uitgewer, die prys, en hoe dit
> bekom kan word prominent genoem.
>
> Ek moet miskien my standpunt herhaal, net om dit duidelik te stel:
>
> a) Ek verwelkom Gloudina se plasing van gedigte op die nuusgroep, en ek
> dink nie sy moet ophou daarmee nie.
> b) Ek reken die meeste van die kunstenaars en die uitgewers sal met
> vreugde toestemming verleen vir die plasing van die gedigte. Dit sou hulle
> ook die geleentheid gee om die nodige inligting te verskaf oor waar die
> bundels bekom kan word.
> c) Ek bewonder nie Gloudina se weiering om ten minste redelike pogings
> aan te wend om die toestemming van die kustenaars en uitgewers te kry, en om
> die verskuldigde blootstelling te gee aan die uitgewers nie.

> Groete, Leendert

Leendert het egter nie die proses tot die
einde deurdink nie. As iemand soos ek wat
gedigte op die nuusgroep wil plaas, begin
om my in te meng met die kommersi"le kant
van die digwerk, dan kom daar onmiddellik
vra op: hoekom hierdie gedig bekend maak,
en nie daardie een wat deur 'n ander uitgewer
uitgegee is nie. Is die informasie nog
relevant, en so voort en so voort. Buitendien
sou dit so 'n moeisame proses wees, dat 'n
mens baie gou met die proses gaan ophou.

Ek het aanvanklik die gedigte binne die raam-
werk van "resensies" geplaas. Maar dit was te
moeisaam, en het tegelyk ook teveel van myself
in die proses ingesleur. Dus het ek 'n bewuste
besluit geneem: ek plaas net die gedig en die
naam van die digter. En lê soos 'n koekoek
sy eiertjies dan die gedigte in die nes van die
Afrikaanse nuusgroep. Op hierdie manier word die
gedigte versprei in die Afrikaner-diaspora op
baie kontinente. As ek nou 'n persoonlike risiko
loop, laat dit so wees. Ek sal daardie brug oor-
steek as ek by hom kom.

Gloudina
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18044 is 'n antwoord op boodskap #17831] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dis die aambeie wat keer dat sy stilsit....
Johan (bietjie in Oregon)
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18069 is 'n antwoord op boodskap #17831] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Ek dink dat die kern van die gesprek hier daarop neerkom dat ek en miskien
> een of twee ander jou keuse op morele gronde bevraagteken.
>
> Veral in die lig van jou pogings om griet se bydrae tot die diskoers te
> smoor, op grond van oorwegings wat jy ignoreer wanneer jy gedigte plaas.
>
> Groete, Leendert

Ek dink baie ander besef dat jy 'n mite
skep hier en dit dan in stand hou (soos
jy met so baie onderwerpe op hierdie
nuusgroep doen.) Ek het nog nooit "griet
se bydrae tot die diskoers probeer smoor"
nie. Ek daag jou uit om dit te bewys.
Griet het onlangs self verklaar dat sy nie
dikwels op die nuusgroep deelgeneem het
nie as gevolg van probleme met konneksie.
Ek het op 'n stadium vir haar gevra om my
op te hou aan te val, en dat ek nie meer
sou reageer op sulke aanvalle nie. Dit
het ek konsekwent gedoen. Dis sy wat die
snedige aanval teen my gemaak het wat die
laaste heen en weer geargumenteerdery begin
het, en dit nadat iemand anders as ek haar
daarvan beskuldig het van deurmekaar
idiomatiese konstruksies. Dis in antwoord
op hierdie aanval dat sy begin praat het van
my pos van ander digters se gedigte op hierdie
nuusgroep. Sy het dus, in antwoord op en dus
in gesprek met, IEMAND ANDERS my naam ingesleep.
Sover dit my aangaan, is hierdie onderwerp nou
afgesluit. As jy op jou eie wil sit en kekkel,
gaan dan voort. As jy digters in Suid-Afrika
wil kontak en hulle wil opstook tot aksie teen
my, gaan dan voort. Dit sal 'n belangrike
toetssaak vir die soort dinge in die kuberwereld
word. Ek het al klaar iemand wat vir my die
saak sal veg. Dit sal bekend staan as Leendert
se Kristalnacht.

Eva Braun
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18070 is 'n antwoord op boodskap #17831] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Dus het ek 'n bewuste
> besluit geneem: ek plaas net die gedig en die
> naam van die digter. En lê soos 'n koekoek
> sy eiertjies dan die gedigte in die nes van die
> Afrikaanse nuusgroep. Op hierdie manier word die
> gedigte versprei in die Afrikaner-diaspora op
> baie kontinente. As ek nou 'n persoonlike risiko
> loop, laat dit so wees. Ek sal daardie brug oor-
> steek as ek by hom kom.

Dit is jou goeie reg, en dit respekteer ek.

Die risiko van vervolging wat jy loop is egter net een kant van die saak.

Die ander kant is die morele een (die regspleging behoort, per slot van
rekening bloot die toepassing van etiese reëls te wees, maar ons weet dat
dit dikwels nie so werk nie).

Ek dink dat die kern van die gesprek hier daarop neerkom dat ek en miskien
een of twee ander jou keuse op morele gronde bevraagteken.

Veral in die lig van jou pogings om griet se bydrae tot die diskoers te
smoor, op grond van oorwegings wat jy ignoreer wanneer jy gedigte plaas.

Groete, Leendert
Re: Hoe het tye verander [boodskap #18159 is 'n antwoord op boodskap #17831] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Ek dink dat die kern van die gesprek hier daarop neerkom dat
> ek en miskien
>> een of twee ander jou keuse op morele gronde bevraagteken.
>>
>> Veral in die lig van jou pogings om griet se bydrae tot die
> diskoers te
>> smoor, op grond van oorwegings wat jy ignoreer
> wanneer jy gedigte plaas.
>>
>> Groete, Leendert
>
>
> Ek dink baie ander besef dat jy 'n mite
> skep hier en dit dan in stand hou (soos
> jy met so baie onderwerpe op hierdie
> nuusgroep doen.) Ek het nog nooit "griet
> se bydrae tot die diskoers probeer smoor"
> nie.

Het jy nie?

Nou hoe moet 'n mens dit dan verstaan as jy konstant neerhalende aanmerkings
te maak het op die "gehalte" van haar "prosa". 'n Monstertjie uit jou bydrae
tot die literêre kritiek, verwysende na Griet se stoepstories en geplaas op
28/09/98, lees soos volg:

" Maar as die stories, vol
drinkery, fornikasie en kleinhuisie-
gepraat nou die stof is waarvan
deesdae se Afrikaner-stoepstories
bestaan, dan het ek maar min moed
vir Afrikaans en die Afrikaner."

As jy dit wil aanbied as geldige literêre kritiek moet ek erken dat ek
sukkel om dit as opbouend te beskou. Veral in die lig daarvan dat jy self
gedigte met dieselfde temas plaas (of is die temas aanvaarbaar as dit in
poësievorm hanteer word maar nie in prosavorm nie?)

> Ek daag jou uit om dit te bewys.

Ek dink die bogenoemde stel 'n prima facie saak daar.

> Griet het onlangs self verklaar dat sy nie
> dikwels op die nuusgroep deelgeneem het
> nie as gevolg van probleme met konneksie.

Dis waar. Maar dit weerhou jou nie van gifspuit nie, nie waar nie?

> Ek het op 'n stadium vir haar gevra om my
> op te hou aan te val, en dat ek nie meer
> sou reageer op sulke aanvalle nie.

Ek weet. Hierdie triek haal jy elke keer uit as die water vir jou te warm
begin word. Die speelgrondtaktiek van "ek praat nie meer met jou nie, so
whê!"

> Dit
> het ek konsekwent gedoen. Dis sy wat die
> snedige aanval teen my gemaak het wat die
> laaste heen en weer geargumenteerdery begin
> het, en dit nadat iemand anders as ek haar
> daarvan beskuldig het van deurmekaar
> idiomatiese konstruksies. Dis in antwoord
> op hierdie aanval dat sy begin praat het van
> my pos van ander digters se gedigte op hierdie
> nuusgroep. Sy het dus, in antwoord op en dus
> in gesprek met, IEMAND ANDERS my naam ingesleep.

Ja, dis nog iets wat jou die piep gee, nie waar nie. Jy skep soveel
bruikbare ikone van boosheid hier op die nuusgroep, maar protesteer hewig
wanneer mense dit as voorbeeld aanhaal waar dit toepaslik is. Jy behoort van
beter te weet. Ikone is juis daar om gebruik te word.

> Sover dit my aangaan, is hierdie onderwerp nou
> afgesluit. As jy op jou eie wil sit en kekkel,
> gaan dan voort.

Hier kom dit weer - "ek praat nie meer met jou nie, so whê". Maar ek stem
saam. Ek vind die onderwerp erg vervelend.

> As jy digters in Suid-Afrika
> wil kontak en hulle wil opstook tot aksie teen
> my, gaan dan voort. Dit sal 'n belangrike
> toetssaak vir die soort dinge in die kuberwereld
> word. Ek het al klaar iemand wat vir my die
> saak sal veg. Dit sal bekend staan as Leendert
> se Kristalnacht.

Ek herhaal maar, bloot aangesien jy en ferdi so graag die disinformasie
versprei dat ek hierdie nonsens in die hof wil sien.

Ek vind dit van geen belang om te bepaal die howe dink dat jy 'n misdadiger
is of nie. Ek het reeds my eie gevolgtrekkings gemaak.

Ek wys bloot daarop dat jy vir Griet oor die kole haal oor dinge wat jy in
Antjie Samuels en ander bewonder. Dis darem erg kleinburgerlik, nie waar
nie?

> Eva Braun

Hmmm.... Interessante selfidentifikasie in die lig van jou afsku aan
fornikasie wanneer Griet daaroor praat. Eva Braun was 'n hoer, of hoe?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Ferdi
Volgende onderwerp: Pramberg, Tietiesbaai, en ander fiksasies.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:58:08 MGT 2024