Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoekom..?
Hoekom..? [boodskap #17913] So, 27 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom is dit dat as Suid Afrikaners bymekaar kom hulle altyd oor dieselfde
onderwerpe praat: politiek of die weer?

Dis al so holrug en pap. Almal weet hoe almal voel en niemand kan niks
daaraan doen nie-nes die weer.

Kan iemand in Kanada/VSA my vertel of jy op 'n Ierse (Nie UK) paspoort daar
kan werk (wettig nou-ons wil nou nie die wet breek nie, natuurlik)???

Elk geval - wie mis Castle en biltong hier rond?
Re: Hoekom..? [boodskap #17979 is 'n antwoord op boodskap #17913] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
As die ouens hier in die VSA bymekaarkom gesels ons oor die weer - ja, in
Minnesota is dit BAIE belangrik en 'n moerse groot onderwerp, want dis baie
koud hier met baie sneeu.

En oor muskiete, en oor die snaakse taalverskynsels waarmee ons moet opsit en
ons lag lekker oor al die snaakse goed wat ons al hier gedoen en oorgekom het
en ons lag altyd baie lekker.

Biltong maak ons self - geen gemis nie - en Castle, hmmm, hier kry 'n mens
Pig's Eye bier wat na 'n paar maande beter as Caste of Lion smaak.....
Johan (bietjie in Oregon)
Re: Hoekom..? [boodskap #18029 is 'n antwoord op boodskap #17913] Do, 01 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Elk geval - wie mis Castle en biltong hier rond?
>
Biltong - ja, beslis.

Castle - nie regtig meer nie. Ek mis wel die prys van Castle, want bier
en alle alkohol is baie duur hier in Singapoer. Een bier is ongeveer
R9-R12 'n blikkie in 'n winkel, en dubbel of meer in 'n kroeg. Wat smaak
betref - 'n rukkie gelede het 'n kuiergas 'n Castle of twee saamgebring.
Miskien is dit omdat ek die plaaslike Tiger Beer gewoond geraak het,
maar ek was teleurgestel: Tiger smaak nou beter.

JC
Re: Hoekom..? [boodskap #18085 is 'n antwoord op boodskap #17913] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
H & L van Dalsen  is tans af-lyn  H & L van Dalsen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nee, sover ek weet moet enige persoon wat permanent in Kanada wil bly / werk
deur die proses gaan om 'n "landed immigrant" te word. (Ekwivalent van 'n
"permanent resident") Kanada het 'n goeie website - soek net of die woorde
"Canada Immigration"

>
Vorige onderwerp: Gee Mandella werklik om vir die armes:
Volgende onderwerp: Re: From "Lesotho" by B.M. KHAKETLA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 23:00:18 MGT 2024