Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » FAQ (of watookal in Afrikaans)
FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17935] Ma, 28 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Goeie môre, middag of aand (afhangende natuurlik van waar julle is)

Ek het 'n voorstel. Ons brabbel nou al so aan die laaste paar jaar en
dieselfde ou argumente draai om en om die hele tyd. Noudie nag skrik ek toe
wakker van 'n nagmerrie waarin ek in S.C.S-A.A vasgekeer is en die hele tyd
na dieselfde argumente moes luister en... wag - laar ek julle nou nie verveel
met wat gebeur het in my nagmerrie nie... in elk geval ek lê toe so wakker en
dink dat dit miskien na al die tyd 'n gawe plan sal wees as ons 'n website
opsit wat as 'n FAQ kan dien. Die inhoud van die FAQ kan dalk uit die
oorspronklike inspirasie vir die groep vloei en kan iewers in di
virtuele(sorry Gloudien - kuber)ruimte rondhang as 'n webblad (of sou dit nou
'n webruimte wees?). DInge wat ek wil voorstel vir die lawwigheid, is

- NG etiket (of miskien of daar enige soiets is)
- Iets oor almal (ek het 'n vraaglys wat almal kan invul en dan kan mense wie
die eerste keer deelneem dit beantwoord en dan plaas ons dit op die blad).
- Koppelings(dit is nog steeds vir my so 'n suggestiewe woord) na mense se
tuisblaaie (dit is nou nie die Huisgenoot nie, hoor)
- Miskien 'n paar taallinks of so aan
- 'n paar mooi stories wat so af en toe hier op die ng verskyn
- En watookal julle alma dink goeie idees mag wees

Nou goed - die vrae is nou
- wil julle so iets hê?
- wat wil julle almal op so iets hê?

Groete

-Gideon-
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17970 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
jpotg...@aol.com (JPotgieter) wrote:
> Dit kan net groot groei! Net nie meer as vyf van Gloudina se gedigte op te
> enige tyd nie!
> =|:^)
>

Wel ou Johan - miskien kan ons haar motiveer om 'n eie webarea te begin met
allerlei gediggies op. Dan kan ons mos allerlei poësiebewustes daarna verwys
in die FAQ (sorry dat ek so praat, maar dit is rêrig nie 'n vloekwoord nie)

-Gideon-
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17971 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
In article <3625f105...@news.icon.co.za>,

>ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
>> On Tue, 29 Sep 1998 12:19:03 GMT, gide...@usa.net wrote:
>>
>> <<>Wel ou Johan - miskien kan ons haar motiveer om ´n eie webarea te
>> begin met allerlei gediggies op.
>
>> Wat van jy maak jou FAQ soos jy lekker kry en los Gloudina om gedigte
>> te pos soos sy wil en mag.
>>

ek stem saam met Ferdi. almal mag goed pos wat niemand wil lees nie, maar
niemand wil goed pos wat almal mag lees nie.
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17972 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gideon,
Ek se "Gaan daarvoor!!"

Dit kan net groot groei! Net nie meer as vyf van Gloudina se gedigte op te
enige tyd nie!
=|:^)

Johan
Johan (bietjie in Oregon)
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17973 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Not Anonymous  is tans af-lyn  Not Anonymous
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dagsê

Ek lees ook al 'n paar jaar die groep daagliks, en was dit nie vir die ou
argumente nie, sou daar nog minder hier as (die huidige) fokkol aangaan. Jy
is seker baie verveeld as jy 'n blad vir die groep wil maak. Hoekom enigeen
die NG eers sou wou navors voor hulle hierop wil pos, gaan my verstand te
bowe.
Die rede hoekom ek die NG volg? Dis Afrikaans!! En die teks verander
daagliks ietwat. Al mens wat ek nooit lees nie, is Leendert. En ek lees okie
alles wat Gloudina en Frikkie skryf nie.
Maar nou ja, ek sal die nuwe blad gaan bekyk omdat die NG deel van my
roetine is. Baie sterkte daarmee.

Groete

diaan

gide...@usa.net wrote in message ...
> Goeie môre, middag of aand (afhangende natuurlik van waar julle is)
>
> Ek het 'n voorstel. Ons brabbel nou al so aan die laaste paar jaar en
> dieselfde ou argumente draai om en om die hele tyd. Noudie nag skrik ek toe
> wakker van 'n nagmerrie waarin ek in S.C.S-A.A vasgekeer is en die hele tyd
> na dieselfde argumente moes luister en... wag - laar ek julle nou nie verveel
> met wat gebeur het in my nagmerrie nie... in elk geval ek lê toe so wakker en
> dink dat dit miskien na al die tyd 'n gawe plan sal wees as ons 'n website
> opsit wat as 'n FAQ kan dien.

sny sny
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17974 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
gide...@usa.net wrote:
> In article ,
> jpotg...@aol.com (JPotgieter) wrote:
>> Dit kan net groot groei! Net nie meer as vyf van Gloudina se gedigte op te
>> enige tyd nie!
>> =|:^)
>>
>
> Wel ou Johan - miskien kan ons haar motiveer om 'n eie webarea te begin met
> allerlei gediggies op. Dan kan ons mos allerlei poësiebewustes daarna verwys
> in die FAQ (sorry dat ek so praat, maar dit is rêrig nie 'n vloekwoord nie)
>
> -Gideon-
>

Hallo Gideon

Ek het jou berig gesien en dink dis 'n goeie idee. Ek het reeds vandag met
'n tuisblad begin vir hierdie doel. (ek dien HTML programmering) Ek sal
later die adres en details laat weet. Ek het reeds 'n tuisblad by Geocities
bespreek en vir ons 'n afri...@email.com adres geregistreer. Ek werk
eintlik hard hieraan! :o)

Bryan
Kaapstad
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17975 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Sep 1998 12:19:03 GMT, gide...@usa.net wrote:

<<>Wel ou Johan - miskien kan ons haar motiveer om ´n eie webarea te begin met
> allerlei gediggies op. Dan kan ons mos allerlei poësiebewustes daarna verwys
> in die FAQ (sorry dat ek so praat, maar dit is rêrig nie 'n vloekwoord nie)>>

Wat van jy maak jou FAQ soos jy lekker kry en los Gloudina om gedigte
te pos soos sy wil en mag.

Dan kan ek dit lees soos die wonderlike een van die Karoo Dorp wat ek
nou net gelees het en waarskynlik die beste ding op die groep is.

Met dit daar in:

"Where a private world of prickly pear,
Donga, drift and cattlegate
Winds into our speedometer,
Runs out, and streams away behind."

Die vier reels maak die nuusgroep vandag die ses pogings om met die
net te konnekteer die moeite werd.
En as daar nie sulke gedigte op is nie - en Gloudina is die enigste
een wat dit pos - dan sal ek waarskynlik nie baie kere die moeite doen
om die groep te lees nie.

Ek kan nie glo wat ek deesdae op die groep lees nie. Iemand wat die
moeite doen om gedigte oor SA te pos - die meeste in Afrikaans - word
beswadder omdat sy dit doen!!!

Is julle van julle sinne beroof?
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #17976 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Not Anonymous" wrote:
> Dagsê
>
> Hoekom enigeen
> die NG eers sou wou navors voor hulle hierop wil pos, gaan my verstand te
> bowe.

Ek het die blad gedoen bloot omdat ek daarvan hou om HTML te programmeer en
natuurlik omdat ek belangstel in Afrikaans. Snaaks genoeg is dit my eerste
poging in Afrikaans(die tuisblad) want al my vorige pogings was in Engels om
'n groter mark te bereik.

> Die rede hoekom ek die NG volg? Dis Afrikaans!! En die teks verander
> daagliks ietwat. Al mens wat ek nooit lees nie, is Leendert. En ek lees okie
> alles wat Gloudina en Frikkie skryf nie.
> Maar nou ja, ek sal die nuwe blad gaan bekyk omdat die NG deel van my
> roetine is. Baie sterkte daarmee.

Nou kan jy die blad besoek en wie weet, miskien kan jy selfs 'n positiewe
bydrae lewer deur die gasteboek te teken en die vormpie in te vul. ;o)

Groete

Bryan
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18008 is 'n antwoord op boodskap #17935] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Maar Leendert. Het die slegte manier
> om mense toe te snou en uit te jou,

Net die wat dit verdien, en sonder uitsondering slegs in reaksie op uiterste
provokasie en nadat hy self die teiken van hulle aanvalle was.

Hy reageer veral hewig op skynheiligheid en op mense wat hom etikette soos
"aparheidsvark" om die nek hang.

Vriendelike groete, Leendert
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18009 is 'n antwoord op boodskap #17935] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Not Anonymous" wrote:
> Dagsê
>
> Ek lees ook al 'n paar jaar die groep daagliks, en was dit nie vir die ou
> argumente nie, sou daar nog minder hier as (die huidige) fokkol aangaan. Jy
> is seker baie verveeld as jy 'n blad vir die groep wil maak. Hoekom enigeen
> die NG eers sou wou navors voor hulle hierop wil pos, gaan my verstand te
> bowe.

Dankie vir jou terugvoer Diaan, 'n nuusblad wat 'n oorsig bied van mense kan
dalk help om onnodige bandwydte te spaar deur misverstandjies uit die weg te
ruim. Daar is heelwat van ons wat al 'n paar jaar saamkom en diegene het
soort van 'n verstandhouding. Binne daardie verstandhouding is daar soms
ligtelike spot oor dinge uit die verlede of mense se woonplek of watookal.
Dit kan ook help om miskien die identiteit van die groep weg te skuif van dit
wat op daardie oomblik aangaan tot dit wat dieperliggend is. So as piet
byvoorbeeld by die nuusgroep uitkom en Gloudien en Leendert is in 'n
woordestryd gewikkel, sal hy nie die hele nuusgroep evealueer aan die hand
van daardie woordestryd nie, en summier nie weer sy "tyd mors" om weer terug
te kom nie.

> Die rede hoekom ek die NG volg? Dis Afrikaans!! En die teks verander
> daagliks ietwat. Al mens wat ek nooit lees nie, is Leendert. En ek lees okie
> alles wat Gloudina en Frikkie skryf nie.
> Maar nou ja, ek sal die nuwe blad gaan bekyk omdat die NG deel van my
> roetine is. Baie sterkte daarmee.
>

Ek is voorgespring met die idee deur Bryan - en van wat ek sover sien doen hy
'n goeie job.

Sterkte aan Bryan

Groete

-Gideon-
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18010 is 'n antwoord op boodskap #17935] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Not Anonymous" writes:

> Die rede hoekom ek die NG volg? Dis Afrikaans!! En die teks verander
> daagliks ietwat. Al mens wat ek nooit lees nie, is Leendert. En ek lees okie
> alles wat Gloudina en Frikkie skryf nie.

Frikkie hoef jy nie te lees nie. Alles is
in alle geval meestal Engels. Sy Afrikaans
laat ook veel te wense oor.
Nou jy hoef okie nou alles te lees wat
Gloudina skryf nie. Maar Leendert. Hoekom
wil jy nie lees wat hy skryf nie? Hy skryf
in sulke keurige Afrikaans. En dis gewoonlik
baie goed nagevors. Het die slegte manier
om mense toe te snou en uit te jou, maar
nouja, niemand is perfek nie.

Clinton
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18047 is 'n antwoord op boodskap #17935] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Die vier reels maak die nuusgroep vandag die ses pogings om met die
> net te konnekteer die moeite werd.
> En as daar nie sulke gedigte op is nie - en Gloudina is die enigste
> een wat dit pos - dan sal ek waarskynlik nie baie kere die moeite doen
> om die groep te lees nie.
>
> Ek kan nie glo wat ek deesdae op die groep lees nie. Iemand wat die
> moeite doen om gedigte oor SA te pos - die meeste in Afrikaans - word
> beswadder omdat sy dit doen!!!
>
> Is julle van julle sinne beroof?
>
>

En al wat jy kan doen is om te kritiseer....
Johan (bietjie in Oregon)
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18048 is 'n antwoord op boodskap #17935] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
>
> Wat van jy maak jou FAQ soos jy lekker kry en los Gloudina om gedigte
> te pos soos sy wil en mag.
>
> Dan kan ek dit lees soos die wonderlike een van die Karoo Dorp wat ek
> nou net gelees het en waarskynlik die beste ding op die groep is.
>
> Ek kan nie glo wat ek deesdae op die groep lees nie. Iemand wat die
> moeite doen om gedigte oor SA te pos - die meeste in Afrikaans - word
> beswadder omdat sy dit doen!!!
>
> Is julle van julle sinne beroof?
Miskien is ons, miskien het jy net nie mooi die gesprekslyn gevolg nie.

Kom ons probeer weer deur dit op 'n ander manier te sê:

*Johan* (in ligtelik tergende trant) "Gideon, maak net seker dat daar nie
meer as vyf van Gloudina se gedigte op die FAQ is nie"

*Gideon* "Miskien kan ons Gloudien motiveer om haar eie web-site te bou waar
sy sommer 'n klomp gedigte kan plaas. Dan kan ons op die FAQ site 'n link
daarna sit wat ons almal kan help om maklik by al haar gedigte uit te kom"

Ekstra voetnota van Gideon - Dit is 'n goeie ding, dan hoef ek nie 'n
Dejasearch te doen as ek weer van Gloudien se gedigte wil oorlees nie.

Wat het ons nie gesê nie? Ons het nie gesê dat Gloudien se gedigte onwelkom is
op die nuusgroep nie, en ons het nie enige vorm van sensuur probeer toepas of
enigsins van die waarde van wat sy daardeur bereik probeer verminder nie.

Ek het regtig gedink dat dit redelik duidelik was en dat ek nie 'n verklarende
woordeboek sou moes ingooi sodat die lesers van die nuusgroep dit sou verstaan
nie.

Miskien het ek jou na al die tyd tog oorskat, Ferdi

-Gideon-
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18049 is 'n antwoord op boodskap #17935] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Sep 1998 19:32:32 GMT, gide...@usa.net wrote:

>

Het jy elders die fel kritiek gesien teen die gedigte wat Gloudina op
die groep plaas?

Miskien moes jy jou posisie in terme daarvan meer duidelik gemaak het.
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18073 is 'n antwoord op boodskap #17935] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Tue, 29 Sep 1998 19:32:32 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
> >
>
> Het jy elders die fel kritiek gesien teen die gedigte wat Gloudina op
> die groep plaas?
>
> Miskien moes jy jou posisie in terme daarvan meer duidelik gemaak het.
>
>

Sorry ou Ferdi - ek het gedink ek het.
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18074 is 'n antwoord op boodskap #17935] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 02 Oct 1998 10:54:04 GMT, gide...@usa.net wrote:

>

1. Wanneer 'n mens ploeg met ander (digters) se kallers op die
internet,
behoort 'n mens die ordentlikheid te hê om ten minste die boeke aan te
koop. Dis waaroor oorlewing eintlik gaan. Dis tragies dat die digter
hier
so openlik ingeloop is.

2. Ek dink die gedigte is 'n goeie ding. Maar die storie bereik nou so
'n
omvang dat ek ook dink dit sou wys wees om maar die toestemming van
die
digter en die oorspronklike uitgewer te vra. As die digters so gretig
is vir
die blootstelling soos Gloudina beweer sal hulle mos nie beswaar hê
nie.

Die twee aanhalings uit n argumentestroom wat baie duidelik op die
groep vir jou staan.

Plaas dit teen die agtergrond dat die nie die eerste keer is dat so n
aanval kom nie.
Die vorige een was mense wat gese het gedigte is te vervelig en
Gloudina behoort op te hou om dit te doen. (Een verskil tussen hulle
aanval en die huidige aanval is dat die huidige een die gedurige
neiging het om haar met vloekwoorde te probeer beledig).

Nou kyk jy nou n slag hierna, Gideon, en wonder net n bietjie of jy
nie jouself duideliker moes gemaak het nie.
En neem aan jy het glad nie aan die aanvalle gedink toe jy Gloudina en
die gedigte ingetrek het by jou FAQ-idee nie.



Miskien het jy.
Miskien het jy nie.
Ek gee rerig nie om nie.

(N.S. Het ons al ontmoet al?!)
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18075 is 'n antwoord op boodskap #17935] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Oct 1998 06:04:05 GMT, jpotg...@aol.com (JPotgieter) wrote:

Die vier reels maak die nuusgroep vandag die ses pogings om met
die
>> net te konnekteer die moeite werd.
>> En as daar nie sulke gedigte op is nie - en Gloudina is die enigste
>> een wat dit pos - dan sal ek waarskynlik nie baie kere die moeite doen
>> om die groep te lees nie.
>>
>> Ek kan nie glo wat ek deesdae op die groep lees nie. Iemand wat die
>> moeite doen om gedigte oor SA te pos - die meeste in Afrikaans - word
>> beswadder omdat sy dit doen!!!
>>
>> Is julle van julle sinne beroof?
>>
>
> En al wat jy kan doen is om te kritiseer....
> Johan (bietjie in Oregon)>>

Ha, ha,ha,ha.
(Die sot se eie pos is net een sin kritiek!)
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18121 is 'n antwoord op boodskap #17935] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 29 Sep 1998 19:32:32 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
>
> >
>
> Het jy elders die fel kritiek gesien teen die gedigte wat Gloudina op
> die groep plaas?
>
> Miskien moes jy jou posisie in terme daarvan meer duidelik gemaak het.

Het jy, ferdi, al kennis geneem dat die kritiek hoofsaaklik gemik is teen
die feit dat die gedigte geplaas word sonder enige erkenning van die belange
van die digter en die uitgewer?

Het jy kennis geneem daarvan dat die "kritici" feitlik deur die bank die
idee ondersteun dat Gloudina wel die gedigte plaas?

Of is dit maar 'n geval dat jy nie 'n uitgewer kan kry vir jou eie pogings
nie, en nou so middelik wraak neem op uitgewers en gepubliseerde digters?

Vriendelike groete, Leendert
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18122 is 'n antwoord op boodskap #17935] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Oct 1998 22:45:05 +0200, "Leendert van Oostrum" <oos...@geocities.com> wrote:

<<>Het jy, ferdi, al kennis geneem dat die kritiek hoofsaaklik gemik is teen
> die feit dat die gedigte geplaas word sonder enige erkenning van die belange
> van die digter en die uitgewer?>>

Nee Leendert. Soos jy toegegee het, het jy geen probleem daarmee gehad
vir seker twee jaar nie - tot Gloudina jou op jou plek begin sit het.
Toe het jy nie die intellektuele vaardighede om haar teen te staan nie
en toe begin jy die agteraf-kampanje.
En dit was nie eers jou idee nie.
Jy het opgelatch op iemand anders s'n.

<<>Het jy kennis geneem daarvan dat die "kritici" feitlik deur die bank die
> idee ondersteun dat Gloudina wel die gedigte plaas?>>

Die sg. "kritici" is nou jy. Want Griet is die ander een in die
huidige veldtog.
Die voriges wou nie he sy moet enige gedigte plaas nie.
Snaaks, maar toe hulle geteem het, was jy ook op die nuusgroep. Onthou
jy net sleg of is dit weer n kwessie van die waarheid wegsteek?

<<Of is dit maar 'n geval dat jy nie 'n uitgewer kan kry vir jou eie pogings
> nie, en nou so middelik wraak neem op uitgewers en gepubliseerde digters?>>

Jy sal nie verstaan nie Leendert.
Jou gees is waarskynlik te klein.

N.S. Publiseer vir ons n paar van joune, toe!
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18123 is 'n antwoord op boodskap #17935] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Het jy kennis geneem daarvan dat die "kritici" feitlik deur die bank die
> idee ondersteun dat Gloudina wel die gedigte plaas?
>
> Of is dit maar 'n geval dat jy nie 'n uitgewer kan kry vir jou eie pogings
> nie, en nou so middelik wraak neem op
uitgewers en gepubliseerde digters?

('n Vorige pos van my hieroor het blykbaar
nooit die nuusgroep bereik nie. Ek herhaal
dit dus, vir sover ek kan onthou.)

Siedaar, fase twee van Leendert se Kristalnacht.
Nou, ou Hitler van Oostrum, maak jy dit vir my
nodig om jou in die openbaar as 'n oningeligte
leuenaar te ontmasker. Vir die volgende dosyn of
so Afrikaanse gedigte wat ek hier pos, pos ek
gepubliseerde gedigte van Ferdi Greyling. Dit
sal sowat van 'n retrospektief wees. Geniet die
kunsfees.)

Die tannie van die Derde Taalbeweging.
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18124 is 'n antwoord op boodskap #17935] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Fri, 02 Oct 1998 10:54:04 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
> internet,
> behoort 'n mens die ordentlikheid te hê om ten minste die boeke aan te
> koop. Dis waaroor oorlewing eintlik gaan. Dis tragies dat die digter
> hier
> so openlik ingeloop is.
>
> 2. Ek dink die gedigte is 'n goeie ding. Maar die storie bereik nou so
> 'n
> omvang dat ek ook dink dit sou wys wees om maar die toestemming van
> die
> digter en die oorspronklike uitgewer te vra. As die digters so gretig
> is vir
> die blootstelling soos Gloudina beweer sal hulle mos nie beswaar hê
> nie.
>
> Die twee aanhalings uit n argumentestroom wat baie duidelik op die
> groep vir jou staan.
>

Dankie Ferdi, ek het dit gevolg. Ek staan nie neutraal teenoor die argumente
nie, as gevolg van my eie sujektiewe betrokkenheid by die saak. Ek het net
nie gevoel dat my argumente 'n konstruktiewe bydrae kon maak tot die debat
nie, en het daarom daar uit gebly. Ek het my eie opinies daaroor, wat
weereens oop is vir debatvoering. Vir interessantheid so ek sê dat: Ek dink
dit is iets vir Gloudien om uit te werk waar sy moreel met betrekking tot die
situasie staan. Subjektief - ek voel nie die digter se blootstelling op
hierdie nuusgroep is skade nie. Gloudina maak geen inkomste op enige manier
deur haar publikasie van die gedigte op die groep nie. As ek dit reg verstaan
is dit een van die sleutelpunte van die wetgewing in SA (en internasionaal)
betreffende kopiereg. Ek sien ook dat Gloudien telkemale sê wie die skrywer
is van die gedigte. Daar is heelwat mense van wie ek kennis geneem het, en
het onder andere Gert Vlok-Nel se CD aan die hand gekoop van wat ek op
hierdie NG gelees het. My opinie van die kwaliteit van die produksie van
buite die scope van die bespreking, maar as ek nie Gloudien se postings
gelees het nie, kan ek jou waarborg dat ek eerstens nie eens sou geweet het
wie hy is nie, en tweedens nie die CD sou gekoop het nie. Dus het haar
postings op 'n klein manier wel 'n bydrae gelewer tot wat hy doen.

Subjektief verder - ek dink dat mense wat die plasing van die gedigte aanval
te ver buite die kreatiewe kring beweeg om enigsins egte insig te hê in die
meganisme van voortbestaan van skrywers om te ernstig opgeneem te word met
betrekking tot die huidige situasie. Hul het hul reg tot opinie, en ek het
die reg om kommentaar te weerhou as ek voel dat my standpunt geen wesentlike
verskil gaan maak tot die mense se opinies nie.

> Plaas dit teen die agtergrond dat die nie die eerste keer is dat so n
> aanval kom nie.
> Die vorige een was mense wat gese het gedigte is te vervelig en
> Gloudina behoort op te hou om dit te doen. (Een verskil tussen hulle
> aanval en die huidige aanval is dat die huidige een die gedurige
> neiging het om haar met vloekwoorde te probeer beledig).
>

Ja, verstaanbaar, maar dit val subjektief weereens buite die sfeer van
sinvolle kommentaar.

> Nou kyk jy nou n slag hierna, Gideon, en wonder net n bietjie of jy
> nie jouself duideliker moes gemaak het nie.
> En neem aan jy het glad nie aan die aanvalle gedink toe jy Gloudina en
> die gedigte ingetrek het by jou FAQ-idee nie.
>

Ja, jy is miskien reg oor die duidelikheid. My onbetrokkenheid by die debat
plaas my in dooie grond en ek kan verstaan dat jy my intensies kon
misverstaan omdat ek geen duidelike standpunt ingeneem het m.b.t die saak
nie. Oor die FAQ - ek was in ligtelike spot mode in my repliek. Ek het wel
die debat in my agterkop gehad, maar nogtans nie bedoel wat jy daarin gelees
het nie. Tot 'n mate was my repliek ligtelike spot met die debat aan die een
kant, maar waardering vir die gedigte aan die ander. Daarom die verwysing na
motifering vir Gloudien vir 'n eie webblad. Rondom die plasing daarvan is
daar natuurlik ander sake wat in gedagte gehou moet word, maar nouja...

>
>
> Miskien het jy.
> Miskien het jy nie.
> Ek gee rerig nie om nie.
>
> (N.S. Het ons al ontmoet al?!)
>
Touché
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18125 is 'n antwoord op boodskap #17935] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
gide...@usa.net wrote:

> Subjektief verder - ek dink dat mense wat die plasing van die gedigte aanval

Haai Gideon,

Dit interesseer my dat jy hier van die standpunt uitgaan dat daar wel
(objektief gesproke - die subjektiwiteit waarna jy verwys trek klaarblyklik op
jou opinie van die betrokkenes eerder as hul bestaan) mense is wat "...die
plasing van die gedigte aanval...".

Net 'n vraag. Is jy van die bestaan van sulke mense oortuig deur aanvalle wat
hulle self geplaas het, of deur die bewerings van ferdi en gloudina in hierdie
verband?

Groete, Leendert
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18126 is 'n antwoord op boodskap #17935] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:


Ek sien ook dat Gloudien telkemale sê wie die skrywer
> is van die gedigte. Daar is heelwat mense van wie ek kennis geneem het, en
> het onder andere Gert Vlok-Nel se CD aan die hand gekoop van wat ek op
> hierdie NG gelees het maar as ek nie Gloudien se postings
> gelees het nie, kan ek jou waarborg dat ek eerstens nie eens sou geweet het
> wie hy is nie, en tweedens nie die CD sou gekoop het nie. Dus het haar
> postings op 'n klein manier wel 'n bydrae gelewer
tot wat hy doen.


Dankie vir hierdie informasie. Ek neem aan jy
was nog in Suid-Afrika toe jy hierdie gedigte
gelees het en die CD gekoop het. Jy is nou die
tweede persoon wat van hierdie proses praat.
Dink jy nie dis wonderlik nie - iemand in
Kaapstad koop sy boek, vind dit goed, stuur
dit Kanada toe, en ek sit dit op die nuusgroep
en jy lees dit in SA en mense lees dit in Noord-
Amerika en Australia en die Verre Ooste en
Europa. En Afrikaans is die wenner. En die
persoon in Kaapstad, alhoewel hy 'n Afrikaner
is, se huistaal is nie eens meer Afrikaans nie.
(Dis hierdie persoon wat my die onlangse
Engelse gedigte uit Suid-Afrika stuur. Ek vind
dit snaaks dat niemand nog beswaar gemaak het
teen die Engelse gedigte op die Afrikaanse
nuusgroep nie.)

Gloudina
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18127 is 'n antwoord op boodskap #17935] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Het jy kennis geneem daarvan dat die "kritici" feitlik deur die bank die
> idee ondersteun dat Gloudina wel die gedigte plaas?
>
> Of is dit maar 'n geval dat jy nie 'n uitgewer kan kry vir jou eie pogings
> nie, en nou so middelik wraak neem op uitgewers
en gepubliseerde digters?

Wel, Leendert. Soos 'n mens kon verwag,
siedaar die tweede hoofstuk in Leendert
se Kristalnacht. Jy dwing my dus om van
jou in die openbaar 'n leuenaar te maak.
Vir die volgende omtrent 'n dosyn poste,
pos ek gedigte van Ferdi Greyling met
waar hulle gepubliseer is, vers en kapittel.
Dan hou ons sommer tegelykertyd 'n klein
kunsfees.

Ek wil egter ook hier verklaar dat ek in
direkte verbinding is met digters in SA
en van hulle gedigte pos, sonder om te vra
of dit gepubliseerd is of nie. Die enigste
vereiste vir my is dat hulle goeie gedigte
moet wees. Daar is byvoorbeeld baie gedigte
in die Groot Verseboek (veral van Opperman-
proteges) waarvoor ek nie baie entoesiasme
het nie, selfs al is hulle in die Groot
Verseboek gepubliseer.

So, Leendert, geniet die Kunsfees.

Die tannie van die Derde Taalbeweging
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18161 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Het jy kennis geneem daarvan dat die "kritici" feitlik deur die bank die
>> idee ondersteun dat Gloudina wel die gedigte plaas?
>>
>> Of is dit maar 'n geval dat jy nie 'n uitgewer kan kry
> vir jou eie pogings
>> nie, en nou so middelik wraak neem op uitgewers
> en gepubliseerde digters?
>
>
> Wel, Leendert. Soos 'n mens kon verwag,
> siedaar die tweede hoofstuk in Leendert
> se Kristalnacht. Jy dwing my dus om van
> jou in die openbaar 'n leuenaar te maak.

Dit sal moeilik wees. Aangesien 'n vraag beswaarlik voorgehou kan word as 'n
leuen.

> Vir die volgende omtrent 'n dosyn poste,
> pos ek gedigte van Ferdi Greyling met
> waar hulle gepubliseer is, vers en kapittel.

Uitstekend. Dit is dus nie so onmoontlik om die bibliografiese inligting te
verskaf as wat jy wil voorgee nie.

> Dan hou ons sommer tegelykertyd 'n klein
> kunsfees.

Ek sien daarna uit.

> Ek wil egter ook hier verklaar dat ek in
> direkte verbinding is met digters in SA
> en van hulle gedigte pos, sonder om te vra
> of dit gepubliseerd is of nie.

Pragtig. In hierdie gevalle kan jy dus meld dat jy die toestemming van die
outeur het, nie waar nie?

> Die enigste
> vereiste vir my is dat hulle goeie gedigte
> moet wees. Daar is byvoorbeeld baie gedigte
> in die Groot Verseboek (veral van Opperman-
> proteges) waarvoor ek nie baie entoesiasme
> het nie, selfs al is hulle in die Groot
> Verseboek gepubliseer.

Wel, dit is jou reg. Enige ander persoon kan sekerlik daardie gedigte plaas
wat hy/sy as "goed" beskou.

Maar ek neem aan dat daar ook geen "drinkery", "fornikasie", of
"kleinhuisiestories" in jou "goeie gedigte" ter sprake sal wees nie, of hoe?

>
> So, Leendert, geniet die Kunsfees.

Ek hoop so.

Ek hoop net dat daar op jou kunsfees ook ruimte sal wees vir oorspronklike
nuwe bydraes soos Griet s'n, wat jy met soveel skynheiligheid in jou eie
Kristallnacht-putsch onderdruk het.

Hoe voel dit om 'n boekeverbrander te wees, Gloudina?

Vriendelike groete, Leendert
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18162 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 5 Oct 1998 22:45:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> is teen
>> die feit dat die gedigte geplaas word sonder enige erkenning van die belange
>> van die digter en die uitgewer?>>
>
> Nee Leendert. Soos jy toegegee het, het jy geen probleem daarmee gehad
> vir seker twee jaar nie - tot Gloudina jou op jou plek begin sit het.
> Toe het jy nie die intellektuele vaardighede om haar teen te staan nie
> en toe begin jy die agteraf-kampanje.
> En dit was nie eers jou idee nie.
> Jy het opgelatch op iemand anders s'n.

Ek het steeds geen ernstige probleem daarmee nie, soos ek duidelik gestel
het. Waarop ek wel gewys het, is dat die aantal gedigte na twee jaar 'n
omvangryke publikasie begin word, en dat dit miskien tyd word om aandag te
gee aan kopieregaspekte.

Die tydsverloop is dus inderdaad bepalend - maar miskien kort jy die
intellektuele vaardighede om dit te begryp.

Die wesenlike beswaar wat ek het is egter dat Gloudina die oorspronklike
bydraes van Griet probeer sensureer vir dinge wat veel meer eksplisiet
bespreek word in die gedigte wat sy plaas.

Ons het dus hier 'n geval van 'n vrou wat voorgee om Afrikaans te bevorder
deur gedigte af te skryf en te versprei. Sy hou dit voor as 'n brawe
uitdaging van konvensie ter wille van 'n edele doel.

Ter selfdertyd, egter, loods sy 'n venynige veldtog om oorspronlike bydraes
op die nuusgroep dood te wurg bloot omdat sy nie van die outeur hou nie.

Jy, ferdi, voer 'n "agteraf kampanje" om die aandag van hierdie beswaar af
te lei en dit te konsentreer op die relatief minder belangrike kwessie (vir
my) van kopiereg.

>
> bank die
>> idee ondersteun dat Gloudina wel die gedigte plaas?>>
>
> Die sg. "kritici" is nou jy. Want Griet is die ander een in die
> huidige veldtog.
> Die voriges wou nie he sy moet enige gedigte plaas nie.
> Snaaks, maar toe hulle geteem het, was jy ook op die nuusgroep. Onthou
> jy net sleg of is dit weer n kwessie van die waarheid wegsteek?

Inderdaad, en ek het my ook daaroor uitgespreek, byvoorbeeld by die volgende
geleenthede:

Author: Leendert van Oostrum
Email: oos...@scientia.up.ac.za
Date: 1997/02/07
Forums: soc.culture.south-africa.afrikaans

------------------------------------------------------------ ----------------
----
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> (Ek wonder
> of jy oplet dat die enigste agenda wat ek op hierdie
> ng het, is om gedigte en liedere vir beginners te
> pos. Dit, reken ek, is omtrent al wat ek van buite
> SA kan doen om my lojaliteit aan Afrikaans te
> te bewys.)

Dit is jou hoof- (en hoogs lofwaardige) agenda, ja
Maar jou enigste? Nee ek dink nie so nie.

------------------------------------------------------------ ----------------
----
Author: Leendert van Oostrum
Email: oos...@scientia.up.ac.za
Date: 1997/03/05
Forums: soc.culture.south-africa.afrikaans

------------------------------------------------------------ ----------------
----

In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> Ja, ou Blikkies, jy wat in die ou laertjie in SA gebly het,
> daardie SA bestaan nie meer nie. Ook nie die SA waar die res
> van jou landgenote in gruwelike omstandighede moes bly net
> omdat jy en jou laermaats so lekker nes wou skop in 'n land
> wat aan ander behoort het nie.
> Ek neem aan daar in Los Angeles knip jy ook maar jou oe"
> styf toe vir al die armoede en tragiek van die swartes en die
> meksikane om jou. Trade nog op jou wit vel, neem ek aan. Maar
> dit sal ook nie te lank meer duur nie. Aan die einde van die
> 21ste eeu sal daardie deel waar jy nou bly heeltemal vermeksi-
> kaans het. Het jy al begin Spaans leer?
> Gloudina ( van die walle van die Ottawa-rivier, in die
> Bouwer baie groter land as die VSA na die noorde,
> groter in landsoppervlakte en morele
> karakter. Lank lewe handel met Kuba!)
>
Nou nie om Blikkies se sentimente te verdedig nie, maar:

Jy het tevore beweer jou enigste agenda is jou (lofwaardige) program van
gedigte, Gloudina?

Die tema hierbo is mos 'n leitmotief wat al dikwels tevore onder jou adres
verskyn het.

Groete, Leendert

>
> > nie, en nou so middelik wraak neem op uitgewers en gepubliseerde digters?>>
>
> Jy sal nie verstaan nie Leendert.

Jy is reg, ferdi. Ek verstaan nie die meeste van wat jy op die nuusgroep
doen nie.

> Jou gees is waarskynlik te klein.

Of miskien is joune?

>
> N.S. Publiseer vir ons n paar van joune, toe!

Ek publiseer in ander genres - en nie heeltemal sonder sukses nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18163 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> gide...@usa.net writes:

> Ek sien ook dat Gloudien telkemale sê wie die skrywer
>> is van die gedigte. Daar is heelwat mense van wie ek
> kennis geneem het, en
>> het onder andere Gert Vlok-Nel se CD aan die hand gekoop
> van wat ek op
>> hierdie NG gelees het
> maar as ek nie Gloudien se postings
>> gelees het nie, kan ek jou waarborg dat ek eerstens
> nie eens sou geweet het
>> wie hy is nie, en tweedens nie die CD sou
> gekoop het nie. Dus het haar
>> postings op 'n klein manier wel 'n bydrae gelewer
> tot wat hy doen.

> Dankie vir hierdie informasie. Ek neem aan jy
> was nog in Suid-Afrika toe jy hierdie gedigte
> gelees het en die CD gekoop het. Jy is nou die
> tweede persoon wat van hierdie proses praat.

En as jy die bibliografiese besonderhede geplaas het, kon daar heel moontlik
meer as twee gewees het, nie waar nie?

> Dink jy nie dis wonderlik nie - iemand in
> Kaapstad koop sy boek, vind dit goed, stuur
> dit Kanada toe, en ek sit dit op die nuusgroep
> en jy lees dit in SA en mense lees dit in Noord-
> Amerika en Australia en die Verre Ooste en
> Europa. En Afrikaans is die wenner.

Inderdaad.

> En die
> persoon in Kaapstad, alhoewel hy 'n Afrikaner
> is, se huistaal is nie eens meer Afrikaans nie.
> (Dis hierdie persoon wat my die onlangse
> Engelse gedigte uit Suid-Afrika stuur. Ek vind
> dit snaaks dat niemand nog beswaar gemaak het
> teen die Engelse gedigte op die Afrikaanse
> nuusgroep nie.)

Miskien omdat mense wat beswaar maak teen die plasing van gedigte nie
gedigte lees nie?

Hulle sou dus ook nie daarvan bewus wees dat jy, met die grootste
skynheiligheid denkbaar, gedigte plaas wat presies dieselfde temas aanspreek
as wat jy gebruik as voorwendsel vir jou pogrom op Griet se oorspronklike
bydraes nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18164 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Ter selfdertyd, egter, loods sy 'n venynige veldtog om oorspronlike bydraes
> op die nuusgroep dood te wurg bloot omdat sy nie van die outeur hou nie.
>
> Jy, ferdi, voer 'n "agteraf kampanje" om die aandag van hierdie beswaar af
> te lei en dit te konsentreer op die relatief minder belangrike kwessie (vir
> my) van kopiereg.

Nou, Leendert, jy wat so baie tyd het om
in argiewe in te gaan, begin nou vir ons
wys waar orals jy tekens kry van my
"venyninge veldtog." Maar as jy enigsins
eerlik is, meld ook die voorafgaande
woorde van Griet (waarop ek geantwoord
het) om dinge in konteks te plaas. En
onthou, ek kan ook in die argief ingaan
en Griet se "venynige veldtog" teen my
gaan haal.

Intussen, ha ha ha, dink ek nie eens Griet
is op die nuusgroep nie. Griet het ook
ikoon geword! Leendert en sy Griet-ikoon.

Gloudina
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18165 is 'n antwoord op boodskap #17935] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>
>
> Nou, Leendert, jy wat so baie tyd het om
> in argiewe in te gaan, begin nou vir ons
> wys waar orals jy tekens kry van my
> "venyninge veldtog." Maar as jy enigsins
> eerlik is, meld ook die voorafgaande
> woorde van Griet (waarop ek geantwoord
> het) om dinge in konteks te plaas.

Hei! Ek is nie jou liaseerklerk nie! Doen jou eie vuilwerk, jou luie lummel!

Ek het tweemaal bewyse van jou venyn voorgelê. Voorlopig volstaan ek
daarmee.

> En
> onthou, ek kan ook in die argief ingaan
> en Griet se "venynige veldtog" teen my
> gaan haal.

Nou toe-toe-toe. Wys wat jy kan doen behalwe dreig.

>
> Intussen, ha ha ha, dink ek nie eens Griet
> is op die nuusgroep nie.

Danksy jou?

Vriendelike groete, Leendert
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18181 is 'n antwoord op boodskap #17935] Wo, 07 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: Tweede poging.

> "Leendert van Oostrum"
>
>
>> Ter selfdertyd, egter, loods sy 'n venynige veldtog om oorspronlike bydraes
>> op die nuusgroep dood te wurg bloot omdat sy nie van die outeur hou nie.
>>
>> Jy, ferdi, voer 'n "agteraf kampanje" om die aandag van hierdie beswaar af
>> te lei en dit te konsentreer op die relatief minder belangrike kwessie (vir
>> my) van kopiereg.
>
>
> Nou, Leendert, jy wat so baie tyd het om
> in argiewe in te gaan, begin nou vir ons
> wys waar orals jy tekens kry van my
> "venyninge veldtog." Maar as jy enigsins
> eerlik is, meld ook die voorafgaande
> woorde van Griet (waarop ek geantwoord
> het) om dinge in konteks te plaas. En
> onthou, ek kan ook in die argief ingaan
> en Griet se "venynige veldtog" teen my
> gaan haal.
>
> Intussen, ha ha ha, dink ek nie eens Griet
> is op die nuusgroep nie. Griet het ook
> ikoon geword! Leendert en sy Griet-ikoon.
>
> Gloudina
>
Re: FAQ (of watookal in Afrikaans) [boodskap #18195 is 'n antwoord op boodskap #17935] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nog een waarvoor Gloudina nie kan wag nie!

In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Leendert van Oostrum"
>>
>>
>>
>> Nou, Leendert, jy wat so baie tyd het om
>> in argiewe in te gaan, begin nou vir ons
>> wys waar orals jy tekens kry van my
>> "venyninge veldtog." Maar as jy enigsins
>> eerlik is, meld ook die voorafgaande
>> woorde van Griet (waarop ek geantwoord
>> het) om dinge in konteks te plaas.
>
> Hei! Ek is nie jou liaseerklerk nie! Doen jou eie vuilwerk, jou luie lummel!
>
> Ek het tweemaal bewyse van jou venyn voorgelê. Voorlopig volstaan ek
> daarmee.
>
>> En
>> onthou, ek kan ook in die argief ingaan
>> en Griet se "venynige veldtog" teen my
>> gaan haal.
>
> Nou toe-toe-toe. Wys wat jy kan doen behalwe dreig.
>
>>
>> Intussen, ha ha ha, dink ek nie eens Griet
>> is op die nuusgroep nie.
>
> Danksy jou?
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
>
Vorige onderwerp: Re: Word speller
Volgende onderwerp: Word speller
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:30:09 MGT 2024