Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Emigrasie is aanklag teen ANC vermoë om te regeer
Re: Emigrasie is aanklag teen ANC vermoë om te regeer [boodskap #17508] Ma, 14 September 1998 00:00 na volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Emigrasie 'is aanklag teen ANC vermoë om te regeer'

Hendrik Coetzee Politieke Beriggewer

KAAPSTAD. - 'n Peiling wat toon dat 74% van die land se gekwalifiseerde
werkers en beroepslui dit weens die misdaadsituasie oorweeg om te emigreer,
is 'n ernstige aanklag teen die ANC se vermoë om te regeer en die veiligheid
van sy burgers te verseker.

Sê het politieke partye gister gereageer op 'n peiling wat deur die Sunday
Times gedoen is, en pres. Nelson Mandela se skerp aanval die naweek op
emigrante as sou hulle nie ware Suid-Afrikaners wees nie. Mandela het die
naweek op 'n mediakonferensie in Mauritius gesê "ware Suid- Afrikaners" sal
nie van die hoë misdaadvlak in Suid-Afrika weghardloop nie. "Sommige mense
is afgeskrik deur die hoë vlak van misdaad, maar ons glo in die verloop van
daardie proses sal ware Suid-Afrikaners uitgewys word wat sê: 'Dit is my
land, ek gaan nie van die probleme weghardloop nie, ek is hier om my land te
dien.' " Mev. Juli Kilian, mediadirekteur van die NP, het gesê dit is uiters
onverantwoordelik dat Mandela, wie se regering verantwoordelik is vir die
veiligheid van die land se inwoners, patriotisme meet aan mense se
gewilligheid om hulle aan die stygende misdaadvlak te onderwerp. Die land
word deur 'n krisis in die gesig gestaar weens die tekort aan opgeleide mense
wat veroorsaak kan word deur die voortgesette uitvloei van kundigheid.

Groot verliese in ekonomie

Dit lei tot groot verliese in die reeds beleërde ekonomie omdat dit nie
slegs finansiële implikasies inhou nie, maar ook lei tot die verlies van
entrepreneurs, bestuurs- en ander kundigheid. Kilian het gesê die NP doen 'n
beroep op die Regering om al die moontlike te doen om die misdaadgolf te
stuit en om die bemagtiging en opheffing van voorheen benadeelde gemeenskappe
verantwoordelik te benader. "Hoewel die NP begrip het vir mense se frustasie
en woede weens die ANC se geknoei en mislukkings, doen dié party 'n beroep op
Suid-Afrikaners om nie die land te verlaat terwyl daar nog 'n kans is om orde
en dissipline te herstel nie. Kiesers moet aanstaande jaar se verkiesing
gebruik om 'n duidelike boodskap aan die ANC te stuur," het sy gesê. Mnr.
Tony Leon, DP leier, het Mandela se uitlating skerp gekritiseer en gesê dit
is tyd dat die Regering van sy morele perdjie afklim en die oorsake van die
uitvloei van kundigheid probeer teenwerk. "Die probleem sal nie opgelos word
terwyl misdadigers vry rondloop en wetsgehoorsame burgers daaronder ly nie.
Die media behoort ook nie aangeval te word (soos Mandela die naweek gedoen
het) as hulle bloot oor die feitelike situasie berig nie." Mandela maak
klaarblyklik 'n fout as hy dink "ware Suid-Afrikaners" sal nie die land weens
misdaad verlaat nie. Die waarheid is dat "hoogs geskoolde ware
Suid-Afrikaners reeds geïmigreer het en dat duisende ander van alle
rassegroepe hul voorbeeld sal volg as die Regering nie misdaad kan hokslaan
nie". Leon het gesê die Regering moet ag slaan op die uitslag van die
peiling omdat die ware Suid-Afrikaners wat emigrasie oorweeg, net hier sal
bly as hulle veilig voel en 'n toekoms vir hulleself in die land sien. Dit is
die Regering se verantwoordelikheid om dit te verseker.

Bryan
--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Emigrasie is aanklag teen ANC vermoë om te regeer [boodskap #17529 is 'n antwoord op boodskap #17508] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Mandela het die
> naweek op 'n mediakonferensie in Mauritius gesê "ware Suid- Afrikaners" sal
> nie van die hoë misdaadvlak in Suid-Afrika weghardloop nie. "Sommige mense
> is afgeskrik deur die hoë vlak van misdaad, maar ons glo in die verloop van
> daardie proses sal ware Suid-Afrikaners uitgewys word wat sê: 'Dit is my
> land, ek gaan nie van die probleme weghardloop nie, ek is hier om my land te
> dien.' "

Sjoe, ek het al, maar ek hou nie daarvan nie, maar iets soos hierdie haal die
ou dienspligtige se taal uit my uit en maak dat ek net een antwoord vir die ou
wetter het: "F.K jou, Mandela, die antwoord is eenvoudig! Dan is SA net dood
eenvoudig nie meer my land nie en is ek nie 'n ware SAner nie! So What!"
Johan (bietjie in Oregon)
Re: Emigrasie is aanklag teen ANC vermoë om te regeer [boodskap #17704 is 'n antwoord op boodskap #17508] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Sep 1998 05:36:42 GMT, jpotg...@aol.com (JPotgieter) wrote:

ou dienspligtige se taal uit my uit en maak dat ek net een antwoord vir die ou[/color]
> wetter het: "F.K jou, Mandela, die antwoord is eenvoudig! Dan is SA net dood
> eenvoudig nie meer my land nie en is ek nie 'n ware SAner nie! So What!"
> Johan (bietjie in Oregon)>>

So Mandela was reg.
Vorige onderwerp: Werk MWeb al?
Volgende onderwerp: Re: Abort/Fail/Retry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:09:22 MGT 2024