Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Trompie en die Boksombende
Trompie en die Boksombende [boodskap #17479] So, 13 September 1998 00:00 na volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die afgelope week kom my seuntjie met 'n katalogus van 'n boekeverkoping by sy
skool by die huis aan. Ons besluit om te belê in 'n paar boeke. My keuses val
op Trompie- en Uile-omnibusse - elk drie boeke in een teen R25.

Om nostalgiese redes begin ek toe weer lees aan Trompie se kaskenades, en is
nogal beïndruk dat hy tred gehou het met die tyd. Ek meen, Trompie gaan nie
meer bioskoop toe soos 30 jaar gelede nie, hy gaan fliek! Hy kry ook nie meer
10c sakgeld nie, hy kry R2, maar ek is bevrees inflasie het hom ook al weer
ingehaal!

Later kom ek agter die Taalkomitee het hom ook onder hande gehad, want waar
hulle 'onder die blou hemel vergader', hou Trompie nie meer 'n 'offisiële'
vergadering nie, dit is nou 'n 'amptelike' vergadering. Ek neem maar verlief
daarmee, alhoewel ek dink dit het 'n bietjie van die waardigheid van ou
Trompie se vergaderings weggevat.

My grootste skok kom toe ek sien sy hond heet nou Jakkals! Ek het 'n paar dae
daaroor nagedink, en toe besluit selfs dit is baie logies. Ek meen, ou Boesman
is seker donkiejare terug al dood, waarskynlik weens ouderdom, of selfs
bosluiskoors, of so-iets. Daar kan tog sekerlik nie 'n ander rede wees vir die
naamsverandering nie, of hoe?

Groete!

Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17492 is 'n antwoord op boodskap #17479] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri-John Kock skryf:

>> Daar kan tog sekerlik nie 'n ander rede wees vir die
>> naamsverandering nie, of hoe?
>
> Ek dink dis maar om Trompie PC te hou. "Boesman" mag dalk deur sommige gesien word
> as 'n skelwoord,

Ek dink politieke korrektheid is nou nie juis iets waarvan enige iemand ou
Trompie van kan beskuldig nie! Ek dink nie iemand kan hom van enige soort
korrektheid beskuldig nie, of hoe?!

> soos "hotnot".

Onlangs kom iemand by 'n vismark iewers in die Kaap, en wil hotnosvis koop.
Die verkoper bespeur die koper se ongemak toe hy met 'n omhaal van woorde
probeer verduidelik wat hy soek, en sê, "Menee bedoel hotnosvis? Moenie
warrie nie, ons koep nog boerewôs!"

> Is hierdie boeke uit die eerste reeks, nl Trompie, Trompie die onnut,

Die einste hulle, maar omnibusse 1&2 is uit druk uit, en ons kon net 3,4&5
kry, soos jy sê, teen baie billike pryse.

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17493 is 'n antwoord op boodskap #17479] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
hb...@my-dejanews.com wrote:

> Die afgelope week kom my seuntjie met 'n katalogus van 'n boekeverkoping by sy
> skool by die huis aan. Ons besluit om te belê in 'n paar boeke. My keuses val
> op Trompie- en Uile-omnibusse - elk drie boeke in een teen R25.

Nie 'n slegte prys nie.[sny]

> My grootste skok kom toe ek sien sy hond heet nou Jakkals! Ek het 'n paar dae
> daaroor nagedink, en toe besluit selfs dit is baie logies. Ek meen, ou Boesman
> is seker donkiejare terug al dood, waarskynlik weens ouderdom, of selfs
> bosluiskoors, of so-iets. Daar kan tog sekerlik nie 'n ander rede wees vir die
> naamsverandering nie, of hoe?

Ek dink dis maar om Trompie PC te hou. "Boesman" mag dalk deur sommige gesien word
as 'n skelwoord, soos "hotnot". Ek raai dat die hond deesdae sou moes bekend staan
as 'San'. Ek dink darem nou nie dat 'n macho-ou soos Trompie sy hond 'San' sal
noem nie ! Is hierdie boeke uit die eerste reeks, nl Trompie, Trompie die onnut,
Trompie die dromer, tot by Trompie die Rugbyreus, of is dit die nuwe boeke, met oa
karakters soos Ben ou pen, ens ?

> Groete!

Wederom !

My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17494 is 'n antwoord op boodskap #17479] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri,

Dis interessant dat jy oor Trompie en die Uile gesels. Ek het
toevallig nou onlangs nogal oor daardie boeke teruggedink. (Daar was ook
'n Jasper wat 'n soortgelyke karakter was.) Toe ek op laerskool was, was
hierdie ouens ons gunsteling karakters. Ek het op die platteland
grootgeword, waar ek en my vriende almal redelike streng opvoedings
gehad het. Tog ons kon nooit die versoeking weerstaan om kattekwaad aan
te vang nie. By tye was ons net eenvoudig bleddie stout. Ek wonder soms
wat die rede hiervoor was, en weet jy, ek dink Trompie, Rooies, Blikkies
en Dawie het dalk heelwat daarmee te doen. Ek wil nie daarmee se dat dit
verbode leesstof vir Jacques moet wees nie, want die Power Rangers en
ander tv karakters maak sekerlik 'n baie groter indruk op hom.
Persoonlik dink ek net ek sou dalk 'n paar loesings by die huis en by
die skool vrygespring het as dit nie vir Topsi Smith was nie.

Jaco
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17495 is 'n antwoord op boodskap #17479] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jaco Coetsee skryf:

> Dis interessant dat jy oor Trompie en die Uile gesels.

> Persoonlik dink ek net ek sou dalk 'n paar loesings by die huis en by
> die skool vrygespring het as dit nie vir Topsi Smith was nie.

Ja, ons het die afgelope paar dae ook hieroor gesels, en iemand het opgemerk
dat ons kinders toegesluit sal word as hulle dieselfde goed aanvang wat
Trompie- hulle gedoen het.

Maar ons het almal maar 'n bietjie selektief gelees, of ingeneem daai tyd. As
'n mens dit nou weer lees, dan kom jy agter daar is baie verskuilde
sedelessies. En ou Trompie se onberispelike eerlikheid. In die een wat ek
gelees het, red hulle vir Jantjie Patat vanaf 'n brandende solder, en die
skoolhoof reken hulle is 'n voorbeeld vir ander kinders - 'n stelling waaroor
ou Trompie erg verbaas is! Die beste is egter as die dominee hom vra of hulle
dit uit naasteliefde gedoen het. Nee, reken Trompie, ou Jantjie skuld hulle
geld!

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17510 is 'n antwoord op boodskap #17479] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ek dink dis maar om Trompie PC te hou. "Boesman" mag dalk deur sommige gesien
> word
> as 'n skelwoord, soos "hotnot". Ek raai dat die hond deesdae sou moes bekend
> staan
> as 'San'. Ek dink darem nou nie dat 'n macho-ou soos Trompie sy hond 'San'
> sal
> noem nie !

Haai nooit, jy kan nie ernstig wees nie - dis dan so ou kafferbrak!

Ons het 'n hele klomp van die Trompie boeke hier op die rak en dit wag net vir
die seuns om lekker vlot te begin lees ....

Johan (bietjie in Oregon)
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17533 is 'n antwoord op boodskap #17479] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
JPotgieter wrote in message

> Haai nooit, jy kan nie ernstig wees nie - dis dan so ou kafferbrak!
>
> Ons het 'n hele klomp van die Trompie boeke hier op die rak en dit wag net vir
> die seuns om lekker vlot te begin lees ....
>

Hopelik sal 'n groeiende amerikaanse agenda wat diversiteit waardeer, die
haat en rassisme van hul pa (let alone trompie) temper.

leswin
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17534 is 'n antwoord op boodskap #17479] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Leswin Laubscher skryf:

>> Ons het 'n hele klomp van die Trompie boeke hier op die rak

> Hopelik sal 'n groeiende amerikaanse agenda wat diversiteit waardeer, die
> haat en rassisme van hul pa (let alone *trompie*) temper.

Leswin,

Ek moet ernstig beswaar maak teen jou bevooroordeeldheid teenoor ou Trompie -
net so min as wat jy hom van politieke korrektheid kan beskuldig, kan jy hom
van rassisme beskuldig. Min of meer in die klas van 'Dennis, the Menace'.
Soos hulle sê, 'give him a break' - die outjie is 13 jaar oud en het baie
ander goed om hom oor te bekommer as rassisme!

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)
Re: Trompie en die Boksombende [boodskap #17562 is 'n antwoord op boodskap #17479] Do, 17 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Hopelik sal 'n groeiende amerikaanse agenda wat diversiteit waardeer, die
> haat en rassisme van hul pa (let alone trompie) temper.
>
>

Ek kan nie onthou dat Trompie se pa 'n groot rassis was nie!
Dalk moet ek eers die boeke lees voor ek dit vir die seuns gee...
Johan (bietjie in Oregon)
Vorige onderwerp: Tania\Tanya Miseroole
Volgende onderwerp: Newzworld weer online !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 19:17:46 MGT 2024