Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Open Letter
Re: Open Letter [boodskap #17404] Di, 08 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) writes: >

THE FOLLOWING IS AN OPEN LETTER TO THE SOUTH AFRICAN COMMUNIST
> PARTY BY A FRIEND OF THE BOERVOLK: ANTON CORVUS

The government of Fidel Castro has
> killed untold tens of thousands of people in his own country and has
> exported death to thousands more in South America and in Angola. The
> people of Cuba have suffered under the rule of Castro since 1959,
> thousands have been tortured, imprisoned, and killed for that most
> "horrible" of crimes; the quest for freedom.

So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
wereld verag hierdie Yankee-beleid.

> Democracy and freedom are about people being able to live without
> fear, to speak without fear, and to be able to choose their leaders in
> free and open elections. Cuban people do not have these choices,

En die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse
bevolking het nie "democracy and freedom" gehad
gedurende die apartheidsregime nie. Wat weet jy
en jou trawante van democracy and freedom, ou
Frikkie.Net soos julle maak asof julle sulke groot
Christene is, maar julle weet nie die eerste ding
van ware Christelikheid nie.

A South
> Africa of true democracy and free from fear, where one is not subject
> to being killed or imprisoned for daring do speak the truth.

"Where one is not subject to being killed or
imprisoned for daring to speak the truth" soos
in die dae van die apartheidsvarke nie. Onthou
vir Mandela. Onthou vir Biko. En onthou dat ou
Anton Corvus en ou Frikkie Potgieter hulle gif
sit en spuig en niemand slaan hulle pap en gooi
hulle van die trappe af, of stoot hulle deur
vensters en maak dan of hulle selfmoord gepleeg
het nie. En daar is nie pantserwaens in die strate
nie en vloekende soldate wat op skoolkinders skiet
nie. Korrupsie en geweld is daar wel. In die strate
van die stede van die VSA, om 'n ander land op te
noem. So what is new?

Sarel (wat moet sak)
Re: Open Letter [boodskap #17419 is 'n antwoord op boodskap #17404] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Sep 1998 21:44:24 GMT, wrote:
| So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
| nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
| julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
| so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
| wereld verag hierdie Yankee-beleid.

Veral seker die baie Kubane wat so graag die Amerikaanse kus probeer
bereik....? Hoe is jy dan nou so hand om die niere met so 'n ou sot
soos Castro, Gloudina? Dis darem seker effe benede die antie van
Afferkaans?
|

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Open Letter [boodskap #17420 is 'n antwoord op boodskap #17404] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 09 Sep 1998 08:39:36 +0200, lou had
the following to say:

|Net so teroops - ou Fidel (laat jou dink aan Nero wat viool gespeel het
|terwyl sy stad brand) het laas week 'n byeenkoms in Soweto toegespreek.
|En net soos Gloudina het die skare aan sy lippe gehang. Jy weet soos ou
|Eugene se nalopers aan sy lippe hang. En Hitler se volgelinge. En
|Musolinni. Maar wat hulle nie onthou nie is dat ou Fidel 'n diktator in
|die beste Afrika tradisie is. Of 'n moerse goeie verkoopsman. Maar
|intussen vrek sy mense van elende.
|
Ja, ek wens so ek kan elkeen van die mense wat so agter arrafat en
castro aanloop, by die skouers vat en skud "Wake up, smell the
coffee!".

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Open Letter [boodskap #17422 is 'n antwoord op boodskap #17404] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Sep 1998 21:44:24 GMT, had the following to say:

| nie. Korrupsie en geweld is daar wel. In die strate
| van die stede van die VSA, om 'n ander land op te
| noem. So what is new?
|
| Sarel (wat moet sak)
|
Ja, tereg merk jy op dat jy moet "sak, Sarel" want jy lieg darem nou
wholesale!

Londen, VSA, Europese stede, het nie een die goor lewensomstandighede
wat ons hier het nie - allermins jou Ottawa! Jy maak 'n gek van
jouself om so 'n redenasie op te bring.
En moenie weer vir ons individuele gevalle opnoem nie! Dis dalk
eerder tyd dat jy veralgemeen en die waarheid begin raaksien, want
meeste van ons hier beweeg binne 'n veralgemeende samelewing - ons kom
net by uitsondering in aanraking met "uitsonderings"!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Open Letter [boodskap #17424 is 'n antwoord op boodskap #17404] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On 8 Sep 1998 21:44:24 GMT, wrote:
> | So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
> | nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
> | julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
> | so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
> | wereld verag hierdie Yankee-beleid.
>
> Veral seker die baie Kubane wat so graag die Amerikaanse kus probeer
> bereik....? Hoe is jy dan nou so hand om die niere met so 'n ou sot
> soos Castro, Gloudina? Dis darem seker effe benede die antie van
> Afferkaans?
> |
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Johan

Jy sal sien dat sy nie Castro verdedig nie maar net soos die huidige
regime terugval na apartheid regime koeie uit die sloot opgrawe! Want sy
kan nie Catro se diktatorskap verdedig nie PUNT

Net so teroops - ou Fidel (laat jou dink aan Nero wat viool gespeel het
terwyl sy stad brand) het laas week 'n byeenkoms in Soweto toegespreek.
En net soos Gloudina het die skare aan sy lippe gehang. Jy weet soos ou
Eugene se nalopers aan sy lippe hang. En Hitler se volgelinge. En
Musolinni. Maar wat hulle nie onthou nie is dat ou Fidel 'n diktator in
die beste Afrika tradisie is. Of 'n moerse goeie verkoopsman. Maar
intussen vrek sy mense van elende.

Cheers
Lou
Re: Open Letter [boodskap #17425 is 'n antwoord op boodskap #17404] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
dit lyk of suid-afrika die modderpoel geword het,
waar al wat n lelike eendjie is kom vlerksleep,

--
plant n boom, sodat n voel daarin kan sit en fluit

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Open Letter [boodskap #17448 is 'n antwoord op boodskap #17404] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Sep 1998 02:01:20 +0200, "Thorsten Müller"
had the following to say:
Dankie Thorsten - dis lekker om so gebalanseerde prentjie te sien. Ek
wens meer van die plasings hier op die groep was so objektief, sonder
om persone aan te val - ek is self soms maar skuldig.

Nou ja, nou het ons 'n beter siening van die situasie.

|Ek is beslis nóg 'n Castro aanhanger nóg 'n vyand van die VSA, ek hou net
|daarvan om die hele waarheid te vertel. Die hele wêreld weet dat "oom Fidel"
|'n groot ongeluk vir sy land is, maar gewoonlik vra niemand waarom hy eintlik
|die leier van Kuba geword het nie. Die bevolking (afgesien van Batista se
|vriende natuurlik) het hom destyds baie verwelkom.
|
|Hoop my Afrikaans is verstandelik,
|
Kom ek help: Jou Afrikaans is geweldig duidelik! Net hierdie laaste
"verstandelik" kan jy vervang met "verstaambaar".
Gloudina, jy sal kan sê of daar 'n beter woord is...

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Open Letter [boodskap #17449 is 'n antwoord op boodskap #17404] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote:
>
> Ja, ek wens so ek kan elkeen van die mense wat so agter arrafat en
> castro aanloop, by die skouers vat en skud "Wake up, smell the
> coffee!".

Seker, maar ek wens ek kan vir elkeen wat Castro verduiwel verklaar dat elke
storie twee kante het:

1. Castro is natuurlik 'n diktator, en die situasie in Kuba sou beter wees
wanneer hy eindelik afdank.

2. Die hoofrede vir die huidige ekonomiese situasie in Kuba is maar die
sanksies van die VSA. Castro ly nie onder die sanksies - dit is die volk wat
ly. Daarom behoort die sanksies afgeskaf word. Dit is belagrik dat die VSA
Castro verduiwel, terwyl hulle met Batista (wat eens minder oor die regte van
mense geweet het as Fidel) baie dollars verdien het.

3. Vlugtelinge? Ja, seker is daar baie mense wat na Florida probeer vlug, maar
die meeste daarvan is geen politiese vlugtelinge nie. Hulle verlang net na 'n
beter lewe wat hulle in Kuba - veral weens die sanksies - nie kan hê nie. Baie
Kubaners is trots op hulle land en die feit dat alle pogings van die VSA tot
storting van die Castro regering onsuksesvol was. Die sanksies gee Castro net
brandstof om met sy politiek voort te gaan. Dit is baie maklik vir hom om die
Amerikaners te verduiwel en dus die steun van sy volk te hou (moenie vergeet
dat die VSA ook eens Batista gesteun het, en dat Castro Kuba van Batista en
die - nou ja - "Amerikaanse Kapitaliste" bevry het).

Ek is beslis nòg 'n Castro aanhanger nòg 'n vyand van die VSA, ek hou net
daarvan om die hele waarheid te vertel. Die hele wêreld weet dat "oom Fidel"
'n groot ongeluk vir sy land is, maar gewoonlik vra niemand waarom hy eintlik
die leier van Kuba geword het nie. Die bevolking (afgesien van Batista se
vriende natuurlik) het hom destyds baie verwelkom.

Hoop my Afrikaans is verstandelik,

Thorsten

PS: Terloops, ek is ook al in Kuba gewees...
Re: Open Letter [boodskap #17453 is 'n antwoord op boodskap #17404] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> Kom ek help: Jou Afrikaans is geweldig duidelik! Net hierdie laaste
> "verstandelik" kan jy vervang met "verstaambaar".
> Gloudina, jy sal kan sê of daar 'n beter woord is...

Wel, ou Simon, ek sal nou nie durf om vir
jou teen te spreek nie, maar ek dink die
woord is "verstaanbaar," nie "verstaambaar"
soos jy dit spel nie. Oppas tog maar vir die
ou vingertjie wat so maklik glip. En vir
die beterwetigheid en wysneusigheid wat jy
so liberaal openbaar. Miskien is jy
"verstandelik" in die war? Of is dit maar
net kroniese egosentrisiteit?

Ek wil ook vir Thorsten gelukwens met sy
goeie Afrikaans. Ek kan nie glo dat hy nie
daagliks daarmee in aanraking kom nie.

Ver in die wereld Kittie.
Re: Open Letter [boodskap #17466 is 'n antwoord op boodskap #17404] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> On Thu, 10 Sep 1998 17:42:24 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>
> |Kom ek help: Jou Afrikaans is geweldig duidelik! Net hierdie laaste
> |"verstandelik" kan jy vervang met "verstaambaar".
> |Gloudina, jy sal kan sê of daar 'n beter woord is...
> |
> Seker "vertaaNbaar" - jy sukkel netsoos ek met die sleutels wat
> langsmekaar sit. =|:^)>
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Ja, Johan. "Vertaanbaar." Lisp jy?

Die tannie wat thewe thakke thout verthinld het.
Re: Open Letter [boodskap #17468 is 'n antwoord op boodskap #17404] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Sep 1998 17:42:24 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

|Kom ek help: Jou Afrikaans is geweldig duidelik! Net hierdie laaste
|"verstandelik" kan jy vervang met "verstaambaar".
|Gloudina, jy sal kan sê of daar 'n beter woord is...
|
Seker "vertaaNbaar" - jy sukkel netsoos ek met die sleutels wat
langsmekaar sit. =|:^)>

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Open Letter [boodskap #17470 is 'n antwoord op boodskap #17404] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote:
>
> Dankie Thorsten - dis lekker om so gebalanseerde prentjie te sien. Ek
> wens meer van die plasings hier op die groep was so objektief, sonder
> om persone aan te val - ek is self soms maar skuldig.

Ek moet maar erken dat my Afrikaans ook te sleg is om persone direk aan te
val, alhoewel baie plasings in hierdie ng 'n goeie voorbeeld lewer... ;)

> Jou Afrikaans is geweldig duidelik!

Baie dankie, ek benodig gewoonlik ure om 'n plasing saam te stel wat
informatief is en meer of minder korrek in taalgebruik. Ek kon eens meer
geskryf het oor my persoonlike ondervindings in Kuba, maar dis al laat gewees...

In elkgeval 'n groot dankie vir al diegene wat my aanmoedig om met my
Afrikaanse plasings voort te gaan. Ek wens maar net ek kon dit ook aktief praat.

Groete,

Thorsten
Re: Open Letter [boodskap #17476 is 'n antwoord op boodskap #17404] Sa, 12 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
> e...@dot.com (Johan ) writes:
>
>> On Thu, 10 Sep 1998 17:42:24 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>>
>> |Kom ek help: Jou Afrikaans is geweldig duidelik! Net hierdie laaste
>> |"verstandelik" kan jy vervang met "verstaambaar".
>> |Gloudina, jy sal kan sê of daar 'n beter woord is...
>> |
>> Seker "vertaaNbaar" - jy sukkel netsoos ek met die sleutels wat
>> langsmekaar sit. =|:^)>
>>
>> Johan
>>
>> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
>
> Ja, Johan. "Vertaanbaar." Lisp jy?
>

Mooi Gloudina... Henri maak 'n punt daarvan dat ons almal meer sal bereik met
minder persoonlike aanvalle, maar jy moes maar jou stekie inkry né. Ai.

Bryan

**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Open Letter [boodskap #17477 is 'n antwoord op boodskap #17404] Sa, 12 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
brya...@my-dejanews.com writes:

>> Ja, Johan. "Vertaanbaar." Lisp jy?
>>
>
> Mooi Gloudina... Henri maak 'n punt daarvan dat ons almal meer sal bereik met
> minder persoonlike aanvalle, maar jy moes maar jou stekie inkry né. Ai.
>
> Bryan

Bryan ou biel, jou ou handjies is natuurlik
vreeslik skoon. Jy het ook jou stekie ingekry.
Die enigste fout wat ek gemaak het, is om die
Engelse woord "lisp" te gebruik vir "sleeptong"
praat.

Ek wonder somtyds oor die woord "ne" wat ons in
Afrikaans gebruik. Dit word aangeneem dat dit
kom van die Frans " n'est-ce-pas." Ek wonder of
Nederlanders en Vlaminge dit ook so gebruik?

Die woord aan die einde van jou sin, "ai" sal, dink
ek, vreemd vir Nederlands-sprekende mense wees.Ek
dink dis 'n Khoi of San woord, maar kan nie seker
daarvan wees nie. Waar het Leendert heen verdwyn?
Anders kon ek hom nou gevra het om dit na te slaan.

Op die bootjie na Kammaland.
Re: Open Letter [boodskap #17484 is 'n antwoord op boodskap #17404] So, 13 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...

> Bryan ou biel, jou ou handjies is natuurlik

Wat is een biel?

> Engelse woord "lisp" te gebruik vir "sleeptong"

Het Nederlands gebruikt lispelen voor de manier van spreken waarbij je "de
s, de z en vooral de t met een zeker gesis laat horen". Lispelen kan echter
ook worden gebruikt om "fluisterend spreken" weer te geven. Slissen is een
ander woord voor zo'n spraakgebrek. Het woord "Sleeptong" heb ik nog nooit
iemand horen gebruiken, al meen ik dat ik "met slepende tong spreken" wel
eens gehoord of gelezen heb. Sliptongetjes ken ik wel, lekker gebakken met
een fris zurig sausje :-)

> Ek wonder somtyds oor die woord "ne" wat ons in
> Afrikaans gebruik. Dit word aangeneem dat dit
> kom van die Frans " n'est-ce-pas." Ek wonder of
> Nederlanders en Vlaminge dit ook so gebruik?
>

Ik gebruik wel eens "nie" achter aan een zin. In een vragende vorm. Ik ging
ervan uit dat het een verkorte vorm van "nietwaar" was. Maar het zou ook
best uit het Frans kunnen komen, nie?

> Die woord aan die einde van jou sin, "ai" sal, dink
> ek, vreemd vir Nederlands-sprekende mense wees.Ek
> dink dis 'n Khoi of San woord, maar kan nie seker
> daarvan wees nie. Waar het Leendert heen verdwyn?
> Anders kon ek hom nou gevra het om dit na te slaan.

Ja, dat "ai". In wat voor betekenis moet ik dat zien? Au, foei, jasses, nou
ja... ?

> Op die bootjie na Kammaland.
Is er nog plaats? Dan ga ik mee! Ze hebben er een plaats op de camping voor
minder dan 50 rand per overnachting: stukken goedkoper nog dan de Franse
campings waar ik de afgelopen weken heb gestaan.

Is dit eigenlijk wel de goede tijd van het jaar om Zuid Afrika te bezoeken?
Ik las in een andere plasing iets over de eerste regen sinds april. Regen
hebben we hier ook, dus dat hoeft van mij niet zo nodig :-)

Warmte en zon, daar ga ik voor! Nou ja, voorlopig maar het huis lekker warm
stoken en hopen dat het met dat broeikaseffect een beetje opschiet: dan kan
ik misschien wel palmbomen planten in mijn achtertuin.

Groeten,
Arthur
Re: Open Letter [boodskap #17485 is 'n antwoord op boodskap #17404] So, 13 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:
> Gloudina heeft geschreven...
>
>> Bryan ou biel,
>
> Wat is een biel?

Arthur, die woord "biel" word gewoonlik net
gebruik as jy met 'n man praat. Dit het effens
macho-assosiasies, maar kan maklik omslaan in
'n effe beledigende aanspreekvorm. Dus, as ek
vir iemand "ou biel" noem, mag ek impliseer:
"jy dink jy is so wonderlik, maar ek dink jy
is ook maar net 'n manlike domkop." Dit hoef
egter nie hierdie pejoratiewe betekenis te
hê nie. Een man kan 'n ander man aanspreek
as "ou biel" om bloot kameraderie uit te
spreek. Dit het amper altyd die woord "ou"
vooraan as jy die persoon direk aanspreek.
Jy kan dit ook so gebruik: "Hy is 'n biel
van 'n man."

Ek vind die woord nog in ons Afrikaanse woorde-
boek nog in ons Idiomatiese woordeboek. My man
verseker my dat hy die woord ken. Hy dink dit
kom van die woord "buffel." Enige ander opinies?

>> Engelse woord "lisp" te gebruik vir "sleeptong"


> Het Nederlands gebruikt lispelen voor de manier van spreken waarbij je "de
> s, de z en vooral de t met een zeker gesis laat horen". Lispelen kan echter
> ook worden gebruikt om "fluisterend spreken" weer te geven. Slissen is een
> ander woord voor zo'n spraakgebrek. Het woord "Sleeptong" heb ik nog nooit
> iemand horen gebruiken, al meen ik dat ik "met slepende tong spreken" wel
> eens gehoord of gelezen heb. Sliptongetjes ken ik wel, lekker gebakken met
> een fris zurig sausje :-)


Interessant dat julle die woord "lispelen" gebruik
in Nederlands. Engels en Nederlands het dieselfde
moeder, dus is dit natuurlik nie vreemd nie. As
Afrikaners "lisp" gebruik, dink hulle altyd hul
steel van Engels.

>> Ek wonder somtyds oor die woord "ne" wat ons in
>> Afrikaans gebruik. Dit word aangeneem dat dit
>> kom van die Frans " n'est-ce-pas." Ek wonder of
>> Nederlanders en Vlaminge dit ook so gebruik?

>
> Ik gebruik wel eens "nie" achter aan een zin. In een vragende vorm. Ik ging
> ervan uit dat het een verkorte vorm van "nietwaar" was. Maar het zou ook
> best uit het Frans kunnen komen, nie?

Ja, ek dink ons "n^e" of "n`e" kom seker
maar van die Nederlandse "nietwaar." Maar
ek dink dit word baie meer aggressief en
met baie meer nuanses gebruik as die "nie?"
in Nederlands.

> Ja, dat "ai". In wat voor betekenis moet ik dat zien? Au, foei,
jasses, nou
ja... ?

Dit spreek jammerte of misnoe"e uit. Ai, nou moet
ek weer van vooraf begin. Ai, dis darem te koud
om nou buite te loop. Ai siestog, hy is nog so
klein. Ai, sê Henri Burger, die klomp twis so
op die nuusgroep. Ai, hulle wil nie ophou nie.

Wat op aarde beteken "jasses."

Gloudina
Re: Open Letter [boodskap #17486 is 'n antwoord op boodskap #17404] So, 13 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ja man, jy sien ek is nie perfek nie - en nou sal dit nog erger gaan, vir die
volgende vier weke is ek op een van die ou laptop rekenaartjies met die piepie
sleuteltjies...

En boonop moet ek met aol werk, wat dinge nog meer omkrap - so as ek by tye nie
baie sin maak nie, vra ek om verskoning - ek het nie tools hier waarmee ek
lekker vertroud is nie.

> Ja, Johan. "Vertaanbaar." Lisp jy?

Johan (bietjie in Oregon)
Re: Open Letter [boodskap #17526 is 'n antwoord op boodskap #17404] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Hall  is tans af-lyn  Robert Hall
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

>> Johan
>>
>> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
>
> Ja, Johan. "Vertaanbaar." Lisp jy?
>
> Die tannie wat thewe thakke thout verthinld het.
------------------------------------------------

En dit was seker Knippie vir Knippie ?? Ek twyfel !!

Groete
Robbish
Re: Open Letter [boodskap #17527 is 'n antwoord op boodskap #17404] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes:

> Nou ja! As "vertaanbaar" lisp is, wat noem 'n mens "verthiNLd"????

> Die tannie moet dalk 'n agste sak sout verslind!

>>> Die tannie wat thewe thakke thout verthinld het.
>> ------------------------------------------------
>>
>> En dit was seker Knippie vir Knippie ?? Ek twyfel !!
>>
>> Groete
>> Robbish


Ja, daar teen die einde het die tannie
se tong sommer in 'n groot knoop geknoop.
Wat, mag ek vra, is die Afrikaans
vir 'n "tongue twister." My woordeboek
gee nie die Afrikaans daarvoor nie.Wat,
wonder ek, is die Nederlands of die
Duits daarvoor?

Wouter wat woon waar weste winde waai.
Re: Open Letter [boodskap #17528 is 'n antwoord op boodskap #17404] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Nou ja! As "vertaanbaar" lisp is, wat noem 'n mens "verthiNLd"????
Wonder maar net......
:-)
Die tannie moet dalk 'n agste sak sout verslind!

Robert Hall wrote:

> @igs.net wrote:
>
>>> Johan
>>>
>>> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
>>
>> Ja, Johan. "Vertaanbaar." Lisp jy?
>>
>> Die tannie wat thewe thakke thout verthinld het.
> ------------------------------------------------
>
> En dit was seker Knippie vir Knippie ?? Ek twyfel !!
>
> Groete
> Robbish
Re: Open Letter [boodskap #17543 is 'n antwoord op boodskap #17404] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> Wat, mag ek vra, is die Afrikaans
> vir 'n "tongue twister." My woordeboek
> gee nie die Afrikaans daarvoor nie.Wat,
> wonder ek, is die Nederlands of die
> Duits daarvoor?

Die duitse woord is "Zungenbrecher", dit beteken "tongbreker".

Terloops, my Engels-Afrikaans woordeboek gee "tongknoper" daarvoor.

Groete,

Thorsten
Re: Open Letter [boodskap #17634 is 'n antwoord op boodskap #17404] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Sep 1998 15:30:36 GMT, wrote:

|
| Ja, Johan. "Vertaanbaar." Lisp jy?
|
| Die tannie wat thewe thakke thout verthinld het.
|
Net as ek te veel whiskey geproe het!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Open Letter [boodskap #17750 is 'n antwoord op boodskap #17404] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Wat, mag ek vra, is die Afrikaans
> vir 'n "tongue twister." My woordeboek
> gee nie die Afrikaans daarvoor nie.Wat,
> wonder ek, is die Nederlands of die
> Duits daarvoor?

Tongknoper. Hopelik sal een van die mense wat Duits of Nederlands magtig
is, jou kan help met die relevante vertalings.

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Open Letter [boodskap #17786 is 'n antwoord op boodskap #17404] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock wrote:

> Tongknoper. Hopelik sal een van die mense wat Duits of Nederlands magtig
> is, jou kan help met die relevante vertalings.

Ons het dit al gedoen, jy het seker nie die hele "thread" ontvang nie. Indien
jy ook in die Duitse/Nederlandse vertalings belangstel sal ek dit vir jou gee:

Duits: Zungenbrecher
Nederlands (sover ek kan onthou): Tongbreker

Terloops, die Nederlandse woord is 'n presiese vertaling van Duits.

Groete,

Thorsten
Vorige onderwerp: Verandering
Volgende onderwerp: Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 11:31:55 MGT 2024