Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » nuusberigte oor moord
nuusberigte oor moord [boodskap #17248 is 'n antwoord op boodskap #17249] Wo, 02 September 1998 00:00 na volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
dag,

ek stel glad nie belang daarin om hier
sensasionele moord statistieke te lees
nie, as ek wou, dan sal ek die online
koerante gaan lees,

wie hier stem saam met my dat ons DIE berigte
NIE hier wil lees nie ?

ons weet mos dat daar elke dag tientalle
mense vermoor word, ons probeer dit
verwerk, ons doen ons beste om daarmee
saam te leef, ons het nie rooi vlaggies
soos die berigte nodig nie.

groete
Vyg
--plant n inheemse plant/bos/boom/blom

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17249 is 'n antwoord op boodskap #17248] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 Sep 1998 18:49:29 GMT, hek...@usa.net had the following to say:
|
|wie hier stem saam met my dat ons DIE berigte
|NIE hier wil lees nie ?
|
|ons weet mos dat daar elke dag tientalle
|mense vermoor word, ons probeer dit
|verwerk, ons doen ons beste om daarmee
|saam te leef, ons het nie rooi vlaggies
|soos die berigte nodig nie.
|
Vyg jou ou skelm - ek lees nou die dag jou verhale/gedigte op die net
wat ek via 'n Hollandse blad teegekom het. Baie smart!

Maar oor die punt wat jy hier aanroer: Plein, goeie gesonde redenasie
en tweespraak is so skaars op hierdie nuusgroep. Daar was al so baie
oproep op mense om byvoorbeeld op te hou met baklei op die NG. Dit
lyk darem nou of dit beter is.

Maar is die geweld nie al deel van ons kultuur nie? Is ons nie,
trouens, al 'n bietjie stomp daarvoor nie? Lees jy elke dag alle
berigte in die koerante oor die geweld? Ek stel aan jou dis omdat dit
nie meer snaaks is nie en onaangenaam is om oor al die geweld te lees
en daarom druk ons almal maar kop in die sand. As een ou dit dan
effe oordryf (die bewus wees van die ondinge in die land) soos wat
Frikkie doen, dan dink ons hy is 'n fanatikus. Dalk is hy een van die
min ouens met oop oe in die land.

Maar jy is nie in Suid-Afrika nie, is jy? Dit gaan nou regtig so sleg
hier dat wat Frikkiedel jou vertel, nie eers 'n druppel innie emmer
issie. As elke boer wat nou vermoor word se plaas net vir een seisoen
ophou produseer, is ons in die dwêng!

Almal kla oor alles wat die regering doen - oor die slegte toestande
van die paaie - oor die baie geld wat gemors word - oor die wanbestuur
- oor die rassehaat - oor die affirmative action - oor die baie swart
op die televisie en radio. MAAR niemand doen iets sigbaars om dinge
te verbeter nie. O, ek gee toe, daar is "forums", baie "forums"!
Maar wat bereik hulle?

Ek staan nou myself hier en beskuldig, want ek het self nie 'n
voorstel vir wat ek nou sê nie: iemand moet iets positiefs doen!!!
Iemand moet die negatiefisme en fatalisme onder die blanke begin
omswaai.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17271 is 'n antwoord op boodskap #17249] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Sep 1998 19:41:22 GMT, wrote:

| Dis net dom ouens in die Middeweste wat in ou
| afgeleefde tjorries ry wat dit doen. Hulle is
| banger dat hulle kar nie weer sal begin nie,
| as wat dat die kar gesteel kan word.
|
Jy het 'n skewe idee van 'n Lincoln Towncar en die lekker groot ou
Pick-ups wat ek al so gesien het! Dis gewoonlik die groot ou
rustbuckets wat so vol gate is, die ouens skakel maar die enjin af
want met al die gate in geroes help lugverwarming in elk geval nie!
Maar jy is reg - hier is groter gevaar dat jy nie jou kar weer sal
start nie as wat daar is dat hulle hom sal steel. En ek het nog nie
'n kar hier teegekom wat nie op die koudste dag wou start nie. Selfs
die sewejaar ou Jeep wat ek ry vat elke keer eerste keer! Ek weet nie
wat hulle aan die goed doen dat dit so lekker gaan nie - in SA sou net
'n lekker suidewind daar deur Roodepoort gemaak het dat my nuwerige
Cressida niks wou weet op 'n koue dag nie.
|
| Die naaste wat ek gehoor het was 'n boer van die Vrystaat
|> wat gesê het die land moet nou maar so gou moontlik ten gronde gaan -
|> dan kan daar so veel gouer begin word met die opbou daarvan.
|
| Dit maak my so deurmekaar as ek van die boere van
| die Vrystaat lees wat so uitgeroei het, en dan hoor
| ek my seun se Suid-Afrikaanse meisie gaan eers
| Kersfees op die plaas in Ficksburg in die Vrystaat
| deurbring voor sy na Kersfees hierheen kom. Verlede
| Kersfees was my seun saam met haar op die plaas in
| die Vrystaat. 'n Mens raak baie deurmekaar wanneer
| jy so baie teenstrydige informasie uit SA hoor kom.

Dis juis wat Vyg ook van gepraat het, Gloudina. Die feit dat die
boere so vermoor word, maak nie dat die ander se lewens ophou nie - my
vrou se familie is almal daar rondom Rosendal en Ficksburg en
Bethlehem. Hulle lewens gaan voort en hulle kuier bymekaar vir
Kersfees en troues en begrafnisse. Maar dit beteken nie hulle is baie
veilig nie!

My vrou se neef Schalk het omtrent dieselfde gesê as wat Simon gehoor
het. Volgens hom begin die boere van die suid-Vrystaat al hoe minder
kos produseer en konsentreer net daarop om genoeg te doen op sy plaas
vir 'n kontant inkomste om van te leef en die kinders deur
universiteit te sit.
|

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17272 is 'n antwoord op boodskap #17249] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Ek stem saam - dis deel van ons lewenswyse. Ek kan my nie indink dat
> ouens soos Johan vertel dat hulle karre aangeskakel buite winkels los
> nie.

Dis net dom ouens in die Middeweste wat in ou
afgeleefde tjorries ry wat dit doen. Hulle is
banger dat hulle kar nie weer sal begin nie,
as wat dat die kar gesteel kan word.


> |Indien die bogenoemde vir sommige lesers hier, neuroties
> |klink, wil ek julle verseker, dat die Suid-Afrikaanse volk
> |nie geestelik gesond is nie, jare se oorlog, bomme en geweld,
> |het ons uitgeput, gevoelens van apatie, depressie, verwyt is
> |alles nagevolge van die vorige oorlogstoestand en huidige
> |krimenele gevaar.

Ek hoop jy sluit al die lede van die Suid-
Afrikaanse volk in. Ek kan jou verseker dat
die invloed op die nie-blanke bevolking van
al die jare se oorlog, die bomme en die
geweld net so erg of erger was as op die
wittes, alhoewel ek dink die psigologiese
letsels in die wit bevolking nog lank sal
neem om tot voorskyn te kom, solank daar
mense soos Frikkie rondry en mense die rad
voor die o"e draai.

> |Dit raak ons, dit skeur ons, ons huil bitter trane, en in
> |ons gevoel van magteloosheid, hoop die verwyt en haat op,
> |want daar is geen verligting en blykbaar geen oplossing.

Die oplossing is om jou Bybel te lees, jou naaste
lief te h^e, en te bid dat mense soos Frikkie hulle-
self sal bekeer van in die diens van die duiwel te
werk. Dis ook nodig om te besef dat jy in 'n land
bly waar jou swart mede-broeders nie jou klein ou wit
probleempies met baie simpatie bejeen nie. Hulle het
groter probleme - hulle lewe nog meestal op die
rand van 'n maatskappy wat deur 'n minderheid van
wit velle geografies en ekonomies oorheers word.


Die naaste wat ek gehoor het was 'n boer van die Vrystaat
> wat gesê het die land moet nou maar so gou moontlik ten gronde gaan -
> dan kan daar so veel gouer begin word met die opbou daarvan.

Dit maak my so deurmekaar as ek van die boere van
die Vrystaat lees wat so uitgeroei het, en dan hoor
ek my seun se Suid-Afrikaanse meisie gaan eers
Kersfees op die plaas in Ficksburg in die Vrystaat
deurbring voor sy na Kersfees hierheen kom. Verlede
Kersfees was my seun saam met haar op die plaas in
die Vrystaat. 'n Mens raak baie deurmekaar wanneer
jy so baie teenstrydige informasie uit SA hoor kom.

> Is ons liefde vir die land net passief? Is ons liefde vir die land
> dan nie so sterk dat ons beried is om fiesies te baklei om regte
> baie skade doen nie?

Jy praat groot ou Simon. Net soos ou Frikkie.
Word 'n man, ou Simon. Miskien het jy nog 'n
kans. Ou Frikkie klink vir my na die ewige
tiener.

Die Ruiter in die Nag (ek werf manne, nie muise nie.)
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17273 is 'n antwoord op boodskap #17249] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Liewe Simon,

goeie dag, bly om te hoor jy het my skryfwerk geniet.

ek is tydelik in Thailand en is Januarie 1998 terug
by my huis in die swartlande van die kaap, in Darling
naby Malmesbury.

geweld/apatie en negatiwiteit is dinge wat ek persoonlik
al ervaar het, daar is al 7 keer by ons ingebreek, en twee
inbrake is ook probeer terwyl ek tuis was met pasgbore
baba. Ek is al aangerand en ander onaangename geweldadige
ervarings.

Ek is beslis nie afgestomp nie, maar vermy
geweld stories/media om my sielkundige gesondheid te
handhaaf.

Die rede hiervoor is dat wanneer ek gewelds
inligting gelees of gesien het, dit my te veel pla, en dit
lei tot slaaploosheid en nagmerries. Ek weet ook weens my
persoonlike ervaring en deur geselskappe wat ek met ander
vrouens gevoer het, dat vrouens en veral moeders, dit
moeilik vind om geestelike/sielkundige gesondheid en
balans te handhaaf in die klimaat van geweld, omdat ons,
ons oor ons kinders bekommer op n diep moederlike vlak,
dit put ons uit, dit verstrengel en verouder ons.

In Suid-Afrika kan mens nie vir een oomblik vergeet wat
die situasie is nie, wanneer jy uit jy motor klim met
sakke kruideniersware om in te dra, of wanneer jy wasgoed
ophang, of om met n paadjie langs Tafelberg te wandel, nee
jy moet elke oomblik onthou dat gevaar naby is.

Indien die bogenoemde vir sommige lesers hier, neuroties
klink, wil ek julle verseker, dat die Suid-Afrikaanse volk
nie geestelik gesond is nie, jare se oorlog, bomme en geweld,
het ons uitgeput, gevoelens van apatie, depressie, verwyt is
alles nagevolge van die vorige oorlogstoestand en huidige
krimenele gevaar.

Dit raak ons, dit skeur ons, ons huil bitter trane, en in
ons gevoel van magteloosheid, hoop die verwyt en haat op,
want daar is geen verligting en blykbaar geen oplossing.

Suid-Afrika se volk bloei dood
in beide geweld en sielkunde
ons staar teen die loop
die loop van die vuurwapen
die loop van geen hoop
die loop van die dood

dit klink darem maar donker, tog blink die son te
pragtig in die diep bloue lug en wanneer die bokkie pronk
op die horizon sug ons..en ons weet
ons is lief vir hierdie land !

groete
Vyg

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17274 is 'n antwoord op boodskap #17249] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Sep 1998 03:03:48 GMT, hek...@usa.net had the following to
say:

|geweld/apatie en negatiwiteit is dinge wat ek persoonlik
|al ervaar het, daar is al 7 keer by ons ingebreek, en twee
|inbrake is ook probeer terwyl ek tuis was met pasgbore
|baba. Ek is al aangerand en ander onaangename geweldadige
|ervarings.

Jy gee 'n mens koue rillings - ek het gepraat vanuit die oogpunt van
iemand wat nog nie deel van die statistiek was nie.
|
|Ek is beslis nie afgestomp nie, maar vermy
|geweld stories/media om my sielkundige gesondheid te
|handhaaf.

Ek lees jou! Nou vertel my, vanuit jou oogpunt, dink jy SAners wat
nog nie die geweld en misdaad aan die lyf gevoel het nie, is
afgestomp?
|
|In Suid-Afrika kan mens nie vir een oomblik vergeet wat
|die situasie is nie, wanneer jy uit jy motor klim met
|sakke kruideniersware om in te dra, of wanneer jy wasgoed
|ophang, of om met n paadjie langs Tafelberg te wandel, nee
|jy moet elke oomblik onthou dat gevaar naby is.

Ek stem saam - dis deel van ons lewenswyse. Ek kan my nie indink dat
ouens soos Johan vertel dat hulle karre aangeskakel buite winkels los
nie. Ek het elke keer so sekondelange panic attack as ek uit Westgate
kom en kyk waar my kar is.

Ek praat nou die dag met 'n broer van my ma en hy sê toe 'n waar ding:
as 'n mens al die objektiewe nuus (feitelike waarhede) bymekaar sou
sit in een koerant van al die dienste wat al verval het, van al die
geld wat al gemors is, van al die geweld en misdaad wat plaasvind en
van al die mense wat die land verlaat, en jy versprei dit, sal hier
binne 'n paar dae 'n reuse rewolusie plaasvind waarin wit en swart
saamstaan om die politisie uit te gooi en met meer bekwame mense te
vervang. Die catch? Daar is nie meer sulke mense oor wat dit kan
doen nie! En jy sal mense kry wat so 'n aksie oponeer en sê dit sal
paniek saai.

Ek wonder net partymaal of ons nie nodig het om bietjie paniek te kry
nie sodat almal besef wat om hulle aangaan nie.
|
|Indien die bogenoemde vir sommige lesers hier, neuroties
|klink, wil ek julle verseker, dat die Suid-Afrikaanse volk
|nie geestelik gesond is nie, jare se oorlog, bomme en geweld,
|het ons uitgeput, gevoelens van apatie, depressie, verwyt is
|alles nagevolge van die vorige oorlogstoestand en huidige
|krimenele gevaar.

Ek stem saam en ek voel baiekeer dit is omdat ons geen verenigende
leierskap in die land het nie. Kan jy dink hoe dit sal gaan wanneer
die ou geel chief van die prentjie af verdwyn. Ek dink ons gaan skrik
as ons sien watse verenigende krag ou Madiba het. En ons het geen
sterk oposisie leier wat namens die blankes, kleurlinge en asiate kan
optree nie. En wat die swartes kan bevry van die tiranie van die ANC
nie.

En om dinge nog verder te kompliseer is daar ouens soos Ferdi wat dan
vir jou sal probeer oortuig dat alles aanskyn en roses is - wat seker
ook maar net 'n oorlewings meganisme is.
|
|Dit raak ons, dit skeur ons, ons huil bitter trane, en in
|ons gevoel van magteloosheid, hoop die verwyt en haat op,
|want daar is geen verligting en blykbaar geen oplossing.

Hier dink ek vat jy die essensie van die probleem vas - luister maar
in die gesprekke waar enige negatiewe gebeurtenis soos die moord op
boere beskryf word - daar is nooit 'n oplossing wat in die gesprek
uitkom nie. Die naaste wat ek gehoor het was 'n boer van die Vrystaat
wat gesê het die land moet nou maar so gou moontlik ten gronde gaan -
dan kan daar so veel gouer begin word met die opbou daarvan.
|
|dit klink darem maar donker, tog blink die son te
|pragtig in die diep bloue lug en wanneer die bokkie pronk
|op die horizon sug ons..en ons weet
|ons is lief vir hierdie land !
|
Is ons liefde vir die land net passief? Is ons liefde vir die land
dan nie so sterk dat ons beried is om fiesies te baklei om regte
leiers aan bewind te sit nie, sodat daar weer kos en vrede vir almal
kan kom nie? Is ons nie lief genoeg vir hom om die regering te ontset
omdat hulle so baie van ons mense die land uitdryf nie en die land so
baie skade doen nie?

Sjuuu nou klink ek amper soos een van Frikkie se aktifiste!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17295 is 'n antwoord op boodskap #17249] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Sep 1998 06:13:41 GMT, hek...@usa.net had the following to
say:

|dink is, is dat die aliens nou moet kom.. ha ha ha, want
|dan sal almal besef dat die mensdom een ras is.
|belaglik né.
|
Ek dink nie dit is so belaglik nie, maar ek twyfel of dit die mens sal
laat saamstaan. Kyk maar in 300 jaar kon die swartes nie saamstaan om
die wittes uit "hulle" land uit te kry nie. Ers toe die wittes hulle
toelaat, kon hulle stem om hulle eie regering daar te stel.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17296 is 'n antwoord op boodskap #17249] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
dag Simon,

die ding is, elke persoon is so besig om te oorleef,
en ek vermoed dat energie en lus maar laag is ten
opsigte van 'iets' doen aan die situasie.

ek het al gedink, wat kan gebeur om nie net Suid-Afrika,
maar ook die wêreld te verenig ? en al waaraan ek kon
dink is, is dat die aliens nou moet kom.. ha ha ha, want
dan sal almal besef dat die mensdom een ras is.
belaglik né.

lekker dag vir jou
Vyg

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: nuusberigte oor moord [boodskap #17360 is 'n antwoord op boodskap #17249] So, 06 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote in message ...
> On Fri, 04 Sep 1998 06:13:41 GMT, hek...@usa.net had the following to
> say:
>
> |dink is, is dat die aliens nou moet kom.. ha ha ha, want
> |dan sal almal besef dat die mensdom een ras is.
> |belaglik né.
> |
> Ek dink nie dit is so belaglik nie, maar ek twyfel of dit die mens sal
> laat saamstaan. Kyk maar in 300 jaar kon die swartes nie saamstaan om
> die wittes uit "hulle" land uit te kry nie. Ers toe die wittes hulle
> toelaat, kon hulle stem om hulle eie regering daar te stel.
>

Hier dryf jy dan juis 'n wig tussen mense, in teenstelling met wat "heksie"
se - jy stem nie saam met haar nie. En indien jou begrip van
suid-afrikaanse geskiedenis so eng kristalliseer soos in jou laaste twee
sinne hierbo, is jy werklik simpel, simon.

leswin laubscher
Vorige onderwerp: Helderberg Kunstefees: Somerset-Wes
Volgende onderwerp: WEEN GELIEFDE LAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:12:26 MGT 2024