Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wittebrood
Wittebrood [boodskap #17214] Ma, 31 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Groetnis - nie heeltemal 'n nuutjie nie, was ek tog afwesig vir so 'n jaar
of wat. Ek is onlangs getroud, maar kon weens werksverpligtinge nie
onmiddellik op 'n wittebrood gaan nie. Ons gaan nou in Desember - enige
suggesties? Miskien kan julle ook vertel watter plekke julle besonder
romanties gevind het. Ons het aanvanklik gedink aan Europa, maar dis winter
in Desember en my partner is nie juis lief vir koue nie. Ons het ook gedink
aan Macchu Pichu, Costa Rica, Fiji, Tahiti, Thailand (enigiemand wat al daar
was en kan stories deel?).

So terloops, waar kom die benaming wittebrood vandaan?

leswin laubscher
Re: Wittebrood [boodskap #17234 is 'n antwoord op boodskap #17214] Di, 01 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
dag,

Thailand is goedkoop, ons is al vir byne twee
jaar hier, die klimaat is warm, elke dag, die
hele jaar lank , so 30 c plus, tropies en dus
ook vogtig.

Die kos is baie smaaklik indien nie warm nie,
(chillies), maar westerse kos word ook bedien,
seekos is die groot keuse hier en vollop.

Die eilande van Thailand is waarheen jy wil
gaan, pragtige houtkothuise, tropiese woude
en fantastiese swem strande.

eilande: Ko Samui, Ko Chang en daar is nog meer,
doen gerus navraag by die reisagente..

lekker vakansie hou, watookal jou keuse
groete
Vyg
--plant n boom

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Wittebrood [boodskap #17235 is 'n antwoord op boodskap #17214] Di, 01 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 31 Aug 1998 19:47:06 -0500, "Leswin Laubscher"
wrote:

> So terloops, waar kom die benaming wittebrood vandaan?
>
> leswin laubscher

Leswin
My etimologiese woordeboek sê wittebrood kom uit die Nderlands:
"wittebrood (van tarwebloem gebakken, in tegenstelling van zwart
brood, roggebrood) ... iets lekkers, iets heerlijks".

Geniet dit!
Hannes
Re: Wittebrood [boodskap #17236 is 'n antwoord op boodskap #17214] Di, 01 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leswin Laubscher" writes:

> So terloops, waar kom die benaming wittebrood vandaan?

Ek neem aan dis uit Nederlands, maar ek merk
op dat in die Nederlandse woordeboek die woord
"wittebrood" net as "white bread" vertaal, en
dat "honeymoon" vertaal word as "wittebroods-
weken."

Blykbaar verwys die woord "honeymoon" nie na
die maan nie, maar na die woord "month" - dus
"the first sweetest month."

Ek wonder hoe hulle in Afrikaans die volgende
vertaal: wanneer 'n leier eerste aan bewind kom,
is daar gewoonlik 'n korter of langer "honeymoon"
met die pers en kritici. Ek kan skaars glo dat
hulle dit ook in Afrikaans wittebroodsdae noem.

Gloudina
Re: Wittebrood [boodskap #17237 is 'n antwoord op boodskap #17214] Di, 01 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Groetnis - nie heeltemal 'n nuutjie nie, was ek tog afwesig vir so 'n
> jaar
> of wat. Ek is onlangs getroud, maar kon weens werksverpligtinge nie
> onmiddellik op 'n wittebrood gaan nie. Ons gaan nou in Desember -
> enige
> suggesties? Miskien kan julle ook vertel watter plekke julle besonder
> romanties gevind het. Ons het aanvanklik gedink aan Europa, maar dis
> winter
> in Desember en my partner is nie juis lief vir koue nie. Ons het ook
> gedink
> aan Macchu Pichu, Costa Rica, Fiji, Tahiti, Thailand (enigiemand wat
> al daar
> was en kan stories deel?).
>
Langkawi eiland noord-wes van Maleisie (naby Thailand) - pragtige eiland
met akkommodasie vanaf basies tot super-luuks, maar teen billike pryse.
Heelwat toeriste, maar darem nie vervuil van hulle nie. Ek was al daar,
en kan dit sterk aanbeveel.

Tioman eiland. Nog 'n Maleisiese eiland, maar in die Suid-Sjinese see.
Al beskryf as "one of the ten most beautiful islands in the world". Was
daar - paradise! Net een internasionale Mauritius-tipe oord met die naam
van Berjaya. In die klein dorpies (villages) wat oor die eiland versprei
is, is daar akkommodasie wat belaglik goedkoop is (R40 - R150 per nag per
eenheid), maar moenie vyfster gehalte verwag nie. Indien dit vir jou
aantreklik klink, is die beste village om in te bly is Salang - pragtige
baai met louwarm, deurskynende water en koraalriwwe wat jy sommer met 'n
snorkel kan bewonder.

Bali eiland in Indonesië. Was nog nie daar nie (volgende jaar miskien),
maar met die finansiële krisis in Indonesië is dit spotgoedkoop om daar
vakansie te hou. Die wat daar was, se dis asemrowend mooi. Daar is baie
hotelle en oorde om in te bly. Die enigste negatiewe aspek is dat daar
gewoonlik miskien te veel toeriste is, maar die nuutste is dat baie mense
afgeskrik is deur die onlangse geweld in Indonesië. Daar was geen
probleme op Bali nie; dit was grootliks beperk tot Java.

Vir al hierdie plekke moet mens eers seker maak wanneer hul monsoon
seisoen (baie reën, rowwe see) is. Ek het 'n suspisie dat Tioman in
Desember monsoon het, maar dat die ander twee nie 'n probleem sal hê
nie.

JC
Vorige onderwerp: Ek soek na...
Volgende onderwerp: Meanderkrant op zondag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:57:50 MGT 2024