Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ou ding
Die ou ding [boodskap #16677 is 'n antwoord op boodskap #16679] So, 09 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vanmiddag, sien ek, het die ou ding met haarself sit en praat - sommer
so drie persoonlikhede gelyk uitgepak en al drie yl ewe nikseggende
rubbish.

Ek het 'n vraag aan die slimmes op die NG: Is die maan van oral in
die wereld in dieselfde fase? Op die oomblik het ons volmaan - ek
vermoed die ooste van Kanada ook, en vandaar die nonsies wat sy
kwytraak. Die term verbal diahree was selde nog so van pas.

Maar ek is ernstig oor die fases van die maan - ek wil graag weet.

Al gehoor van die storie van die rigting waarin die water draai as dit
uit die bad loop? Wel, hulle sê mos in die noordelik halfrond draai
dit anders as in die suidelike halfrond. Toe ons nou Amerika toe kom,
het ek vir interesantheid daarna op te let.

Maar ek het in SA al probleme gehad omdat dit nooit konstank in een
rigting gedraai het nie. Dit het net afgehang van hoe jy opgestaan
het of wat ook al. So daardie is ook 'n ouvrou storie wat 'n klompie
jare baie gewild was in programme soos "Test the team".

Hier in Amerika is dit heelwat moeiliker om die teorie te toets - die
baddens is so klein dat jy 99% van die tyd stort. As ek in die een
bad in ons kinders se badkamer sit, kan ek nie eers my bene reguit
maak nie. Ons slaapkamer is die "hoofslaapkamer" en sy badkamer het
net 'n stort in. Bad is nie sterk hier in die VSA nie!
Re: Die ou ding [boodskap #16678 is 'n antwoord op boodskap #16679] So, 09 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter wrote:
>
> Vanmiddag, sien ek, het die ou ding met haarself sit en praat - sommer
> so drie persoonlikhede gelyk uitgepak en al drie yl ewe nikseggende
> rubbish.
>
> Ek het 'n vraag aan die slimmes op die NG: Is die maan van oral in
> die wereld in dieselfde fase? Op die oomblik het ons volmaan

In Duitsland het ons ook volmaan.

> Al gehoor van die storie van die rigting waarin die water draai as dit
> uit die bad loop? Wel, hulle sê mos in die noordelik halfrond draai
> dit anders as in die suidelike halfrond.

Die rede daarvoor is die "Coriolis"-krag. Die hoog- en diepdrukgebiede (ek
hoop dit is die korrekte Afrikaanse betekenis vir die dinge wat mens op 'n
weerkaart kan sien) draai ook in verskillende rigtings op die noordelike en
die suidelike halfrond. Weens die aard se draaibeweging word enige
stofdoeltjie wat beweeg word in 'n sekere rigting afgelei. As jy die aard
langs die ekwator sou deursny en die suidelike halfrond onderstebo neffens die
noordelike halfrond sou lê, dan draai die suidelike halfrond anders as die
noorde. Daarom werk die Coriolis-krag in die noorde en in die suide in
verskillende rigtings.

> Maar ek het in SA al probleme gehad omdat dit nooit konstank in een
> rigting gedraai het nie. Dit het net afgehang van hoe jy opgestaan

Natuurlik is die draairigting ook afhanklik van andere dinge. Enige krag wat
jy aanwend kan die rigting beinvloed, indien die Coriolis-krag die sterkste
krag is, dan werk die eksperiment. Nadat die water al begin het draai, dan is
die Coriolis-krag te swak om die draairigting weer om te keer indien die
rigting verkeerd was.

Ek hoop dit was verstandelik - my Afrikaans mag nie goed genoeg wees om
wetenskaplike berigte te skryf nie. Ek sal dit met graagte in Engels verklaar
indien dit nodig is.

Groete,

Thorsten
Re: Die ou ding [boodskap #16679 is 'n antwoord op boodskap #16678] So, 09 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 09 Aug 1998 12:21:37 +0200, "Thorsten Müller" wrote:

> uit die bad loop? Wel, hulle sê mos in die noordelik halfrond draai[/color]
>> dit anders as in die suidelike halfrond.
>
> Die rede daarvoor is die "Coriolis"-krag. Die hoog- en diepdrukgebiede (ek
> hoop dit is die korrekte Afrikaanse betekenis vir die dinge wat mens op 'n
> weerkaart kan sien) draai ook in verskillende rigtings op die noordelike en
> die suidelike halfrond. Weens die aard se draaibeweging word enige
> stofdoeltjie wat beweeg word in 'n sekere rigting afgelei. As jy die aard
> langs die ekwator sou deursny en die suidelike halfrond onderstebo neffens die
> noordelike halfrond sou lê, dan draai die suidelike halfrond anders as die
> noorde. Daarom werk die Coriolis-krag in die noorde en in die suide in
> verskillende rigtings.>>

Die tydskrif New Scientist het op 'n tyd 'n artikel daaroor gehad. Hulle
het gesê terwyl die dinamike wel werk en wel verskillend in die twee
halfrondes, is daar ander kragte wat dit heeltemal oordonder. Dit is
dinge soos die vorm van die houer waarin die water is en hoe die water
reeds aan die beweeg en rondspoel is.
Die gevolg is dat die water in albei halfrondes heeltemal
onvoorspelbaar by die bad uitloop.
Re: Die ou ding [boodskap #16706 is 'n antwoord op boodskap #16679] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter skryf:

> Is die maan van oral in
> die wereld in dieselfde fase?

Ja, Johan, hy is oral in dieselfde fase. Dit neem hom 27dae 12h 44m 11,6s om
een omwenteling te voltooi, en dus in dieselfde posisie te kom. Omdat hy
saam met die aarde in dieselfde rigting om die son wentel neem dit 29d 12h
44m 2,8s om 'n fase te herhaal. Die interessante ding is dat hy net so lank
neem om om sy eie as te draai as wat dit hom neem om om die aarde te wentel,
sodat ons altyd dieselfde kant van die maan sien. Sy agterkant is in 1959
deur die Russiese ruimteskip Lunar 3 vir die eerste keer gefotografeer.

> Al gehoor van die storie van die rigting waarin die water draai as dit
> uit die bad loop? Wel, hulle sê mos in die noordelik halfrond draai
> dit anders as in die suidelike halfrond.

Ja, ek het die storie ook gehoor, en ek dink Thorsten is reg met sy coriolus
kragte.

Op 'n besoek aan Kenia is ons noord van berg Kenia na Samburu wildreservaat,
en dan kruis 'n mens die ewenaar. Dis 'n groot toeriste attraksie, met 'n
streep oor die pad waar alle idiote soos ek ons laat fotografeer met 'n voet
in elke halfrond.

Maar daar is ouens wat vir jou demonstreer hoe 'n grassie op 'n emmer water
aan een kant in een rigting draai, en 5 meter verder aan die ander kant in
die teenoorgestelde rigting! Ek vermoed egter daai emmer word ongemerk 'n
draaibeweging gegee om die regte effek te kry, maar 'n toeris betaal mos vir
enige iets, of hoe?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Die ou ding [boodskap #16707 is 'n antwoord op boodskap #16679] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 09 Aug 1998 12:21:37 +0200, "Thorsten Müller"
wrote:

>
> Ek hoop dit was verstandelik - my Afrikaans mag nie goed genoeg wees om
> wetenskaplike berigte te skryf nie. Ek sal dit met graagte in Engels verklaar
> indien dit nodig is.
>
> Groete,
>
> Thorsten
>

Baie dankie - dit was heel duidelik!
Re: Die ou ding [boodskap #16740 is 'n antwoord op boodskap #16679] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 19:03:58 -0500, "Henri Burger"
wrote:

>
> Johan N Potgieter skryf:
>
>
>> Is die maan van oral in
>> die wereld in dieselfde fase?
>
> Ja, Johan, hy is oral in dieselfde fase. Dit neem hom 27dae 12h 44m 11,6s om
> een omwenteling te voltooi, en dus in dieselfde posisie te kom. Omdat hy
> saam met die aarde in dieselfde rigting om die son wentel neem dit 29d 12h
> 44m 2,8s om 'n fase te herhaal. Die interessante ding is dat hy net so lank
> neem om om sy eie as te draai as wat dit hom neem om om die aarde te wentel,
> sodat ons altyd dieselfde kant van die maan sien. Sy agterkant is in 1959
> deur die Russiese ruimteskip Lunar 3 vir die eerste keer gefotografeer.

Ek sal baie graag 'n animasie of model van die aarde en maan wil sien
- ek is bewus daarvan dat ons net een kant sien, maar ek het nog altyd
maar aangeneem dat hy bloot om ons swaai soos 'n bal wat aan 'n
toutjie vas is - nog nooit dat hy om sy eie as draai nie.

Is ek dan reg as ek sê die maan se fase hang af van sy posisie om die
aarde en binne sy baan draai die aarde 27 keer om sy eie as vir elke
fase (wenteling) om aan al die aardbewoners 'n beeld van die maan
binne een dag te gee?

Is dit nie baie ongewoon dat ons net een kant van die maan sien nie -
dis sekerlik nie so met die ander planete se mane nie ?!?
Vorige onderwerp: Re: none
Volgende onderwerp: coriolis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:02:23 MGT 2024