Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie op dees aarde is Gloudina????
Wie op dees aarde is Gloudina???? [boodskap #16581] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
D. Steenkamp  is tans af-lyn  D. Steenkamp
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
O wee !!!

Ek het nou al die briewe gelees met die naam GLOUDINA daaraan gekoppel,
maar hoe meer ek lees, hoe meer gekompliseerd raak die saak: Die
Identiteit van Gloudina!!
Hehehe....Miskien lees ek te vinnig, of miskien verstaan ek nie van
nuusgroepe nie!

Help my, 'sebief:

1. Is Gloudina manlik of vroulik?
2. Beskou Gloudina haar (ek vermoed vroulik) as 'n Suid-Afrikaner?
3. Waarom is Gloudina in die VSA?
3. Beplan Gloudina om te stem, en indien wel, weet sy van die nuutste
party-politieke verwikkelinge?
4. Sal Gloudina terugkeer om 'n positiewe bydrae tot die land en sy mense
te maak, of doen sy dit moontlik alreeds via die Internet en ander derglike
tegnologiese wonders?
5. Waaroor stry ons nou eintlik?

Ek sal dit waardeer as iemand my op hoogte van sake kan bring. Ek dink ek
het die begin van die vete gemis en sal graag die rolspelers wil leer ken.

Groete.

Jane in die Mopaniboom
Re: Wie op dees aarde is Gloudina???? [boodskap #16582 is 'n antwoord op boodskap #16581] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jani innie Mopaniboom skryf:

> Identiteit van Gloudina!!

Jane,

Jy sal waarskynlik baie antwoorde kry. Ek wil net sê jy behoort 'n baie
goeie student te wees, want jy vra baie goeie vrae. Jou professore sal jou
haat, want hulle is onbeantwoordbaar!

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Wie op dees aarde is Gloudina???? [boodskap #16616 is 'n antwoord op boodskap #16581] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
D. Steenkamp wrote in message ...

> 1. Is Gloudina manlik of vroulik?
baie on-vroulik

> 2. Beskou Gloudina haar as 'n Suid-Afrikaner?
nee, maar sy is wel 'n expert daarvan
('n ex- is 'n has-been, en 'n spurt is 'n jerk under pressure:
daarom is 'n expert 'n has-been jerk under pressure)

> 3. Waarom is Gloudina in die VSA?
verwerp deur die broederbond

> 3. Beplan Gloudina om te stem, en indien wel, weet sy van die nuutste
> party-politieke verwikkelinge?
vreemdelinge mag nie hier stem nie. nee

> 4. Sal Gloudina terugkeer om 'n positiewe bydrae tot die land en sy mense
> te maak, of doen sy dit moontlik alreeds via die Internet en ander derglike
> tegnologiese wonders?
nee, nee

> 5. Waaroor stry ons nou eintlik?
pass

Groete.
die Mopaniboom
Re: Wie op dees aarde is Gloudina???? [boodskap #16617 is 'n antwoord op boodskap #16581] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Aug 1998 16:52:49 +0200, "D. Steenkamp"
waffled:
> 1. Is Gloudina manlik of vroulik?

Die ou tannie is in daardie stadium van die lewe waar dit blyk of sy
nie meer omgee hoe mense na haar kyk nie. Nou en dan wil-wil dit lyk
of sy baie vroulik is en dan vryf iemand soos ek haar weer verkeerd op
- dan probeer sy soos 'n matroos optree wat sy duim in die katrol
vasgeslaan het.

As ons haar self aan die woord stel, skilder sy 'n baie on-vroulike
prentjie:"Die tannie met hare op haar tande".(so het sy gister nog
haarself beskryf) Of sy borsel nie gereeld tande nie, of sy is een
van daar die erg harige ou tannies.

> 2. Beskou Gloudina haar (ek vermoed vroulik) as 'n Suid-Afrikaner?

Nee, 'n Canadees met skuldgevoelens oor alles wat nog ooit in die
pre1994 era Suid-Afrika verkeerd gegaan het - behalwe die foute wat
ons nuwe regering en sy mense maak of gemaak het.

> 3. Waarom is Gloudina in die VSA?

Uitgeskop deur die vorige bestel. Sy bly egter in Canada en besoek
net die USA om in die slums daar te gaan soek na rationalisering van
haar skuldgevoelens oor Suid-Afrika.

> 3. Beplan Gloudina om te stem, en indien wel, weet sy van die nuutste
> party-politieke verwikkelinge?

Sy mag nie meer hier stem nie. Nee, sy het nie 'n cooking clue oor
toestande in Suid-Afrika nie. Sy adverteer die feit daagliks, met
elke plasing.
Indien jy haar reghelp en sy antwoord nie op jou plasing nie, weet jy
jy het haar van iets oortuig, of sy het nie 'n teenargument daaroor
nie.
Sy redeneer baie swak en doen daarom ook baie min nuwe kennis op - sy
is nie bereid om na altwee kante van 'n saak te kyk nie.

> 4. Sal Gloudina terugkeer om 'n positiewe bydrae tot die land en sy mense
> te maak,

Dié een wou sy self nog nooit antwoord nie, so 'n mens moet maar
tussen die lyne lees dat sy nou maar netsoos die ou sappe lekker op 'n
afstand sit en skree, maar jy moet tog net nie haar status quo
verander nie. Dis te lekker in Canada en te veel ouens het haar al
gewaarsku oor hoe toestande hier verswak in vergelyking met Canada en
die VSA.

> of doen sy dit moontlik alreeds via die Internet en ander derglike
> tegnologiese wonders?

Sy jaag net al wat nie met haar saamstem nie, die harnas in en
veroorsaak dat redenasies op die nuusgroep baie net in die ronde gaan
- oor en oor.

> 5. Waaroor stry ons nou eintlik?

Hang af waar jy ingekom het - jy hoef nie te stry nie - Leendert sal
daarvan hou as jy akademies hoogdrawend is, Ferdi sal daarvan hou as
jy al in die res Afrika gaan toer het en weet presies wat in elke land
aangaan, Frikkie sal daarvan hou as jy by 'n verregse beweging
aansluit, Johan sal daarvan hou as jy Amerika toe verhuis en positiewe
houding het ......
>
> Ek sal dit waardeer as iemand my op hoogte van sake kan bring. Ek dink ek
> het die begin van die vete gemis en sal graag die rolspelers wil leer ken.

...sommer net ek, Simon
Re: Wie op dees aarde is Gloudina???? [boodskap #16618 is 'n antwoord op boodskap #16581] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
D. Steenkamp  is tans af-lyn  D. Steenkamp
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Thanks Henri....

Ek hoop regtig Gloudina sal self die vrae beantwoord - want niks kom by die
waarheid uit die perd se bek nie! :)

Jane inni boom

Ps: Ja, ek is inderdaad 'n lewenslange student; selfs al is ek in die
tersiêre onderwyssektor werksaam. Weliswaar nog nie 'n professor nie!

Henri Burger reageer oor "Identiteit van Gloudina!!"
>
> Jane,
>
> Jy sal waarskynlik baie antwoorde kry............. Jou professore sal jou haat, want hulle is onbeantwoordbaar! [HOEKOM?]
>
> Groete
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
Re: Wie op dees aarde is Gloudina???? [boodskap #16619 is 'n antwoord op boodskap #16581] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Sy/hy/dit is 'n TROLL wat bes geignoreer moet word.

--
nomad@rest.oasis
Vorige onderwerp: Is dit n Afrikaanse nuusgroep ?
Volgende onderwerp: Die Vleespotte van Egipte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:45:57 MGT 2024