Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Parodie en Akademie (was:Independance day)
Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16170] Ma, 13 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> gide...@usa.net writes:
>
>> Hmmm... wel, dit laat my nou nogal dink oor iets. Wat sou mense nou
> doen in
>> Suid-Afrika met Wiskundige Ph.D.s? .... altyd 'n worsbroodjiewaentjie koop
en Boereworsrolls langs die pad
> verkoop.
>
> Gideon, ek wonder hoe op hoogte van sake
> jy was van wat op akademiese vlak in SA
> aangegaan het voordat jy die land verlaat
> het. Dis hierdie soort mite-vorming van 'n
> sekere soort Suid-Afrikaner (gewoonlik wit)
> wat die land beswadder en gerugte daaroor
> versprei, en dan is julle verbaas dat die
> buiteland 'n wanindruk het van ALLE Suid-
> Afrikaners, jy inkluis.

Ek vind dit interessant, en self amusant dat jy my parodie hier bo as 'n
beswaddering van SA beskou. Ek trek nie jou bronne in twyfel oor wat in die
wonderlike wêreld van Akademie plaasvind nie. Die realiteit is dat daar
beperkte fasiliteite en werksgeleenthede is vir die tipe hoogsgekwalifiseerde
mense wat jy noem, terwyl hulle wel met ope arms in die buiteland verwelkom
word. Daar is net soveel navorsingsposte in Akademie, en dit sal stelling nie
geweldige groei toon nie, terwyl die geleenthied vir navorsing in die
privaatsektor waar dit tradisioneel gevind is, skerp gedaal het. SA is in 'n
finansiële krisis (is hierdie ook 'n beswaddering deur mite-vormende wit
Suid-Afrikaners?) en die eerste plek waar maatskappye onkostes sny is in die
area van navorsing.

> Laat ek jou nou 'n bietjie ontnugter.In
> die afgelope jaar het ek gehoor dat elkeen
> wat by UNISA 'n artikel skryf wat in 'n
> gemodereerde tydskrif verskyn, 'n R 2000
> bonus kry. Die tipe behandeling is ongekend
> in Noord-Amerika.
Dit is uitstekend, Gloudien. Ek trek nie in twyfel dat daat mense is wat dinge
probeer verbeter in SA nie. Hoeveel artikels kry die gemiddelde akademikus
gepubliseer in 'n gemodereerde tydskrif per jaar?

> Ons is ook in aanraking met
> talle akademici in Suid-Afrika. Ons hoor maar
> net hoe hulle nou na die een en dan na die
> ander konferensie gaan in die buiteland. Ek
> neem dus aan dat enigeen met 'n gerespekteerde
> Ph.D. in Suid-Afrika werk kan kry.

Jammer - ek dink ek het iets hier gemis. Kan jy asseblief die verwantskap aan
my verduidelik?

> Ons praat hier in Kanada ook van hoeveel
> Ph.D. 's in restaurante werk. Maar as dit op
> herrie afkom, dan vind 'n mens uit dat dit alleen
> mense is wat grade het wat hulle nie vir enigiets
> bekwaam nie, wat nie werk kan kry nie. Ek dink dis
> heelwaarskynlik dieselfde in Suid-Afrika.

Moontlik. Soos die Elektroniese Ingenieur wat with Houtek gewerk. Toe Houtek
die sattelietprojek staak het hy nie meer 'n pos nie, en begin hy 'n "Auto
valet". Die arme drommel het hom vir niks anders bekwaam nie, en kon nie werk
kry nie. Ek verstaan hy is nou in die VSA.... sorry... ek beswadder alweer SA
met feite.

> Wat vir my baie bemoedig oor die akademiese
> situasie is Suid-Afrika, is dat enigiemand nou
> vryelik kan studeer waar hy wil. So studeer 'n
> Zulu-vriend van ons vir sy Ph.D. in Onderwys-Wet
> nou by RAU, omdat hulle die beste departement daar
> het, volgens hom, vir sy spesifieke gebied.

Ek is bly vir hom en vir die vele ander wat nie die geleentheid gehad het in
die ou bedeling nie. My persoonlike oortuiging is dat een van die grootste
sondes wat die ou bedeling gepleeg het was om elkeen nie dieselfde kans toe
te laat om hul potesiaal te bereik nie.

> Dit,
> Gideon, is die real world in Suid-Afrika op die
> oomblik. Moenie mites verkoop oor jou geliefde
> en my geliefde geboorteland nie. Dit vergiftig
> net. En die gif doen niemand goed nie.
>

Jy klink nou nes een van die ouens met die hoede wat so tien jaar gelede
Pieter Dirk Uys van dieselfde onvergeeflike sonde beskuldig het. Van die
stellings wat ek maak kan aan hoorsê afgemaak word, en ek het geen
wetenskaplik gefundeerde studie gemaak om my bewerings te staaf nie. Ek het
wel diesulkes ontmoet wat nie meer 'n heenkome kon kry in SA nie omdat hulle
"oorgekwalifiseer" was... met bewys van hul kwalifasies. Meeste van hulle
eindig op in die VSA of Europa. SA se verlies. Miskien is dit nou tyd om die
media se monde stil te maak en beriggewing te verban wat dalk "mites verkoop
oor ons geliefde geboorteland" en miskien is dit tyd om van hierdie nuusgroep
ontslae te raak sodat mense nie kan hoor wat mense se opinies is oor wat hul
waarneem in SA nie. Die ironie is dat 99% van mense daarbuite nie my of jou
opinie gebruik as 'n maatstaf vir wat mite of waarheid is nie, maar eenvoudig
die mediaberiggewing (die liegfabriek?) dophou en sien wat gebeur. Ek is
lief vir my land. Maar ek is nie blind vir sy foute nie, en deur stil te bly
gaan ek nie bydra tot die debat waaruit 'n gebalanseerde SA uiteindelik sal
kom nie. Miskien is dit tyd vir jou om uit die sprokieswêreld van akademiese
idialisme te kom en uit te vind wat die "real world" is.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16171 is 'n antwoord op boodskap #16170] Ma, 13 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Jul 1998 07:08:51 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Ek vind dit interessant, en self amusant dat jy my parodie hier bo as 'n
> beswaddering van SA beskou.

Gideon, dis die manier wat die ou tannie haar eie swakhede adverteer -
kyk maar mooi - as sy nie 'n sinvolle antwoord gee nie, sal sy jou nou
beskuldig van iets soos beswaddering, maar ek dink dit is dan eintlik
haar eie siening wt sy na vore bring - lees maar self hoeveel
beswadder sy goeie mense in SA.

>> Laat ek jou nou 'n bietjie ontnugter.In
>> die afgelope jaar het ek gehoor dat elkeen
>> wat by UNISA 'n artikel skryf wat in 'n
>> gemodereerde tydskrif verskyn, 'n R 2000
>> bonus kry. Die tipe behandeling is ongekend
>> in Noord-Amerika.
> Dit is uitstekend, Gloudien. Ek trek nie in twyfel dat daat mense is wat dinge
> probeer verbeter in SA nie. Hoeveel artikels kry die gemiddelde akademikus
> gepubliseer in 'n gemodereerde tydskrif per jaar?

Antwoord asseblief Gloudina, met stawende bewyse asseblief!

>
>> Wat vir my baie bemoedig oor die akademiese
>> situasie is Suid-Afrika, is dat enigiemand nou
>> vryelik kan studeer waar hy wil.

Behalwe natuurlik as jy wit is .........

> kom nie. Miskien is dit tyd vir jou om uit die sprokieswêreld van akademiese
> idialisme te kom en uit te vind wat die "real world" is.
>
Dit sal wees as die ou dierasie self weer 'n jaar lank in SA gaan
bly!!! Dan sal jy darem sien wat die definisie van ontnugtering is!!!
Kan jy jou dit voorstel. Ek vermoed dat sy dan soos meeste
buitelanders na 'n jaar 'n aarts rassis sal wees!

Maar dis natuurlik makliker om "the real world" te vermei!
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16201 is 'n antwoord op boodskap #16170] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Jul 1998 19:39:16 GMT, wrote:

> Nou, ou Johan, jy besef natuurlik dat hierdie
> R2000 niks te make het met sy salaris en die
> geld wat vir hom gegee word om konferensies
> by te woon, en dies meer nie. Dis maar net
> om hom te beloon dat hy 'n artikel gepubliseer
> gekry het. Ek neem aan hierdie "beloning" is
> iets wat gedurende die ou dae ingestel is, en
> wat heelwaarskynlik eersdaags afgeskaf sal moet
> word. Dit strook nie met die gebruike in die
> buiteland nie.

Nou waarom het jy dit opgehaal? EEn voorbeeld maak nie 'n
veralgemening nie, ou tante.

>
> Nou hoeveel artikels iemand gepubliseer kry,
> hang natuurlik af van die persoon, ou Johan.
> Wat bedoel jy met "stawende bewyse"? Dit klink
> jy probeer argumenteer, maar dink nie eintlik
> aan wat jy sê nie. Wat wil jy sê, ou Johan?

JY het 'n hele klomp wilde bewerings gemaak na aanleiding daarvan dat
akademici R2000 kry vir geplaasde artikels. JY wou iets sê.
Toemaar ons sal maar aanneem jy is in 'n downswing....

> Nou sal ek op my beurt vir jou vra, met
> stawende bewyse, om vir my te bewys dat
> wittes nie mag studeer op plekke van hulle
> keuse nie. Watter wittes word verhoed om
> waar te studeer?

Iemand anders het reeds vir jou vertel dat beurse nie aan wit studente
gegee word nie - dis oor as genoeg bewys.

>
> Johan, jy het nie maniere nie.

...sê die swart ketel vir die pot ......

> Jy praat te
> veel.

Jy praat te veel stront.

> Elke keer as jy iets skryf, wys jy
> vir ons hoe Johan Potgieter binnekant lyk.

Kan jy dink wat almal se opinie by die tyd van jou moet wees,
Gloudina, na aanleiding van al jou plasings!

> Ek het gedink jy het besluit om te probeer
> om al jou domastrante bekkigheid te laat
> staan? Wat het van die besluit geword?
Jy het die vermoë om 'n mens te tempteer soos die duiwel self
Gloudina. Partykeer verdien jy meer die waarheid as diplomatieke
stilswye. Dis mos jou selfverklaarde rol op die NG is dit nie.

Jy neem net te veel tyd op die NG op - ek sal graag meer van ander wil
hoor soos Julie se ervarings van haar lewe saam met 'n Amerikaanse man
- dis tog baie interesanter.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16202 is 'n antwoord op boodskap #16170] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Jul 1998 08:25:42 GMT, "Griet" wrote:
.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16204 is 'n antwoord op boodskap #16170] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Coetzee, Jacob Carl" writes: >

Watter wittes word verhoed om
>> waar te studeer?
>>
> By Medunsa.
>
>
> JC

Kan u my vertel van Medunsa, en hoekom wittes
verhoed word om daar te studeer?

Gloudina Bouwer
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16206 is 'n antwoord op boodskap #16170] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Johan, jy het nie maniere nie. Jy praat te
> veel. Elke keer as jy iets skryf, wys jy
> vir ons hoe Johan Potgieter binnekant lyk.
> Ek het gedink jy het besluit om te probeer
> om al jou domastrante bekkigheid te laat
> staan? Wat het van die besluit geword?
>
Is die superieure logika van intellegensie vir jou 'n probleem in ander
persone Glodina?
Illumineer die IK as jy dit nie kan ewenaar nie?
Mooi so, Johan. Hou so aan.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16207 is 'n antwoord op boodskap #16170] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 13 Jul 1998 19:39:16 GMT, wrote:

> Johan, jy het nie maniere nie. Jy praat te
> veel.

Ekskuus? "Praat te veel?" !??? Ek sou 'n redelike veilige raaiskoot
neem deur te sê dat omtrent 60% van die artikels op hierdie nuusgroep
deur jou, Gloudina, gepos word. Dan wil jy ander beskuldig dat
hulle te veel praat? Ai Ai. Jou dubbele standaarde kom alweer na
vore. Ten minste is dit bestendig! :o)

Bryan

============================================
Please remove KAAP in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16228 is 'n antwoord op boodskap #16170] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
>> Behalwe natuurlik as jy wit is .........
>
> Nou sal ek op my beurt vir jou vra, met
> stawende bewyse, om vir my te bewys dat
> wittes nie mag studeer op plekke van hulle
> keuse nie. Watter wittes word verhoed om
> waar te studeer?
>

Gloudina - maar nou bewys jy eintlik hoe min jy regtig van Suid Afrika
weet. Ooit gehoor van affirmative action? Nou ja aan SA universiteite en
tegnikons word dit toegepas. Bv medies waar daar beperkte toelating is -
kies enige Universiteite met 'n mediese fakulteit - hul gebruik kwota
stelsels vir hulle keuring en nie die mees akademies toepaslike kanidate
nie. Dieselfde gebeur by ander studierigtings waar daar beperkte getalle
toegelaat word. Die regering dwing dit af deur die subsidies wat hulle
aan die Universiteit gee.

Wat meer is - 'n sentrale aansoek stelsel word nou ingestel - m.a.w. die
regering gaan nou besluit wie waar kan studeer. Dit is nou dieselfde
regering wat as deel van die wonderlike grondwet wat mense regte erken
rassediskriminasie wettig.

Soos iemand al gesê het. Kom kuier vir 'n jaar en maak eers seker van
die feite.

Lou
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16229 is 'n antwoord op boodskap #16170] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> ----------
> From: [SM...@igs.net]
> Posted At: Wednesday, July 15, 1998 5:25 AM
> Posted To: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Conversation: Parodie en Akademie (was:Independance day)
> Subject: Re: Parodie en Akademie (was:Independance day)
>
> "Coetzee, Jacob Carl" writes: >
>
>
>
>
>
> Watter wittes word verhoed om
>>> waar te studeer?
>>>
>> By Medunsa.
>>
>>
>> JC
>
>
> Kan u my vertel van Medunsa, en hoekom wittes
> verhoed word om daar te studeer?
>
> Gloudina Bouwer
>
Ek haal aan uit die missiestelling van Medunsa se Mediese Fakulteit:

"1. We provide access to students from educationally disadvantaged
communities to community orientated tertiary
education and training in all the health professions."

en

"7. We use this mission statement to guide us in educational and other
management decisions . . . "

Medunsa is aanvanklik gestig om die behoefte aan die opleiding van swart
professionele gesondheidswerkers te bevredig. Intussen het
anderskleurige studente vrye toegang tot studie in alle departemente by
die tradisioneel "wit" universiteite verkry, maar dit blyk dat studie by
Medunsa (en veral in Medies) steeds beperk is tot die "educationally
disadvantaged communities". Daar is wel gevalle waar wit studente op
nagraadse vlak (en veral in die suiwer wetenskappe) by Medunsa studeer,
maar dit wil lyk asof hulle uitgesluit word vir voorgraadse studie in
ander rigtings. Ek herinner my dat 'n wit student onlangs met 'n heel
goeie akademiese rekord, nie keuring vir medies by Medunsa gekry het
nie. Vanuit regeringskringe, word daar baie verwys na die feit of ander
universiteite se studentesamestelling die algemene bevolkingsamestelling
weerspieel. Dit sou interessant wees om te weet hoe Medunsa in hierdie
opsig sal vaar.

JC
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16230 is 'n antwoord op boodskap #16170] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 15:27:21 GMT, waffled:

> Ek kan egter nog nie sien hoe jy kan sê
> dat Medunsa wittes uit prinsiepe uitsluit
> nie. Veral as hulle wel nagraadse wittes
> toelaat.
Dit wys net hoe blind jy vir die waarheid al geword het. Jy moes baie
bitter gewees het in die dertig jaar vandat jy die land moes verlaat.
Jy sal baie baat by 'n besoek aan Suid Afrika. Dit sal jou opinie
soos 'n hand om keer verander.

> En is dit nie 'n feit dat byna
> geen witmens in SA "educationally
> disadvantaged" was tot minder as 'n
> dekade gelede nie.
Ek het deur due kerk by baie wit gesinne gewerk wat die kinders nie 'n
kans het om verder as St 8 te kom nie. Nou word hulle net deurgesit
en kan hulle darem St 10 kry. Die punt is hulle was "very
disadvantaged" as dit by opleiding gekom het. Al die blankes in die
ou stelsel het nie die geld gehad om die land te verlaat nie.

> Ek sou dink dat
> dit 'n goeie ding sal wees om 'n plek
> te skep waar nie-blanke studente met
> werklik 'n groot agterstand kultureel
> tuis kan voel en aangemoedig word om
> die agterstand te oorkom, sonder die
> kompetisie van wittes wat uit een van
> die creme de la creme bevoorregte
> sosiale strukture van die afgelope
> halwe eeu kom.
Jy het vol maan illusies, Gloudina. Wie sal daarvoor betaal - ons wit
belastingbetalers? Nee, stuur jy maar jou Canada Dollars vir die
swartes en kyk hoeveel daarvan bou enige iets op.

...sommer net ek, Simon
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16231 is 'n antwoord op boodskap #16170] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes: > @igs.net wrote:
>>
>>> Behalwe natuurlik as jy wit is .........
>>
>> Nou sal ek op my beurt vir jou vra, met
>> stawende bewyse, om vir my te bewys dat
>> wittes nie mag studeer op plekke van hulle
>> keuse nie. Watter wittes word verhoed om
>> waar te studeer?
>>
>
> Gloudina - maar nou bewys jy eintlik hoe min jy regtig van Suid Afrika
> weet. Ooit gehoor van affirmative action? Nou ja aan SA universiteite en
> tegnikons word dit toegepas. Bv medies waar daar beperkte toelating is -
> kies enige Universiteite met 'n mediese fakulteit - hul gebruik kwota
> stelsels vir hulle keuring en nie die mees akademies toepaslike kanidate
> nie. Dieselfde gebeur by ander studierigtings waar daar beperkte getalle
> toegelaat word. Die regering dwing dit af deur die subsidies wat hulle
> aan die Universiteit gee.

Die vraag, ou Lou, was "Watter plek
verhoed wittes om op die bepaalde plek
te studeer?" En jy kom nou weer met die
getjankery oor affirmative action. Ek
vra dus weer, watter plek verhoed wittes
om op 'n bepaalde plek te studeer. En
as dit regtig so is, kan iemand dit in
die howe beveg.
Ek wonder of julle mense daar in SA nie
meer met die buitewereld se manier-van-
doen in aanraking moet kom, voordat julle
kla nie. Hier in Kanada is die sogenaamde
"beurse" vir studente al lankal afgeskaf.
Die regering onderskryf wel die "student
loans," maar die student onderhandel direk
met die banke vir die lenings en moet dit
begin afbetaal wanneer hulle begin werk.
Universiteite self (deur private geldinsamel)
gee "scholarships" aan goeie studente, en daar
is ook regerings "scholarships" vir uitstaande
studente, maar die gewone student moet sy eie
lening aangaan en dit self terugbetaal.
'n Mens neem ook aan dat in SA, waar blanke
studente net tussen tien en vyftien persent van
die bevolking is, die meeste scholarships na
nie-wit studente sal gaan.

Gloudina
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16232 is 'n antwoord op boodskap #16170] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Coetzee, Jacob Carl" writes: >

>> Kan u my vertel van Medunsa, en hoekom wittes
>> verhoed word om daar te studeer?
>>
>> Gloudina Bouwer
>>
> Ek haal aan uit die missiestelling van Medunsa se Mediese Fakulteit:
>
> "1. We provide access to students from educationally disadvantaged
> communities to community orientated tertiary
> education and training in all the health professions."
>
> en
>
> "7. We use this mission statement to guide us in educational and other
> management decisions . . . "
>
> Medunsa is aanvanklik gestig om die behoefte aan die opleiding van swart
> professionele gesondheidswerkers te bevredig. Intussen het
> anderskleurige studente vrye toegang tot studie in alle departemente by
> die tradisioneel "wit" universiteite verkry, maar dit blyk dat studie by
> Medunsa (en veral in Medies) steeds beperk is tot die "educationally
> disadvantaged communities". Daar is wel gevalle waar wit studente op
> nagraadse vlak (en veral in die suiwer wetenskappe) by Medunsa studeer,
> maar dit wil lyk asof hulle uitgesluit word vir voorgraadse studie in
> ander rigtings. Ek herinner my dat 'n wit student onlangs met 'n heel
> goeie akademiese rekord, nie keuring vir medies by Medunsa gekry het
> nie. Vanuit regeringskringe, word daar baie verwys na die feit of ander
> universiteite se studentesamestelling die algemene bevolkingsamestelling
> weerspieel. Dit sou interessant wees om te weet hoe Medunsa in hierdie
> opsig sal vaar.
>
> JC

Ek kan egter nog nie sien hoe jy kan sê
dat Medunsa wittes uit prinsiepe uitsluit
nie. Veral as hulle wel nagraadse wittes
toelaat. En is dit nie 'n feit dat byna
geen witmens in SA "educationally
disadvantaged" was tot minder as 'n
dekade gelede nie. Ek sou dink dat
dit 'n goeie ding sal wees om 'n plek
te skep waar nie-blanke studente met
werklik 'n groot agterstand kultureel
tuis kan voel en aangemoedig word om
die agterstand te oorkom,sonder die
kompetisie van wittes wat uit een van
die creme de la creme bevoorregte
sosiale strukture van die afgelope
halwe eeu kom.

Gloudina Bouwer
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16256 is 'n antwoord op boodskap #16170] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jul 1998 15:38:34 +0200, lou wrote:
studente gaan nie. Tweedens - die student moet tog instaat wees om die[/color]
> kursus waarvoor hy inskryf suksesvol te kan voltooi, nie waar nie? Nou
> ongelukkig geld daardie kriteria nie meer nie.>>

Wat jy se is waar Lou.
Maar ook die feit dat dit in die verlede andersom gegeld het.
Ek weet want ek is 'n produk van Afrikaner Affirmative Action.
Beurse is (onder meer deur die staat) aan mense toegeken OMDAT hulle
wit en veral Afrikaans was.
En daar was nie gekyk of hulle die kursus kan voltooi nie. Jy hoef nie
eers goed in matriek te gedoen het om die beurse te kry nie.
Weereens - ek was daar. Ek het saam met die mense geswot. Op skool en
op universiteit.
So die vereiste van sukses was nooit juis daar nie.
En in daardie tyd was swart kinders nie eers toegelaat op 90% van die
land se universiteite nie, laat staan nog beurse kry. (Hulle kon nie
eers aansoek vir daardie beurse nie.)
Dit is OOK waar Lou.
En n mens moet dit in die prentjie inverf anders skilder jy n
onvoltooide prentjie.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16257 is 'n antwoord op boodskap #16170] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf:

> Ek kan egter nog nie sien hoe jy kan sê
> dat Medunsa wittes uit prinsiepe uitsluit
> nie. Veral as hulle wel nagraadse wittes
> toelaat.
>
Indien daar 'n universiteit is wat blanke studente uit beginsel slegs
toelaat tot sekere studierigtings en hulle uitsluit van ander op grond
van die feit dat hulle nie uit 'n "educationally disadvantaged
community" kom nie, dink ek jy het 'n antwoord op jou oorspronklike
vraag aan Johan.

En is dit nie 'n feit dat byna
> geen witmens in SA "educationally
> disadvantaged" was tot minder as 'n
> dekade gelede nie.
>
Per definisie kan blanke studente dus nie "educationally disadvantaged"
wees nie. Gevolglik word sekere blanke studente verhoed om aan die
betrokke universiteit te studeer, selfs al sou dit hul keuse wees om
daar te studeer.

Ek sou dink dat
> dit 'n goeie ding sal wees om 'n plek
> te skep waar nie-blanke studente met
> werklik 'n groot agterstand kultureel
> tuis kan voel en aangemoedig word om
> die agterstand te oorkom,sonder die
> kompetisie van wittes wat uit een van
> die creme de la creme bevoorregte
> sosiale strukture van die afgelope
> halwe eeu kom.
>
> Gloudina Bouwer
>
Hier is ons nou op 'n ander onderwerp, wat in die konteks van die
huidige debat, irrelevant is.

JC
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16258 is 'n antwoord op boodskap #16170] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes: > @igs.net wrote:
>>>
>>>> Behalwe natuurlik as jy wit is .........
>>>
>>> Nou sal ek op my beurt vir jou vra, met
>>> stawende bewyse, om vir my te bewys dat
>>> wittes nie mag studeer op plekke van hulle
>>> keuse nie. Watter wittes word verhoed om
>>> waar te studeer?
>>>
>>
>> Gloudina - maar nou bewys jy eintlik hoe min jy regtig van Suid Afrika
>> weet. Ooit gehoor van affirmative action? Nou ja aan SA universiteite en
>> tegnikons word dit toegepas. Bv medies waar daar beperkte toelating is -
>> kies enige Universiteite met 'n mediese fakulteit - hul gebruik kwota
>> stelsels vir hulle keuring en nie die mees akademies toepaslike kanidate
>> nie. Dieselfde gebeur by ander studierigtings waar daar beperkte getalle
>> toegelaat word. Die regering dwing dit af deur die subsidies wat hulle
>> aan die Universiteit gee.
>
> Die vraag, ou Lou, was "Watter plek
> verhoed wittes om op die bepaalde plek
> te studeer?" En jy kom nou weer met die
> getjankery oor affirmative action. Ek
> vra dus weer, watter plek verhoed wittes
> om op 'n bepaalde plek te studeer. En
> as dit regtig so is, kan iemand dit in
> die howe beveg.

Lees my vorige pos weer. As jy wil medies studeer en jy kies bv Pretoria
univesriteit dan is die kans dat al is jy een van die top aansoekers,
dat jy nie gekeur sal word nie omdat jou vel wit is. m.a.w. jy word ni
etoegelaat om daar te studeer in die rigting van jou keuse nie. Tweedens
- volgens die grondwet is Affirative action wettig m.a.w. (ek tik stadig
want jy verstaan blykbaar moeilik) 'n briljante wit student kan
toelating geweier word as gevolg van sy vel en hy het nie 'n been om op
te staan nie. Wys weer eens hoe min van die huidige SA jy weet né!

> Ek wonder of julle mense daar in SA nie
> meer met die buitewereld se manier-van-
> doen in aanraking moet kom, voordat julle
> kla nie. Hier in Kanada is die sogenaamde
> "beurse" vir studente al lankal afgeskaf.

EK praat nou van beurse beide van regering en privaat instansies. Die
kanse van enige wit student om mee te ding om 'n beurs hetsy op
akademiese of geldelike grondslag is na aan nul.

> Die regering onderskryf wel die "student
> loans," maar die student onderhandel direk
> met die banke vir die lenings en moet dit
> begin afbetaal wanneer hulle begin werk.

Dit is mos 'n lening dan nie?

> Universiteite self (deur private geldinsamel)
> gee "scholarships" aan goeie studente, en daar
> is ook regerings "scholarships" vir uitstaande
> studente, maar die gewone student moet sy eie
> lening aangaan en dit self terugbetaal.

Net so. In SA gee verskeie instansies geld vir fondse om behoeftige
studente te help. Die geld word egter hoofsaaklik aangewend om swart
studente te help. Dit het al veroorsaak dat een van die groter
vesekeraars sy toekenning aan 'n groot inrigting terug getrek het.

> 'n Mens neem ook aan dat in SA, waar blanke
> studente net tussen tien en vyftien persent van
> die bevolking is, die meeste scholarships na
> nie-wit studente sal gaan.
>

Dit is aanvaarbaar. Die feit is egter dat byna geen toekennings aan wit
studente gaan nie. Tweedens - die student moet tog instaat wees om die
kursus waarvoor hy inskryf suksesvol te kan voltooi, nie waar nie? Nou
ongelukkig geld daardie kriteria nie meer nie.

Lou

PS: Vorige pos sê jy 20% is wit? Nou net 15%? Waar is die res?
Geïmigreer tusse jou vorige pos en die een? :)
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16259 is 'n antwoord op boodskap #16170] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 15:27:21 GMT, wrote:

> Ek kan egter nog nie sien hoe jy kan sê
> dat Medunsa wittes uit prinsiepe uitsluit
> nie.

Soos ek nou net vir Lou geskryf het - lyk my die ou dierasie is blind!
Seker maar nou al van ouderdom....

> Veral as hulle wel nagraadse wittes
> toelaat. En is dit nie 'n feit dat byna
> geen witmens in SA "educationally
> disadvantaged" was tot minder as 'n
> dekade gelede nie.

Hoe sal jy weet? My vrou was betrokke by maatskaplike werk en jy kan
maar die idee los dat alle wittes in SA tot minder as 'n dekade gelede
verdere opleiding kon bekostig of grootgemaak is in 'n omgewing wat
dit aangemoedig het.

> Ek sou dink dat
> dit 'n goeie ding sal wees om 'n plek
> te skep waar nie-blanke studente met
> werklik 'n groot agterstand kultureel
> tuis kan voel en aangemoedig word om
> die agterstand te oorkom,sonder die
> kompetisie van wittes wat uit een van
> die creme de la creme bevoorregte
> sosiale strukture van die afgelope
> halwe eeu kom.

En nou kom skree die ou tannie baie hard dat ons weer APARTHEID (nie
voooor die kinders nie ...) moet terug bring !!! Sies Gloudina,
selfs die van ons wat nie van die swartes hou nie, wil dit darem ook
nie weer hê nie!

Jy wil die kulturele agterstand net voortsit, né! Ook maar skytbang
hulle haal haar in ...!
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16260 is 'n antwoord op boodskap #16170] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 14:12:36 GMT, wrote:

> Die vraag, ou Lou, was "Watter plek
> verhoed wittes om op die bepaalde plek
> te studeer?" En jy kom nou weer met die
> getjankery oor affirmative action. Ek
> vra dus weer, watter plek verhoed wittes
> om op 'n bepaalde plek te studeer. En
> as dit regtig so is, kan iemand dit in
> die howe beveg.

Lou, voel dit vir jou nie ook of dit is soos om 'n dowe op die
nuusgroep te hê nie!? Of is dit nou 'n blinde?!?

> 'n Mens neem ook aan dat in SA, waar blanke
> studente net tussen tien en vyftien persent van
> die bevolking is, die meeste scholarships na
> nie-wit studente sal gaan.

As jy beurse toeken, moet jy nie eerder breins kom meet nie?

Bloot koppe tel help uit die aard van die saak nie.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16273 is 'n antwoord op boodskap #16170] Vr, 17 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jul 1998 11:16:16 +0200, lou wrote:

die situasie totaal omswaai. Die feit dat 'n kind 'n wit vel het moet[/color]
> nie dien as die enigste rede hoekom nie 'n beurs kry nie. Wil ons nou
> die vergrype va verlede gebruik om vandag se kinders, wat geen deel
> daaraan gehad het nie, ook te straf?>>

Die argument is Lou dat in die verlede het swart kinders niks gekry
nie.
Hulle was uitgesluit.

Nou is daar te min beurse.

Die keuse lyk vir my: Herstel jy die samelewing se balans en skep
sosiale stabiliteit --- en diskrimineer teen wit kinders wat na
apartheid gekom het?

Of weier jy om teen wit kinders wat na apartheid gekom het te
diskrimineer en skep sosiale onstabiliteit.

Jy mag verskil maar my mening is dat die eerste keuse eintlik al een
is want die tweede een sal in elk geval lei na n situasie waar die wit
kinders bitter min gaan kry. Dit sal wees n hoogs gepolariseerde
samelewing met bitterheid en woede en 'n verwerping van die ANC aan
die swart meerderheid se kant en n aggressiewe verdediging van wat
hulle het deur die wittes.
Die politieke lyne sal gevaarlik begin loop. Jy kan die prentjie self
goed voltooi.

In elk geval is die voorbeeld ongelukkig daar van Afrikaner
Affirmative Action wat soos 'n droom gewerk het. Weereens, ek weet, ek
is 'n (baie dankbare) produk daarvan.

Dis keuses waarin daar nie een is wat NET regverdigheid tot gevolg het
nie. Wat jy ookal doen, iemand gaan tweede kom. Dan moet die keuse
maar met die groter goed in gedagte gedoen word. En die groter goed is
vir my 'n beter gebalanseerde samelewing met 'n groter middelklas wat
belange deel.

Seker maar daai een van die sonde van die vadere wat korrek bewys
word.

(En dinge word nie gehelp deur die feit dat so baie wit studente wat
byvoorbeeld medies swot die gat oorsee vat sodra hulle klaar geswot
het nie. Die wat agterbly moet die gelag wat van oorsee af opklink
betaal. Hulle word nie meer geglo as hulle se hulle is Afrikane nie,
het die land lief en sal bly as hulle eendag dokters is nie.)
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16274 is 'n antwoord op boodskap #16170] Vr, 17 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 16 Jul 1998 15:38:34 +0200, lou wrote:
> > studente gaan nie. Tweedens - die student moet tog instaat wees om die
>> kursus waarvoor hy inskryf suksesvol te kan voltooi, nie waar nie? Nou
>> ongelukkig geld daardie kriteria nie meer nie.>>
>
> Wat jy se is waar Lou.
> Maar ook die feit dat dit in die verlede andersom gegeld het.
> Ek weet want ek is 'n produk van Afrikaner Affirmative Action.
> Beurse is (onder meer deur die staat) aan mense toegeken OMDAT hulle
> wit en veral Afrikaans was.
> En daar was nie gekyk of hulle die kursus kan voltooi nie. Jy hoef nie
> eers goed in matriek te gedoen het om die beurse te kry nie.
> Weereens - ek was daar. Ek het saam met die mense geswot. Op skool en
> op universiteit.
> So die vereiste van sukses was nooit juis daar nie.
> En in daardie tyd was swart kinders nie eers toegelaat op 90% van die
> land se universiteite nie, laat staan nog beurse kry. (Hulle kon nie
> eers aansoek vir daardie beurse nie.)
> Dit is OOK waar Lou.
> En n mens moet dit in die prentjie inverf anders skilder jy n
> onvoltooide prentjie.

Die probleem is Ferdi dat ons nou die gat onder die hoender uitruk en
die situasie totaal omswaai. Die feit dat 'n kind 'n wit vel het moet
nie dien as die enigste rede hoekom nie 'n beurs kry nie. Wil ons nou
die vergrype va verlede gebruik om vandag se kinders, wat geen deel
daaraan gehad het nie, ook te straf?
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16275 is 'n antwoord op boodskap #16170] Vr, 17 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jul 1998 15:11:32 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> Ek weet want ek is 'n produk van Afrikaner Affirmative Action.
> Beurse is (onder meer deur die staat) aan mense toegeken OMDAT hulle
> wit en veral Afrikaans was.
> En daar was nie gekyk of hulle die kursus kan voltooi nie. Jy hoef nie
> eers goed in matriek te gedoen het om die beurse te kry nie.
> Weereens - ek was daar. Ek het saam met die mense geswot. Op skool en
> op universiteit.

> Dit is OOK waar Lou.
> En n mens moet dit in die prentjie inverf anders skilder jy n
> onvoltooide prentjie.
>
>
Ferdi - ek stem met albei saam, maar selfs jou plasing het OOK twee
kante. Ekself was een van die ouens wat nie te waffers in matriek
gevaar het nie en toe geen beurs gekry het nie - my studies moes met
harde kontant betaal word, al was my vel wit.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16276 is 'n antwoord op boodskap #16170] Vr, 17 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jul 1998 03:48:41 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

kante. Ekself was een van die ouens wat nie te waffers in matriek[/color]
> gevaar het nie en toe geen beurs gekry het nie - my studies moes met
> harde kontant betaal word, al was my vel wit.>>

Daar was waarskynlik baie.
En die ideale werklikheid is genoeg universiteite vir almal en gratis
ook.

En affirmative action van watter kant ookal is 'n minder gelukkige
opsie want dit het onregverdigheid ingebou as n mens meriete as
maatstaf gebruik (daar is natuurlik talle ander) wat op die einde die
bewese beste maatstaf in die algemeen is.

My punt is dat apartheid dinge WEL skeefgetrek het. Al is dit by baie
mense ongewild om te verwys na apartheid as die wortel van probleme.

En ek reken dit IS nodig om balanse te herstel anders gaan die
politieke stabiliteit in SA geknou word en die basis van alle goeie
dinge wat ons wil doen is onder meer politieke stabiliteit.

En AA is besig om resultate te lewer.

En die bottom line van AA is vir my - soos ek nog altyd gese het - dat
dit moet ophou as dit doelwitte bereik het. Ander raak dit eenvoudig
diskriminasie. Dis seker n bietjie soos medisyne. Jy moet dit ophou
drink as jy beter is ander raak jy fokken siek.

En daar was reeds bemoedigende tekens dat dit gebeur.. Die realiteit
sal waarskynlik n mengsel wees. Party plekke sal gerieflik aanhou en
ander sal ophou. As die balans aan die regte kant val, het SA gewen.

Ek het toevallig n tyd gelede gelees dat die Japannese heropbou na die
2de WO daarop berus het dat die Amerikaners die heerserklasse se greep
op eiendom eenvoudig gebreek het en grond en besitting meer eweredig
herverdeel het.

Ek bepleit die geensins in SA nie. Ek reken net maatskappye wat skeef
getref is deur onregverdigheid moet n balans kry voor daar heropbou
kan kom.

AA is so n poging.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16286 is 'n antwoord op boodskap #16170] Sa, 18 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
>
>
> En AA is besig om resultate te lewer.
>
> En die bottom line van AA is vir my - soos ek nog altyd gese het - dat
> dit moet ophou as dit doelwitte bereik het. Ander raak dit eenvoudig
> diskriminasie. Dis seker n bietjie soos medisyne. Jy moet dit ophou
> drink as jy beter is ander raak jy fokken siek.

Ja hier moet ek jou nou gelyk gee.

>
> En daar was reeds bemoedigende tekens dat dit gebeur.. Die realiteit
> sal waarskynlik n mengsel wees. Party plekke sal gerieflik aanhou en
> ander sal ophou. As die balans aan die regte kant val, het SA gewen.
>
> Ek het toevallig n tyd gelede gelees dat die Japannese heropbou na die
> 2de WO daarop berus het dat die Amerikaners die heerserklasse se greep
> op eiendom eenvoudig gebreek het en grond en besitting meer eweredig
> herverdeel het.
>
> Ek bepleit die geensins in SA nie. Ek reken net maatskappye wat skeef
> getref is deur onregverdigheid moet n balans kry voor daar heropbou
> kan kom.
>
> AA is so n poging.
>
Hmmmm ja dit is 'n poging. Of dit gaan werk sal nog gesien moet word. Maar
sien jy wat hierdie poging tot gevolg het? Meer en meer van die jong
mense(wit en swart) verlaat SA om in die buiteland te studeer. Sodra hulle
gekwalifiseer het is daar nou nie juis iets om hulle terug te lok daarheen
nie. DIT is die groot verlies wat SA in die gesig staar.

Groete
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16287 is 'n antwoord op boodskap #16170] Sa, 18 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jul 1998 21:13:09 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> My punt is dat apartheid dinge WEL skeefgetrek het. Al is dit by baie
> mense ongewild om te verwys na apartheid as die wortel van probleme.
>
> En ek reken dit IS nodig om balanse te herstel anders gaan die
> politieke stabiliteit in SA geknou word en die basis van alle goeie
> dinge wat ons wil doen is onder meer politieke stabiliteit.
>
> En AA is besig om resultate te lewer.
>
> En die bottom line van AA is vir my - soos ek nog altyd gese het - dat
> dit moet ophou as dit doelwitte bereik het. Ander raak dit eenvoudig
> diskriminasie. Dis seker n bietjie soos medisyne. Jy moet dit ophou
> drink as jy beter is ander raak jy fokken siek.
>
Ferdi,
Ek gaan saam met wat jy hier sê. Nou soek ek by jou 'n positiewe
antwoord op iets wat my al lank oor AA pla:
Wie besluit dit moet afgeskaal word - maw die doel van die AA is nou
bereik.
En as ek vanaf my perspektief kyk waar ek swart mense as inherent lui
sien om te werk, gaan AA ooit enige doel bereik? Is dit nie maar net
nog 'n voortsetting van wat die heel eerste ou Katolieke en Duitse
sendelinge in Afrika begin het nie, nl. om net te gee sonder dat die
mense self ook uitspring en vir hulleself sorg nie?
Gaan Afrika se bevolking ooit leer om geleenthede te gebruik in stede
van om net altyd hulp te vra, dit dan op te gebruik en weer terug te
kom om nog te vra?
Die res van Afrika bied maar 'n donker prentjie as 'n mens wil kyk wat
moontlik is of nie?!?!
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16288 is 'n antwoord op boodskap #16170] Sa, 18 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Jul 1998 03:03:55 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

>[/color]

Verskil met jou. Ek het van hulle gesien wat hulle gatte af kan werk.
En ek het blankes gesien wat so lui soos more die hele dag is.

>

Ja.

>

Botswana? Namibie? Mosambiek? Egipte? Ethiopie? Uganda? Miskien moet
jy bietjie gaan uitvind oor die plekke.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16289 is 'n antwoord op boodskap #16170] Sa, 18 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 16 Jul 1998 15:38:34 +0200, lou wrote:
> > studente gaan nie. Tweedens - die student moet tog instaat wees om die
>> kursus waarvoor hy inskryf suksesvol te kan voltooi, nie waar nie? Nou
>> ongelukkig geld daardie kriteria nie meer nie.>>
>
> Wat jy se is waar Lou.
> Maar ook die feit dat dit in die verlede andersom gegeld het.
> Ek weet want ek is 'n produk van Afrikaner Affirmative Action.
> Beurse is (onder meer deur die staat) aan mense toegeken OMDAT hulle
> wit en veral Afrikaans was.
> En daar was nie gekyk of hulle die kursus kan voltooi nie. Jy hoef nie
> eers goed in matriek te gedoen het om die beurse te kry nie.

Shit Ferdi, waar het jy DIE beurs gekry? Van al my vriende en familie wat
aansoek gedoen het vir beurse het EEN(1) dit gekry. Die ander moes
persoonlike lenings by die bank maak. En dit was 10 jaar gelede.

> Weereens - ek was daar. Ek het saam met die mense geswot. Op skool en
> op universiteit.
> So die vereiste van sukses was nooit juis daar nie.

Weereens, ek dink jy maak 'n fout.

> En in daardie tyd was swart kinders nie eers toegelaat op 90% van die
> land se universiteite nie, laat staan nog beurse kry. (Hulle kon nie
> eers aansoek vir daardie beurse nie.)
> Dit is OOK waar Lou.
> En n mens moet dit in die prentjie inverf anders skilder jy n
> onvoltooide prentjie.

Ja maar mens moet nou ook nie die prentjie so mooi skilder dat dit na 'n
sprokie lyk nie.

>
>

Groete
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16294 is 'n antwoord op boodskap #16170] So, 19 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Jul 1998 17:01:51 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> > sien om te werk, >>>
>
>
> Verskil met jou. Ek het van hulle gesien wat hulle gatte af kan werk.
> En ek het blankes gesien wat so lui soos more die hele dag is.

Ek praat van veralgemenings en nie uitsonderings nie.

>
> wat moontlik is of nie?!?!>>
>
> Botswana?

Het twee jaar terug vir 'n kollega gesê ek dink dis nogal die plek om
heen te gaan en vir 'n paar jaar te gaan bly - die ekonomie het nogal
goed gelyk en die vlak van geweldsmisdade laag. Nee, sê hy, sy rits
neefs wat deur die land versprei is, vertel 'n ander storie - op die
oppervlak lyk alles goed, maar die enigste manier om iets in die land
gedoen te kry, veral as jy wit is, is om omkoop geld onder die tafel
deur te stoot, anders is die land maar redelik geslote. Dit was op
daardie stadium maar 'n ding wat vir 'n jaar of twee kop uitgesteek
het.

> Namibie?

Omdat daar ook so baie blankes is....?

> Mosambiek?

Werklik maar 'n baie donker prentjie as ek luister na Fred Berrington
en sy vrou se vertellings - hulle is besig met twee jaar se
sendingwerk daar.

> Egipte?

Noord van die Sahara is seker darem te ver verwyder om as voorbeeld te
gebruik van hoe swart Afrika 'n land kan regeer !? Met al die Arabs
daar ...?!?

> Ethiopie?

Nou die aand oor die nuus gesien hoe die mense daar in strepe langs
die pad doodgaan van hongersnood - ek hoop nie jy dink dit gaan goed
daar nie. En soos die Ethiopiese verteenwoordiger by die VVO toe
gevra het vir handouts van kos en hulp ......

> Uganda?

O ja .... dis goeie nuus, maar ek dink nie iemand sal Uganda gou as
die juweel van Afrika beskryf nie! Het jy tien jaar terug al op AJ
Venter se program oor Afrika gesien wat aids aan die land gedoen het.

Of op die swart Amerikaanse vrou se kook program gesien waar sy in
Uganda hulle disse gaan proe het - by die vooraanstaande sanger on
"recording artist" van die land. Die ateljee wat hy gebruik is 'n
modderhut .....! Nie juis my idee van vooruitgang nie, maar miskien
wail Afrika dit anders hê....?

> Miskien moet
> jy bietjie gaan uitvind oor die plekke.
>
>
Het nie genoeg geld vir al die omkopery nie.
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16295 is 'n antwoord op boodskap #16170] So, 19 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 Jul 1998 04:46:30 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

>

Dis dalk die probleem, ne?

Botswana?
>
> Het twee jaar terug vir 'n kollega gesê ek dink dis nogal die plek om
> heen te gaan en vir 'n paar jaar te gaan bly - die ekonomie het nogal
> goed gelyk en die vlak van geweldsmisdade laag. Nee, sê hy, sy rits
> neefs wat deur die land versprei is, vertel 'n ander storie - op die
> oppervlak lyk alles goed, maar die enigste manier om iets in die land
> gedoen te kry, veral as jy wit is, is om omkoop geld onder die tafel
> deur te stoot, anders is die land maar redelik geslote. Dit was op
> daardie stadium maar 'n ding wat vir 'n jaar of twee kop uitgesteek
> het.>>

Wat is die land ekonomiese syfers? Die afgelope dekade. Hel, maak dit
twee dekades.
En voeg sommer ekonomiese stabiliteit ook by.

Namibie?
>
> Omdat daar ook so baie blankes is....?>>

Na tien jaar van onafhanklikeid onder n swart regering, ne?

[/color]
> Werklik maar 'n baie donker prentjie as ek luister na Fred Berrington
> en sy vrou se vertellings - hulle is besig met twee jaar se
> sendingwerk daar.>>

Het jy geweet die groeikoers is in die omgewing van China s'n?

En as jy jou staatkundige en ekonomiese analises bou op wat sendelinge
se moet jy maar daarmee leef.

[/color]
> Noord van die Sahara is seker darem te ver verwyder om as voorbeeld te
> gebruik van hoe swart Afrika 'n land kan regeer !? Met al die Arabs
> daar ...?!?>>

Die Arabiere is Afrikane.

Of is jou probleem suiwer met die kleur van mense se velle? Is dit dan
'n estetiese probleem vir jou?

Maar van wit gepraat, miskien is jou rolmodel n staat waar daar NET
witmense bly. Soos Serwie". Of Romenie". Dalk Rusland? Wat van
Albanie"? Almal lande sonder enige swartmense. Net witmense.

[/color]
> Nou die aand oor die nuus gesien hoe die mense daar in strepe langs
> die pad doodgaan van hongersnood - ek hoop nie jy dink dit gaan goed
> daar nie. En soos die Ethiopiese verteenwoordiger by die VVO toe
> gevra het vir handouts van kos en hulp ......>>

Ethiopie is 'n groot land waarvan 'n deel woestyn is. Praat bietjie
met mense wat in die grootste gedeelte van daai wonderlike land gereis
het. Laat hulle jou vertel van die rollende groen heuwels see toe en
wat daar gebeur. Hoe goed dit actually met die mense gaan. Baie
Suid-Afrikaners reis nogal daar deesdae.
Nou die dag 'n ou selfs op die radio gehoor wat saam met 'n groep met
motorfietse daar gery het.

O ja .... dis goeie nuus, maar ek dink nie iemand sal Uganda gou as[/color]
> die juweel van Afrika beskryf nie! Het jy tien jaar terug al op AJ
> Venter se program oor Afrika gesien wat aids aan die land gedoen het.>>

Al Venter se 15 jaar oue program het ek destyds gesien.

Dit was mos die reeks waarin hy ook vertel het van die stuk of 15
kommersiele vlugte tussen Abidjan en Parys wat per dag plaasgevind
het.

Intussen het ek in Kampala met mense gepraat oor hoe hulle die
Vigs-probleem daar hanteer en hulle is Suid-Afrika ver voor.
Waarskynlik lande soos Brittanje ook.
Dit is waarskynlik die rede hoekom hulle omtrent die enigste land is
wat 'n ernstige Vigs-epidemie op landwye skaal in beheer gebring het.

"recording artist" van die land. Die ateljee wat hy gebruik is 'n[/color]
> modderhut .....! Nie juis my idee van vooruitgang nie, maar miskien
> wail Afrika dit anders hê....?>>

Dis nie wat ek in Kampala gesien het toe ek daar rondgeloop en geeet
het nie.
Het jy geweet dat M-Net twee aardmaste in Uganda het van waar hulle
uitsaai en dat hulle dekodeerders soos soetkoek verkoop?
Ek het met foto's van nuwe uitbreidings in Kampala teruggekom dan vra
ek mense waar hulle sal raai dit is. Dan se hulle: "Sandton.....maar
nee,....dis te groen...."
Die vernietiging wat Amin gedoen het is steeds sigbaar as jy naby
gaan, maar wat ek hierbo se is die nuwe ontwikkeling.

Het jy by the way geweet dat die Afrikaner in die jare 20 as 'n
hopelose gemors en 'n "damaged gene pool" beskou deur mense?
Ons oupa's en ouma's was afgeskryf as 'n mislukte etniese groep wat
fokkol ooit sal kan regkry en maar net aanvaar moet word soos 'n mens
bedelaars aanvaar.
Dit was nou nadat Imperialistiese uitbreiding hulle landbou-gegronde
gemeenskap in sy moer geskiet het.

En waar sit ons nou?

En hoe arrogant is ons nou, ne?

Darem wonderlik wat geld en die Engelse se nywerheid en so aan gedoen
het.

> jy bietjie gaan uitvind oor die plekke.>>[/color]

Ek het. Ek was daar,

Miskien moet JY dalk gaan uitvind?
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16299 is 'n antwoord op boodskap #16170] Ma, 20 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Jul 1998 06:30:20 GMT, gide...@usa.net wrote:

> H�nou Johan - Ferdi is korrek - die groei is persentasiegewys in dieselfde
> kategorie as Sjina - nie $-gewys nie.

Moenie so gou panic nie! Die twee lande bly nog baie verskillend en
om net een persentasie te neem en te sê daarom gaan dit baie goed in
Mosambiek is nie so goeie argument nie!
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16300 is 'n antwoord op boodskap #16170] Ma, 20 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
'n Pragtige positiewe bydrae Ferdi, wat 'n mens bietjie ook die
anderkant van die prentjie gee. Ek sal nou nie orals met jou saamstem
nie - soos jou vergelyking van Sjina en Mozambiek! Belaglik! Baie
grappig! Jy vergelyk daar 'n grashalmpie en die Amazone woud.

Net nog een ding - jou vloekery versterk nie jou argumente nie - net
die teenoorgestelde - wys dat jy sterk taal moet inspan om argumente
te probeer help wat nie op eie bene kan staan nie.

Wanneer laas was jy in Kampala? Het vigs enige invloed op die land se
bevolking gehad?
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16301 is 'n antwoord op boodskap #16170] Ma, 20 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Fri, 17 Jul 1998 11:16:16 +0200, lou wrote:
>
> en
>> die situasie totaal omswaai. Die feit dat 'n kind 'n wit vel het moet
>> nie dien as die enigste rede hoekom nie 'n beurs kry nie. Wil ons nou
>> die vergrype va verlede gebruik om vandag se kinders, wat geen deel
>> daaraan gehad het nie, ook te straf?>>
>
> Die argument is Lou dat in die verlede het swart kinders niks gekry
> nie.

Dít is jou argument.

> Hulle was uitgesluit.
>
> Nou is daar te min beurse.

DIe ander kant van die munstuk is - gee beurse vir studente wat nie
akademies sterk genoeg is nie ne jy mors daai beurs. Feit - doen bietjie
navraag hoeveel AA beurse is effektief. Kyk na die universiteite se
druip syfers - was altyd nie te goed nie - nou lyk dit net erger.

>
> Die keuse lyk vir my: Herstel jy die samelewing se balans en skep
> sosiale stabiliteit --- en diskrimineer teen wit kinders wat na
> apartheid gekom het?

Maklik - jy dwing die witte wat dit kan bekostig om te emmigreer.
(Jammer net my sarkatiese streep) Die feite rondom AA is dat dit nie
orals werk nie. Veral nie in die hoë tegnologie omgewing nie. Jy het
mense nodig met jare ondervinding. Daar is 'n klomp skerp
anderskleuriges maar hulle is so besig met job-hopping dat hulle geen
bydrae lewer by die maatskappye waar hulle land reg vir die volgende
sprong nie. Baie van hulle is ook nie histories agtergeblewenes nie
maar het as kinders van die swart elite hier en oorsee op univesrsiteir
grade behaal.

Al gehoor van die sêding 'We each get promoted until we reach our own
level of incompetence and there we will saty until retirement'?. Ons is
besig om die teendeel te bewys in SA.

Die AA moet gedoen word op grond van verdienste nie net op grond van
velkleur nie. As dit gedoen word, soos tans in die staastdiens gebeur,
waar jy iemand bloot aanstel omdat sy gesig nie wit is nie, dan kry jy
wat ons nou het - selfs 'n swakker staatsdiens as van te vore.

>
> Of weier jy om teen wit kinders wat na apartheid gekom het te
> diskrimineer en skep sosiale onstabiliteit.

Maar dan moet jy nie kla dat die wit kind 'n bitterheid opbou en so gou
moontlik na 'n ander land gaan nie.

>
> Jy mag verskil maar my mening is dat die eerste keuse eintlik al een
> is want die tweede een sal in elk geval lei na n situasie waar die wit
> kinders bitter min gaan kry. Dit sal wees n hoogs gepolariseerde
> samelewing met bitterheid en woede en 'n verwerping van die ANC aan
> die swart meerderheid se kant en n aggressiewe verdediging van wat
> hulle het deur die wittes.
> Die politieke lyne sal gevaarlik begin loop. Jy kan die prentjie self
> goed voltooi.

Wel as jy wil van die witte ontslae raak in SA is AA 'n politiek veilige
manier om dit te doen. (En dit werk - ons verloor al hoe meer mense wat
die land nodig het, net die gespuis soos ek en jy bly oor :) ). Soos
voorheen gestel - hoeveel swart mense wat werklik agtergeblwenes was
baat by AA en hoeveel wat deel was van die middelklas baat?

Net ingeval jy nie opgelet het nie - ons het 'n hoogs gepolariseerde
samelewing. Die keuse is eintlik ons sin - wil ons heeltyd die swart
menigte paai deur ons neuse af te sny of wil ons 'n gewonne lewe lei
waar die kwaliteit van jou werk jou toekoms bepaal nie die kleur van jou
vel nie. (Hmmm is ek 'n goeie advokaat vir emmigrasie of wat? :) ) En ja
vertel my nou weer van die verlede.

>
> In elk geval is die voorbeeld ongelukkig daar van Afrikaner
> Affirmative Action wat soos 'n droom gewerk het. Weereens, ek weet, ek
> is 'n (baie dankbare) produk daarvan.

En jou kinders? Hull egaan 'n baie ondankbare produk wees van AA wat
teen húlle gediskrimineer het.

>
> Dis keuses waarin daar nie een is wat NET regverdigheid tot gevolg het
> nie. Wat jy ookal doen, iemand gaan tweede kom. Dan moet die keuse
> maar met die groter goed in gedagte gedoen word. En die groter goed is
> vir my 'n beter gebalanseerde samelewing met 'n groter middelklas wat
> belange deel.

Wel ons moet maar saamstem om te verskil. Verdienstelikheid moet die
eerste norm wees, die kleur van die vel die tweede. Die boodskap aan wit
kinders is 'Maak nie saak hoe hard jy werk nie, jy sal nie bo uitkom
nie!'. Om aan te hou terug hap na die verlede gaan hierdie land niks
help nie.

>
> Seker maar daai een van die sonde van die vadere wat korrek bewys
> word.

Korrek - wanneer is dit verby - die tweede of die derde geslag? As ons
die bybel moet glo - eers die vierde. En dan sal daar geen wittes meer
oor wees nie.

>
> (En dinge word nie gehelp deur die feit dat so baie wit studente wat
> byvoorbeeld medies swot die gat oorsee vat sodra hulle klaar geswot
> het nie. Die wat agterbly moet die gelag wat van oorsee af opklink
> betaal. Hulle word nie meer geglo as hulle se hulle is Afrikane nie,
> het die land lief en sal bly as hulle eendag dokters is nie.)

Versigtig nou - dit is nie net WIT studente wat oorsee gaan nie -
heelwat gekleurde studente gaan ook. Jy propageer een van Zuma se mites.

Verder - as jy 'n mediese graad gehad het - na 7 jaar studie met hope
skuld en jy moet aan die agterspeen suig as dit kom by die toekenning
van poste sal jy bly? As jy moet werk in 'n hospitaal waar daar geen
fasiliteite is nie sal jy bly? As jy weet dit maak nie saak hoe hard jy
werk 'n ander minder verdienstelike geval sal die bevordering kry sal jy
bly? As die hospitaal waar jy werk se toerusting van die beste is maar
dit werk nie omdat daar nie geld vir onderhoud begroot is nie sal jy
bly? As jy instrument X nodig het om 'n operasie te doen maar 'n klerk
met standerd 8 het besluit dit is nie belangrik nie en nou moet jy maar
die man se been afsit sal jy bly? As die eter van 'n wond in jou gesig
spuit omdat die hospitaal nie die nodige beskermende toerusting bestel
het nie en jy moontlik Vigs daarvan gaan kry sal jy bly?

Nie so gefokken dink nie! As ons daardie mense wil hou sal ons hulle
moet behandel vir wat hulle is - hoogs gekwalifiseerde en gesogte
profesionele. Moenie dit gebruik as 'n rede vir AA nie - dít is nie al
rede hoekom daardie mense loop nie!
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16302 is 'n antwoord op boodskap #16170] Ma, 20 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article <35b2b095....@news.citilink.com>, jnpj...@bigfoot.com wrote:
> 'n Pragtige positiewe bydrae Ferdi, wat 'n mens bietjie ook die
> anderkant van die prentjie gee. Ek sal nou nie orals met jou saamstem
> nie - soos jou vergelyking van Sjina en Mozambiek! Belaglik! Baie
> grappig! Jy vergelyk daar 'n grashalmpie en die Amazone woud.
>

Hônou Johan - Ferdi is korrek - die groei is persentasiegewys in dieselfde
kategorie as Sjina - nie $-gewys nie. Die ekonomie van Mosambiek is so totaal
vernietig deur die oorlog dat die normalisering van die ekonomie gemeet in %
groei geweldig hoog is. as jy 'n R 1000 in jou rekening het, en volgende jaar
R 2000, het jy 100% groei. As jy R 100 000,00 in die bank het, en jy het
volhende jaar 110 000,00 in die bank, is jou groei maar 10%, hoewel in rieële
waarde jou groei 1000% is van die groei wat jy beleef het in die eerste
instansie. Dieselfde beginsel. Om van niks te groei na iets kan statisties 'n
reusegroeikoers wees, waar normale groei in 'n stand van rykdom net nominaal
kan wees waar dit in Rand-waarde duisende keer hoër is.

Dan weer om Ferdi se argument te sterk - om van niks te begin beteken dat jy
weinig ekonomiese impetus het wat groei kan voed. As jy 'n ekonomie het waar
welvaart reeds geskep is, is daar 'n impetus wat verdere groei sal bevorder..
'n voorbeeld is as jy 'n nuwe besigheid probeer begin van die grond af met
geen kapitaal nie, gaan dit heelwat moeiliker gaan om te groei as wanneer jy
begin met 'n paar duisend in die bank. Om terug te kom na die groei saak - jy
sal in 'n besigheid met zero kapitaal begin nie noodwendig kan groei volgens
die groei wat jou mark kan absorbeer nie, en sal dus sê maar vyf jaar moet
wag voordat jy daardie nuwe 4 x 4 uit jou winste kan koop. Aan die ander
kant, sal jy met die nodige kapitaal saam met jou mark kan groei en die 4 x 4
binne 1 jaar kan koop. As jy kyk na die groei % in die geval van die eerste
mannetjie, sal jy dalk kan sê dat sy besigheid gegroei het met 100% per
maand, waar die ander persoon se groei "maar" 10% per maand is. So die
persoon wat met niks begin benodig meer "guts" en moet meer bloed, sweet en
trane sweet om resultate te kry, maar sien nie dieselfde "bottomline" nie.
Ten spyte daarvan is sy groei op papier uitstekend.

In elk geval... ek is seker jy kry teen nou die idee.

Groete

-Gideon-
Re: Parodie en Akademie (was:Independance day) [boodskap #16458 is 'n antwoord op boodskap #16170] Do, 30 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Jul 1998 17:01:51 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

>
> wat moontlik is of nie?!?!>>
>
> Botswana? Namibie? Mosambiek? Egipte? Ethiopie? Uganda? Miskien moet
> jy bietjie gaan uitvind oor die plekke.
>
>
Wel, dis nou nie so maklik om netso uit te vind oor die plekke nie -
eerstehandse kennis is skaars.
Maar ek het toe darem vandag kon lekker gesels met 'n Ethiopier wat
nou sy tuiste in die VSA soek. Hy is 'n BComm man en doen nou hier 'n
intership by 'n versekeringsmakelaar wat kantore in dieselfde gebou
het as ons.

Wel, hy skilder maar eerstehands ook 'n somber prentjie van Ethiopie
en omgewing, sonder dat ek hom daaroor gepols het. Ek het hom bloot
gevra of 'n werksaanbod hom hiernatoebring.

Hy vertel my toe dat sy broer al geruime tyd hier is en al lank aan
hom karring om ook uit te kom. Hy wou nie omdat dit op die oppervlak
gelyk het of dit begin goed gaan met Ethiopie. Die ekonomiese
aanduiders was nnie sleg nie en het aanhoudend opwaarts gewys. Hy sê
dat teen die begin van hierdie jaar hy agtergekom het dat hy bloot net
nie meer genoeg geld het om te bestaan nie en toe hy nou moi na die
prentjie kyk, kom hy agter dat hy hopeloos te veel aan "bribes" betaal
om sy lewe moontlik te maak en dis toe net daar wat hy besluit om te
kom kyk hoe dit in Amerika gaan.

Hy sê die verskil was net te groot, selfs al was hy van Ethiopie se
gegoede mense, en hy het besluit om nie eers terug te gaan nie, maar
hier plaaslik te file vir sy werksvisum.

Of dit nou my of jou standpunt of altwee ondersteun maak nie saak nie
- ek dog net dit sou interesant wees ....
Vorige onderwerp: Engelse?
Volgende onderwerp: Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 06:25:17 MGT 2024