Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Rand en Soros
Die Rand en Soros [boodskap #16006] Vr, 03 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Londen. - Al die tekens is daar dat George Soros, internasionale
sakeman en triljoener, agter
die val van die rand sit.

Hoewel niemand seker is of Soros se Quantum-fonds inderdaad agter die
skielike val van die
rand is nie, word daar hier druk bespiegel dat dit na hom is wat dr.
Chris Stals, presidentstet
van die Reserwebank, verwys het toe hy moontlike oorsake uitgewys het.


Stals het ges Vrydag se skerp daling in die waarde van die rand kan
toegeskryf word aan 'n
groot Amerikaanse fonds. Hy wou nie die naam bekend maak nie, maar
hier word bespiegel
dat dit die Quantumfonds in New York was.

Indien die triljoener, wat miljoene dollars in Suid-Afrikaanse
behuising bel het, die sondaar
is, voorspel dit probleme vir Suid-Afrika omdat hy allerwe as iemand
beskou word wat lande
tot 'n val kan bring.

Hy het vroe r vanjaar in 'n openbare uitval met Maleisi byvoorbeeld
daarvoor gesorg dat die
ringgit - die land se geldeenheid - skerp gedevalueer het en is bekend
daarvoor dat hy onlangs
'n weddenskap van 'n miljardstet dollar oor die toekoms van die pond
aangegaan het.

Business News het Vrydag berig dat pres. Nelson Mandela in sy
toespraak in Desember by die
ANC-kongres juis Soros aangehaal het oor sakemanne wat groter
maatskaplike
verantwoordelikheid moet aanvaar en nie soos elders in Afrika deur
gierigheid gedryf moet
word nie.

''Te oordeel na die onlangse aanval op die rand het sy woorde op dowe
ore geval. Erger nog,
die belhamel blyk Soros self te wees, wat Mandela in sy laaste maande
as politieke leier 'n
laaste bitter smaak van Westerse kapitalisme gee,'' skryf Jon
Ashworth.

Toe die groot maatskappye soos Shell en Kodak hulle aan Suid-Afrika
onttrek het, is hul
belange deur blanke sakemanne vir 'n appel en 'n ei opgeraap wat
miljoene daaruit gemaak het.


''Die sanksies wat op disinvestering gevolg het, het bloot diegene in
die townships se haglike
toestande vererger. Die Weste wat sanksies aangegryp het, is weer
besig om die ergste skade
moontlik te doen aan die mense wat dit die minste kan bekostig,''
skryf hy.
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16015 is 'n antwoord op boodskap #16006] Sa, 04 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven...
>
> triljoener

Hoe werken jullie met grote getallen in het Afrikaans? Of is de rand zo
verschikkelijk gedevalueerd?

1.000.000 = 1 miljoen = 1 million
1.000.000.000 = 1 miljard = 1 billion
1.000.000.000.000 = 1 biljoen = 1 trillion
1.000.000.000.000.000.000 = 1 triljoen = quadrillion??

In Nederland zou in trillionair meer dan 20 miljoen keer zo rijk zijn als
Bill Gates. Het duizelt me....

Groeten,
Arthur
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16021 is 'n antwoord op boodskap #16006] Ma, 06 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 6 Jul 1998 10:25:19 -0500, "Jean" wrote:

interesant wees hoe die ding verder uitwerk - en lees gerus van Soros se[/color]
> boeke - dit kan net mens se horisone verbreed - al stem mens nie saam nie.>>

Met hierdie "bottom line" - hy maak miljarde deur geldeenhede te
"raid".
Geldeenhede wat so ge-"raid" word, se onderliggende ekonomiee se wiele
val af.
Sulke ekonomiese probleme vind uiting in vernietigde lewens onder die
arme klasse.
Mense is besig om hul huise te verloor in SA.

Ander is in die winter besig om dood te gaan van ontbering.

Dieselfde in lande soos Maleisie.

Dis soos Soros se geld maak.

Dis wat hy doen vir 'n lewe.
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16022 is 'n antwoord op boodskap #16006] Ma, 06 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean[1]  is tans af-lyn  Jean[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek sou baie teleurgesteld wees as Soros by die Rand debakel
betrokke sou wees. Nadat ek ('n paar maande terug) navorsing gedoen het oor
hom, sy verskansingsvonds(e) en filosofie sal ek verbaas wees as dit wel hy
is. Daar is
verskye verskansingsvondse in New York en hulle is maar almal 'haaie' wat
wag vir
bloed. Soros het in een dag $1 000 000 000 (een biljoen) uit die Britse
pond gemaak,
so hy is nie 'heilig' nie - maar ek is nie seker dat hy sal bel^e in 'n land
en dan die mat
uitruk nie. Die Mail and Guardian het ook berig van verskansingsvondse wat
betrokke is
maar het ook berig dat plaaslike spekulante ook betrooke is - miskien
bietjie meer as
wat Stals wil erken.
Soros is 'n baie komplekse persoon en miskien is dit wel deel van sy
benadering om betrokke te wees.
Wat hy ook al aanvang is baie interesant en meer kompleks as wat die Beeld
berig. 'n Paar tegniese punte: Soros woon in Amerika, maar al sy vondse is
in die Nederlandse
Antille geinkorporeer. Hy gee ook biljoene weg - meer as Ted Turner en
selfs soms as
die Amerikaanse regering.

Om saam te vat: "The truth is sometimes stranger than fiction" Dit kan net
interesant wees hoe die ding verder uitwerk - en lees gerus van Soros se
boeke - dit kan net mens se horisone verbreed - al stem mens nie saam nie.

Groete

Jean

Toronto
Kanada

> N.S. Die berig wat ek geplaas het, is uit Beeld. Ek het dit nie
> geskryf nie, maar reken in elk geval dat Soros waarskynlik dade van
> agressie teen lande pleeg.
>
> Ek hoop die geld-vark probeer dit met Libie en Iran.
>
> Mense gaan dood as gevolg van wat hy doen.
> Gesinne word vernietig. Mense verloor hulle huise.
> Alles sodat die Josef Stalin van kapitalisme in geld kan rol soos 'n
> vark.
>
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16023 is 'n antwoord op boodskap #16006] Ma, 06 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Arthur Hagen" wrote:
>
> Ferdi heeft geschreven...
>>
>> triljoener
>
> Hoe werken jullie met grote getallen in het Afrikaans? Of is de rand zo
> verschikkelijk gedevalueerd?

Aag ou Arthur, die Rand is darem nie so sleg nie. Verlede Maandag was dit R
2.73 vir een Gulder. Vrydag was die wisselkoers R 3.08 vir een Gulder. Die
goeie nuus daaraan vir my, is dat dit wat ek die Ontvanger miskien kan skuld
in SA na my laaste belastingopgawe besig is om al minder te word ;)

As ek hom R10000.00 geskuld het verlede Maandag, was dit FL 3663.00 Vandag sou
ek hom maar Fl 3225.00 skuld. Die negaitewe kant is dat ek my Pa eers Vrydag
gevra het om die laaste van my spaargeld in SA vir my te stuur. Met al die
kostes sal ek gelukkig wees as R10000 nou vir my Fl 3000.00 gee. Aag wat nen
minste kan dit al my versekering op die motor eb motorfiets vir die volgende
drie jaar dra :)

(Laat ek sien in SA was dit so R 800.00 per maand, dit het dit R9600 per jaar
gemaak en dit werk uit op Fl 3360 per jaar...hmmm wel ok. As ek dan begin
uitwerk wat die rente is wat ek verloor het teen die huidige rentekoers... aag
wat...)

In elk geval, ek sien uit na daardie eerste vakansie in SA...

>
> 1.000.000 = 1 miljoen = 1 million
> 1.000.000.000 = 1 miljard = 1 billion
> 1.000.000.000.000 = 1 biljoen = 1 trillion
> 1.000.000.000.000.000.000 = 1 triljoen = quadrillion??
>
> In Nederland zou in trillionair meer dan 20 miljoen keer zo rijk zijn als
> Bill Gates. Het duizelt me....
>
Dink net. As jy in Italië woon dan is 'n Triloen�r maar net aan die lewe

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16028 is 'n antwoord op boodskap #16006] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net heeft geschreven...

> Dink net. As jy in Italië woon dan is 'n Triloen�r maar net aan die lewe.

1 triljoen lire is 1.138.000.000.000.000 gulden. Om het nog maar eens tegen
meneer Gates af te zetten; zeker 22000 maal zo kapitaalkrachtig, als dit
"net aan die lewe" is, dan kan ik het wel schudden :-(

Gauw nog wat investeren op de beurs!

Groeten,
Arthur
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16029 is 'n antwoord op boodskap #16006] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 6 Jul 1998 10:25:19 -0500, "Jean" wrote:

boeke - dit kan net mens se horisone verbreed - al stem mens nie saam nie.>>[/color]

Vergeet om dit by te sit:

Ek sal nie sy boek koop nie. Ek sal dit lees, maar NIE koop nie.
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16030 is 'n antwoord op boodskap #16006] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jul 1998 12:32:47 GMT, wrote:

geld. Het hy nie eenkeer sterling omtrent[/color]
> probeer breek nie? Hoe strook dit egter met
> die feit dat hy allerhande projekte het om
> goeie dinge te laat gebeur in lande soos
> byvoorbeeld Suid-Afrika? Ek verbeel my ek
> het gelees dat hy geld skenk vir opvoedkundige
> projekte daar?>>

Hoeveel geld vat hy uit en hoveel gee hye terug?
Op watter persentasie is n opvoedkundige projek n PRO-oefening?
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16052 is 'n antwoord op boodskap #16006] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
karl-...  is tans af-lyn  karl-...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Mon, 6 Jul 1998 10:25:19 -0500, "Jean" wrote:
>
> > boeke - dit kan net mens se horisone verbreed - al stem mens nie saam nie.>>
>
> Vergeet om dit by te sit:
>
> Ek sal nie sy boek koop nie. Ek sal dit lees, maar NIE koop nie.
>
>
Stem saam! Sal in die Bib moet gaan soek ...

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Re: Independance day
Volgende onderwerp: Re: Wie is moreel superieur?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 07:39:36 MGT 2024