Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer?
Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15895] Di, 23 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Davies Comte-Vengu  is tans af-lyn  M.Davies Comte-Vengu
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek is nuut op hierdie groep maar ek stel hierdie vraag voor- hoe kan ons
mense oortuig om Afrikaans te leer as hulle nie reeds
Afrikaanssprekendes is nie? Wat my opgeval het is dat dit selfs moeilik
is vir mense in Suid-Afrika wat Afrikaans wil leer. Van 'n persoonlike
standpunt het ek slegte ervarings gehad sedert my terugkoms na
Suid-Afrika na baie jare in die buiteland (Engeland en Nederland). Ek
dink dat dit jammer is want op einde van die dag is Afrikaans ons gemene
kultuurgoed waarin ons ALMAL deel kan neem om die taal/kultuur te
bevorder en handhaaf- tog in die werkilikheid vind ek dat baie mense wat
nie aan die Afrikaanse kultuur gewen is 'n vyandig houding daarteen het.
Tewens is Afrikaners skuldig vir hul' eksklusiwiteit wat die indruk gee
dat niemand een van die "volk" mag wees nie tensy hulle "regte
Afrikaners" is. Dis 'n ellendige situasie dink ek, veral nou wanneer
daar so baie slegte aanvalle op Afrikaans in Suid-Afrika uitgevoer word.
Dit raak my hartseer of ek na Namibi"e kyk want daar is die meerderheid
van die mense Afrikaanstalig maar Engels het die amptelike taal geword.
In Suid-Afrika is die minderheid Afrikaanstalig- dit lyk my as Engels
die opperhand sal kry in hierdie stryd as ons niks daarteen doen
nie.....het iemand enige idee"e ?
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15896 is 'n antwoord op boodskap #15895] Di, 23 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ek is nuut op hierdie groep maar ek stel hierdie vraag voor- hoe kan ons
> mense oortuig om Afrikaans te leer as hulle nie reeds
> Afrikaanssprekendes is nie?

Wel, ek is nie 'n Afrikaner nie (ek is 'n Belg) - ek het nooit in SA gebly
nie (was net drie keer daar vir vakansies : twee keer veertien dae en een
keer twee maande) - maar ek het darem Afrikaans geleer :-).
Hilda.

http://www.ping.be/hilda-gervaas
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15904 is 'n antwoord op boodskap #15895] Wo, 24 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
david kaufmann writes:
>
> Ek kom uit Oostenryk (ek was nog nooit in Suid-Afrika of Namibie nie) en
> ook vir my was dit (en is dit nog steeds) baie moeilik om Afrikaans te
> leer. Natuurlik nie omdat Afrikaans so moeilik te leer is nie maar daar
> is geen onderwysers, geen goeie boeke,


Sal jy vir ons vertel hoekom jy Afrikaans
leer? Jou Afrikaans is baie goed vir iemand
wat nie omring is met hulpmiddele nie. Wat
kan ons op die nuusgroep doen om vir jou
die aanleer van Afrikaans makliker te maak?
Ek neem aan ons moet meer gereeld idiome
en idiomatiese uitdrukkinge pos, en nie so
baie twis op die nuusgroep nie!

Gloudina
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15905 is 'n antwoord op boodskap #15895] Wo, 24 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
David Emanuel Kaufman  is tans af-lyn  David Emanuel Kaufman
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
> Ek is nuut op hierdie groep maar ek stel hierdie vraag voor- hoe kan ons
> mense oortuig om Afrikaans te leer as hulle nie reeds
> Afrikaanssprekendes is nie? Wat my opgeval het is dat dit selfs moeilik
> is vir mense in Suid-Afrika wat Afrikaans wil leer.

Ek kom uit Oostenryk (ek was nog nooit in Suid-Afrika of Namibie nie) en
ook vir my was dit (en is dit nog steeds) baie moeilik om Afrikaans te
leer. Natuurlik nie omdat Afrikaans so moeilik te leer is nie maar daar
is geen onderwysers, geen goeie boeke,....
Net 'n voorbeeld: Ek studeer aan 'n universiteit met 40.000 studente en
ek het versoek op die bibliotheek 'n Afrikaanstalige boekie te vind. En
ek het ook ene gevind - uit die jaar 1920. Daardie was wel mooi geskryf
( ossewaens,.....) maar ek is seker dat dit nie die huidige Afrikaans
weergeef nie.

Die feit is dat Afrikaans baie aan waarde in die wereld verloor het.
My voorspel: As mense die Afrikaans as moedertaal spreek ook hierdie
mooi taal hulle kinders leer spreek - dan sal Afrikaans nooit in gevaar
wees nie. Maar mense die Afrikaans nie as moedertaal spreek, moet die
kans he om daardie taal te kan kies die hulle wil spreek.

Groete en mooi bly, David
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15913 is 'n antwoord op boodskap #15895] Do, 25 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Yannick  is tans af-lyn  Yannick
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Reactie uit België

Afrikaans is een prachtige taal doch ik was een beetje verrast dat bij mijn
bezoek aan dit ( nog steeds) prachtige land de lokale bevolking het Engels
voor het Afrikaans kiest ???? is dit een manier om tot een betere integratie
met de rest van de wereld te komen ??? of staat het mooier om Engels te
spreken ??
Is het niet een beetje absurd dat ik Afrikaans wens te leren , daar jullie
die taal willen afstoten ? JAMMER voor suid-Afrika en jammer voor de cultuur
.

Groeten

Yannick
jar...@skynet.be
M.Davies Comte-Vengu wrote in message ...
> Ek is nuut op hierdie groep maar ek stel hierdie vraag voor- hoe kan ons
> mense oortuig om Afrikaans te leer as hulle nie reeds
> Afrikaanssprekendes is nie? Wat my opgeval het is dat dit selfs moeilik
> is vir mense in Suid-Afrika wat Afrikaans wil leer. Van 'n persoonlike
> standpunt het ek slegte ervarings gehad sedert my terugkoms na
> Suid-Afrika na baie jare in die buiteland (Engeland en Nederland). Ek
> dink dat dit jammer is want op einde van die dag is Afrikaans ons gemene
> kultuurgoed waarin ons ALMAL deel kan neem om die taal/kultuur te
> bevorder en handhaaf- tog in die werkilikheid vind ek dat baie mense wat
> nie aan die Afrikaanse kultuur gewen is 'n vyandig houding daarteen het.
> Tewens is Afrikaners skuldig vir hul' eksklusiwiteit wat die indruk gee
> dat niemand een van die "volk" mag wees nie tensy hulle "regte
> Afrikaners" is. Dis 'n ellendige situasie dink ek, veral nou wanneer
> daar so baie slegte aanvalle op Afrikaans in Suid-Afrika uitgevoer word.
> Dit raak my hartseer of ek na Namibi"e kyk want daar is die meerderheid
> van die mense Afrikaanstalig maar Engels het die amptelike taal geword.
> In Suid-Afrika is die minderheid Afrikaanstalig- dit lyk my as Engels
> die opperhand sal kry in hierdie stryd as ons niks daarteen doen
> nie.....het iemand enige idee"e ?
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15914 is 'n antwoord op boodskap #15895] Do, 25 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
David Emanuel Kaufman  is tans af-lyn  David Emanuel Kaufman
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
> Sal jy vir ons vertel hoekom jy Afrikaans
> leer? Jou Afrikaans is baie goed vir iemand
> wat nie omring is met hulpmiddele nie.

Ek stel gewoon belang in tale. Om jou vraag te beantwoord: Ek spreek ook
Nederlands. Dit is waarskynlik die rede waarom ek Afrikaans ook sonder
veel hulpmiddele het kan leer skryf. Miskien sien jy ook die Nederlandse
invloed op my geskrewe Afrikaans. Ek het dus baie worde en grammatica
oor die Internet geleer. By voorbeeld daar is baie gawe Afrikanders die
my e-posse skryf.
Dit is ook 'n moontlikheid om Afrikaans te leer. Vir my was dit baie
nuttig en ook interessant - omdat ek op die manier ook 'n bietjie van
die Afrikaanse dinkwys het leer ken.
Wat vir my verrassend was gewees: Die verschil tussen onse kulture is
echt nie so groot nie as ek eerst het gedink!

Groete uit Oostenryk, David
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15921 is 'n antwoord op boodskap #15895] Vr, 26 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 24 Jun 1998 22:58:38 GMT, wrote:
> Ek neem aan ons moet meer gereeld idiome
> en idiomatiese uitdrukkinge pos, en nie so
> baie twis op die nuusgroep nie!
>
> Gloudina

Net jyself kan 'n stop aan jou stryery sit. Griet se stories is in
elk geval tien maal meer interessant om te lees as jou vervelige snert
daar uit Kanada. Hoekom aanvaar jy nie dat jy nou Kanadees is nie.
Beweeg na 'n lekker Kanadese nuusgroep waar jy lekker met al jou mense
kan gesels oor goed wat jy met hulle in gemeen het. Jy probeer tog
immers so hard die laaste paar maande op hierdie ng bewys dat jy niks
met ons in SA in gemeen het nie. Dis okay, ons aanvaar dit nou. :o)

Dink jy nie die algemene spreektaal van Afrikaans is 'n beter begin as
al die idiome wat meeste mense in elk geval nie meer gebruik nie?
Maar jy sal dit natuurlik nie meer weet nie.

Bryan
============================================
Please remove KAAP in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15922 is 'n antwoord op boodskap #15895] Vr, 26 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
david kaufmann writes: >

> Wat vir my verrassend was gewees: Die verschil tussen onse kulture is
> echt nie so groot nie as ek eerst het gedink!
>
> Groete uit Oostenryk, David

Ja, die Suid-Afrikaners was nou altyd
baie Euro-gesentreerd. Hulle voel hulself
nie noodsaaklik gekoppel aan Nederland
en Vlaandere nie, maar hulle voel Europa
as hulle tuisvasteland. Dit was in die
verlede ook nog versterk deur die feit
dat meeste Afrikaners, wanneer hulle 'n
derde taal moes aanleer (om toegang tot
universiteit te bekom) Duits gekies het
wanneer hulle 'n moderne taal wou kies.
Daarbenewens is baie van die wandelliedjies
wat by universiteite gebruik word, van
Duitse afkoms. Dus is die gewone Afrikaner
amper meer bekend met die Duitse kultuur
as met die Nederlandse kultuur. Meeste
Afrikaners voel egter baie tuis in Engeland,
heelwaarskynlik meer tuis daar as op die
vasteland. Altans, so was dit in my dae toe
ek nog in SA gebly het.

Gloudina
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15923 is 'n antwoord op boodskap #15895] Vr, 26 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf

> Meeste
> Afrikaners voel egter baie tuis in Engeland,
> heelwaarskynlik meer tuis daar as op die
> vasteland. Altans, so was dit in my dae toe
> ek nog in SA gebly het.

Ja, dis iets wat ons nie maklik erken nie, maar baie van ons manier van
dinge doen, het ons van die Engelse geërf, om logiese redes. Vir die meeste
van ons is Engels ook 'n minder vreemde taal as Nederlands. Milner het dalk
meer reggekry as waarvoor hy gehoop het.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15935 is 'n antwoord op boodskap #15895] Sa, 27 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Bryan:

>> Dink jy nie die algemene spreektaal van Afrikaans is 'n beter begin as
>> al die idiome wat meeste mense in elk geval nie meer gebruik nie?
>> Maar jy sal dit natuurlik nie meer weet nie.

Gloudina:
> Soos jy sien, is daar mense wat nie Afrikaners
> is nie in die buiteland wat hierdie nuusgroep
> lees om hulle Afrikaans te toets en te verbeter.
> Stefan Harmse het voorgestel dat ons gereeld
> idiome en idiomatiese uitdrukkings op die nuusgroep
> plaas. (Stefan bly in Winnipeg in Kanada.) So
> ek moedig almal weer aan om so nou en dan een
> op die nuusgroep te sit. En miskien moet Stefan
> weer die kuberadres opsit waar mense die idiome
> wat hy alreeds versamel het, kan lees.

Hier is dit:
http://www.mbnet.mb.ca/~harms/idiome.html

Dis net 'n uittreksel van laasjaar, toe ek elke week 'n idioom van hierdie
nuusgroep ge-oes (geoes? geöes?) het.
Meeste was van Gloudina.

Mense, stuur maar weer vir my ou blokkies idioombiltong, asseblief.

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15936 is 'n antwoord op boodskap #15895] Sa, 27 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bryni...@TheOffice.net (Bryan) writes:

> Net jyself kan 'n stop aan jou stryery sit. Griet se stories is in
> elk geval tien maal meer interessant om te lees as jou vervelige snert
> daar uit Kanada. Hoekom aanvaar jy nie dat jy nou Kanadees is nie.
> Beweeg na 'n lekker Kanadese nuusgroep waar jy lekker met al jou mense
> kan gesels oor goed wat jy met hulle in gemeen het. Jy probeer tog
> immers so hard die laaste paar maande op hierdie ng bewys dat jy niks
> met ons in SA in gemeen het nie. Dis okay, ons aanvaar dit nou. :o)
>
> Dink jy nie die algemene spreektaal van Afrikaans is 'n beter begin as
> al die idiome wat meeste mense in elk geval nie meer gebruik nie?
> Maar jy sal dit natuurlik nie meer weet nie.

Wel, ou Brynie, hierdie nuusgroep is vir
Afrikaans-sprekendes in SA en in New Zealand
en in Australi"e en in Kanada en die VSA,
ensovoorts, ensovoorts. As jy nou weer apartheid
hier wil invoer, is jy welkom, maar ek dink nie
jy sal baie mense kry om by jou vuurtjie te sit
nie.
Soos jy sien, is daar mense wat nie Afrikaners
is nie in die buiteland wat hierdie nuusgroep
lees om hulle Afrikaans te toets en te verbeter.
Stefan Harmse het voorgestel dat ons gereeld
idiome en idiomatiese uitdrukkings op die nuusgroep
plaas. (Stefan bly in Winnipeg in Kanada.) So
ek moedig almal weer aan om so nou en dan een
op die nuusgroep te sit. En miskien moet Stefan
weer die kuberadres opsit waar mense die idiome
wat hy alreeds versamel het, kan lees.

Gloudina
Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15973 is 'n antwoord op boodskap #15895] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Jun 1998 05:15:41 GMT, harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) wrote:

> Dis net 'n uittreksel van laasjaar, toe ek elke week 'n idioom van hierdie
> nuusgroep ge-oes (geoes? geöes?) het.
> Meeste was van Gloudina.
>
Ek besef nou ek kan nie so voorbarig wees as om te dink ek kan
Afrikaans verander nie, maar weet julle wat? Ek vind dit baie
makliker om 'n woord soos hierdie te skryf as
ge-oes. Of dit korrek is of nie, weet ek nie, maar ek weet elkeen wat
dit lees, sal verstaan.
Vorige onderwerp: Re: Die vrou se geldeenheid
Volgende onderwerp: Re: Afrikaners - RIP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 08:49:47 MGT 2024