Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oorsprong van oorlogsliedjies
Oorsprong van oorlogsliedjies [boodskap #15795] Sa, 13 Junie 1998 00:00
Rian Schutte  is tans af-lyn  Rian Schutte
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die Burger het vanoggend die woorde van twee liedjies gepubliseer. My ma
het albei uit haar jeug onthou maar nie die oorsprong nie. Die eerste een
se wysie is glo dieselfde as Randall Wicomb se "Tannie met die rooi rokkie"

Ons het 'n kommandantjie,
sy naam is Joubert;
hy trek met ons stadig,
hy trek met ons ver.
O hartjie, my hartjie,
as ek jou maar kan kry,
dan lyk die ou wereld
soos 'n blomtuin vir my.

Haar haartjies gekrul
en haar voetjies is kaal;
ek dink aan my hartjie
so ver in Transvaal.
O hartjie, my hartjie,
as ek jou maar kan kry,
dan lyk die ou wereld
soos 'n blomtuin vir my.

Die tweede een se wysie kan sy nie onthou nie.

Weet gij, Moeder, wat ik droomde;
Ik zag volvurig voor mij staan
De grote Keizer alle Russen,
Hij sprak mij zo doordringend aan;
Leef voort en rustig, ieder mens,
Geen oorlog zal gevoert meer worden,
Vreden op Aard aan ieder mens.

Aan Victoria
Transvaal met al zijn flinke Boeren
Wat deed die mensen U voor kwaad?
Dat gij met hebzucht staat te loeren..?
Dat Uw, aan 't randje van Uw graf,
Uw handen met bloedvlekken bezoedeld,
..... dat vind ik laf!

As iemand kan help met die oorsprong van albei en die wysie van die tweede
liedjie sal ek dit waardeer

Groete
Rian
Vorige onderwerp: Ladies - make money in South Africa
Volgende onderwerp: gloudina, wat's jou email adres nou weer?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:19:05 MGT 2024