Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Dr. Livingstone veronderstel ek
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15695] Wo, 10 Junie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

>
> Dis snaaks tot watter groot
>> mate die Afrikaner 'n seekultuur het. Seker
>> as gevolg van die feit dat dit so baie kuslyn
>> het.
>
> Ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie van die see hou nie. Ons lot wie se
> voorsate van Europa gekom het, het mos maar almal oor die see hier aangekom,
> of hoe?

Daar is egter 'n verskil tussen "van die see hou"
en 'n see-kultuur. Hier in Kanada het die Maritieme
provinsies 'n seekultuur. In Ontario se geestessfeer
speel die see egter nie 'n baie groot rol nie. Miskien
moet 'n mens sê hulle het 'n meer-kultuur. Die
prairies het weer 'n ander soort kultuur, waar storms
en ys en vloede 'n groot rol speel. Dis eers wanneer
jy by die B.C.-kusgebiede kom, dat jy weer 'n seekultuur
kry.

>
> Onder die swart kulture is daar groot geloof in die helende kragte van
> seewater. As ons see toe gaan, het ek 'n lang bestellingslys vir bottels
> seewater, wat ek dan getrou saam karwei.

Ja, as ons swart studente by Adams College vir
die eerste keer by die see gebring word, dan
vat elkeen ook sy bottel seewater huistoe.
Dis natuurlik primitiewe wetenskap om te
weet dat seewater belangrike minerale het
en seker ook jodium.

Het jy ooit 'n onderwyser op Barrydale gehad
>> met die naam Pierre de Wet?
>
> Hy was my skoolhoof, en het ook vir my wiskunde gegee. 'n Bietjie
> eksentriek, maar 'n uitstekende wiskunde onderwyser. Sy bynaam was ou 'mol',
> vanweë sy liggaamsbou. Op 'n stadium het hy ook wetenskap gegee. Vir ons as
> kinders was dit skreeusnaaks toe hy op 'n dag sê hy gaan die begrip 'mol'
> vir ons verduidelik.

Wel, nou het ek 'n aparte informasie-bron
om dinge oor jou uit te vind!

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15696 is 'n antwoord op boodskap #15695] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Het jy ooit 'n onderwyser op Barrydale gehad
>>> met die naam Pierre de Wet?

>> Hy was my skoolhoof

> Wel, nou het ek 'n aparte informasie-bron
> om dinge oor jou uit te vind!

Dit lyk my ek is in die moeilikheid - my verlede het my ingehaal!

Ek wou nog vra hoe jy hom ken. Sover ek weet is hy afgetree, en bly op
Swellendam.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Hierie 1 sal Gloudina van hou ...
Volgende onderwerp: Re: Die tannie wat kolskote skiet en nie 'n nuuslese kan gebruik nie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:32:27 MGT 2024